Sondag 05 Februarie 2023

Onderhoud met Mari Botha oor my boeke en kreativiteit. Skryf in vir die Valyntyn Kompetisie.


Skryf in vir die kompetisie en staan 'n kans om die boekbundel ter waarde van R1800 te wen. 

1. Waar kom die skrywersdroom vandaan?

Ek het boeke nog altyd fassinerend gevind. As tiener het ek Konsalik ontdek en het sy boeke verslind. Die manier wat hy jou kon intrek en deel maak van die storie terwyl die plot lewendig word het my diep geraak. Ek dink dit het daar begin. Tussen die ysvlaktes van Siberië, agter die Ystergordyn en die absolute deursettingsvermoë van sy karakters wat dit verg om te oorleef.

Maar natuurlik, moes ek eers my eie ondervinding opbou voordat dit ‘n werklikheid kon word. ‘n Mens kan net skryf wat jy weet, en op dertien het ek nog geen begrip gehad van die lewe nie. Ek het ook nie ‘n liefde vir die taal gehad nie. Maar die droom was daar gebore.

‘n Skoolmaat van my het my eendag herinner aan my woorde in standard sewe. Ek het heeltemal vergeet van daardie woorde. My kop was toe in die wolke want ek wou ‘n lugwaardin word. Toe dit nie realiseer nie moes ek ‘n kopskuif maak en oor tyd het die droom vervaag maar my liefde vir lees nie. Dit het die droom gevoed sonder dat ek werklik bewus was daarvan. Eers in 2010 het die woorde in my kop die sleutelbord gevind. Toe my eertse boek in 2012 die lig sien, toe slaan dit my tussen die oë en van daar het dit geëskaleer tot die ses vrystellings en 10 samewerking bundels met ander skrywers.


2. Jou persoonlike gunsteling uit jou eie pen en hoekom?

Love at War. Die storie het as ‘n novelle begin. In 2010 was my kop op ‘n verkeerde plek weens die probleme wat ons destyds beleef het. My woede en seer het my uitlaatklep geword. Hier het ek ook besef dat ek eintlik baie passievol is. Uit hierdie passie het skryf begin ontwikkel en het ek geskryf wat op my hart was.

Love at War het saam met my ontwikkel en die storielyn het van ‘n novelle na ‘n boek ontwikkel totdat dit geeindig het as ‘n 700 bladsy boek met lewenslesse reg uit my lewe uit. Die vrae waarmee Sonia Main gesukkel het was my vrae.

Sonia Main, die hoofkarakter in die boek het deur verskeie ervarings gegaan en op die ou einde het die lewe haar terug gevat na die Here toe. Sy was kwaad, vir haarself en vir die Here. Maar Vader is getrou. Hy weet hoe om ons uit die varkhok te kry.

Haar storie is die storie van so baie ander vrouens ook. Genesing kom eers wanneer ons onsself werklik kan vergewe. Dit is dan wat ‘n straf ons grootste seën word en jy verantwoordelikheid vat vir jou lewe. Hierdie lesse lei ons dan terug na die Vader huis.  

3. Nuutse boek

Ek is lief vir ‘n goeie sielkundige riller en wou nog altyd my hand daaraan slaan. Laas jaar het ons ‘n mini-kompetisie gehad op Skryf Jou Storie se FB groep. Dit was aangebied deur Floris van Zyl en ek het Verlore Gisters begin skryf met The Sinner en Agatha Christy in my kop.

Die kompetisie het die storie aan die brand gesteek maar die woordtelling was ‘n buffer om werklik uiting te gee aan die storielyn. Maar die fondasie is gelê en ek is tans besig om bietjie meer vleis daaraan te sit. So ‘n regte spanningsverhaal met ‘n twist. 

4. Vertel ons meer van KreativPreneur

KreativPreneur het einde laas jaar begin vanuit my begeerte om ander by te staan in hul kreatiewe reis. Benewens die skryf trek enige vorm van kreatiwiteit my aan. Hetsy sang, dans, koekversiering, ‘n mooi skildery, ‘n unieke gebou, tuin of fotografie. Dit maak nie saak nie, ek waardeer die kreatiwiteit daaragter.

In 2020, met die epidemie in volle swang, het ek begin met ‘n lewensgids kursus op Udemy. In die proses het ek op verskeie boeke afgekom waar God werklik verhoog word deur kreatiwiteit. ‘n Nuwe wêreld het vir my oopgemaak. The Artist Way van Julie Cameron het my pad gekruis en aangespoor om met wat ek geleer het ‘n werksboek saam te stel. Release your Creativity is ‘n 9-weke kursus, en The Artist Way het die fondasie daarvoor gelê. Release your Creativity is tans beskikbaar op my webwerf en sal eersdaags ook in Afrikaans beskikbaar wees.

Met dit saam het ek geweet ek sal ‘n platform moet skep. Aanvanklik was dit Kreativ Collectiv gewees maar met konstante tegniese probleme op daardie webwerf, en tyd vir hernuwing vir my domain het ek besluit dit is ‘n goeie idee om oor te slaan na KreativPreneur toe. Dit het maar alles met tydsberekeing te doen.

KreativPreneur is ‘n holistiese platform waar ek kyk na elke aspek van kreatiwiteit. Ons bestaan immers uit liggaam, siel en gees, ‘n volronde holistiese wese. God se DNA is in ons geprogrammeer en daaruit wys Hy ons nuwe dinge wat vir ons ‘n nuwe lewe voorberei.

M.a.w., Hy gee ons ‘n platform om selfversorgend te word mits ons gekonnekteer is met Hom. Ons is elkeen ‘n put. Elkeen se put verskil in diepte en die donker vrese van die onbekende. Maar wanneer ons toelaat dat God deur ons werk begin daardie put oop te maak en die donker word verruil vir lig. Die water begin te styg, later stroom dit oor die rotswande wat dan ‘n stroom word. Hierdie stroom word ‘n volwaardige rivier. Die doel van KreativPreneur is dan om elkeen te help om daardie stroom te bereik.  

Openbaring praat van ‘n rivier wat gevul word met visse wat dui op voorsiening, die blare wat nie verwelk nie wat dui op God se genesing en ons bewaar. Die goeie vrugte wat genesend en voedend van aard is, is wat ons uit gee aan die mense wat ons pad kruis.

Hierdie prentjie is lewendig in my hart. My stroompie moet aansluit by jou stroompie. Ons kan dit nie alleen doen nie. Ons het mekaar nodig want dan word ons ‘n rivier wat deur die land vloei met genesing in ons dieptes en voorsiening in ons samestelling.

5. Die Waarheid se Dig en Skryf kompetisie - is daar nuwe talent in SA?

Ek glo daar is. Die pad is oop vir elkeen om te ontwikkel mits hulle luister na die raad wat gegee word. Dit is so maklik om in ‘n strik te val van “ek weet”. Glo my, selfs na 13 jaar weet ek nog nie als nie. Ek maak nogsteeds foute. Maar wanneer jy bereid is om te leer en aan te hou skryf sal die woorde outomaties kom en saam met dit die deurbraak.

Die geheim is skryf en lees. As ‘n skrywer is die twee onlosmaaklik deel van jou.

Ek lees ten minste een boek ‘n week. Ek lees verskillende genres want elkeen leer my iets. Daar is baie skrywers wat niks lees nie en nie kan verstaan hoekom hulle nie ontwikkel nie. Lees is ‘n katalisator vir jou eie skryfwerk. Of jou nou fiksie, nie-fiksie of net die Bybel lees. Jy moet lees.

Saam met dit moet jy ‘n tweede vel ontwikkel. Daar was verskeie kere wat ek wou ophou. Daar is mense wat dink ek is sub-standaard. Daar is mense wat dink hulle kan dit beter doen as ek. Maar ek is nog hier, waar is die mense? Jy moet in jouself glo. Niemand anders gaan nie. Baie mense stop met die eerste kriteik wat die verkeerdste ding kan wees.

6. Hoe oorkom skrywers die vrees om te begin?

Vir elkeen is dit anders. Maar dit is eintlik eenvoudig. Deur op jou knieë te gaan en Vader toe te laat om deur jou te werk. Ons kreatiwiteit kom van Hom af. Hy weet waarmee ons sukkel. Hy weet van elke vreesagtge gedagte en gevangeniskap waarin ons is. Hy weet hoe ons aanmekaar gesit is.

Maar ten spyte daarvan het Hy sy asem in ons geblaas. Daardie asem is lewend en kragtig om elke muur van vrees te oorwin. Wanneer ek Hom vertrou en al my vrese voor Hom neersit dan help Hy my om dit te oorkom.

Die volgende stap is om te gaan sit voor daardie sleutelbord en jou gedagtes neer te pen.

Deel van die 9-weke kursus is om elke dag vir daardie nege weke elke oggend jou hand op papier te sit en te skryf. Deur net te skryf sonder om te dink oor wat jy skryf maak jy ‘n deur oop vir woorde om te vloei. Kort voor lank begin stories tevoorskyn kom. Of ‘n gedagte vir ‘n boek. Of ‘n gedagte vir ‘n rolprent. God wil sy Hart aan jou openbaar en wanneer jy tyd maak om stil te word begin Hy om die pen oor te vat.  

Maar dit begin by daardie eerste stap. Om jou knie te buig en stil te word. Wanneer ons in tap in God in wys Hy jou die pad vorentoe. Hy help jou om daardie vrees te oorwin.

7. Waarna sien jy uit vir die toekoms van 'skryf' in Suid Afrika?

Die toekoms van Skryf in Suid Afrika is baie helder en blink. ‘n Mens sien dit oral op die Internet. Die skrywersplatforms op FB alleen is legio. Met mense wat passievol hierdie craft volhou sal skryf ‘n permanente rol speel in ons lewe.

Ek lees nou die dag dat AI of Artificial intelligence skryf gaan oorneem in die toekoms. Maar ek kan nie sien dat dit wel sal gebeur nie. AI kan nie emosies skryf nie. AI kan nie die kleure van ‘n Bosveld sonsondergang beskryf nie. Dit kan ook nie die pyn van ‘n kind weergee of die weëmoed van ‘n moeder of die absolute radeloosheid van ‘n vader nie. Dit is nie in sy DNA geskryf nie. Net die mens kan uiting gee aan dit wat hier binne gebeur.

Skryf is ‘n tasbare lewende organisme wat niemand kan keer nie. Selfs al moet ons op klip skryf sal dit voortleef.


8. Hoe werk die Writer's Journal for Beginners? Hoekom is daar so baie mense wat deesdae hul stories wil skryf?

Writer’s Journal for Beginners is ‘n samevatting van wat ek geleer het die afgelope jare. Dit is die fondasie van skryf en waarna om te kyk. In Suid Afrika is daar min sulke boeke beskikbaar en met ‘n groeiende mark wil mense weet hoe. Met die knaende kragprobleem in ons land wil mense ‘n werksboek in hul hande hê.

Die riglyne is weereens ‘n omvattende holistiese kyk na jouself. Die joernaal begin met dertien vrae wat jy moet deurwerk. Juis om daardie vrese waarvan ons vroeër gepraat het te kan uitwis. wanneer jy jouself begin verstaan dan kan jy makliker deurbreek deur die blokke wat jou probeer terug hou. Wanneer dit klaar is teken jy ‘n Honouring pledge met jouself. ‘n Sertifikaat wat jou verantwoordelik hou vir die projek waarmee jy begin.

Ek help jou van karakter en wêreld bou tot hoe om jou woorde te hou (Of Word Tracker). Dit is ‘n aansporing asook ‘n middel om jou gefokus te hou op die eind doel.

Wat is die verskillende oogpunte waaruit jy kan skryf. Waarna om te kyk as jy ‘n karakter wil skep, ens.

Elkeen van ons het ‘n storie om te vertel. Of dit nou in fiksie is of nie-fiksie. Daardie storie brand in jou en vroeër of later wil hy uit. Hy wil die lig sien. Met al hoe meer stemme wat die lugruim beset kan ‘n mens maklik voel jy word nie raak gesien of gehoor nie. Om jou storie te vertel is om jou stem te laat hoor. Al is dit al wat jy agter laat, vir iemand sal dit iets beteken.

9. Vertel meer oor Joernaal reeks vir vroue.

Die erfenis reeks is een van KreativPreneur se eerste babas. Omdat ekself uit ‘n gebroke huwelik kom en die pad van opstaan ken verstaan ek die waarde van ondersteuning.

Die joernaal reeks, wat in al die landstale beskikbaar sal wees is ‘n ondersteuningsmiddel vir vroue wat weer van vooraf moet begin. Selfs die jonger geslagte, om hulle te help om doelgerig te lewe te daarby te hou. Sodat hulle kan besef daar is meer in die lewe as net dwelms, kêrels en om getroud te wees.

Daar is ook plek vir ‘n gebedsjoernaal, dankbaarheid, finansiële en spaar joernaal asook ‘n lees joernaal. Die is amper klaar en sal beskikbaar wees aanlyn in my webwerf en FB winkel.

Die vertalings vat bietjie langer as wat ek gedink het maar dit kom daar.

10. Hoekom juis vroue?

Selfs in vandag se tyd waar vrouens als kan doen wat ‘n man kan doen is die vrou nogsteeds in baie opsigte agter. Baie glo hulle is net geroep om ma te wees en ‘n tuisteskepper te wees maar word as vrou heeltemal mis gekyk. Ekself was ‘n huisvrou vir negentien jaar, en daar is niks mee verkeerd nie maar vroeër of later kom die “resentment” of wrok na vore en jy glo jy kan niks doen nie.

Baie glo hulle het niks om te bied nie. Van 2017 tot begin 2019, ek hoop ek het die datums reg, het ek ‘n radio program gehad vir enkellopende vroue, Diamant Divas, op Elan Global Radio. Ek wou vroue help om die gevare van ‘n enkellopende pad raak te sien en ook te leer waarvoor om uit te kyk. Asook om hulle aan te spoor om weer te gaan leer.

Wat ek uit my eie pad geleer het en ook met die wat met my gesels het is dat ons baie goed nie weet nie. Baie vrouens is nie “street smart” nie. Juis omdat ons weggehou word, in watte toegedraai word en glo ons kan niks anders doen nie. Maar die dag wat ons opstaan is ondersteuning yl.

Dit is ‘n brandende passie in my om vrouens te help om op te staan. Om vir hulle ‘n platform te skep waar hulle weer volwaardig vrou kan word.

11. Nuwe boek oppad... wanneer? Wat maak jou opgewonde oor die verhaal?

Daar is twee boeke wat albei halfpad is. Die een is The Connection Series. Die storie is gebore toe my seun Amerika toe is. Dit was my manier om oor dit te kom en die mooi daarin te sien.

Dit handel oor twee families: die Calloway’s, in Amerika en die Stevenson familie hier in Suid Afrika. Elke boek in die reeks handel oor ‘n Bybelse waarheid. Die eerste boek is Source of Joy, en is ligweg gegrond op Abigail en Dawid se storie.

Die ander boeke in die reeks handel oor tweede kanse (Second Chances), om ‘n vrou van inbors te wees (Wife of Nobility), geopende hemel (Open Heavens) en genadehuis (House of Mercy). Elkeen handel oor gehoorsaamheid en net soos met Love at War moet die karakters luister en gekonnekteer wees met God om hul seën te kan ontvang.

Die ander boek is Seisoen van Liefde wat handel oor ‘n pa en dogter wat smag na ‘n nuwe lewe met ‘n paar twists in die storielyn.

Al my boeke het ‘n Bybelse waarheid in. Met Love at War is dit baie prominent waar die ander se storielyn nie so opvallend is nie ten sy jy geestelik ingestel is om dit te ontvang.   

Besoek Die Waarheid FB blad plasing hier, en skryf in vir die Boek Bundel Valentyn’s kompetisie. 

Deel FB post wat Die Waarheid Radio, KreativPreneur, Lynelle Clark en al my links ook.


Valentynsdag is om die draai! ❤️

Jy kan lekker WEN vir jouself óf vir die spesiale persoon in jou lewe.
Om te kan skryf is om uiting te gee aan dinge wat almal nie altyd verstaan nie. Lynelle Clark, outeur en een van die beoordelaars van Die Waarheid se Dig en Skryf kompetisie, verstaan die skryfkuns egter baie goed. Sy het by Die Waarheid Radio kom kuier en een gelukkige luisteraar kan haar boekbundel wen vir Valentynsdag. Dit sluit die volgende 6 boeke uit haar pen in: A Pirate's Wife, Bella's Choice, Love at war, Blood Mines, Gedagte Kringe en Juweel van die Oosgrens. ’n Behoorlike bederf vir enige boekwurm.
Hoe kan jy inskryf om te WEN:
1. Deel hierdie plasing met soveel as moontlik mense. Elke 'share' tel as ’n inskrywing.
2. Gaan ‘like’ Lynelle Clark se Facebook en Instagram bladsye
3. Volg die Waarheid Radio op Facebook, Instagram en YouTube
4. Sluit aan by KreativePreneur Club op Facebook


 


In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...