Wys tans plasings met die etiket veiligheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket veiligheid. Wys alle plasings

Dinsdag 12 Februarie 2019

Diamant Divas program Jou veiligheid berus by jou - wees waaksaam.

Images used from Pinterest
Vandag is ‘n gewigtige onderwerp en een wat werklik jul aandag nodig het. So sit die foon af vir die volgende 60-minute en luister. Tensy jy op die applikasie ingeskakel is ignoreer net al die boodskappe.
Veiligheid is ‘n belangrike onderwerp, veral vir enkellopende vroue. Ons is sagte teikens wat deur baie mense uitgebuit word.
Op sosiale netwerke, by die huis of op die straat is ons lewens ‘n teiken en ons moet paraat wees. Selfs base en mense in gesagsposisies kan jou uitbuit. Ons moet die gevare kan raak sien, identifiseer en kan vermy. Ek gaan so ‘n bietjie by elke punt vassteek. Ek gee nie myself uit as ‘n kenner nie, en het verseker in lokvalle of slaggate geval. Daarom is dit vir my so belangrik om ander ook te waarsku.
As vrou is ons eintlik kleingelowig en ons is nie streetsmart nie. En mense maak staat op hierdie swakpunt in ons lewe. Hoe minder kennis jy dra hoe makliker kan hulle jou kul, bedrieg of bedreig. Jou letterlik vir ‘n ride vat en jy sal dit geniet ook. Totdat.
Om net te sê dat die Here my beskermer is, is ongelukkig nie genoeg nie. Jy kan Vader vra vir beskerming, die wapenrusting aantrek en Psalm 91 bid tot jy blou is maar dit waarborg nie dat jy aangeval, gemolesteer of beroof sal word nie. Indien jy nie oop oë deur die lewe gaan nie sal jy nog steeds in die slaggate beland of op plekke wees waar jy kwesbaar is.
Insig en wysheid asook kennis is baie belangrike komponente wat ook by dra tot jou veiligheid.
Die een wat die meeste op ons lippe is, is openbare veiligheid. Daar waar jou lewe bedreig kan word. Waar jy beroof kan word en selfs vir dood agtergelaat kan word. Of jy nou by die huis is, rond ry, in die mall loop of net kafee toe loop om ‘n brood te koop is jou lewe in gevaar. Dit is die werklikheid waarin ons leef. Selfs met ons huidige politieke onrus is dit belangriker om jou eie veilgheid te verseker.

Daar is verskeie maniere om dit te kan doen.

    ·         Jy kan ‘n vuurwapen aanskaf
    ·         ‘n Blikkie peperspray in jou handsak of fluitjie
    ·         ‘n Skokstok
    ·         Loop klasse in selfverdediging of skryf in by skietskool.
    ·         Sluit aan by jou plaaslike CPF, teen ‘n minimale fooi kan hulle by jou huis stop om seker te maak als is reg.
    ·         Indien jy op verafgeleë plekke bly maak seker jy het ‘n radio wat in verbinding is met jou naaste bure.
    ·         Maak seker jou kar is in ‘n goeie toestand.
My intensie met die program is nie om jou neerslagtig of negatief te maak nie, maar om jou paraat te maak vir die gevare daar buite en om waaksaam te wees. Om met oogklappe deur die lewe te gaan baat jou nie. God is jou beskermer, dit is beslis, maar Hy het jou ook gesonde verstand gegee om te kan dink.

Nog 'n paar punte van belang. 


      1.       Om laatnag uit te gaan na ‘n pub, sonder enige pelle is om moeilikheid soek. Jy word dan ‘n teiken vir elke man wat ‘n vinnige knippie soek. Maar wanneer julle in ‘n groep is en daar is ‘n persoon wat verantwoordelikheid vat vir jou dan is dit tot albei se voordeel. So ‘n persoon help …
a.       Deur te sorg dat jy darem nie te dronk word, of met die verkeerde persoon gesels nie.
b.       Die persoon kyk ook van wie jy drankies ontvang. Die rape-pil is ‘n werklikheid en word onbewustelik in jou drankie gegooi sonder dat jy weet of dalk nie meer nugter is nie. Jou maat tree op as buffer en kyk uit vir jou belange en jy vertrou ook daardie persoon se oordeel.
c.       Die persoon het dan die groep se belange op die hart. Elke persoon in die groep kry ‘n beurt om verantwoordelikheid te vat vir daardie aand.  So help julle mekaar.
d.       Ry saam huis toe of ry met een kar.
Mag ek iets oor kleredrag sê sonder om as ‘n pretbederwer gesien te word?
Dames, hou alles toe wanneer jy alleen is. Mans kyk. En jy mag dalk sexy voel maar die manne kyk net met een doel en dit is uit ‘n seksuele oogpunt. Sommige van hulle se intensies is nie suiwer nie. Wanneer hulle tot in jou verhemelte kan sien sonder enige verbeelding is jy ‘n maklike teiken. Indien borste te veel uithang, maak jy dit net makliker vir hom. Sommige mans dink niks daarvan om jou net daar, langs die toonbank, te betas nie. Die idee word vinnig geskep dat jy maklik is en net eending soek.
Skuus, ek praat nou bietjie onder die belt maar die dinge is belangrik vir jou veiligheid. Indien jy nie bewus is van jou kleredrag nie soek jy vir moeilikheid wat liewer kon gebly het. Om dan te gil verkragting of molestasie gaan jy bitter min aandag gekry. Ongelukkig glo mense vandag nog dat ‘n vrou daarvoor soek. Maak nie saak hoe verlig ons is nie, dit is ‘n gedagte so oud soos Metusalem en ek twyfel of dit sommer sal verander. Debatte is al menige kere hieroor gehou maar die denkwyse sal nie verander nie.
Maak maar die knopies toe… jy sal net veiliger wees as enkelvrou. My aanbeveling is, wanneer jy met ‘n vriend uitgaan en jy maak dan so bietjie los, dan is hy daar om jou te beskerm maar as enkeling is dit gevaarlik.
      2.       Wanneer jy in die mall of dorp rondloop wees waaksaam. Indien jy besig is met jou selfoon sien jy nie dat mense vir jou kyk nie. En dit is nie ‘n kyk van liefde nie. Hulle sien jou aandag is elders, en daarom ook ‘n teiken. Facebook en WhatsApp kan wag, die applikasies gaan nêrens nie. So sit die foon in jou handsak en gaan sit liewer in Wimpy waar jy veiliger is en dan kan gesels. Wanneer jy met jou foon in die hand loop is jy ‘n teiken. Bêre hom eerder, tensy jou foon nie lui of jy nie ‘n oproep hoef te maak nie bêre hom. Wat die oog nie kan sien nie, sal die hart nie begeer nie, ‘n spreekwoord wat hier van toepassing is. 
      3.       Wanneer jy in die mall is, vrou alleen, loop naby aan die vensters met jou handsak aan die binnekant sodat niemand kan verby kom en dit vat nie. Kyk rond, wees bewus van die mense wat in jou onmiddelike omgewing is. ‘n Mens se gedagtes is soms geneig om af te dwaal, dit is juis dan wat hulle toeslaan. Hulle is nougeset om jou te volg, daarom moet jy die selfde doen. Dit is immers jou lewe wat op die spel is.
      4.       Wanneer jy die straat afstap, stap naby aan die muur of reling, weereens bagasie aan die binnekant. Indien jy te naby aan die sypaadjie loop is jy oop vir gevare. Vermy nou gange, donker strate of stegies. Al is dit ‘n kortpad en het jy dit 100 maal geloop, stap die langer pad. Weereens kan jou lewe red.
      5.       Wanneer jy ry, maak seker jy is waaksaam in die omgewing waar jy ry. As eiendomsagent moet ek baie kere vreemde paaie ry, in areas wat ek nie noodwendig ken nie.  Daarom is dit nodig dat jy opmerksaam is en bewus is wie saam met jou op die pad is. Indien moontlik ry saam met ‘n kollega of vat ‘n maat saam in sulke gevalle. Maak seker jy het genoegsame data of lugtyd indien jy op ‘n plek kom waar jy onseker is sodat jy hulp kan soek of ‘n ander pad kan vind. Die tegnologie is daar, gebruik dit.
      6.       Indien jy agterkom ‘n kar agtervolg jou ry reguit polisiestasie toe of na die naaste vriende of familielede. Vat verskeie paaie huis toe, breek soms die roetine. Dit is ons grootste vyand.
      7.       Maak seker iemand weet waar jy is te alle tye, veral wanneer jy op die pad is. Daar is ‘n paar applikasies wat jou kan help daarmee en jou geliefdes die gemoedsrus kan gee. Ek sit die skakels op my blog.

Image from Google


a.    VithU App. No one has the time to dial an emergency number when they are in danger. The VithU App lets a potential victim skip through the number-punching, and lets you push your power button twice to instantly send an SOS alert to contacts. Alert messages are sent out every two minutes to listed contacts, who will receive a message along with your physical location, which will get updated each time the message goes out. 
b.    Circle of 6 App. Circle of 6 is a unique app that lets you connect to up to 6 close contacts. The app has different notifications that the user can tap on to alert their circle. If you need a safe ride home or for a familiar face to turn up and take you away from a strange environment, this app will help send an alert to any of your 6 chosen contacts. On top of that, the app can connect you to the proper authorities for an emergency, or even just for relationship advice. 
c.       Life360 is a multipurpose app to stay in touch with your family members and friends and keep a handle on their location. The app lets you create circles, add people to them and see their locations on a confidential map. This way you’ll be able to always keep track of your family members and confirm that they’re safe and sound. You can share your location with them or send an alert to your circle members. You can even chat with your circle members for free. As a bonus, you can also use this app to recover your lost or stolen phone. 

Hier is ‘n paar skakels vir selfstudie. https://www.hongkiat.com/blog/android-personal-safety-women-apps/ 
Nog ‘n skakel waar jy kan gaan kyk is https://www.mobileappdaily.com/2018/03/15/best-women-safety-apps 
Hierdie een is ook ‘n baie goeie skakel.
Vra ook jou naaste sekuriteits maatskappy, van hulle het ook ‘n applikasie wat jy kan kry. Dit is ook by hulle maandelikse subskrupsie gevoeg en jy weet jy het hulp op jou foon.
      8.       Indien jy kinders het, al is hulle hoe klein, maak hulle paraat. Leer hulle om waaksaam te wees, sodoende het jy iemand wat saam met jou kyk en die taak makliker maak.
      9.       Wanneer jy alleen by jou tuiste is maak seker die veilgheidshek is toe. Wat is die nut as hy oop hang? Moenie die sleutels binne die bereik van die deur plaas nie. Dit is maklik om net te rek, die sleutel te vat en oop te sluit. Dit is klein dingetjies wat kan help in jou beveiliging.
      10.   Indien jou hond vreemd optree, vertrou hom. Sy hoofdoel is om jou op te pas. As hy snaaks optree, stel vas hoekom.
      11.   Sorg vir genoegsame sekuriteit by jou huis. Sorg dat jy weet hoe werk die sekuriteitstelsel.
      12.   Indien iemand aan jou slotte karring verander die slotte.
      13.   Trek jou gordyne saans toe.
      14.   Maak seker jy het beligting buite, wat werk. Moenie alleen in die donkerte uitstap nie. Dit is dan wanneer jy oop is vir enige aanval.
      15.   Ken alle noodnommers
      16.   Moenie gereedskap of speelgoed buite laat rondle nie.
      17.   Ken jou bure. Hulle is jou naaste en eerste kontak.
      18.   Kry ‘n veiligheidsplan in werking. Maak seker jou kinders is bewus daarvan.
      19.   Wanneer jy twyfel of onrustig voel, bel iemand. Liewer spyt as dood.

Ek het hierdie 7 veiligheidswenke op die Internet gekry. Die vrou. Kevin Coffee is self ‘n polisievrou met heelwat ondervinding, so luister gerus na die punte wat sy uitlig. Vernaam wanneer jy jouself in ‘n penarie bevind.
1.     Getting into the attacker's car when he pulls a gun and orders you to get into his vehicle. Most attackers don't want to shoot you ... they want you to get into the car so that they can drive you to a deserted place and torture you. Don't comply. Run screaming. It is MUCH more likely than not that he will just move on to an easier target.
2.     Pulling over when a man drives alongside of you pointing at your car pretending something is wrong. If this happens, drive to the nearest well-lit and populated gas station, and look the car over yourself (or ask an attendant). Never pull over. Believe it or not, many women have fallen for this for fear of their car spontaneously exploding in the middle of the road. Not likely.
3.     Not locking your doors while driving. I have read several cases where the attacker simply walks up to a woman's car while she's at a traffic light and jumps in with his gun or knife drawn. 4. Opening your front door when you have not positively identified who is there. If you don't have a peep hole, get one. I've seen countless cases where the attacker gains access to his victims simply by knocking on their door. Don't let an attacker get into your home. He then has a private, relatively soundproof place to attack you.
4.     Not being alert in parking lots. If you go to the grocery store at night, don't be shy about asking for an escort to your car. Too many women are abducted from parking lots or even raped in the parking lot. Look in your back seat before entering your car. Cars provide endless hiding places for attackers, both inside them and in between them. Be aware of your surroundings by looking to the left and right and behind you with your head up all the time. You may appear paranoid and look funny to others, but an attacker will think twice about approaching someone who appears so aware of what's going on.
5.     Trusting a clean cut, honest looking stranger. I see mug shots of every sex offender in the state of Florida. They do not look like monsters. They often look like they could be your friendly grocer. They are every age between 15 and 90, and probably beyond. Only a small minority actually look scary. I just read a case yesterday of a man with only one leg who beat up his victim with his crutch before he raped her. Who would have ever thought that a one-legged man would be a rapist?
6.     Trusting people to be alone with your children. This is a difficult one, because child molesters end up being the LAST person the parents would believe is the molester. Most of the child molesting cases I see involve the stepfather, the uncle, the sister's boyfriend, the mother's boyfriend, the grandfather, the baby-sitter, the neighbor, the family friend, the youth camp director, day care worker, etc. Although rare, even women can be molesters. In every case, the perpetrator is a nice guy, trusting, good with children, and the family is baffled or even in disbelief that the person could be abusing their child. When it comes to your children and grandchildren, be suspicious of everyone, no matter who they are. And pay attention to what your child says and how he/she reacts to the mention of different people in their lives. 
7.     When having your car serviced, give the attendant only the car keys, as they have key duplicators readily available, and they generally have your address, etc. on file. I didn't mean to make anyone uncomfortable with this, but I am at work right now reviewing files, and realized that this email is a way I can reach many women at one time. I have the dirty job of reading all these files, and it makes me feel good to know that I can share some inferences from what I have learned. This is not an exhaustive list of what not to do, but just some things that I have observed more than just a few times.

Ek het hierdie net bygesit vir interresantheid. Indien jy soos ek is wat lief is om die pad te vat is dit belangrik om waaksaam te wees. 


6 Safety Tips for Women Traveling Alone | SOLO TRAVEL TIPS + ADVICE  

      20.       Nog ‘n punt waar veiligheid van die uiterste belang is, is jou beursie. Jy kry dit nogal baie wanneer jy werk soek. Mense nader jou met hierdie fantastiese offer – maar indien jou gut se dit is te goed om waar te wees, dan is dit. Elke R1000 wat hulle by jou kry, is ‘n R1000 wat jy verloor. Jy kry dit nie terug nie.
1.       Valse modelagentskappe is ‘n groot culprit hier. Indien jy nie ‘n betroubare kontak persoon het nie, bly weg. They have no remorse when they have your money.
2.       Plekke wat lenings aanbied…lees die fynskrif. Die oomblik wat jy kliek op ‘n link betaal jy. Jy kan stry soos jy wil maar jy sal die kostes betaal. Hulle is so goed beskermd deur die wet dat jy op die ou einde geswartlys sal word indien jy dit ignoreer.
3.       Valse offers van werk. Jy stel jouself ongelooflik bloot aan hierdie sogenaamde agentskappe. Jy gee al jou inligting weg op ‘n skinkbord, Identiteits nommer, adres en nommer. Hulle kan jou enige tyd kontak of selfs jou identiteit steel. Ek het ‘n kar so verloor. Ek het geglo ek het als reg gedoen, navorsing gedoen, mense gevra om ook te kyk of die feite reg is. Die man was so slim dat hy websites gehad het met al die nodige inligting. Op die ou einde was hy ‘n arm persoon wat slegter as ek daaraan toe was, hy het sy LLB graad in die tronk gekry en was op die ou einde vir 8 klagtes skuldig bevind maar het telkens weg gekom. Slim het toe sy baas gevang. Myne was klag nommer 9, en hy het 3 jaar tronkstaf gekry. Dit na twee jaar se vasbyt en ek is nogsteeds sonder ‘n kar.
1.       Ek het violated gevoel op elke vlak.
2.       Ek het in my eie oordeel getwyfel, en was heeltemal gedisorienteerd.
3.       Alhoewel ek my huiswerk gedoen het, het ek nie genoeg vrae gevra nie en ter goedertrou geglo. Juis omdat ek onder druk was, het dit veroorsaak dat ek die verkeerde besluite geneem het. Tot my eie nadeel.
4.       Of jy moet eers registreer om die inligting te kry en dan stuur hulle jou die inligting/werk. Ek weet nie van julle nie maar R250 is baie in my boek.
5.       Indien jy ‘n item wil aankoop, maak seker hulle is geldig. Google, bel die nommer wat jy op Google kry en nie op hulle kwitansie of eposse nie. Die nommer kan gefabriseer wees. Moenie goedsmoeds glo hulle gaan die geld inbetaal nie. Bel die bank indien jy wag vir inbetalings. Indien die bank nie bevestig nie gee jy nie die goedere weg nie. Die mense betaal dit in net om weer te reverse die oomblik wat hulle die item het. Moenie blindelings vertrou nie. Dit kan jou duur te staan kom. Motors, elektroniese apparate en klere is die norm wat hulle gebruik daarom moet jy geweldig seker maak.
Hierdie mense het geen remorse oor wat hulle aan jou doen nie. Toe ek in die hof was tydens die man se strafoplegging het hy nie eers eenmaal omverskoning gevra nie. Hy het selfs sy gesondheid en die feit dat sy vrou niemand het om vir haar te sorg nie as verskonings gebruik om nie tronkstraf uit te dien nie. Arrogant verby. Hierdie mense sal jou uitlag en aangaan met hulle crookery want hulle dink hulle kan nie gevang word nie.
     21.       Indien dit kom by jou lewe en die van jou kinders is dit geweldig noodsaaklik om wakker te wees. Moenie enige vreemde persoon in jou huis toelaat nie. Ontmoet in die openbaar, liefs met jou eie kar. Indien jy onrustig is kan jy wegkom. Maak seker jy het iemand op standby. Jou huis is jou plek van veiligheid as jy nie daar kan veilig voel nie is jy in die moeilikheid. Kry hulp, dadelik.
      22.   ‘n Punt van belangrikheid. Indien ‘n eks jou nader en waarsku oor die nuwe man se geaardheid en jy het dalk ook gesien die man is opvlieend van geaardheid. Luister. Ek het al soveel kere gehoor van vrouens, nadat te laat was, as ek net geluister het.
1.       Ek weet daar is vroue wat die punt probeer gebruik om ook hul ekse te benadeel en hier is fyn oordeel nodig. Wees versigtig maar moenie net onmiddelik aanneem daar kan nie botter in die man se mond smelt nie.
2.       Mans sal enige iets sê om jou in die bed te kry of jou so te kry dat hy jou kan manupileer. Hou sy aksies dop. Gesels met vriende en familielede van hom indien jy twyfel. En luister na raad. Onthou hier is meer op die spel as net die seksuele of net die vriendskap.
3.       Jou gesondheid en lewe is baie belangriker as jou ego.
      23.   Al hierdie punte geld vir mans ook. Jy is net so kwesbaar wanneer jy alleen is. Loop lig. Moenie arrogant wees en dink jy kan jouself verdedig. Jou lewe is hier belangriker as ‘n mes in jou rug.
1    22.   Daar is vrouens wat ook maak of hulle al die mag en geld het en wanneer jy jou oë uitvee is jy gevang in ‘n vieslike web. Of by jou bedel. Dit is alles slenters om jou te vang.
When in doubt ask or walk away.
Hierdie is werklik waar ‘n gewigtige onderwerp en een waaroor ons nog baie kan gesels maar vir nou is die grootste boodskap wat ek tuis wil bring is wees waaksaam, dit kan net jou lewe red.

Stienie Boshoff was weer kreatief en het vir ons ‘n ‘n spesiale gedig geskryf. En ek sluit hier mee af.

Beeld van Die Vryburger webwerf gekry.

*Veiligheid*
Vir sommige 'n simpelgeit 
Vir die gene wat dink dis 'n simpelgeit
Verander dit later in bewoëenheid
Sonder veiligheid is jy soos 'n skaap
Wat 'n trop lei reguit na die slagpale in die Kaap.

Die daad van versigtigheid 
slaan oor  in volwassenheid met verantwoordelikheid.

Om versigtigheid in jou lewe toe te pas
Is 'n onbeskryflike gevoel van vrede in jou lewens tas.

Padveiligheid- behou die familie kring
Werks veiligheid- is wat jou na jou geliefdes tuis bring.
Die spreekwoord sê: "Voorsorg is beter as nasorg." 


Veiligheid is 'n wilsbesluit 
Daarsonder sal jy nie die regte ouderdom bereik

Om die wedloop van die veiligheid te voltooi
Is jy 'n oorwinnaar wat saans slaap in jou kooi
*Goue reels*
Om jou dag taak mee te begin 
Sodat jou geliefde nie sal kommer en die dag kan deur gaan met 'n lied om te sing
 *V* eiligheid begin by jou 
*E* ie insig is noodsaaklik
*I* nligting is wat jy moet verkry om jou voertuig veilig te ry
*L* igsinnigheid omtrent veiligheid is nie vir my
*I* nderdaad , sal jy al die slegte gewoontes vermy!
*G* emoedsrus is wat jou gesin sal bind
*H* eildronke sal jou twee keer laat dink
*E* indelik sal jy baat by veiligheid vind
*I* ndrukke moet jy skep om met
*D* ankbaarheid saans , saam mekaar 'n beker koffie te kan drink.
©Stienie Boshoff 2019


Tot volgende week, mooi loop diamante. 


LAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/


Woensdag 11 Julie 2018

Program 5: Die wêreld om my en hoe pas ek in? Die praktiese dinge van enkelskap.

Waarheen is ek op pad?


Met soveel stemme wat om jou skree vir aandag en selfs jou eie verwagtinge voel dit of jy in duisende rigtings geskeur word. Jy probeer baie hard om jou balans te hou maar dit is verniet. Alles eis jou tyd op (op die selfde tyd), en jy kan net soveel gee – jy is net een mens. Die wêreld lyk groter as normaalweg met hopeloos te veel onbekende paaie wat wink. Sommige paaie lei na onbekende plekke, ander na gevaarlike plekke, nog ander het geen eindbestemming nie. En so gaan dit aan, jou kop voel of dit wil bars. Jy lees Bakkiesblad, lees boeke, luister na vriende en familie en almal het ‘n idee van die pad wat die beste is vir jou. Ander wil jou amper forseer om dinge te doen wat eintlik nie gaan werk nie. Die lys is eindeloos. Op die ou einde is jy die een wat ‘n besluit moet neem – maar neem die raad in ag. Van dit dra wel meriete so leer om te onderskei en nie als as verkeerd af te maak nie. 

Saam met al die stemme wat skree het jy ook nog al die emosies waarmee jy moet deel, emosies wat jou die een oomblik laat lag en dan weer in ‘n bondeltjie laat ineenkrimp. Emosies wat jou wipplank kan laat ry en soms sonder waarskuwing. Hierdie is belangrike heel word tyd en gaan net saam met dit. Hoe meer jy gefokus raak en in jou eie ritme kom sal die emosies ook begin plek maak vir die normale.
Ek vir so lank finansiële laste gedra, finansiële probleme wat my weg gehou het van die dorp se winkels of enigiemand wat gelyk het of hulle geld wil eis van jou. Ek het “shopping-shy” geword met geen benul wat nuut of beskikbaar op die mark was nie. Ek het net geweet ek kon dit nie bekostig nie. Toe Magda my winkels toe vat vir die eerste keer wou ek weghardloop van die toeloop van inligting. Amper soos ‘n paniek aanval. Dit was oorweldigend. Toe dit na ‘n tyd makliker word kon ek als om my inneem en het in my agterkop ‘n lysie gemaak van die dinge wat ek wel nodig het of graag sal wil aanskaf. So het die pad van genesing begin. Stappie vir stappie kon ek weer deel word van die samelewing en saam praat. Ek kon weer my selfvertroue terug kry en met nuwe ywer die dinge om my geniet.

Wat is my volgende stap? Hoe gaan ek ooit weer die leisels op tel? Waar begin ek? Soveel vrae bombardeer jou dan dat jy eintlik moeg neerval of in ‘n hopie gaan lê met geen benul wat die uiteinde gaan wees nie. Jy doen goed net om te vergeet of skakel jouself af en volg net die vloei – veral wanneer daar klein kindertjies betrokke is. Jy het nie die luuksheid om dan op ‘n hopie te gaan sit nie. Skielik is jy pa en ma vir die kleingoed en wil jy hulle beskerm en hulle wêreld so min as moontlik versteur. Jou ewewig is versteur maar tyd vir pamperlang en net sit, is daar nie. Jou verantwoordelikhede groei soos ‘n berg, en die hellings word styler en styler met geen uitkoms nie. In die oomblike wat daar wel ‘n breek kom wil jy net slaap en vergeet. Aan die een kant was ek baie bly dat my kinders alreeds op hul eie was nie maar ek kan net dink hoe moeilik dit moet wees vir ma en pa met kinders wat op hul eie moet reg kom.

Die nuwe roetine waarin jy gegooi word werk net nie en jy is altyd laat en is knaend vergeetagtig. Mense frons, gee jou skerp kyke, jy kry selfs waarskuwings maar jy sukkel om jou voete te vind. Roetine gee ‘n mens sekuriteit en veiligheid maar wanneer dit verander en jy weer jou voete moet vind tap dit heelwat energie van jou. Weg is die bekendheid van jou ou lewe. Skielik bevind jy jou met nuwe en selfs groter verantwoordelikhede in ‘n nuwe roetine. Skielik moet jy die besluite neem – groot besluite wat ‘n geweldige impak kan hê op jou pad vorentoe. 

Toe ek my kar ontvang, het die oop pad gewink. My hande het gejeuk en ek wou net ry… maak nie saak waarheen nie. Geld was natuurlik nog ‘n probleem maar dit het nie die hunkering minder gemaak nie. ‘n Wye wêreld het gewag vir my. Ek het skielik meer gelees oor die wêreld om my, dinge wat my belangstellings geprikkel het. Wanneer jy vir jare geen kontak met die buite-wêreld gehad het nie, word jy soos ‘n vasgekeerde bok wat net wil spring oor die naaste heining, ongeag van die bome, dorings en duwweltjies aan die anderkant. Jy wil hierdie nuutgevonde vryheid met albei hande aangryp en nooit weer laat gaan nie. Ek het paaie gery en dinge opgemerk wat my ongelooflik verryk het, net om waar te neem en in te neem. Ek was soos ‘n moeselien doek wat alles wou opslurp. Daar was net geen keer aan my nie.

Toe kry ek die werk as eiendomsagent wat jou wel die vryheid gee om rond te beweeg, jou onmiddelike area te leer ken en mense te ontmoet. Die bonus was dat ek kon leer en myself bekwaam om eendag op my eie te wees. Ek het altyd die begeerte gehad om verder te studeer maar dinge het net nooit so uitgewerk nie. Nou is dit binne my bereik. As agent sien jy meer plekke en gesels jy met interessante mense wat jou wêreld verbreed. Jou kennis verbreed op elke vlak.

Moenie ‘n fout maak nie – dit is nie hemel op aarde nie – om ‘n agent te wees is harde werk met baie slaggate. So as jy daaraan dink weet dit gaan baie opofferings kos, soms met geen geld om daarvoor te wys nie. Dit is die meeste van die tyd ‘n ondankbare werk en jy moet baie tyd in sit om ‘n paar rand te kry. Maar vir my is dit die ideale plek om te wees omdat dit my die vryheid gee om te skryf en die program aan te bied en  dit te geniet ongeag die hekkies in die pad.

Wat gaan jy maak daarmee?

Jou optrede gaan bepaal hoe die res van jou tog gaan wees. Gaan jy vir altyd kla en jammer wees vir jouself of gaan jy die geleenthede wat die lewe bied vat en jouself ontwikkel en bekwaam as vrou, as mens en in die proses besef wie jy is. Onthou niemand hou van ‘n Jannie-jammergat nie. Niemand help ook so ‘n persoon nie.

1.    Maak vrede met jou pad. Om te bly hunker na die verlede gaan niks makliker maak nie. Deur om die heeltyd te verlang na die eks gaan jou net depresief maak. Hou op om hom te stalk op Bakkiesblad of uit te vind hoe dit met hom gaan. Vergeet van hom en stap aan. Hou op om jouself in ‘n plek te sit waar jy hom sal raakloop of per ongeluk sal sien. Hoekom wil jy dit doen aan jouself? Dit bereik niks nie. Maak vrede met jou pad.
a.     Kry nuwe belangstellings. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Hoe vinniger jy dit kan doen hoe vinniger kan jy herstel. Skaaf aan jou diamant. Besef jou waarde.
b.    Doen iets spesiaal vir jouself, elke dag. Al is dit net om agteroor te sit, jou oë toe en te maak en te ontspan vir 10 minute. Haal asem.
c.     Laat gaan die bitterheid en vergewe. Gee jouself tyd om te herstel. Probeer om in vrede met die eks of die skoonma te leef waar moontlik. Vernaam as die kinders nog afhanklik is van julle twee. Dit gaan nie help om vyandig te wees nie. Daardeur bereik jy niks nie behalwe om die probleem te vererger.
d.    Kry jou ritme terug, roetine, veral vir kinders is belangrik. Lag meer. Die lewe is nie so ernstig dat jy moet vergeet om dit te geniet nie. Leef in die hier en nou. Die verlede is verby en more kom nog.
e.     Leer jou doel ken. Jy is nie net ‘n ma nie maar jy is vrou met begeertes. Hoe bepaal jy dit? Die kortse antwoord sal wees wat is jou passie? Wat begeester jou? Sodra jy dit kan identifiseer het jy jou doel uitgewerk. Skryf jou doel neer sodat jy dit daagliks kan sien en werk daarheen. Wees gedissiplineerd ongeag wat die lewe na jou kant toe gooi.
f.    Kyk na jou houding, wat sê dit van jou. Is jy depressief gaan jou liggaam dit wys en mense gaan jou vermy. Onthou jou gevoelens is tans ‘n mallemeule, dit het sy op en afs. Kom in aanraking met jou self, dan. Hetsy deur meditasie of gebed of sommer net stil word met ‘n koppie tee of boek.
g.     Moenie jouself kul nie. Wees eerlik met jouself. As jy nie dit kan doen nie hoe gaan ander mense jou vertrou. Leer om na jou hart te luister. As iets nie reg voel nie, luister na jou instink en stap weg. Soms selfs sonder ‘n woord. Leer om nee te sê… onthou jy is die een wat daaronder gaan lei as jy bly ja sê. 
1.    Leef binne jou vermoëns maar moenie ophou droom nie.
   Wees dankbaar vir elke dag wat aan jou geskenk word. Wees oop vir nuwe onderwerpe. Reik uit na mense. Daar is geen moet dat jy iets nou moet hê nie. Jy kan sonder baie dinge klaar kom. Jy wedywer nie meer met iemand om ‘in’ te wees nie. Jy moet nou oorleef. Leer oordeelkundigheid aan. Daar was tye wat ek ook paniekerig was, hulp gevra het maar op die ou einde moes ek leer om aan te pas en reg te kom met wat ek het. Soms het hulp opgedaag uit onverwagte oorde en het ek met die min wat ek gehad het oorleef. Soms was vriendskapsbande gesmee bloot net vir die hulp wat dit gebied het en het dit weer verdwyn na ‘n tyd. Ek moes leer om te ‘barter’ – maw: jy gee of doen iets om iets in ruil daarvoor te kry wat jou gaan bevoordeel. Ek het bv. aangebied om ‘n vriendin te help met ‘n blog vir haar nuwe besigheid en in ruil het sy vir my ‘n paar fotos geneem vir my sosiale blaaie. Dit het ons niks geld gekos nie, net tyd.
 2.    Daar is soveel stokperdjies om te doen wat jou kan help om te fokus, te ontspan en net jouself te vind.
    Kreatiwiteit anker jou, hou jou meer gefokus, help om jou ewewig te behou. Net om uit te gaan en die natuur te geniet is al ‘n groot verligting. Ek sal ‘n link deel op Diamant Divas wat jy kan volg van hobbies wat selfs ekstra geld in die sak sal bring.


Kom ons kyk na ‘n paar:

i)      Ek het dit al so baie gesê maar skryf bly maar vir my ‘n goeie wegkruip plek en gee my die nodige dissipline en selfvertroue in my lewe. Daar deel ek my hart, soms in fiktiewe stories. Soms in motiverings boodskappe of deel ek net wat my geraak het in daardie spesifieke oomblik. Ek maak nog nie ‘n lewe daaruit nie maar dit gee my tog die platform om my skryfkuns uit te leef. Omdat ek ook avontuurlustig is en ‘n goeie uitdaging my aantrek sal ek dan ook verskillende, uiteenlopende stories skryf. Daar is heelwat skrywers wat net by een genre bly maar ek is ‘n diverse mens met heelwat belangstellings en skryf verskeie velde. As jy nie kan skryf nie skryf poësie en plaas dit op jou FB blad. Klim uit jou hokkie en geniet die terugvoer. Groot onthou: die negatiewe kritiek kan jy omsit in positiewe terugvoer. Daar is groepe op FB wat aspirant skrywers en digters help om hul kuns te slyp maar dan moet jy oop wees.  
ii)   Lees is my ander passie. Ek is mal daaroor. Om weg te raak in ‘n goeie boek stel jou bloot aan nuwe wêrelde en gedagtes. Weereens ek lees heelwat verskeie genres. Agv van dit bied ek ook my hulp aan aspirant skrywers aan, deur ‘n resensie te los op Goodreads of Amazon wat hulle baie help en ek kry boeke verniet. Hoe cool is dit… J
iii)            Blogging is ‘n ander goeie plek om jouself uit te leef. Onthou voor jy begin, dit vat tyd om ‘n plasing saam te stel en iets sinvols te kan byvoeg. Blogging is ‘n gratis platform deur Google of jy kan ook Wordpress gebruik. Jy het nie nodig geld uit te haal daarvoor nie. Indien julle belangstel kan ek meer daaroor sê omdat ek dit alreeds vir 5 jaar doen. Bepaal wat is jou belangstellings: dit kan kosmaak wees, of koekies bak of resensies op flieks of eetplekke. Hierdie bedrywighede kan jy opneem en op YouTube plaas. Die geleenthede is eindeloos. Gaan doen net jou huiswerk en jy sal vinnig sien hoe dit gedoen word, deur mense soos ek en jy. Blogging is ‘n manier om uit jou gemaksone te beweeg en te gee. So ontmoet jy mense en verbreed jou kennis.
iv)Dan is daar Scrapbooking. Persoonlik is dit vir my ‘n baie duur stokperdjie maar die kreatiwiteit wat jy daaraan bestee verryk jou ook. Ek het my vriendin baie keer dopgehou terwyl sy aan ‘n nuwe idee gewerk het. Die resultate was altyd kort van Wow gewees. Net so is daar volwasse inkleurboeke wat jou eindeloos kan besig hou of lapverf. Lapverf is ook iets wat jy en jou kinders saam kan doen en dit sorg vir eindelose pret. Jy kan sover gaan om hulle kunswerke of in kussings te verander of te raam. Mosaik is natuurlik ook ‘n gunsteling of ou meubels restoreeur.
v)   Self doen projekte is net so goed en kan baie keer in ekstra inkomste omskep word. Houtwerk vind gewoonlik baie byval. Bottels wat geverf en versier kan word en wat jy kan gebruik in jou huis of kan verkoop as geskenke. Spesifiek by Boeremarkte of kerkbasaars. Dit is ook iets wat kinders kan help doen en jy leer hulle sekere vaardighede: speel-speel aan. Brei en hekel is natuurlik net so ‘n goeie plek. Baie mense het ekstra wol wat jare in die kaste lê en sal met die grootste graagte vir jou gee.
vi)Skilder is nog ‘n goeie plek wat nie net ontspanning bied nie maar ook jou kreatiwiteit kan ontwikkel. En daar is verskeie plekke waar jy kan aansluit of as jy dit alreeds kan doen bied klasse aan – goeie sakgeld en jy leer mense ken.
i)      Dans is ‘n goeie plek om in oefening te bly en mense te ontmoet. Musiek is altyd ‘n goeie medium om mense te leer ken.
ii)   Skryf in vir ‘n kursus – daar is heelwat op Google wat nie veel kos nie of soos reeds genoem: ‘barter’ daarvoor veral as jy die persoon goed ken.

iii)  Om heeldag flieks te kyk doen niks vir jou gemoed nie. Inteendeel dit maak jou passief en lui. Facebook grap en klets groepe op is nie ‘n hobby nie tensy jy ‘n groep begin waar jy uitreik na mense toe met iets wat jy wil verkoop, of voel jy kan iets deel met eenders denkende persone. Maar hou jou tyd dop. Dit is ongesond om te veel tyd daar te spandeer en voor jy jou oë uitvee word jou dae gevul met niks.  

iv)As jy lief is vir hare mooi maak meld aan by jou naaste ouetehuis. Die oumas en tannies verwelkom iemand wat aan hul haartjies kan aandag gee. Al vra jy net R20 per kop is dit geld wat jy nie voorheen gehad het nie. So ook met hul naels. Kyk wat aangaan om jou en kyk hoe kan jy ‘n bepaalde leemte vul met jou kreatiwiteit en kennis. Daar is heelwat ouetehuise wat hulp sal waardeer vanaf die publiek so klim uit jou dop en geniet die nuwe omwentelinge. Al hierdie dinge help jou om uit te reik, jou te verryk en gee jou die bevrediging dat jy iets kan bydra.


Ons wêreld word geskep deur dit wat met ons gebeur, ons agtergrond en waar ons bly. Baie van hierdie dinge laat wesenlike merke of voetspore en vorm ons denke en aksies. Ons is sagte teikens, wat lank nadat die daad verby is, nog die letsels in ons siel rond dra. Met ons politiek in skommeling is daar ook ander dinge waarvan ons as vrou kennis moet neem. Jy het skielik nie meer iemand om jou te beskerm wanneer dinge verkeerd gaan nie daarom is dit belangrik om paraat te wees. Baie van ons moet op donker paaie terug ry huis toe wat op plase of plotte geleë is. Of jy werk in ‘n nywerheidsarea, wat teen die tyd dat jy huis toe gaan, verlate is. Maak seker jy is in verbinding met jou plaaslike buurt/burgerwag en dat iemand altyd in verbinding is met jou.
 Baie van ons, en ek is ook in die groep ingesluit weet eintlik min van selfverdediging af of hoe om ‘n vuurwapen te gebruik. Indien moontlik skryf iewers in en kry die nodige agtergrond. Daar was ‘n tyd wat ek met alle mag en mening die kursusse wou doen maar my lewe het anders uitgewerk as toe. Nou probeer ek sover moontlik paraat wees en kyk wat om my aangaan.

Dinge om toe te pas: 1)   Beskerm jouself deur basiese dinge in plek te stel. Bv. Maak seker dat jou woonplek gesluit is. Maak seker dat jou familie weet waar jy is. Maak seker dat jou kar altyd genoeg petrol in het sodat jy nie op onveilige plekke gaan staan sonder brandstof nie. Maak seker dat jou kar altyd reg is. Indien jy met ‘n probleem kar sukkel wat jou in die steek kan laat wanneer jy hom die nodigste het kry iemand om daarna te kyk. Gebruik jou eie oordeel in sekere plekke en as dinge nie reg voel nie kom daaruit so gou moontlik al moet jy ‘n paar verkeerswette verontagsaam. Soos stop by ‘n rooi lig 11 uur die nag met geen siel in sig nie. Natuurlik met die nodige waaksaamheid.
2)   Vermy onveilige plekke. Daarom is dit belangrik dat jy weet wat om jou aangaan. Moenie naïef wees nie. Geniet die lewe maar bly oop kop en waaksaam.
3)   Maak seker jou foon is gelaai voor jy die huis verlaat. Dit is basiese goed wat jou lewe kan red. Daar is selfs applikasies wat jou kan verbind aan sekuriteisgroepe sodat hulp net ‘n knoppie ver is.
4)   Maak seker dat jy die mense in jou vriende groep ken wanneer jy uitgaan. As jou welstand nie vir hulle belangrik is nie dan hoort jy nie daar nie. Moet ook nie enige geopende bottels van vreemdelinge ontvang nie. As vrou is jy ‘n teiken vir gevoellose mense wat jou sal seermaak sonder om te huiwer. Soms met die idee van dit is ‘n grap. Wees bedag op mense en waar jy is. “Safety in numbers” is altyd ‘n goeie moto om te hê.
5)   Indien jy sover gaan om weer uit te gaan maak seker dat die man goeie intensies het. My ondervinding met sulke dinge is jy vind dit eers later uit terwyl jy geleenthede gehad het om die regte vrae te vra vooraf. So vra die vrae en as dit hom irriteer dan het jy jou antwoord. Bly weg.
a)    Die belangrikste vraag is altyd wat is sy intensie met jou? ‘n Man sal vir jou vinnig sê wat hy verlang. As hy se hy soek nie ‘n verhouding nie hou daarby. ‘n man wat gedwing word vlug nog voor julle gaan koffie drink het. Hierby wil ek dit ook uitlig maak dit uit met jouself wat is jou eie intensies. As jy eerlikheid verwag moet jy ook oop boek speel en daarby hou. Indien jy nie seker is nie kuier in ‘n groep en leer die persoon so ken. Moenie aanneem dat jou eerste koffie-sessie beteken julle is nou ‘n item nie. Gee jouself die geleentheid om heeltemal te herstel voordat jy enige lang verhoudings begin.
b)   En moenie oor jou eks praat nie. Geen man of vrou wil dit weet nie. Indien die verhouding verby kuier twee is dan kan jy daaroor gesels in meer diepte.
c)    Indien hy vaag is oor sy vorige huwelik of die vraag ignoreer bly weg, block en delete. Glo my hy is nie eerlik nie.
d)   Die manier wat hy met jou praat op WhatsApp is baie keer die manier wat hy jou gaan behandel op jul eerste date. As hy nors en aggressief klink hou verby, jy mis niks. As hy “eerlik” is om jou in die bed te kry – dit is jou keuse maar onthou ‘n man se denke agterna verander en skielik is jy die goedkoop een en hy sal nie skroom om jou so te behandel nie. Dit is net iets om te onthou.
 Wees versigtig wie jy toelaat in jou binnekring, vernaamlik as jy nog kinders in die huis het. As jou kinders nie gelukkig is met die man nie vra eerder hoekom. Soms sien hulle deur hom terwyl jy nog met roosbrille na hom kyk. Daarmee wil ek ook nou nie sê dat alle mans sleg is nie, en soms is kinders wel verkeerd maar dit is goed om te let op die dinge. Vernaam as hulle nog in jou huis is. Moenie dat jou alleenheid jou doof of blind maak vir die verkeerde tekens nie.    Ek hoop dat hierdie praktiese dinge jou sal help om so ook te groei as ‘n waardevolle diamant. Skitter net waar julle is vriendinne.
 
ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Lynelle Engelbrecht Clark: Diamant Diva's
WOENSDAG 11 JULIE 2018 at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
…/elan-global-radio.htm

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...