Dinsdag 31 Desember 2019

2020 Perspektief


📌🖋Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van 'n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar.

👩Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd gesteel het in 2019 en voor dit, is nou mee gedeel en die tyd om vorentoe beweeg 'n feit. Ek voel meer gefokus om my drome te bereik.
Van 2019 het ek geleer wat om te los wat my besig gehou het maar nie noodwendig my bevorder het nie. Vrees veroorsaak dat jy rondskarrel vir behoud en oorlewing - en dit was als 'n gejaag na wind. Ja, ek het geleer daaruit maar ek het my waarde weer besef en in die proses my selfvertroue terug gekry. Ek het weer die woord "nee" ontdek.
🏜Die laaste 10 jaar was 'n wildernis tydperk waar ek rond geploeter het en heelwat wonde en rowe opgedoen het. Ek het foute gemaak en tussen die peule beland. Ek was deur die wereld geweeg en te lig bevind; sommer 'n paar maal. Dit doen iets aan jou as mens en as vrou.
👠💍👑Toe Vader my weer roep, het Hy 'n nuwe ring aan my vinger gesit, en 'n nuwe kleed gee en my skaamte weggevat; toe het ek geweet my tweede kans sal baie anders wees.
Hierdie nuwe blad is reg vir nuwe dinge. Nuwe belewenisse. Maar bowenal 'n tyd van vrug dra. Van leef vir die regte redes. 'n Tyd om myself ten volle uit te leef sonder om jammer te wees of weg te kruip. Tyd vir terug staan is verby.
Mag hierdie jaar vir elkeen van my vriende die begin van iets nuuts wees. Mag Vader se guns jou vooruitgaan en jou vul met 'n nuwe waardering vir Sy wereld, die natuur en die koninkryk. Mag sy liefde jou vul, voed en versterk.
🎁'n Voorspoedige 2020 aan elkeen wat my lewe deel en die wat my ken op die sosiale netwerk. Mag jul pad oop en sonder struikeling voor jul le. Pak die jaar met nuwe ywer aan en wees geseend.
📖Jer 43.19
Lynelle

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...