Saterdag 02 September 2023

Vroue word bemagtig tydens Die Deugsame vrou byeenkoms in Brakpan.


Op 25 Augustus 2023 was vroue bemagtig tydens Die Deugsame vrou byeenkoms in Brakpan.

Die geleentheid was positief, en deelnemers het die program geniet.

RATA en verskeie belanghebbendes het verlede Vrydag 'n geleentheid vir Vrouemaand gehou om die vroue in die Brakpan-gemeenskap te bederf.

Hulle het dames wat dit bygewoon het, getrakteer op motiveringspraatjies, kos, klein geskenke, en vaardigheidsontwikkeling. Elke vrou het 'n Doelgerigte Lewe Joernaal ontvang.

Die dames het na 'n motiveringstoespraak deur Lynelle Clark geluister. 'n Emosionele getuienis deur 'n oorlewende van huishoudelike geweld en verslawing het die saal stilgemaak. Gebed en liedere deur Ps. Magda van der Merwe het aanklank gevind by almal, en raadslid Riaan van Zyl van die Vryheidsfront Plus het sy eie unieke dinamika by die groep gevoeg, wat die vroue geniet het. Die vroue het wenke oor gesinsbeplanning deur Gloria Khalakhu ontvang en is gemotiveer om terug te keer na die Woord vir genesing deur Ps. Martha Neethling. Dit is opgevolg deur 'n demonstrasie vir selfverdediging van die span van ZULEKU-vegkuns skool.

Die lewensafrigter en skrywer Lynelle Clark het gesĂȘ: "Diamante word onder geweldige druk gebore. 'n Deugsame vrou word nie gebore as een nie. Sy word geplant, ervaar geweldige druk en lyding, word soms vergeet, maar wanneer sy opstaan en skoongemaak word, skyn sy. Maar dit begin alles by een besluit. 'n Besluit wat net sy kan neem."

Die vaardigheidsontwikkeling was 'n enorme sukses en oud en jonk het aan hierdie aktiwiteit deelgeneem. Hoe om bad soute te maak as ‘n inkomste vir hulself, was kranig gevolg. Dit is gevolg deur heerlike etes.

Die energie het gedurende die geleentheid hoog gebly, en sommige dames het ‘n nael behandeling soos die tyd dit toe gelaat het, ontvang.

Belanghebbendes en NPO's wat by die geleentheid teenwoordig was, was RATA, Brakpan SAPS Youth Crime Prevention Desk, Gesondheid en Maatskaplike Dienste, ZULEKU, Truth Heals, Psalm 91 Soul Recovery, I Care Collective en Worthy Ministry Brakpan.

 


 

 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...