Wednesday, December 7, 2016

Die lewe is 'n Cha-cha.

Net sodra 'n mens dink jy het nou als geleer wat daar te leer is dan leer jy nog iets.
Dit is nimmereindigend!
Daar is tye wat net niks sin maak nie en ipv om vorentoe te beweeg, beweeg ek terug. Ek het al menigte kere die stelling gelees: "Die lewe is 'n Cha-cha; twee tree vorentoe en een agteruit." 'n Repeterende stappie wat die meeste van ons goed ken. Voeg daar by sensuele musiek, hoehakskoene en ‘n bloedrooi satyn rok en jy het die beste vorm van ontspanning wat jy kan kry. Maar dit is nie werklikheid nie. Dit voer jou weg vir ‘n kortstondige paar minute na ‘n wereld van passie, een word met jou metgesel terwyl polsende musiek deur jou are vloei.
Die werklikheid is nie so nie. En soms dink ek mense is gek om die stelling te glo maar as ek rerig eerlik moet wees met myself dan is dit presies hoe dit is.
Die lewe is vol passie, die eenwording van siele terwyl ons ‘n sekere tyd mekaar se nabyheid deel met die polsende ritme van die lewe wat eb en vloei soos die see om ons. Dit bruis en lewe wat gevolg word met branders wat teen rotse slaan wat jou broos laat aan die einde.

Ons droom van daardie passie - om van die eentonigheid van die lewe weg te kom en vir kortstondige oomblikke gebeur dit wel totdat daardie een tree terug gegee moet word en ons die harde werklikheid in die oe moet kyk.
Dit is hoe my lewe is die laaste 2 jaar. Dit is 'n konstante cha cha van twee tree vorentoe en een tree agter uit. Miskien, juis nou meer omdat ek die lewe alleen aandurf. Voorheen het ek dit nie so intens ervaar soos die afgelope tyd nie; of miskien is dit omdat ek met ander oe daarna kyk. Hoe ook al sy, my uitkyk van die lewe en mense het verander - of miskien is dit omdat ek verander het.
My grootste droom is om onafhanklik te wees.
Ek jaag daarna soos 'n drenkeling wat na ‘n reddingsboot spartel.
Dit dryf my.
Dit spoor my aan.
Dit hou my koers vas; nog net eenmaal op hierdie reis was ek bereid om dit tersyde te stel. Totdat werklikheid my weer 'n paar klappe gegee het. Die werklikheid is so realisties, dit raak die diepste snare van jou hart aan en bring jou vinnig terug na moeder aarde toe. Dan besef jy ipv net een het jy sommer 'n paar tree agter toe beweeg. Tans bevind ek myself sku amper bang om sekere verhoudings weer toe te laat. Versigtig om myself weer oop te maak en net om weer weg te stap met lee hande.
In retrospect bring ek baie van hierdie dinge oor myself. Diep binne my wil ek nog glo in die goedheid van mense. Dat die lewe se passie deel van myne kan word en dat ek dit vir altyd sal leef. Ek wil ek glo dat dit wat mense se hulle respekteer en doen. Nie net se om iets te kry nie maar omdat hulle werklik omgee en waar is teenoor hulle eie woord. Maar telkemale loop ek my vas teen hierdie valsheid en doen ek weer die agter uit stappie. Dit is dan wat ek in elke situasie die leuen wil oop kloof en mense wil eenkant smyt net om te vergeet. Dit is dan wat my droom weer opstaan, my weer herinner hoekom ek op hierdie pad is.
Ek is al voos bloedneus geslaan en soms is dit met moeite wat ek ‘n glimlag op my lippe sit maar tog kry ek dit reg. Tog is daar iets binne my wat die passie geproe het en dit na jaag en glo dat daar tog so iets is soos ‘n Cha-cha waar die musiek sal aanhou speel. Polsend deur my are sal bruis en my die satisfaksie gee waarna ek so naarstiglik soek.
Met my laaste onderonsie het my nou gewese baas sekere beloftes aan my gemaak. Dit was seker die mees interresantse onderhoud wat ek nog gehad het. Hy het 'n paar dinge vir my gese maar wat my die meeste by gebly het was toe hy gese het: "You are the perfect age and at the right place to receive all that was stolen from you. You gave a lot and stood back alot but now is your time to harvest." Nodeloos om te se ek was verstom en ek het die volgende dag begin werk- wat geklink het na 'n droom wat waar geword het.
Nou, 3 maande later bevind ek my weer terug op die plek waar ek begin het met 'n nuwe lewe wat weer vir my wink. En ek wonder wat nou, hoekom weer? Wat gaan aan dat ek my telkemale teen dieselfde goed vas loop om weer van voor af te begin?
Hoekom kan ek nie weg kom van die begin en net vorentoe beweeg nie?
Hier is my konklusie van dit alles: ek het geleer!
Jip, ek was raadop, wou soms teen die mure uit klim van frustrasie, wou my hare uit my kop trek, aanhoudend gehuil waar iemand net kyk vir my en die trane is oop - soos ‘n vloed.
Maar ek het geleer.
Ek verstaan nou die spel van die lewe beter.
Ek verstaan daar is stappe wat gevolg moet word.
Ek verstaan dat elke proses ‘n leer fase was wat my elke keer nader aan my doel gebring het.
Ek het sterker geword.
Geleer om my instink te vertrou.
Geleer om die stil tye waar die musiek so sag is dat dit onhoorbaar is te vertrou dat dinge sal uitwerk. By hook or by crook - soos ons sal se. :)
Maar bo alles het ek geleer dat, as vrou, ek sterker is as wat ek myself wou toegee.
Ek slim genoeg is om nuwe dinge te leer, te verstaan en deur te voer.
Dat ek ek vol energie is wat die lewe in die oe kan kyk.
Bowenal dat ek met 20 plus jariges kan meeding selfs al kom ek tweede: my stamina is onuitblusbaar want ek is op die regte plek. al is dan net vir 2 of 3 maande
En tussen al die nuwe ervarings, ontmoet ek nuwe mense, leer ek die bedryf in al sy fasette beter en sien ek plekke en ry ek paaie wat ek andersins nooit sou ry nie.
Iemand het eenmaal gese dat ek doen sonder om te dink. Dat ek nie bang is om nuwe dinge te probeer nie - en dit is waar - ek doen. Hoekom?
Want ek het niks om te verloor nie!
Geniet die lewe - elke tree wat vorentoe en agtertoe beweeg, volg die polsende ritme daarvan sodat jy ook jou eindbestemming kan bereik.
Maar bo als bly GLO!
Ek wens julle elkeen ‘n Geseende Kersfees toe en ‘n Voorspoedige Nuwe jaar.


No comments:

Post a Comment

Diamant Divas Program 6: Gee jouself tyd

As ’n verhouding eindig, kan dit pynlik wees, selfs vir die persoon wat dit beëindig het.  “Ek het verskriklik gevoel!” hoor ek dikwels i...