Dinsdag 23 Oktober 2018

Diamant Divas Program vir Woensdag 24 Oktober 2018. Triggers – snellers


Wat beheer jou onbewustelik?

My onderwerpe wissel soms van die normale voorlegging vir die program. Omdat ek nog self op ‘n ontdekkingstog is en nog nie als perfek het nie is daar tye wat ek met dinge moet deel. En as ek met dit deel weet ek dat daar vrouens is wat ook daarmee sukkel. Dit is wat die program material bepaal. Miskien nie altyd wat julle sal verwag nie. Maar ek glo aan openlikheid. Hopelik sal julle ook daarby baat vind in hierdie pad van herprogrammering en soeke. Onthou ‘n diamant word gepolitoer en gevryf om die perfekte steen te wees. Hoe meer ons werk aan die klein jakkalsies hoe vinniger word ons bruikbaar – kan ons glas sny sonder probleme of weerstand.

Die week was ek met die vraag “wanneer kry jy die verlede agter die rug?” gekronfronteer. Na ‘n paar hittige woorde het ek net weereens besef dat daar tog nog dinge is wat my affekteer. In my optrede en aksies. Ons reaksies tree op as ‘n verdedigings meganisme en ek tree soms kompulsief op deur aan te val; wat eintlik teen my geaardheid is. Die klemmende gevoel wat my soms beetpak is iets wat ek nie rerig in woorde kan omskryf nie maar dit veroorsaak dat ek impulsief optree. Ek verloor selfs my woorde en my denke word totaal omvergegooi dat ek nie mooi kan dink nie. Dit is die sneller wat my laat optree, en wie ookal voor my staan kry die koeël by wyse van spreuke. Want hy/sy is skielik die teiken. Jy weet hulle is nie die vyand nie maar daardie sneller ontplof. Plotselings en sekuur. Agterna besef jy dit was verkeerd en jy kasty jouself daaroor. Vra omverskoning maar dan is dit eintlik te laat; die seer is gedoen.
Ons kan vreeslik geestelik raak oor hierdie onderwerp en teksverse uitwys dat God ons beheer. Maar in die dag tot dag lewe, waar jy omring word deur mense en jou omgewing, kan die ding ‘n groot invloed hê op jou handelinge. Die oomblik wat iemand iets aan jou doen, los dit verrykende gevolge vir jou. Dit is dan wat God nie in beheer is nie maar jou eie siel. Dit gebeur outomaties; Dit is selde wat jou gees jou dan lei.
Eintlik reageer jy om jouself te beskerm maar die ander persoon sien dit nie so nie. Hulle dink jy doen vergelykings – spesifiek met jou lewensmaat wat die nadraai van jou gedagtegang kry.  Die meriete van hierdie soort optrede dra gewig in sommige gevalle maar wanneer dit ons hele lewe affekteer en elke besluit beïnvloed word moet daar ‘n punt kom waar ons stop. Moet ons beheer daaroor vat.
Dit is moeilik om na aantal jare jou gedagtes te verander. Om werklik nuut te dink. Vir solank word jy geprogrammeer om op te tree volgens sekere gebeure of handelings wat teen jou gemik was. Selfs al probeer mense jou anders bewys. Dit vat tyd om dan weer anders te dink.


Met dit ingedagte staan ek vanoggend onder die stort en gebruik die water wat op my neer reën as ‘n simbolieke aksie. Die stortkop, die Vader uit wie lewegewende water voortkom en op my neer reën. Ek laat toe dat vars water oor my spoel. Die Engelse het ‘n mooi woord daarvoor. Ek “immerse” weer opnuut in die Vader se teenwoordigheid. Wat dit beteken in kort is ek plaas my self in ‘n posisie om weer te ontvang en my denke te vernuwe. Ons kan nie meer handel op ou, styl manna nie en het daarom nodig om weer gevoed te word met nuwe vars manna. Manna wat nou toepaslik is. Net wanneer ons gevul word met die nuwe kan ons die triggers oorkom. Dit is ‘n daadwerklike stap in die regte rigting om genees te word.


Triggers of snellers is goed waarmee die meeste mense onbewustelik sukkel. Die meeste van ons besef dat daar so iets is by mense wat in ‘n oorlog toestand was of mense wat deur erg traumatise gebeurtenisse gegaan het. Maar min besef dat lewenslesse ook triggers laat. In my lewe was ek deur erge finansieële lesse wat diep spore gelaat het. Dit was ‘n vreeslike tyd waarin ons rondgetas het vir antwoorde met geen uitkoms nie. Ons was vir 5 jaar sonder werk en ons het letterlik van dag tot dag geleef. Elektrisiteit was ‘n luukse waarsonder ons moes klaar kom. Toe dit gebeur het, het ons nie gas gehad bv om aan ons daaglikse behoeftes te voldoen nie. Ons kon nie kos maak nie; het nie ‘n yskas gehad om kos te kon bewaar nie. ‘n Kar was ‘n luukse en ons moes loop waar ons wou wees.
Dit als los letsels. Die vrees dat hulle jou laaste paar goedjies ook gaan kom vat. Die vrees dat hulle jou gaan kom toesluit omdat jy nie jou skuld kan betaal nie. Die vernederings waardeur jy gaan wanneer elke stukkie menswees van jou gestroop word. Dit het ‘n geweldige impak in my gemaak. Ons was glad nie voorbereid op so iets nie en ek was by tye kwaad vir die Vader.
Toe my maat se jaarlikse rente skielik verdwyn uit sy rekening het al daardie vrese weer terug gekom. Dit was ons inkomte vir die volgende jaar, en totdat my eie besigheid ‘n inkomste toon. Dit was so onverwagse dat dit ons albei van balans gegooi het. Die trauma is weereens beleef. Dit was asof die verlede weer sy opwagting gemaak het en ek het soos ‘n failure gevoel. Dit het gevoel of die goed my agtervolg en my wil vernietig. Dit is seker baie vergroot, maar in jou kop beleef jy weer al daardie emosies van ouds.
Triggering veroorsaak ‘n negatiewe emosionele uitwerking en jy reageer. Wanneer mense dit nie ervaar het nie dan verstaan hulle nie hoekom jy optree soos wat jy optree nie. Hulle verwyt jou dan. Vertel jou hoe sleg jy is en dat jy net simpatie soek. Of elke optrede word bespreek en jy word beskuldig dat jy dink die wêreld skuld jou iets. Dit dra nog verder by tot die sere wat jy moet verwerk. Hierdie emosionele reaksies kom uit as vrees, onbeheerste huilbye, terugblikke, en kan selfs fisiese reaksies veroorsaak soos pyn of, in my geval, my ekseem flair skielik erg op. Dit voel dan of ek al die probleme uit my wil krap en laat merke op my bene, arms en lyf wat ‘n tyd vat om volkome te genees, en gewoonlik net met die hulp van kortisoon. En as daar nie geld is vir behandeling nie vererger dit.
Hierdie sneller word veroorsaak deur ‘n onverwagse verandering in jou lewe waarvoor jy nie voorbereid was nie. Enige iets kan dit aktiveer. ‘n Spesifieke woord, of daad. Vir sommiges ‘n lied, of plekke. Selfs klere en kleure kan daarmee geassosieer word. Letterlik enige iets kan veroorsaak dat jy skielik paniekerig raak of ontplof. Injustice is nogal ‘n groot trigger by my. Ek word sommer blind van woede.
Omdat ek nog self-maar genesing moet ontvang moes ek bietje gaan rondkrap op Google vir antwoorde. En hier is wat die slim mense skryf. Hopelik sal dit nie net vir my nie maar vir elke diamant ook van nut wees.

Heal our life dot com / living free dot com
The completion process by Teal Swan

Hoe kan die mense naaste aan jou help om dit te oorkom of te vermy?
Kennis help gewoonlik. Indien jy die persoon se storie ken, verstaan wat om te vermy. Moenie bydra tot die angs gevoelens of opmerkings maak soos jy sit net aan of ruk jou reg nie. Doen bietjie navorsing en wees bedag om so ‘n persoon te help. In plaas van om vir ‘n persoon te sê hulle is nou laf of kom net daaroor, help om die stress te verminder en tree in die bresse. Wees sensitief vir die persoon se reaksies en moenie dit persoonlik vat nie.  Dit is gewoonlik waar die meeste mense naaste aan so ‘n persoon dit mis vat. Die persoon probeer om te verduidelik hoe hy/sy voel, om dit dan persoonlik op te vat is katastrofies vir die verhouding. Die persoon het gewoonlik nie verweer daarteen nie. En die ander persoon is ontsteld. Dit is dan ‘n kruitvat wat met die geringste provokasie kan ontplof.

    1.   Gee aandag aan die sneller. Deur dit te ignorer gaan dit nie laat verdwyn nie. Elke sneller is verbind met jou gedagtes en emosies.  Voor jy reageer raak stil en oorweeg die reaksie. Sal dit tot voordeel wees in die situasie?
2.   Identifiseer die snellers. Hier het ek ‘n lang lys neer gepen van my eie snellers. Begin met die logiese snellers. Wanneer jy klaar geskryf het beskryf dan jou reaksies. Hierdie reaksies kan jy hok slaan deur dit te vervang met positiewe reaksies en woorde. (Ek wil tog byvoeg indien jy werklik sukkel, praat met ‘n berader oor die dinge. Kry kundige advies. Op EGR se panel is daar heelwat beraders met wie jy kan kontak maak.)
3.   Probeer om te verstaan wat gebeur voordat die snellers afgaan. Gebeur dit in die dag of nag? Hoekom is jy in daardie netelige situasie?
4.   Haal jou vinger van die spreekwoordelike sneller af. Uit self verdedigings loop jy permanent met jou vinger op die sneller; altyd gereed om af te vuur. Maar ons moet dit ons doel maak om nie te reageer nie. Jy moet ‘n keuse maak om weg te draai. Dink aan die reaksies wat jou optrede sal veroorsaak.
5.    Verander jou geloofsisteem. Val eerder die leuens aan wat geassosieer word met daardie sneller. Bring God se waarheid in. Doen Bybelstudie. Wat sê God se woord oor die bepaalde struikelblok? Verander die leuen met die waarheid en praat dit totdat dit deel geword het van jou.
6.      Jou siel moet nou gesond word. Kies ‘n nuwe reaksie. Deel met die emosies met die Lewende swaard. Onthou jy is nie net ‘n diamant nie maar ook vegter. Die harnas van waarheid is jou beskerming. Dra dit met trots.
    Daar is 5 belangrikke stappe wat ons kan volg om weer beheer te kry. stappe wat ons gaan help om weer mens te word en gelei te word deur die Heilge Gees i.p.v ons impulsiewe geaardhede of die sielsvlak. Die stappe is….


 5 Core steps

1.       Creation of a safe haven – setting up a mental place where it’s safe to re-enter a painful meeting.
2.       Validation – giving the painful emotion the message that we see it as valid.
3.       Seeking origin – asking, “when was the first time I felt this feeling?” to connect to the root of it.
4.       Awaiting relief – inside the memory, letting the feeling naturally shift in the direction of relief.
5.       Purification and healing. A ritual for closing the memory of trauma and beginning a “new life.”
This is a journey that will take you into the deep recesses of your mind, resurrecting the aspects of themselves that have been lost. Skryf Teal Swan.
Vertroue is ‘n groot aspek van herstel. Met dit ingedagte kom ons vervang saam die leuen van wantroue met Vader se woord. Onthou, vars manna is nou nodig. Praktiese bakens wat jy oral om jou kan opsit en dit leef. Hoe meer jy dit sien hoe meer sal die leun vervang word en sal jou siel genesing ontvang. Die geleerdes sê dit vat 21 dae om ‘n gewoonte te verander. So, vir die volgende 21 dae gaan jy baie naby die Bybel wees. Jy gaan deurdrenk word met die waarheid; Die verse gaan lewend word. Leuens moet die knie buig. Die krag van die woord gaan ons help om hierdie siklus te breek.
Kom ons voeg die daad by die woord en spreek die Woord hardop. Onthou ons ore moet dit hoor sodat ons kop die nuwe inligting kan registreer. Nes ‘n rekenaar moet jy herprogrammeer word. Gereset word as te ware. Ons het nie nodig om langer in hierdie trigger fase te bly nie. Ons kan ‘n goeie lewe leef. Dit is immers God se belofte aan ons.

2 Tess 3:3-4 Die Here is getrou. Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar. Deur die Here het ons vertroue in julle dat julle doen en sal doen wat ons julle voorhou.
Hy lei ons ook in die vertroue wat ons in mense kan stel. Immers was mense die wapen wat teen jou gebruik was. 2 Kronieke 16:9 Die Here het sy oë oral op die aarde, sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.

Ps 84:13 bely: Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou.

Ps 112:7: die regverdige…is gerus, hy vertrou op die Here.

Ps 115:11 Julle wat die Here dien, vertrou op die Here, Hy help en beskerm julle.

Spreuke 3:5 Vertrou volkome op die Here, en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen, en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Spreuke 16:20 Wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed; een wat op die Here vertrou is voorspoedig.

Jesaja 28:16 Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U.
 Volgens die Bybel moet ons, en kan ons, op God vertrou.

Hier is nog 'n paar skrifte vir julle eie stilte tyd. 

Ps 4:6; 9:11; 25:2,3,21; 26:1; 27:14; 28:7; 31:15; 32:10; 33:20; 37:3,7,34; 38:16; 46:6,12;  43:5; 55:24; 56:4; 62:2; 71:5; 78:22; 91:2; Spr 20:22; Jes 12:2; 25:9; Jer 14:22; Dan 3:28; 6:24; Mat 27:43; Hand 27:45; 2 Kor 1:9; 3:4; Hebr 2:13.




Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580



SKAKEL IN: 

SIMPLE RADIO App.

http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...