Vandag vat ons dit ‘n bietjie rustig, luister na heerlike rustige klanke en haal net diep asem. Soms is dit nodig om net weer die breinselle af te stof, stil te raak en inwaarts te fokus.
Nie dat my praatjies nie dit elke keer doen nie maar ek wil dit werklik net rustig vat.
Ek weet dit is omdat ek ook my eie behoefte het om inwaarts te keer en net te luister. Ons kry mos sulke dae. Daardie stilte wat jy diep in jou wese ervaar en jou weer opnuut verryk.
Wel ek hoop julle doen of is ek enig in my soort…?
Isak het die week met ‘n skrifgedeelte geworstel. Jy kry dit in Jesaja en dit het my ook laat dink. ‘n Mens dink mos al ewig. Dit is asof jou brein net nie afskakel nie.
Daar is dae wanneer ‘n mens ‘n spesifieke skrif kry en jy wonder – as al die kennis eenkant gesit word en jy sê ok Here wat wil jy nou vir my sê? Hoe moet ek dit toepas? Is dit geestelik of fisies? Verduidelik asseblief.
Ek sal dit soms werklik waardeer as Vader net by my wil kom sit en verduidelik. Nou doen jy so… en wanneer dit afgehandel is gee Hy vir jou ‘n sterretjie om op die kop te plak. Welgedaan, uitstekend. Jy sien, jy moet net luister sal Hy dan sê.
Ek weet dit werk nie werklik so nie maar soms wens ek tog dit was so maklik. Vernaam wanneer jy vertrou vir ‘n deurbraak in jou lewe en dit bly net daar, buite jou bereik. Dit voel of tyd uithardloop en jou opsies al minder word. Hoe dan gemaak?
Jy sit met al hierdie bronne, kennis en kwalifikasies en nogsteeds niks. Jy voel desperaat eintlik maar sal dit nie openlik erken nie. ‘n Mens is mos in beheer van jou lewe.
Wel ek is daar waar ek antwoorde soek dan is al die slim sê goed en skrifte nie genoeg nie. Jy soek meer maar ons grysstof is so vol gelaai dat ons nie kan hoor nie. Dit is dan dat ons moet stil word, inwaarts keer en skoon maak, afsluit en fokus.
Ek het in die week ‘n epos ontvang van Wayne Farrell, Founder of Coaching with NLP. Dit het net vir my ‘n paar gedagtes laat oopbreek. Gedagtes waarmee ek kon identifiseer.
Clean up your past.
Often people have their goals set, but they have something holding them back. This may be stuff that had happened in the past, leaving them with negative emotions like anger, fear, hurt etc. It could be a fear of when we failed at something or a fear of failure in the future.
Fear is just one of the negative emotions that seem to pop up holding people back. Sometimes when things don't quite go our way, we misinterpret them, and we create limiting decisions about ourselves. We think we are not worthy or don't deserve to have certain things. Then we start to create limiting beliefs about ourselves. These are not conducive to helping you achieve your goals and the happiness you desire. This sucks the life force out of you and then you settle for second best.
Dit was sy openings paragraaf en iets waarmee ek goed aanklank kon vind. Ek is deesdae daar. Wanneer dinge nie na my sin gaan nie, gooi ek ‘n tantrum. Ek kry myself vreeslik jammer en wonder wat het ek nou weer gedoen om dit te verdien. My houding is die grootste bepalende faktor in my lewe. Hoe ek dink en wat ek doen bepaal die eindresultaat.
Wanneer iets nie na wense is nie dan dink ek onmiddelik ek verdien dit nie. Die ou leun wat nou nog in my kop vashaak. Iets wat iemand ‘n paar jaar terug vir my gesê het en dit hak vas soos knapsekêrels. Maak nie saak hoeveel keer ek vryspreek of vergewe nie dit bepaal my optrede.
Volgens Wayne Farrell is daar ‘n oplossing.
THERE IS A SOLUTION.
You may already be aware that you have an unconscious mind. The unconscious mind does many things for us to help in our daily lives, like run your body, stores and organizes your memories, is the domain of our emotions, represses memories with unresolved negative emotions and sometimes represents these to you for resolution. The thing is that when we understand and work with our unconscious mind, then we can achieve much greater results, much easier.
This process allows you to become more in control of your emotions in the future as well as letting go of the life draining negativity of the past.
Here is a very easy exercise you can do to help you overcome negativity from the past.
1) Choose an event in your life where you experienced some failure. Notice the emotion that you felt. E.g. Fear or anger. For this exercise choose an event where the emotion is of low or medium intensity. Not something that has a lot of "Charge" behind it.
2) Remember the first frame of the movie (picture) of that memory and hold it in your mind.
3) Now step out of that picture so that you can see yourself in the picture. (Like you are an actor in your own movie.) You can also imagine some circus or other light-hearted music playing in the background.
4) Change the colour of the picture to black and white and shrink the picture smaller. (Like watching a black and white movie on one of those old portable TV's.)
5) Watch yourself acting in the movie in black and white until the end of the memory/event.
6) You should be feeling less emotional about that event than before you started. (You can do this a few times for the same event and the emotion will become even less.)
This is just one very easy technique to assist in clearing up some of those nasties of the past.
"No one can make you feel inferior without your consent." Eleanor Roosevelt."Life shrinks or expands in proportion to one's courage."- Anais Nin
Next, let's look at how to get rid of that fear of failure in the future. You know, the anxiety people sometimes get, that prevents them from taking action towards their goals.
If you are constantly focused on what you don't want in your life, then guess what, your focus is on what you don't want!
Vir my is onafhanklikheid ongelooflik belangrik maar die vrees dat dit nog nie bereik is nie sit my in ‘n tailspin. Ek word ouer, my tyd om iets te doen aan my toekoms word al hoe minder. Ek wil nie armoede hê of in ‘n plakkerskamp beland nie. Dit spook aanhoudend by my. Raai wat…dit is presies wat ek kry. Die enigste ding wat tussen my en ‘n plakkerskamp staan op hierdie stadium is my ouerhuis. Dit oorheers my gedagtes, planne en drome. Die rede vir my angstigheid. Ek is alewig besig om planne te maak, soekend vir ‘n oplossing.
"Anxiety is a warning from your unconscious mind to focus on what you want." Dr Tad James - creator of Time Line Therapy®.
Jou mindset moet verander – myne ingesluit.
Anxiety is caused by you focusing on what you don't want in life. It is also a fear of something in the future. The great news is that there is a way of dealing with and getting rid of anxiety.
Nie een van ons kan ons verlede oorkry nie. Nie een van ons kan woorde wat teen ons gesê is ongedaan maak nie maar ons kan dit verander in ons gedagtes. Hierdie lied deur The Script is net so sprekend daarvan. Wanneer ons ons arms vir mekaar oopmaak en net met absolute geduld en liefde mekaar bystaan sal baie van die vrese weg gaan.
Daar waar jy is kan jy jou arms oopmaak vir die mense wat dit nodig het. Die bevryding werk tweeledig. Deur te gee ontvang jy meer as wat jy ooit kan dink. Maak jouself oop om te ontvang en dan gee jy.
Kom ons kyk wat is Wayne Farrell se raad oor angstigheid.
Get rid of Anxiety
1) Think about something relatively minor that you are anxious about. Like a presentation at work, you will need to do.
2) Now imagine yourself 15 minutes after the SUCCESSFUL completion of this event that you were anxious about. It is very important to imagine the event has completed successfully. Now ask yourself, "NOW where is the anxiety?" If you still feel anxious, did you imagine SUCCESSFULLY completing the task?
The exercise is very easy to assist in letting go of anxiety. It is very important to understand that this does not mean the event will necessarily happen as you imagine it. Example, if you were to write an exam and did absolutely no preparation for it and do not know the subject, then the likelihood is that you will not pass.
You need to put in your part to prepare for the event and do what is in your control. Being anxious about winning the lottery as an example would be out of your control. All you can do is buy a ticket. You can't do anything about the numbers that come up.
God grant me the serenity
to accept the things I cannot change;
the courage to change the things I can;
and the wisdom to know the difference.
-Serenity Prayer -Reinhold Niebuhr
Wayne Farrell
Jy sien, ons moet iets doen om dit te verander. Dit gaan nie vanself verander nie. As jy skuil agter jou eie vrese kan jy nie oorwinning smaak nie. Jou drome kan dan nie waar word nie. Deur met dit te deel op ‘n stil word manier behaal jy sukses.
Deur te konsentreer op die innerlike vrese en daarmee te deel maak jy jouself leeg om dan gevul te word met die waarheid. Nuwe wyn kan slegs in ‘n nuwe kruik gegooi word. Jou uiterlike moet verander om die innerlike te huisves.
Indien jy moeg en afgemat lyk is jy moeg en afgemat van binne. Jou fisiese loop hand aan hand met jou innerlike. Onthou julle die blinde bedelaar wat Jesus raak geloop het. Markus 10:46 - 52 Toe Jesus hom roep het hy sy bokleed net daar op die grond gelos. Die een wat uitgewys het dat hy ‘n bedelaar is. Hy het sy kleed afgegooi en toe kon hy sien. Jou uiterlike bepaal jou stand. Wanneer jy nuwe wyn wil gebruik moet jy eers ontslae raak van die ou goed. Dit is hierdie goed wat jou terug hou en keer dat jy nie jou deurbraak kan kry nie.
Jy moet met hierdie dinge deel. Jy moet tyd maak om weer opnuut gevul te kan word. Net soos wat ek tyd moet maak moet jy tyd maak. Saam kan ons skoon kom van die gewigte en leuens wat ons pad versper.
Ter afsluiting.
Om te kan skitter beteken jy moet innerlike ook skaaf. Jou blinkheid kom van binne. Soos ‘n vrou wat swanger is. Sy gloei behoorlik omdat nuwe lewe in haar groei. Net so moet jy wees. Gloei van binne. Ons albei kan skitter en ons drome bereik as ons net bereid is om stil te wees.
Raak ontslae van daardie mantel van vrees, depressive, angs en seer.
Tot ‘n volgende keer. Skitter net waar jy is.
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.
http://14123.live.streamtheworld.com/SAM04AAC125_SC
http://listen.samcloud.com/w/90758/EGR/?play=y#history
http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm
http://radio.garden/live/centurion/elanglobal-radio/
SIMPLE RADIO App.
http://14123.live.streamtheworld.com/SAM04AAC125_SC
http://listen.samcloud.com/w/90758/EGR/?play=y#history
http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm
http://radio.garden/live/centurion/elanglobal-radio/