Dinsdag 25 Februarie 2020

INK DIGKOMPETISIE 2020 (1 Maart 2020 – 31 Julie 2020 )

Ink Skryf in Afrikaans ( www.ink.org.za ) bied hierdie jaar ‘n digkompetisie aan waarvan die beste gedigte in ‘n spog bloemlesing, INKSPRAAK I, gepubliseer gaan word. Daarna word beoog om elke jaar verdere bloemlesings te publiseer. Die INKSPRAAK bloemlesing sal direk na die gala aand te koop aangebied word aan die digters en belangstellendes. (Prys sal later bekend gemaak word.) Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie in Afrikaans. Besoek ook gerus die webwerf om meer van INK te lees. www.ink.org.za
Reëls:  
1. Die kompetisie is oop vir alle persone van enige ouderdom. Hierdie is ‘n (Inter)nasionale kompetisie en nie slegs vir INK-lede nie. Inskrywings word per e-pos gestuur, maar deelnemers is welkom om ook ‘n gratis profiel ook op die INK web werf te registreer.
2. Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte van deelnemers mag ingeskryf word.
3. Geen gedigte waarop reeds kopie- of enige ander regte, deur enige buitestander gehou word, mag sonder die skriftelike toestemming van sodanige party ingeskryf word nie. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit deelname daaraan.
4. Digters kan soveel inskrywings instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie. Die inskrywingsgelde beloop R25 per gedig en word in die volgende rekening inbetaal onder verwysing van die digter se naam en van:
FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rek no: 62588595036
Takkode: 260247

Stuur asb. ’n bewys van betaling saam met jou inskrywings na skryfafrikaans@ink.org.za
Die afdelings waarvoor ingeskryf kan word, is soos volg: (hoeveelheid in elke afdeling onbeperk)
Afdeling A: Ballade                          – The Brothers Louis prys
Afdeling B: Elegie                            – RW Strydom prys
Afdeling C: Fabel                             – Kreatio prys
Afdeling D: Haikoe                          – Dewald Jozua Smit prys
Afdeling E: Kwatryn                        – Gasha Vorster prys
Afdeling F: Rondeel                         – Natalie Divaris prys
Afdeling G: Sonnet                           – Ysterman Safety & Security prys
Afdeling H: Vrye vorm en rym      – Grobler Prokureurs prys

(Deelnemers kan self kies of hulle byvoorbeeld onder Sonnet ‘n Italiaanse, Franse of enige ander tipe sonnet wil inskryf.)
5. Die inhoud van die gedigte mag oor enige onderwerp handel. Gedigte moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Taalvermenging word slegs aanvaar indien dit in die konteks van die boodskap wat die digter wil oordra, verantwoordbaar is. Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie vir beoordeling aanvaar word nie.
6. Gedigte mag nie langer as 32 reëls elk wees nie.
7. Inskrywings moet gestuur word in ’n word.doc na die volgende e-posadres: skryfafrikaans@ink.org.za
– Die onderwerp (subject) van die e-pos moet duidelik gemerk wees: Ink Digkompetisie 2020 met die digter se naam en van
– Elke gedig moet van ‘n titel (in bold) voorsien word
– Font: Arial
– Groot: 10 punte
– Kleur: Swart op wit agtergrond
– Spasiëring: Enkel
– ‘n Oop lyntjie moet tussen strofes gelaat word
– Moenie elke reëltjie met ‘n hoofletter begin nie, behalwe as die gedig doelbewus so geskryf is
– Moenie foto’s of prentjies aanheg nie
– Gedigte met lang verduidelikings onderaan sal gepenaliseer word. ‘n Kort verwysing na ‘n woord of term (bv. Latynse frase) is wel toelaatbaar.

8. Die volgende inligting moet onderaan elke gedig verskyn:
– Die digter se naam en van;
– Die dorp/stad waar hy/sy woonagtig is;
– Die kontaknommer en e-posadres van die digter; en
– Die afdeling waaronder die betrokke gedig ingeskryf word.

9. Deelnemers se name en adresse sal nie aan die beoordelaars getoon word nie. Alle beoordeling word anoniem hanteer. Beoordeling is finaal en geen briefwisseling sal gevoer word nie.
10. Die beoordelaars behou die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings is, of as die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner in daardie spesifieke afdeling aan te wys nie.
11. Beoordeling is finaal en geen briefwisseling sal gevoer word nie.
12. Die prysgeld beloop soos volg:
Algehele Wenner: R6,000
Naaswenner: R4,000
Afdelingsprys: R1,000 elk (Totaal R8,000)

13. Die beste gedigte wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, word in die bloemlesing, INKSPRAAK I gepubliseer. Om hierdie rede gee deelnemers toestemming vir  publikasiereg aan INK asook die uitgewers ten opsigte van die gebruik en publikasie van enige gedigte wat vir hierdie kompetisie ingeskryf word. Die digters behou kopiereg.
14. Prysuitdeling: Die bekendmaking van die wenners, die oorhandiging van die pryse en die bekendstelling van die bloemlesing sal op 31 Oktober 2020 te Farm Inn Pretoria (Adres: Farm Inn Road, Hazeldean, Silverlakes, tel nr.: 012 809 0266) tydens die jaarlikse INK gala-aand geskied. Kort daarna sal die wenners ook op sosiale media bekend gemaak word.
14. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Julie 2020. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie ten einde die beoordelaars genoeg tyd te gee om deur al die gedigte te werk.
15. Navrae kan gerig word aan : skryfafrikaans@ink.org.za

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...