Maandag 13 Januarie 2020

Januarie Nuusbrief - My identiteit, nuusgebeure en gorrel.

2020 het aangebreek met 'n bang... letterlik. 
Soms wonder ek oor al die skuiwe wat die wind uit my seile haal en weerloos los. 
Wonder julle ook?
Net om Sondag se Rapport oop te gemaak het, het ek gesien hoe mense se lewens uitmekaar geval het deur fratsongelukke en dies meer. Dit is hartverskeurend en sinneloos. Kan daar werklik 'n doel daarmee wees? 
Ongeag, en dit klink eintlik baie koud, gaan die lewe aan. Dit maak nie saak hoe die jaar vir elkeen gebeur het nie, die lewe gaan aan. Dan moet ons weer ons grootmens skoene aantrek, deeglik afstof en verder gaan. 
Desember was 'n goeie maand. Ek het Writing with Flair kursus deur Udemy voltooi en baie daaruit geleer. Dit was 32 ure se belegging in my eie skryfstyl wat ek werklik geniet het.  

Nadat ek so baie van Love at War gepraat het die laaste ses maande, dink ek... het ek 'n skielike omkeer gemaak. Ek was, om die waarheid te se redelik moeg vir die boek. Dit gebeur. Ek het bietjie my kantoorarea - hoek reggepak, kas geskuif en ou papiere weggegooi. In die proses het ek weer op LAPA Uitgewers se komeptisie inligting afgekom. Dit was een van my To-Do dinge om te doen vir 2020 en toe dog ek, hoekom nie. Ek het soveel boeke wat basies wag om gelees te word dat ek toe die bul by die horings gepak het en vir eers Love at War eenkant toe geskuif het. Nou werk ek aan SY Grootse Geskenk, en met die hulp van 'n goeie proefleser kry ek die boek reg om teen die einde Januarie weg te stuur. 
Sy Grootste Geskenk speel in die somer van 1815 af. Sommer 'n lekker romanse daar op die Oosgrens tydens 'n baie gevaarlike tydperk in ons geskiedenis. Dit is oorspronklik in Engels geskryf maar toe het ek dit vertaal. Meer as dit wil ek nie vertel nie, nou net gee ek te veel weg en skiet myself in die voet...by wyse van spreuke.

Letterpas vryskut dienste gaan ook 'n paar veranderinge beleef van Februarie af. Met meer klem op joernale, werkwinkels en asook 'n boekklub in gedagte. Ek het weer die fondsinsameling in heroorweging geneem, en dit heeltemal laat vaar; vir die rede dat daar bitter min belangstelling was. Die tyd en ure wat ek daarin gesit het, het net nie die resultate gebring nie. Ten spyte van die hoeveelheid voete wat die blad getrek het, het fondse nie gematerialiseer nie. Dit het meegebring dat my droom om my boeke landswyd in boekwinkels te kry nou eers opsy geskuif is. 

Ek het baie gedink die Kerstyd. Ek het tot die slotsom gekom dat ek nie my energie kan bly mors op dinge wat nie vrug dra nie. Dit maak my moeg en breek my spoed. Die ander rede is dat ek net nie meer kans sien vir kliente wat als verniet verwag nie. Soos reeds verskeie kere genoem, ek het die inkomste nodig. Nie om luxuries te koop nie maar om te oorleef. Min mense verstaan die punt. Dit klink seker bitter maar daar is genoeg van my gesteel. Dit put my uit en ek verloor my visie om ook onafhanklik te kan wees. Om op 55 nog van jou pa afhanklik te wees vir blyplek en kos op die tafel, druis teen alles in. 


My verjaarsdag was heerlik. Die kinders het my bederf met 'n rustige en goed voorbereide piekniek by die Rietvlei Zoo Farm in Johannesburg. Net om weer te kon uitkom en saam met hulle te kon deurbring was 'n vreugde wat my sommer weer lus gemaak het vir als. Laat middag het die weer begin roggel en moes die kinders blitsvinnig by die zipline uitkom en duidelik het hulle dit geniet.

Inspirerende gedagte 

Identifikaie in vandag se lewe is baie belangrik.
Sonder ons identiteisboekie kan ons nie ‘n rekening oopmaak of stem nie. Om die waarheid te sê; daarsonder is ons onwettige burgers. Wanneer jy nie jouself kan identifiseer nie word jy beskou as iemand wat geen regte het nie.
Dit is net so waar van ons lewe. Sonder identifikasie weet ons nie wie ons is nie. Ons weet nie waar ons inpas nie of hoekom ons op hierdie aarde is nie. Baie keer maak ons die fout om te dink dat wat ek doen my identifiseer maar dit is ‘n misgissing en veroorsaak verwarring en in baie gevalle depressie, vernaamlik by vrouens en kinders. Jou beroep of hoe ander mense jou noem is nie wie jy is nie.
Wie is jy? Dit is ‘n vraag wat weer opgekom het die naweek.
Die antwoord kan veroorsaak dat ons ons beroep verander net om by die antwoord te kom. Ons kan dalk besluit om iets meer radikaal te doen soos wegstap vanuit ‘n jarelange verhouding. Wat vir jou geliefdes lyk asof jy jou varkies verloor het. Indien jy nog nie daarmee gekonfronteer is nie sal jy ook nie verstaan nie. Maar vir jou is dit die enigste manier om jouself te vind. Is dit reg? Is dit verkeerd? Net jy kan dit beantwoord. Want jy sien daar is nie ‘n regte of verkeerde antwoord nie. Daar is net; wat werk vir my antwoord. Daardie antwoord gee jou die vrede en berusting wat jy soek. Daarom kom baie mense dan uit die kas uit en vind skielik vrede te midde van al die probleme.
Indien ek nie uitvind wie ek is nie, sal die ander vrae nie beantwoord word nie. Wanneer ek weet wie ek is beantwoord dit die ‘hoekom’ vrae. Die ‘waarheen’ vrae en gee dit jou die vrede en rustigheid wat jou bly ontwyk het.
My identiteit het regstreeks te make met my doel. Die twee loop hand aan hand saam. Wanneer die een weg is, bly die ander een ‘n sluimerende roeping wat jy probeer vermy.
Dit is net wanneer jy stop, en dit in die oë kyk dat jy die antwoord gaan kry.
Na ‘n lang pad van my eie antwoord soek op die vraag: Wie is ek? Het ek op Efesiërs 1 en 2 afgekom. Hierdie keer was dit nie net goed genoeg om soos ‘n resitasie te leer nie, maar moes ek dit werklik glo. Ek moes dit my eie maak. Sonder daardie indentiteit kan al die ander titels my niks help nie. Net wanneer ek myself in God se woord vind kan ek weer leef. Vir my, moet vertroue ook in dieselfde sin genoem word. Sonder vertroue kan ek nie my identiteit kry nie en sal ek doelloos voort ploeter sonder enige kompas.
Vir my is my identiteit opgesluit in Christus.  
Net wanneer ek dit vasgemaak het kan die ander titels waarde hê. Hoekom? Want dit word onderstreep deur God se woord.
Ek kan nou met absolute sekerheid die volgende proklameer:
Ek is uitverkies.
Ek is ‘n geseënde.
Ek is ‘n gesalfde.
Ek is ‘n kind van God.
Ek is verlos en vergewe.
Ek het ‘n erfenis in God.
Ek weet God het 'n plan en doel met my.
Ek is verseël in God deur die Heilige Gees.
Ek is lewend gemaak en wandel deur genade in geloof.
Daardie wete het rustigheid gebring. Die sekerheid dat God in beheer is van my lewe is nou bo alle twyfel ‘n waarheid.
Mag dit so ook vir jou wees.

2020 is nog net 13 dae oud en al het dit miskien nie goed begin nie maak die keuse om dit in die Hande te plaas wat werklik 'n verskil in jou lewe kan maak. 
Tot 'n volgende keer, wees geseend en mooi loop. 



Besoek gerus my Wordpress Webwerf. Daar kan julle al die inligting kry oor my boeke, asook die koop skakels. As jy hou van my stories oorweeg 'n donasie, dit sal my instaat stel om voort te gaan met die blogs.
Indien jy 'n boek wil adverteer op my blog, Inspire to read, die kostes is R100 per plasing of $10. Vir resensie plus plasing $25 (R250). Stuur jou inligting na inspiringreads@gmail.com. Die plasing word gedeel op Amazon, LinkedInGoodreads, AuthorsdB, Pinterest, Twitter en Facebook
Die resensie word gedeel waar die boek beskikbaar is. Amazon, Goodreads, Library Thing, Book Bub, en Barnes & Noble.
 If you like my stories consider to donate, this will help me to continue publishing.
Paypal / 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...