Saterdag 12 Januarie 2019

Diamant Divas - Slegte gewoontes kniehalter jou

   
Used with permission 
Teen die tyd het jy seker al jou doelstellings vasgemaak en begin…ek hoop. Dit help nie om doelwitte te stel en dit nie uit te voer nie. Dan is dit heeltemal nutteloos en sal jy die res van die jaar in gaan met selfbejammering, “what if’s” en so voorts en teen einde Desember sal jy depressief en sonder energie 2020 ingaan. 
   Ek weet nie van julle nie, maar dit maak my sommer al klaar skrikkerig. Ek wil die dinge klaar maak wat ek ten doel gestel het. Sommige van die doele het saam met die Nuwejaar oorgekom. So vir my is dit belangrik om dit af te handel.
   Indien jy nog nie ‘n lysie het nie, is dit nog nie te laat nie. Skryf dit uit en plak dit agter die toilet deur of teen die yskas. Die plekke waar jy die meeste tyd spandeer en waar jy dit beslis gaan sien.
   Pak dit aan met gusto. Hoe vinniger jy begin en met absolute energie hoe langer sal jy aanhou en uithou. Kry ‘n vriendin of suster wat jou verantwoordelik hou vir daardie lysie. Iemand moet jou vordering meet en jou gefokus hou. As jy alleen is dan is dit makliker om op te gee. Die enigste manier om suksesvol te wees is om aan iemand verantwoording te doen. Iemand wat jy kan vertrou en wat nie met jou strooi opgesaal sal sit nie. 
   Hulle moet eerlik wees, jou ondersteun maar terselfdertyd sê, “luister jy maak droog.” Of, “kom-kom jy sleep jou voete.” En, jy moet mans genoeg wees om dit te kan hanteer.
   Diamante word nie gevorm deur heeldag gepamperlang te word nie. Nee, dit kos donkerte, skaaf en kreun, selfs beitel en skuur om die resultaat te kry. Maw – jy gaan soms alleen voel, selfs afgesny, jy gaan soms geen resultate sien nie, jy gaan honger word as jy gewig probeer verloor, of jy is lui om op te staan om te gaan oefen. Of jy is te besig om daai boek te begin, of te leer. 
   Verskonings verskil, en soms is dit geldig maar die meeste van die tyd is hulle net ‘n manier om jou weg te hou van jou doel.
   Maar daar is tog iets wat jou kan kniehalter. Dit is slegte gewoontes. Jy is nou alleen maar in die tyd wat jy getroud was het jy verkeerde gewoontes aangeleer. Of dit nou deur jou eie gewoontes was, die van jou gewese man of dalk selfs ouers of vriende. Hoe ookal, daardie goed kan jou stop.
  Woede uitbarstings, jaloesie, skree, tantrums, vloek, rook, drank, geldgierig, luiheid, spandabelrig, dink jy is dom… die lys is eindeloos. Die punt is, jy het sekere gewoontes opgetel wat jou eie karakter nie net skade berokken het nie maar ook veroorsaak het dat jy op ‘n slegte plek is emosioneel. Spreuke 24.

  Wanneer jy geneig is om jou humeur te verloor of ongeduldig is moet jy begin werk daaraan. Ek gebruik dit as ‘n voorbeeld juis omdat die meeste van ons dit sal verstaan. Om kwaad te word, vir die regte redes is niks mee verkeerd nie maar wanneer dit ons as mens definieer dan veroorsaak dit probleme in ons onmiddelike lewens, in die besluite wat ons maak en ons verhoudings. Wanneer jy kwaad word moet jy leer om gebeurtenisse of redes te onderskei en op te deel in minder belangrik, belangrik, life and death belangrik. 
   Wat veroorsaak die uitbarstings? Is een vraag wat jy kan vra. Wanneer jy verstaan wat veroorsaak jou ongeduld of woede is die oplossings amper voor die hand liggend. Die meeste van ons woede uitbarstings gebeur as gevolg van vrese – dinge wat jy vroeër ervaar het wat jou uit beheer laat voel het. Dit veroorsaak dan onbeheerste buie want jy is nie in beheer van die situasie nie. Wanneer jy deel met hierdie vrese dan word die buie minder en kry jy beheer oor jou lewe. Hierdie buie kan jou onnodig ontstel en selfs stop om rerig tot aksie te kom met die dinge wat belangrik is. 
   Vir my byvoorbeeld, wanneer ek ‘n skokkende gebeurtenis ervaar derail dit my vir omtrent twee of drie dae. Ek voel magteloos, wil alles opgee wat vir my belangrik is. Ek voel vernederd, selfs verlore en ongelooflik moeg; dan wil ek net slaap. Dit steel my kreatiwiteit en energie.
  Hoe vinniger ek met dit deel kom ek weer op dreef, indien nie word ek lusteloos en selfs neerslagtig.
  Jy sien elke probleem in die lewe is nie ernstig nie, al dink jy so. Ek sê altyd: “As daar nie bloed vloei nie dan is dit nie ernstig nie.” Jy sien, elke probleem het ‘n graad wat jou reaksie bepaal. Jy het nie nodig om in elke situasie jouself te verloor nie. Leer om te onderskei en bly koelkop. Dit is die eerste stap tot sukses.
  Minder belangrik:
Wanneer jou kind na jou kom en hy sy rapport wys en dit is nie na wense nie; gaan skreeu nie help nie. Deur jou humeur te verloor maak jy dinge net erger. Deur die kind te verkleineer of na die naaste drankbottel te gryp of ‘n lat gaan nie die situasie help nie.  Vind ‘n ander uitweg om dit te hanteer. Wat kan jy doen om hom/haar te help?  
  Op die skaal van belangrikheid is dit nie werd om jou op te werk nie; dit is minder belangrik. Jou kind se rapport moenie jou vrede steel nie. Bewaar jou vrede te alle tye. En daarmee sê ek nie opvoeding is nie belangrik nie, in teendeel. Maar dit is beslis nie werd om jouself te verloor in die proses nie. Daar is oplossings. Maar jy as enkelouer moet nou die front van rustigheid behou en jou kind help. Jou kalmte en hantering baat net jouself en die verhouding met jou kind.
  Belangrik:
Wat ag jy belangrik? Finansiele onderhoud is belangrik, veral as die eks nie die fondse inbetaal nie en die skool blaas in jou nek vir die skoolfonds. Dit kan nogal jou ewewig versteur, jou humeur laat verloor omdat die eks met lee beloftes vorendag kom. Druk kan enige mens laat knak. Ek weet. Jy raak paniekerig, geirreteerd, humeurig en haal jou ongeduld op jou naasbestaandes uit.
  Gaan dit help om jou humeur te verloor? Nee, die geld gaan nie wonder bo wonder skielik in jou rekening beland wanneer jy ongeduldig raak nie. Dink rasioneel daaroor. Vind uit ipv om te jou selfbeheersing te verloor. Raak rustig. Antwoorde kom wanneer ons rustig na ‘n situasie kyk.
  Vrees kan ‘n lelike ding wees, en kan jou irrasioneel laat optree. Jy kan goed sien wat nie daar is nie. jou self opwerk, en wat het jy gebaat? Niks!
  Al hierdie situasies kan jou van die spoor laat afval. Jy kan dink dit is nie die moeite werd nie. Hoekom moet jy? Niemand anders doen nie… wanneer jy radeloos is dan kom allerhande drogbeelde op en steel jou vrede in so mate dat jy heeltemal neerslagtig raak.
Alhoewel die situasies drukkend is, is dit nie die moeite werd om ongeduldig te raak nie. Hoe langer jy koelkop kan bly hoe langer het jy beheer oor die situasie en kan jy ‘n oplossings vind.
  Onthou, al hierdie situasies is ontwerp om jou op ‘n dwaalspoor te bring. Om jou te laat vergeet van jou eie drome en ideale en selfs die doelstellings van die jaar.
Leer om stoom af te blaas of tel tot tien voor jy reageer. Dit is net dan wanneer jy werklik weer in beheer kan wees.
 Kry ‘n tweede vel as te ware. “If you take risks, sometimes you’ll get a standing ovation, and sometimes, people will throw tomatoes at you. Can you think of any leader or innovator whom you admire who doesn’t have enthusiastic fans and harsh critics? Get used to wins and losses, praise and pans, getting a callback and being ignored. Work on letting go of needing to be liked and needing to be universally known as “a nice person.” Tara Sophia Mohr.
   Of wees soos ‘n eend en laat dit net oor jou rol. Jy is besig om aan ‘n nuwe jy te skaaf. Om met die ou patrone voort te gaan, gaan jou nie baat nie en vroeër of later gaan dit jou inhaal. So is dit vir elke ander hekkie wat jy moet oorkom. Kyk met nuwe oë na ‘n probleem, vra raad. Soek iets wat jou gedagtes kan vul in so ‘n mate dat jou fokus onmiddelik op die oplossing is en nie die probleem nie. Dit is net dan wanneer jy daadwerklik jou doelwitte kan bereik en skitter.
  Wees vasberade, soos die Engels man sal sê – be adamant. 2019 is jou jaar. Maak nie saak wat gebeur nie jy gaan getrou wees aan jouself. Ja die probleme gaan kom, dit is die skaaf proses. En elke keer wat ‘n curve ball gegooi word, weet dat jy getoets word.

   Ek het oor die naweek geluister na ‘n verhaal van ‘n Indiese vrou. Sy is ‘n legende in haar eie tyd. Hoekom?
As 10 jarige het sy getrou met ‘n man 20 jaar haar senior. Op 20 het hy haar op die straat gegooi, 9 maande swanger. By haar ouerhuis het haar ma die deur in haar gesig toegeslaan en sy was raadop. Met ‘n pasgebore baba in haar arms het sy geen heenkome gehad nie. Sy was so arm, toe die dogtertjie gebore is moes sy ‘n skerp klip vat om die koord af te sny. Sy het haarself jammer gekry, vir ‘n tyd. Wie kan haar kwalik neem?
  Toe, eendag staan sy op en sy wonder hoeveel ander weeskinders is daar wat geen heenkome het nie? So het haar pad begin. Met niks het sy 1400 kinders groot gemaak, van hulle het dokters, onderwysers en selfs ingenieurs geword. Ek verstaan daar is 3 weeshuise gebou wat onder haar beskerming val. Sy het al 500 toekennings gekry vir haar werk. Sy het selfs haar man, na ‘n aantal jare aangeneem en sy spot hy is die oudste weeskind op 80. Jy sien hy het haar lewe gesien, sy eie flaters gesien en haar om vergifnis kom vra en sy het hom deel van haar doel gemaak. Haar naam is Sunkintha. Gaan lees op oor haar.
  Daardeur wil ek jou vertel dat jou probleme juis jou sterkpunte kan word waar jy ander ook kan help. Maar jy kan dit slegs bereik wanneer jy in beheer is van jou lewe.
“Let them know what kind of brilliance you see, and why it’s so special. Call them into greater leadership and action. Let them know that they are ready. Watch out for that subtle, probably unconscious thought, “because I had to struggle and suffer on my way up…they should have to, too.” Watch out for thinking this will “take” too much time – when the truth is it always has huge, often unexpected returns.
Clear a path by walking it, boldly.”- Tara Sophia Mohr

Hier is ‘n paar vrae wat jy aan jouself kan vra:

 • What are the roles you’d like to play, in relationship to yourself? Pick five words that resonate for you. (Example: I’d like to be a champion for myself. An ally. An enthusiastic cheerleader.)
• What are some of the old roles you’d like to let go of? (Example: I’d like to let go of being a sensor, a tough critic, a sceptic.)  
• What are some of the things you have done to support the people you love most in your life? What would it look like to do those same things for yourself?
Ek gaan jou ook ‘n bietjie huiswerk gee vir die volgende week.
Kies vyf woorde. Briljant, goeie vriend ens …
Elke dag kies jy ‘n woord en wees daardie woord vir iemand maar bowenal ook vir jouself.
My woord vir vandag is praat positief in my eie lewe en die van ander.
Jy sien, wanneer jou fokus verander, verander jou denke, en dan jou optrede. Dit als begin in die kop.  As jy die grysmassa kan beheer kom die res outomaties.

Praktiese dinge

Van hierdie week af gaan ek ‘n paar minute afstaan aan iets prakties en ek gaan Isak inbring om my daarmee te help.

   As enkelvrou sukkel ons met die goed. Die goed wat eintlik ‘n man se domain is. ‘n Ruk gelede was ons in Makro om iets te gaan omruil. Daar staan ‘n jong vrou met ‘n splinternuwe fiets in die hande voor die toonbank. Haar jong seun kyk angstig rond. “Die voorwiel draai nie. Iets is fout met die fiets.” Is haar klagtes en Isak hoor haar vra vir die verkoopsdametjie hy soek ‘n fiets spanner. Na ‘n ruk se wag daag sy daar op met die nodige instrument. Met ‘n draai of twee is die briek losgemaak en draai die wiel. Die kind was natuurlik in ekstase. Sy het nie geweet dat die winkels dit vasdraai nie, en het aangeneem daar is iets fout met die fiets. Nou verstaan julle hoekom ek dink dit is gepas om dit in te bring. Daar is net goed wat ons vrouens nie weet nie.
  ‘n Tip van een vrou teenoor ‘n ander, skaf jou eie gereedskap aan. Ek was baie trots op my toolboxie. Daar was nie baie in nie, maar ek kon myself help met wat daar binne was. Isak was nie beindruk met die kassie nie maar nou ja, dit was myne, deel van my onafhanklikheid en ek het dit met trots gewys. Het dit nog. lol 
   Soos die badkamerlig wat dood is, wat nou? Daar is geen man in die rondte te vra nie, buurman is nooit daar nie of jy mis hom elke keer. Jou broer belowe hy sal kom kyk maar hy daag nie op nie. Selfs na twee keer se bel en ‘n paar aande se donker bad. Selfs die kerse begin nou klein raak en jy is raadop. Hoe maak jy as vrou wat niks weet van elektriese dinge af nie. Isak gaan ons so bietjie tou wys maak en help om ook aandag aan die praktiese dinge te gee.

Isak se beurt

    More dames, en here! Ek wil vanoggend ‘n paar gedagtes deel vir in en om die huis.
Die mees praktiese raad wat ek mee kan begin is om vir jou ‘n basiese stelletjie gereedskap aan te skaf. ‘n Hamer, skroewedraaiers, multitool (leatherman), ystersaag, spanners. Hiermee sal jy heelwat kan doen.
   Goed as jy agterkom die krag is af. Jou eerste stap is om op die elektriese bord te gaan kyk of dit nie getrip het nie. Stap twee is om na te gaan of jou prepaid krag nie dalk klaar is nie. As dit nog alles in plek is hoor eers by die bure of hulle krag ook dalk af is. Ek moes hierdie vir Lynelle leer. Indien hulle krag het, sal jy hulp nodig hê. Baie belangrik om nie sommer enige iemand in jou plek in te laat nie. Dit kan selfs lewensgevaarlik wees.
Maak seker jy weet waar om die krag af te skakel in geval van nood en ook waar om die water toe te draai.
   As jy ‘n kontrakteur moet uitroep kry eers ‘n kwotasie, bv. wat ‘n uitroep sal kos? Ens. ‘n Goeie plan is dalk om ‘n manlike vriend te vra om by te wees as die kontrakteur opdaag. Dames word maklik vir ‘n ride gevat en onnodige kostes gehef omdat hulle van mening is dat julle nie tegniese kennis het nie.
  Dit sal ook raadsaam wees om spaar gloeilampe, kraanwassers, elektriese verlengkoord, ens aan te hou. Jy sal vinnig leer wat gou onklaar raak.
  Vir jou motor sal dit goed wees as jy jou oog hou op die brandstofnaald en gereeld jou bande laat pomp. Gooi eerder brandstof in op pad huistoe in plaas van op pad werk toe of skool toe. So sal jy nie sommer laat wees nie.
  Skaf gerus oorleikabels aan en hou ‘n paar lappe en handreiniger in die motor.
  En ken jy vir Dr Google? Moenie huiwerig wees om sy hulp te vra nie. Ek hou van kosmaak en het al vele geregte gegoogle. So kan mens bedrading google. Ek het myself al vele male gehelp met tegniese oplossings wat ek moes google. Jy sal verbaas wees hoe ver jy jouself kan help met die inligting wat daar beskikbaar is. Resepte, herstelwerk, diagnosis. Soek en jy sal vind. Die kuns is nie om alles te weet nie, maar wel waar om hulp te kry.

Skitter net waar julle is diamante



ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Lynelle Engelbrecht Clark: DIAMANT DIVAS. 
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG 9 JANUARIE 2019 at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

SKAKEL IN: 


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...