Dinsdag 22 Januarie 2019

Diamant Divas Die WOW Faktor



Is jou lewe WOW of kruip jy eerder weg in ‘n hoekie?


Wonderlik
Ongelooflik
Wenner

Dit is waarvoor my afkorting staan.

Kan iemand dit van jou sê?
As die antwoord nee is, Hoekom het jy opgegee? Of glo jy die negatiewe dinge wat mense van jou sê en jy van jouself dink?
Dit is baie maklik om negatiewe invloede / woorde te glo. Dit kom sommer so van self. Enige gedagte of gesprek kan dit prikkel. Jy weet dit is om soos stout te wees, dit gebeur net. Indien ‘n kind nie geleer word nie dan doen hy die verkeerde ding. Daarom is dit belangrik om hom te leer – soms deur herhaling voor hy/sy snap dat dit verkeerd is. Dit vat tyd en baie moeite maar die oomblik wat hulle dit hul eie gemaak het is dit tyd om aan te beweeg na die volgende les. Dan wil dit ook nou nie se dat hulle dit nie weer gaan probeer nie, maar ten minste weet hulle nou die bepaalde aksie is verkeerd en daar gaan gevolge wees. Dit is hoe ‘n kind gevorm word en grondslag of fondasie gelê word.

Net so is dit met gedagtes verander. Jy moet geleer word om positief te dink. Jy moet geleer word om te glo in jouself. Jy moet geleer word om weer op te staan en aan te gaan.  Daarom kom die lesse onverpoos oor jou pad. Jy moet leer om geduldig te word. Jy moet geleer word om nie meer te rook nie. Dit vat tyd en baie opoffering maar dit is die moeite werd die oomblik wat jy dit reg kry. Jy voel sommer goed oor jouself en die verskille is dadelik opmerklik.

Dit is soos boek skryf. Jy mag al die reels op die punte van jou vingers ken maar dit is slegs in die toepassing daarvan wat jy werklik resultate sien. Jy skryf, en skryf weer – totdat. Die oomblik wat jy ophou verloor jy jou selfvertroue. Daarom, my raad aan enige voornemende skrywer is skryf.
Daar is nie ‘n ander manier nie. Dit kos herhaling, dit word genoem die slyp prosses, om werklik te kan skitter.

Daarom is dit belangrik om jouself te voed met die goeie. Deur opbouende boeke te lees, ‘n opbouende woord te hê wat dien as motivering. ‘n Droombord wat jy kan sien. Ek sal graag wil sien wat julle so ver al daarop het, stuur ‘n foto na my blad toe.
Hoe gaan jy by ‘n punt kom om jouself op te bou as jy nie in jouself begin glo nie?
Of as jy iets begin doen het om jou uitkyk te verander nie? Daar is net een manier om by die skitter uit te kom en dit is aksie.

Doel lei na Aksie wat lei na resultate. Jy moet weet waarheen is jy oppad. Wat is jou doelstellings, het jy dit al neer geskryf? Of gaan dit koolstof drome bly?
As enkel persoon is daar net een persoon wat jou voor die TV gaan weg kry, en dit is jy.
Die TV is goeie afleiding maar wanneer dit die enigste ding is wat jou aandag vashou het jy probleme. Jy word lui en pleinweg besig om sleg te word. Indien ek op jou toon trap – goed so. Verskonings maak gaan jou nie van die rusbank af kry nie. Aksie gaan jou daarvan afkry.

Indien ek nie canvas nie – kry ek nie listings nie. Indien ek nie myself daar buite sit nie gaan niemand weet van my nie. Indien ek nie waag nie gaan ek nie wen nie. Dit is my motto. Wat is joune?
Dit is die bottom line.
Wanneer jy doen begin die adrenalien vloei. Die blote gevoel van accomplishment laat jou bloed bruis. Dit is nog beter as ‘n orgasme. LOL
Die high om te werk en iets te vermag is ongelooflik motiverend. Jou uitkyk verander ook, drasties. Skielik sien jy kans vir meer. Jy soek die volgende uitdaging naarstiglik. Jy wil weer daardie buzz ervaar.

Dit is hoekom skrywers aanhou, ten spyte van die afkeure, afjakke en algemene Kritiek. Jy jou aan. Jy leer om ‘n tweede vel te kry. Met elke stappie beweeg jy onbewustelik vorentoe tot ‘n dag wat jy stop en jy na jou asem snak. Dit is die WOW oomblik.
Nou is my vraag weer: Beleef jy so ‘n WOW oomblik wat jou asem weg slaan?

Wat verhinder jou?

Tyd? / Te besig? / Kort motivering / weet nie wat jy wil doen nie?
Ons almal is besig, het te min tyd – eintlik het ons nie. Elkeen het ewe veel tyd 24 uur vir elke dag, 365 dae se tyd. Die antwoord is eintlik heel eenvoudig. Hoe belangrik is dit vir jou?
Jy sien, as dit belangrik was sou jy tyd maak. Vroeër opstaan, minder tyd voor die TV spandeer. Die foon neersit. FB toemaak. Ja maar jy weet nie, jy ken nie my omstandighede nie.
Ek is alleen, voel moeg, is moeg gesukkel. Dit klink net na nog werk. Jy ken my nie. Ek begin met ‘n ding volstoom net om te stop wanneer ek die eerste hobbeltjie tref. Die kinders vat al my tyd.
Ek dink julle weet waarheen is ek oppad. Daar is net verskoning op verskoning to daardie dag, tien jaar later en jy kyk terug en jy wonder wat het jy met jou tyd gemaak. Hoekom het jy nie tyd aan jouself spandeer nie. Dit is dan wat spyt te laat kom. Tyd kan nie terug gekoop word nie. Dit is onherroeplik verby.

Wanneer kom jy eerste?

Verstaan my mooi, ek sê nie jy moet die res van jou lewe verontagsaam of nie ‘n mooi fliek kyk of selfs ontspan nie. Natuurlik is jou kinders belangrik. Natuurlik stel die werk eise en jy word moeg. Natuurlik is daar geld te korte wat jou terug hou. Daar is dae wat jy moeg voel en net nie meer weet watter kant toe nie. Ek het begrip daarvoor. Ek verstaan elkeen van hierdie dinge. Die lewe is nie maklik nie, verseker. Wanneer ek so begin te praat dan moet jy weet ek praat met myself ook. Iemand het my eendag gemaan om nie te hard te wees met myself nie maar ek lusiter nie altyd na daardie raad nie. Vir my is dit belangrik om te slaag. Die rede is tweeledig. Ek is nie meer ‘n kind wat 80 jaar het wat voor my le nie. As ek gelukkig is het ek dalk nog 30 jaar om te gaan. Ek wil aan myself bewys dat ek meer is as net vrou of ma.
Wanneer ek aandag gee aan die dinge wat vir my saak maak is dit asof ek nuwe energie kry. Skielik kry jy meer tyd om goed te doen of is dit nou omdat jy beter beplan.
Hoe ookal. Jou tyd en lewe is kosbaar en jy skuld jou self daardie WOW oomblik. Daardie super amazing oomblik wat jou laat sweef bo al die probleme.
Die lied sê nie verniet sweef soos ‘n arend nie… hoekom?
Hoekom kan jy nie soos ‘n vink vlieg of ‘n mossie of parakiet nie. Is jou eerste vraag om daaruit te kom? Jy sien ek ken jou. Praat van ondervinding… lol
Ons sal enige iets doen om daar uit te kom.

Sweef soos 'n arend

Sag, sag blink jou oë
Uit jou gesig gloei liefdeslig
Knus, knus in my arms
Heilig, veilig, warm

Ek het jou nodig, hier by my heeldag, die wêreld oorbodig
Ons twee 'n taakmag, niks kan ons keer
Hy's in beheer, Hy's ons leidsman, stuurman, weerman

Sweef soos 'n arend, want sy liefde dra ons so hoog, hoog bo die son
Sweef soos 'n arend, so ver soos die wind waai my lief
In die Here se krag

Sprei, sprei maar jou vlerke
Daar's steeds 'n band, van hand na hand
Maak, maak my jou toevlug, roep my, soek my, spoedig

Saam is ons alles, leef ons uitbundig, en dit wat bedoel is
Gee ons ons beste, niks kan ons keer
Want Hy's in beheer, Hy's ons leidsman, stuurman, weerman

Sweef soos 'n arend, want sy liefde dra ons so hoog, hoog bo die son
Sweef soos 'n arend, so ver soos die wind waai my lief
In die Here se krag

Sweef soos 'n arend, want sy liefde dra ons so hoog, hoog bo die son
Sweef soos 'n arend, so ver soos die wind waai my lief
In die Here se krag



Dit is nie net God se liefde wat my dra nie maar ook geloof in myself. Vader gee my die fondasie en geraamte van my lewe. Maar die vleis gedeelte hang van my af. Jy kan die Bybel lees en kerk toe gaan, maar as iets nie hier binne gebeur om jou te laat sweef nie gaan jy nooit van die grond af kom nie.
Dit gaan oor attitude. Dit is jou houding wat gaan bepaal wat jy met jou ure, dae, maande en jare gaan doen. Die tools wat ek jou gee is als gereedskap maar as jy dit nie jou eie maak nie kan ek jou nie help nie. Hier is ons elkeen op ons eie.

VRAE OM TE OORDINK

• Wat is die asem-snak aksie wat jy gaan neem om toe te pas in jou lewe, in jou gesinslewe en verhoudings?
• Wat is jou asem-snak aksie wat jy gaan neem in jou werk of professionele lewe?
• Wat is jou asem-snak aksie wat jy gaan neem in jou persoonlike lewe?
• En laastens, wat is jou asem-snak aksie waartoe jy die week gaan maak wat jou asemloos gaan laat? 

HUISWERK VIR DIE WEEK

Kies ‘n asem-snak aksie elke dag, en doen dit.
·         Dit kan enige iets wees – gaan stap of doen ‘n paar oefeninge.
·         Kry ‘n paar minute langer slaap in. Jy sal verbaas wees wat daardie paar minute ekstra kan doen
·         Begin met jou droombord.
·         Indien jy werk, kyk of jy nader aan jou werk kan trek.
·         Gaan loop in die tuin eerder as om voor die TV te sit
·         Lees ‘n selfhelp boek se eerste hoofstuk. Kyk hoe jy dit kan toe pas.
·         Lag meer
Dit is klein aksies maar dit is motiverend. Die positiewe aksies skei ‘n hormoon af wat jou energiek laat voel. Jy voel weer lus vir die lewe.
Volg dit getrou na. Wees getrou aan jouself! Dit is werklik baie belangrik.

Ek het weer so bietjie navorsing gedoen en op die inligting afgekom wat dit mooi onderstreep.
Helgo Schomer, ‘n gesondheidsielkundige het die volgende raad aan ons.

       1. KYK EN LEER
Hoe vroeër jy aan 'n selfversekerde rolmodel blootgestel word, hoe beter is dit vir die ontwikkeling van jou eie selfvertroue. Maar daar is een voorwaarde: jou rolmodel moenie egosentries wees nie. Hy of sy moet ook in jou belangstel.
Kom ons veronderstel jy word saam met 'n gladdebek-ouer broer groot; as sy selfvertroue hom selfsugtig of egoïsties maak, sal jy meer geneig wees om dit as negatief te ervaar en dit te verwerp. Maar laat daardie broer jou onder sy vlerk neem, en jy sal na hom opsien en leer uit sy sosiaal bedrewe styl.
Aksieplan: Dit is nooit te laat om 'n mentor te kry nie. Kies 'n vriend, kollega of familielid wat selfvertroue uitstraal en 'n aanvoeling het vir sosiale interaksie – maar maak seker dis iemand met nederigheid wat jou beste belange op die hart dra. Dan moet jy kyk en luister en dié persoon se optrede ontleed. Gee veral aandag aan hoe hulle praat, loop en hul fisieke houding. As jy selfvertroue in aksie sien, is dit die eerste stap om jou eie selfvertroue op te bou.

2. Praat met jou lyf
Jou fisieke houding weerspieël jou bui – as jy depressief voel, is dit waarskynliker dat jy sal slenter, jou arms sal vou of sal frons. Maar dit werk ook andersom, want wanneer jy jou liggaam toevou en jouself "vashou" (deur byvoorbeeld jou arms te vou), vloei daar minder "gelukkige hormone" deur jou brein.
Dit is dus duidelik dat jou bui jou liggaamshouding kan na-aap. Wanneer jou liggaam en gesig selfversekerdheid uitdruk, word dit dikwels deur werklike selfversekerdheid gevolg.
Aksieplan: Werk daaraan om 'n oop postuur te handhaaf. Hou jou rug reguit, skouers terug, kop regop en jou arms ongevou. En oefen om lang, sterk treë met dié oop houding te gee. Hoekom dink jy leer hulle modelle om so te stap? Omdat dit selfversekerdheid uitstraal.
Laat jou lyf vir jou werk deur reg aan te trek. As jy soos 'n boemelaar lyk, sal jy soos een voel, maar as jy in 'n rooi nommertjie of 'n snyerspak verskyn, sal jy outomaties meer selfversekerd lyk en optree.

3. Praat harder
Skaam mense praat saggies, asof hulle nie gehoor wil word nie. Jy hoef nie te gil of te skree om selfvertroue op te wek nie, projekteer net jou stem – ’n bietjie harder as wat vir jou gemaklik is. Dit sal nie vir ander mense so hard klink nie en jy sal jou persoonlikheid beter laat geld.
Aksieplan: As jy in 'n sosiaal uitdagende situasie is, wag 'n oomblik voor jy begin praat en herinner jou daaraan dat jy iets positiefs het om by te dra. Sê dit dan. Mooi hard.

4. Spieëltjie aan die wand...
Dit help om jouself vol selfvertroue te sien – veral as skaamheid jou aan jou sosiale vaardighede laat twyfel. Wanneer jy 'n prentjie van jouself in jou kop het as iemand vol selfvertroue, sal jy dit makliker vind om sjarmant te wees en die verskillende selfvertroue-wenke wat jy geleer het, op die proef te stel.
Aksieplan: Sit elke week 'n bietjie eie-tyd opsy en eksperimenteer met gesigsuitdrukkings en die houding wat hier bo beskryf is. Kyk hoe ontspanne jy lyk wanneer jy oogkontak maak, glimlag, en regop staan. Sien dan daardie beeld voor jou geestesoog wanneer jy voel jy wil toeslaan.

5. Bou dit stadig op
Moenie aan die sosiale diep kant inspring voor jy reg is nie. Dit dien geen doel om by 'n partytjie ogies te maak as jy nie die selfvertroue het om verwerping te hanteer nie. As jy jou te gou onder te veel druk plaas, kan dit jou selfvertroue 'n knou gee eerder as om dit te versterk.
Aksieplan: Oefen jou selfvertroue in situasies wat stadigaan ál uitdagender raak. Begin met 'n omgewing wat nie juis uitdagend is nie (alleen, voor 'n spieël) en vorder dan na 'n situasie wat 'n effense uitdaging bied, soos 'n koffiewinkel. Bou stadig op na 'n hoogs bedreigende situasie soos 'n toespraak, of om iemand uit te vra. Die belangrikste is om jou nie te verknies oor die foute wat jy gemaak het nie. Beloon jou liewer vir klein prestasies en persoonlike oorwinnings.

6. Speel maar toneel
Partykeer moet selfs die mense met die meeste selfvertroue toneelspeel. Hulle gesels ewe vrolik terwyl hulle eintlik onder die tafel wil inkruip. Ons kan almal voorgee. En ’n dapper front lok ’n positiewe reaksie uit, wat regte selfvertroue skep sodat jy nie meer nodig het om voor te gee nie.
Aksieplan: Oogkontak kan selfvertroue projekteer, maar as jy erg skaam is, is dit dikwels moeilik net om iemand in die oë te kyk. As jy sukkel, moenie direk in die persoon se oë kyk nie, maar fokus liewer op sy of haar voorkop. Dit skep die illusie van oogkontak sonder die angs van die ware Jakob.
Aanvaar wie jy is. Dit sal jou vry maak.

3. Neem beheer in jou lewe: Jy kan nie beheer van jou lewe neem sonder God en Sy hulp nie. Sonder God is ons niks. Stel Hom eerste. Besluit wat is belangrik in jou lewe en waarna jy strewe.  Moet nie soos die Engelse sê 'n "People Pleaser" wees nie. Mense sien deur mens en gou sal hulle jou uitspoeg. As ons mense najaag en wil gelukkig hou kan jy nie jouself ken en God se wil doen nie. Hou jou oë op God gefokus en doen Sy wil en jy sal gelukkig wees. God sal deur jou na ander skyn. Daardeur neem jy verantwoordelikheid vir jou optredes, gevoelens en rigting waar in jou lewe beweeg.

4. Selfgelding: Elke vrou het die reg om te besluit hoe sy haar lewe wil lei. Die doelwitte wat jy vir jouself stel, die waardes in jou lewe. Jy moet die gewoontes van stilte verbreek en jou behoeftes uitspreek asook jou begeertes. Wanneer jy begin om standaarde daar te stel, sal die mense om jou ook weet wat jy van hulle verwag en waar hulle met jou staan. Dit maak klaar 'n kanaal vir kommunikasie in jou gesin en omgewing oop.


5. Triomfantlike Waardes: Waardes is jou eie ideale en beginsels wat jou lei in jou daaglikse lewe. Dit beinvloed jou verhoudings, gedrag, keuses en gevoel. Asook jou selfbeeld. Vroue met 'n hoë selfagting is baie duidelik oor wat hulle glo en waarom. Hulle is gemaklik met hulle waardes. God verwag nie minder van ons as vroue nie.

Om by hierdie bogenoemde stappe te kan hou moet jy alle negatiewe gedagtes, houdings, gewoontes uit jou lewe uitskuif wat jy in jou lewe ontwikkel het.


Dankie vir die saam luister en ek hoop ek sien darem een of twee droomborde binnekort.
Skitter net waar jy is, diamant
Totsiens

Lynelle se Pinterest Droombord, volg my gerus.
ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense

Facebook: Elan Global Radio Kuier en Klets https://is.gd/s1PX8T
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

Facebook blad Diamant Divas 
SKAKEL IN: 
SIMPLE RADIO App.
http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...