Dinsdag 25 Februarie 2020
Woensdag 22 Januarie 2020
Plaasmoorde: Slagoffers vertel self deur Carla van der Spuy
Plaasmoorde:
Slagoffers vertel self deur Carla van der Spuy
Beskikbaar: Maart 2020
Beskikbaar: Maart 2020
Plaasmoorde: Slagoffers vertel self gaan
nie oor die beskrywing van grusame aanvalle, moorde
en letsels nie. Hierin word die verhale van mense se seerkry én opstaan vertel;
van lewenslange posttraumatiesestresversteuring; boere se woede teen wat hulle
beskou as ’n onsimpatieke regering; en ander se soeke na vergifnis.
Tien
boere se unieke verhale is opgeteken en poog om die kollig op die slagoffers
van plaasaanvalle te plaas.
“Om
te boer word vandag as die gevaarlikste beroep in Suid-Afrika beskou.” Met dié
harde woorde lei bekende joernalis en skrywer Carla van der Spuy haar boek
Plaasmoorde: Slagoffers vertel self in.
Ontmoet
die mense agter die statistiek van plaasaanvalle en vind uit hoe hulle met die
werklikheid na afloop van ’n aanval en moord moet aangaan.
“Die
boek gaan oor die boere en hulle gesinne se emosies en hoe hulle hierdie
verskriklike misdade verwerk. Stories met hart,” verduidelik Van der Spuy.
Die
boek is ook beskikbaar in Engels as Farm murders: Victims tell their stories.
Farm
Murders: Victims tell their stories - Carla van der Spuy
Available: March 2020
Available: March 2020
Farming
is the most dangerous profession in South Africa - fact. Approximately two
thousand farmers and farmworkers have been killed or maimed during the past two
decades - fact. This is about as much most of us know or want to know about
farm attacks in South Africa. But what about the victims' lives afterwards?
What about the ones who watched their loved ones being brutalised?
We
seldom hear from the surviving victims. For example, do they stay on the farm,
or do they leave? What is their quality of life afterwards? "Farm
Murders" is a collection of ten stories of the survivors. It was obtained
with extensive interviews by Carla van der Spuy, whose journalistic background
and her own family's history in farming endeared her to this project.
The book is also available in Afrikaans
as Plaasmoorde: Slagoffers vertel self.
Maandag 13 Januarie 2020
Januarie Nuusbrief - My identiteit, nuusgebeure en gorrel.
2020 het aangebreek met 'n bang... letterlik.
2020 is nog net 13 dae oud en al het dit miskien nie goed begin nie maak die keuse om dit in die Hande te plaas wat werklik 'n verskil in jou lewe kan maak.
Besoek gerus my Wordpress Webwerf. Daar kan julle al die inligting kry oor my boeke, asook die koop skakels. As jy hou van my stories oorweeg 'n donasie, dit sal my instaat stel om voort te gaan met die blogs.
Indien jy 'n boek wil adverteer op my blog, Inspire to read, die kostes is R100 per plasing of $10. Vir resensie plus plasing $25 (R250). Stuur jou inligting na inspiringreads@gmail.com. Die plasing word gedeel op Amazon, LinkedIn, Goodreads, AuthorsdB, Pinterest, Twitter en Facebook.
Die resensie word gedeel waar die boek beskikbaar is. Amazon, Goodreads, Library Thing, Book Bub, en Barnes & Noble.
Soms wonder ek oor al die skuiwe wat die wind uit my seile haal en weerloos los.
Wonder julle ook?
Net om Sondag se Rapport oop te gemaak het, het ek gesien hoe mense se lewens uitmekaar geval het deur fratsongelukke en dies meer. Dit is hartverskeurend en sinneloos. Kan daar werklik 'n doel daarmee wees?
Ongeag, en dit klink eintlik baie koud, gaan die lewe aan. Dit maak nie saak hoe die jaar vir elkeen gebeur het nie, die lewe gaan aan. Dan moet ons weer ons grootmens skoene aantrek, deeglik afstof en verder gaan.
Desember was 'n goeie maand. Ek het Writing with Flair kursus deur Udemy voltooi en baie daaruit geleer. Dit was 32 ure se belegging in my eie skryfstyl wat ek werklik geniet het.
Nadat ek so baie van Love at War gepraat het die laaste ses maande, dink ek... het ek 'n skielike omkeer gemaak. Ek was, om die waarheid te se redelik moeg vir die boek. Dit gebeur. Ek het bietjie my kantoorarea - hoek reggepak, kas geskuif en ou papiere weggegooi. In die proses het ek weer op LAPA Uitgewers se komeptisie inligting afgekom. Dit was een van my To-Do dinge om te doen vir 2020 en toe dog ek, hoekom nie. Ek het soveel boeke wat basies wag om gelees te word dat ek toe die bul by die horings gepak het en vir eers Love at War eenkant toe geskuif het. Nou werk ek aan SY Grootse Geskenk, en met die hulp van 'n goeie proefleser kry ek die boek reg om teen die einde Januarie weg te stuur.
Sy Grootste Geskenk speel in die somer van 1815 af. Sommer 'n lekker romanse daar op die Oosgrens tydens 'n baie gevaarlike tydperk in ons geskiedenis. Dit is oorspronklik in Engels geskryf maar toe het ek dit vertaal. Meer as dit wil ek nie vertel nie, nou net gee ek te veel weg en skiet myself in die voet...by wyse van spreuke.
Letterpas vryskut dienste gaan ook 'n paar veranderinge beleef van Februarie af. Met meer klem op joernale, werkwinkels en asook 'n boekklub in gedagte. Ek het weer die fondsinsameling in heroorweging geneem, en dit heeltemal laat vaar; vir die rede dat daar bitter min belangstelling was. Die tyd en ure wat ek daarin gesit het, het net nie die resultate gebring nie. Ten spyte van die hoeveelheid voete wat die blad getrek het, het fondse nie gematerialiseer nie. Dit het meegebring dat my droom om my boeke landswyd in boekwinkels te kry nou eers opsy geskuif is.
Ek het baie gedink die Kerstyd. Ek het tot die slotsom gekom dat ek nie my energie kan bly mors op dinge wat nie vrug dra nie. Dit maak my moeg en breek my spoed. Die ander rede is dat ek net nie meer kans sien vir kliente wat als verniet verwag nie. Soos reeds verskeie kere genoem, ek het die inkomste nodig. Nie om luxuries te koop nie maar om te oorleef. Min mense verstaan die punt. Dit klink seker bitter maar daar is genoeg van my gesteel. Dit put my uit en ek verloor my visie om ook onafhanklik te kan wees. Om op 55 nog van jou pa afhanklik te wees vir blyplek en kos op die tafel, druis teen alles in.
My verjaarsdag was heerlik. Die kinders het my bederf met 'n rustige en goed voorbereide piekniek by die Rietvlei Zoo Farm in Johannesburg. Net om weer te kon uitkom en saam met hulle te kon deurbring was 'n vreugde wat my sommer weer lus gemaak het vir als. Laat middag het die weer begin roggel en moes die kinders blitsvinnig by die zipline uitkom en duidelik het hulle dit geniet.
Inspirerende gedagte
Identifikaie in vandag se lewe is baie belangrik.
Sonder ons identiteisboekie kan ons nie ‘n rekening oopmaak of stem nie.
Om die waarheid te sê; daarsonder is ons onwettige burgers. Wanneer jy
nie jouself kan identifiseer nie word jy beskou as iemand wat geen regte het
nie.
Dit is net so waar van ons lewe. Sonder identifikasie weet ons nie wie ons
is nie. Ons weet nie waar ons inpas nie of hoekom ons op hierdie aarde is nie.
Baie keer maak ons die fout om te dink dat wat ek doen my identifiseer maar dit
is ‘n misgissing en veroorsaak verwarring en in baie gevalle depressie, vernaamlik
by vrouens en kinders. Jou beroep of hoe ander mense jou noem is nie wie jy is
nie.
Wie is jy? Dit is ‘n vraag wat weer opgekom het die naweek.
Die antwoord kan veroorsaak dat ons ons beroep verander net om by die
antwoord te kom. Ons kan dalk besluit om iets meer radikaal te doen soos
wegstap vanuit ‘n jarelange verhouding. Wat vir jou geliefdes lyk asof jy jou
varkies verloor het. Indien jy nog nie daarmee gekonfronteer is nie sal jy ook
nie verstaan nie. Maar vir jou is dit die enigste manier om jouself te vind. Is
dit reg? Is dit verkeerd? Net jy kan dit beantwoord. Want jy sien daar is nie ‘n
regte of verkeerde antwoord nie. Daar is net; wat werk vir my antwoord. Daardie
antwoord gee jou die vrede en berusting wat jy soek. Daarom kom baie mense dan
uit die kas uit en vind skielik vrede te midde van al die probleme.
Indien ek nie uitvind wie ek is nie, sal die ander vrae nie beantwoord word
nie. Wanneer ek weet wie ek is beantwoord dit die ‘hoekom’ vrae. Die ‘waarheen’
vrae en gee dit jou die vrede en rustigheid wat jou bly ontwyk het.
My identiteit het regstreeks te make met my doel. Die twee loop hand aan
hand saam. Wanneer die een weg is, bly die ander een ‘n sluimerende roeping wat
jy probeer vermy.
Dit is net wanneer jy stop, en dit in die oë kyk dat jy die antwoord
gaan kry.
Na ‘n lang pad van my eie antwoord soek op die vraag: Wie is ek? Het ek op Efesiërs 1 en 2 afgekom. Hierdie
keer was dit nie net goed genoeg om soos ‘n resitasie te leer nie, maar moes ek
dit werklik glo. Ek moes dit my eie maak. Sonder daardie indentiteit kan al die
ander titels my niks help nie. Net wanneer ek myself in God se woord vind kan ek
weer leef. Vir my, moet vertroue ook in dieselfde sin genoem word. Sonder vertroue
kan ek nie my identiteit kry nie en sal ek doelloos voort ploeter sonder enige
kompas.
Vir my is my identiteit opgesluit in Christus.
Net wanneer ek dit vasgemaak het kan die ander titels waarde hê. Hoekom? Want dit word onderstreep
deur God se woord.
Ek kan nou met absolute sekerheid die volgende proklameer:
Ek is uitverkies.
Ek is ‘n geseënde.
Ek is ‘n gesalfde.
Ek is ‘n kind van God.
Ek is verlos en vergewe.
Ek het ‘n erfenis in
God.
Ek weet God het 'n plan en doel met my.
Ek weet God het 'n plan en doel met my.
Ek is verseël in God deur
die Heilige Gees.
Ek is lewend gemaak en
wandel deur genade in geloof.
Daardie wete het
rustigheid gebring. Die sekerheid dat God in beheer is van my lewe is nou bo alle twyfel ‘n
waarheid.
Mag dit so ook vir jou
wees.
Indien jy 'n boek wil adverteer op my blog, Inspire to read, die kostes is R100 per plasing of $10. Vir resensie plus plasing $25 (R250). Stuur jou inligting na inspiringreads@gmail.com. Die plasing word gedeel op Amazon, LinkedIn, Goodreads, AuthorsdB, Pinterest, Twitter en Facebook.
Die resensie word gedeel waar die boek beskikbaar is. Amazon, Goodreads, Library Thing, Book Bub, en Barnes & Noble.
If you like my stories consider to donate, this will help me to continue publishing.
Paypal /


Dinsdag 31 Desember 2019
2020 Perspektief
📌🖋Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van 'n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar.
👩Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd gesteel het in 2019 en voor dit, is nou mee gedeel en die tyd om vorentoe beweeg 'n feit. Ek voel meer gefokus om my drome te bereik.
Van 2019 het ek geleer wat om te los wat my besig gehou het maar nie noodwendig my bevorder het nie. Vrees veroorsaak dat jy rondskarrel vir behoud en oorlewing - en dit was als 'n gejaag na wind. Ja, ek het geleer daaruit maar ek het my waarde weer besef en in die proses my selfvertroue terug gekry. Ek het weer die woord "nee" ontdek.
🏜Die laaste 10 jaar was 'n wildernis tydperk waar ek rond geploeter het en heelwat wonde en rowe opgedoen het. Ek het foute gemaak en tussen die peule beland. Ek was deur die wereld geweeg en te lig bevind; sommer 'n paar maal. Dit doen iets aan jou as mens en as vrou.
👠💍👑Toe Vader my weer roep, het Hy 'n nuwe ring aan my vinger gesit, en 'n nuwe kleed gee en my skaamte weggevat; toe het ek geweet my tweede kans sal baie anders wees.
Hierdie nuwe blad is reg vir nuwe dinge. Nuwe belewenisse. Maar bowenal 'n tyd van vrug dra. Van leef vir die regte redes. 'n Tyd om myself ten volle uit te leef sonder om jammer te wees of weg te kruip. Tyd vir terug staan is verby.
Mag hierdie jaar vir elkeen van my vriende die begin van iets nuuts wees. Mag Vader se guns jou vooruitgaan en jou vul met 'n nuwe waardering vir Sy wereld, die natuur en die koninkryk. Mag sy liefde jou vul, voed en versterk.
🎁'n Voorspoedige 2020 aan elkeen wat my lewe deel en die wat my ken op die sosiale netwerk. Mag jul pad oop en sonder struikeling voor jul le. Pak die jaar met nuwe ywer aan en wees geseend.
📖Jer 43.19
Lynelle
Donderdag 12 Desember 2019
Bismarck, die Rottweiler
Ek en Isak het mekaar ontmoet op die 14de April 2017. Vandaar af was ons
lewe gevul met die goeie en die nie so goeie tye. Ons het ook al ‘n sak sout of
twee opgeeet in die kort tyd. Dinge wat ons goed geskaaf het sodat ons nog
bymekaar is. Dit is al ‘n wonderwerk. Maar daar is tog dinge wat konstant bly.
In baie nuwe verhoudings is daar altyd dingetjies wat dierbaar is of
uitstaan en waarmee die ander party vergas word met staaltjies van die dierbare
cuteness. Jy verdra dit want dit is deel van daardie persoon.
Bismarck is een so ‘n konstante staaltjie wat gedurigdeur op kom. Ongeag
die gebeurtenis, as die onderwerp na honde draai word Bismarck genoem; met
trots. Of, wanneer ons verby ‘n huis ry met ‘n rottie wat stertswaaiend voor
die hek staan, word ek breedvoerig ingelig oor Bismarck se merkwaardige verskille
en dat die hond net nie in dieselfde klas is as sy rottie nie. As jy nou ‘n
hondesnob wil ontmoet dan is Isak jou man.
Ek het Bismarck nog nooit ontmoet nie maar die Rottweiler is “larger
than life” in ons verhouding. Toe ons by ‘n hondeskou was in Gallagher in die
winter moes ons oplaas na die rotties gaan kyk. Dit was nou behoorlik ‘n
gedoente. Soos ‘n opgewonde kind het Isak my rondgetrek van een kampie na die
ander en is elke hond breedvoerig bespreek. Van die manier wat die stert gehou
word, die reguit rug tot die manier wat die hond beweeg of staan. Of ek nou wil
weet of nie, ek moet luister. Ek dink nie ek is al ooit so baie breedvoerig oor
‘n hond ingelig soos met die rottweiler nie.
Huidiglik hang daar ook ‘n skildery in ons kamer van die groot hond met
die blink pels en groot pink tong. ‘n Pragtige skildery deur een van ons
Faceboek vriende, Elsa du Plooy.
Om die waarheid te sê, toe ons in Julie ‘n vakansie wegbreek verniet
ontvang het, het ons Elsa ontmoet. Sommer so in die warm swembad en was ons
werklik begeesterd deur die aangename en opkomende kunstenaar. Toe ons deur
haar portfolio blaai was Isak se eerste woorde aan haar, “Sal jy Bismarck kan
skilder?” Die man was nou behoorlik begeesterd en was ek deur elke stap van die
skilder proses vergas op Faceboek. “Het jy gesien hoe vorder sy?” of, “Hy lyk
mooier as die foto.” Moes ek aanhoor vir ‘n week lank en toe ek van die
Eksderde kamp af kom in November hang Bismarck in my kamer.
Bismarck is Isak se hond vir die laaste paar jaar maar vandat hy geskei
is het die hond agtergebly om nog die voordeel van die groot erf te kan benut. Isak
was bereid om met baie min oor die weg te kom in daardie tyd solank Bismarck
net gemaklik is.
So ‘n ruk gelede, my gedagtes ontgaan my nou presies wanneer, is
Bismarck gediagnoseer met kanker en moes uitgesit word. Toe Isak die nuus hoor
was hy stil. Trane het geloop en het hy homself onttrek van almal in die huis. Deur
die nag was hy rusteloos maar die volgende oggend laat weet hy sy dogter om
Bismarck nie te laat uitsit nie. God sal hom genees. Hy was so oortuig dat niemand
hom sou kon oorreed het om sy gedagtes te verander nie. Ek dink nie ek het al
ooit iemand so hard hoor bid vir ‘n hond nie. Maar die gebed van ‘n gelowige
dra veel krag en die hond se lewe is gered. Nou hardloop hy weereens die wêreld
vol en gaan dit baie goed met hom, en Isak.
Dit is die een ding van ‘n egskeiding, dit ontneem jou van diere en
selfs mense met wie jy ‘n hegte band gevorm het en dan, skielik, omdat jy en sy
nie meer oor die weg kom nie word daardie hegteband verbreek. Isak het al
verskeie kere probeer om weer die hond te sien na al die jare maar was tot dusver
nog onsuksesvol. Daarom verdra ek nou maar die hond in my kamer. Ek kla nie as
ek my oë oopmaak en die rottie lê oop mond vir my en kyk nie, hoekom, want dit
maak Isak gelukkig. Gelukkig maak die raam op daarvoor… danksy Elsa. Miskien het
sy iets aangevoel die dag tydens ons ontmoeting, hoe ook al als werk ten goede
uit.
So is dit in enige verhouding, reg. Ons verdra mekaar, leer om dinge te
geniet wat vir die ander belangrik is en deel in die lief en leed al is die
hond eintlik ‘n vreemdeling vir jou. Bismarck is ‘n lewensgrote werklikheid maar
vir Isak is hy ‘n konstante persoonlikheid wat hom in ‘n groot mate anker.
So hou ons almal vas aan iets of iemand, dit anker ons en gee ons die
rustigheid ongeag die ander veranderde dinge in ons lewens. In Isak se geval is
daardie anker (benewens God) Bismarck.
@LynelleClark
Besoek gerus my Gogetfunding page waar ek besig is met 'n fondsinsameling
vir die verspreiding van my boeke. Jul ondersteuning word opreg waardeer.
Vrydag 06 Desember 2019
Spore van Genade boekbekendstelling is in Februarie 2020. Bespreek jou kaartjie nou.
Boeke is tans in S.A uitverkoop. Druk weer in volgende week. Julle kan solank jou boek bestel en betaal ten R245, posgeld uitgesluit.
Vir Namibia is daar nog net 7 boeke oor. Ek gaan kyk om hier by drukkers in Windhoek vir ons 'n paar te druk want koerier koste vanaf S.A is te duur. Namib mense kan dan ook solank bestel. Betaling kan volg as drukkers bevestig is.
Boeke is egter beskikbaar by CNA, Bargain books en Exclusive in S.A en Namibia. Kan net aanvra by die winkels dat hul boek bestel as dit nie op die rak is nie. Dan is dit ook op Kindle en Amazon beskikbaar.
Dankie vir almal se aankope, dit word opreg waardeer. 8 mense kon al gehelp geword het met die fondse wat ons in gekry het met die boek verkope.
Besoek gerus die Facebook blad en kyk ook uit vir die boekbekendstelling 8 Februarie 2020.
Mooi dag van Spore van Genade span.
❤Hope❤
Besoek ook my Gogetfunding projek.
Vrydag 22 November 2019
'n Paar advertensies vir skrywers en lesers
Volgende Vrydag begin Ita Froneman se Desember Digterskool met 25% afslag!!
Slegs R300 besorg aan jou al die
fynere kennis van hoe om literëre inligting en digteorie te verstaan aan die
hand van praktiese voorbeelde en watter slaggate om te vermy - watter
teoretiese dinge op Google het in onbruik geraak in Poësie.
Kom sluit gerus aan vir 'n verrykende
manier om jou jaar af te sluit! Net 1 opdrag per week - dit is aanlyn met
wisselwerking tussen lede wat hierdie digterskole dinamies maak
itafroneman11@gmail.com
Teken in op:
Plasings (Atom)
Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?
1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...

-
Augustus is amper op ‘n einde en ek het dit wys gedink om my program aan die vrou te wei. Heel moontlik het julle self al baie oor beso...
-
Om meer te lees van die boek, kliek hier . Ons loop daagliks verskillende paaie, elke pad het sy eie bestemming, verwagtings en eise op o...
-
“Jy weet dit is onveilig om daarlangs te loop snags, Sproete.” “Ek kan nie anders nie, ouma moet hierdie mesdisyne kry, so gou moontlik...