1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste drie, Eliab, Abinadab en Samma, was soldate in Saul se leër. 14Dawid was die jongste seun, terwyl die drie oudstes reeds in Saul se leër diens gedoen het.
Die drie oudste
broers het hul pa, Isai, verteenwoordig. Hulle het Christus nie verteenwoordig
nie. Hulle was in 'n onakkurate posisie toe die oorlog uitbreek.
Let wel: God het ons geroep om Christus te verteenwoordig. Om presiese
voorstellings van Christus te wees en nie van Isai nie.
Eliab se naam het aangedui dat God my pa is , maar het nie daardie
verklaring gestand gedoen nie. Hy was die "aanklaer" van sy broer.
Sommige mense, selfs diegene in jou gesin, is vals in hul optrede teenoor jou
en sal jou beskuldig of beledig; gewoonlik van agter af.
Abinadab se naam dui daarop dat die vader vrygewig is, maar ons hoor nooit
weer van hierdie broer van Dawid nie. Vrygewigheid kan teen jou werk as jy nie
rein van hart is nie. Die feit dat hy nie 'n ware broer was nie, het dalk iets
met sy afwesigheid te doen.
Samma het verkwisting oorgedra. Hy het heel waarskynlik verkwis wat aan hom
gegee is en was nie baie betroubaar nie. Die rede waarom Isai vir Dawid moes
stuur om na sy broers te gaan kyk. Hulle sou nie te bly hieroor gewees het nie
en het hom dadelik aangeval. Klink net soos ‘n ander storie vanuit die Bybel.
Hoewel Dawid die
jongste was, het hy reeds gewys watter soort mens hy sou word. Sy
konsekwentheid het hom die voorsprong bo sy broers gegee.
15Dawid het
heen en weer beweeg tussen Saul en sy pa se skape wat hy in Betlehem moes
versorg. 16Vir 40 dae lank, elke oggend en aand, het die Filistyn uitgekom en
sy uitdaging aan die Israeliete gerig.
40 verteenwoordig
die Wildernis-posisie.
Goliat het hulle
veertig dae lank getoets. Hy het hulle bespot en hulle vertel hoe nutteloos
hulle was. Dag en nag verdrink Goliat se stem God se Woord uit hulle midde uit.
Nie eens Saul het die mag gehad om hierdie man se tong te weerspreek nie. Hy
het Israel tot 'n eunug-staat gebring. Hy het hulle gekastreer; hul
manlikheid verwyder en verlam gelaat.
Met al die spot
moes Israel gevoel het hulle is terug in die woestyn en het van die manna
vergeet. In die woestyn het hulle hul daaglikse brood (manna) op twee tablette
ontvang, maar hier sien ons dat hulle nie van hierdie manna geëet het nie.
Hulle het geen voortgaande Woord gehad om met hierdie onbesnede Filistyn af te
reken nie.
Wanneer jy nie jou
daaglikse brood neem nie, word jy magteloos om teen die vyand te veg. Wanneer
jy God nie soggens en saans met gebed ontmoet nie, word jy bang. Jy vergeet van
God se Woord en die krag wat dit het. Jy word depressief en bang. Jy probeer weghardloop
en wegkruip, maar Goliat se stem hou jou gevange. In plaas daarvan om na Aseka
te gaan, het hulle in die vallei gebly.
Hulle het 'n Dawid
nodig gehad. Maar die prentjie van ‘n redder wat hulle ingedagte gehad het en
die jongman Dawid het nie dieselfde gelyk nie. Daarom het hulle kwaad geword en
hom afgekraak, selfs beledig.
Ons doen dit
presies dieselfde. Ons bid vir 'n uitkoms, maar wanneer dit nie lyk soos die
een wat ons voorgestel het dit moet wees nie, dan val ons die God gestuurde
"kampioen" aan. Net soos Eliab met sy broer gedoen het.
Wie het jy
vandag ingedagte om jou te red?
Wie se Woord sal jy vandag glo?
Sal jy verkrummel en ontsteld wees?
Sal jy 'n spottende Goliat se Woord glo? Of
sal jy op Christus se Woorde van genesing en herstel vertrou?
Maar bowenal, sal jy God se antwoord
aanvaar?
Hoe langer jy in
die vallei bly, hoe langer sal Goliat jou gevange hou.
Moenie die gesproke
Woord of jou gebede in die oggend en aand verwaarloos nie. Bly verbind aan God
en Hy sal jou die pad deur die dal wys.
Maak tyd met God.
Die keuse is joune.
Genade en vrede vir jou.