Maandag 13 Januarie 2020

Januarie Nuusbrief - My identiteit, nuusgebeure en gorrel.

2020 het aangebreek met 'n bang... letterlik. 
Soms wonder ek oor al die skuiwe wat die wind uit my seile haal en weerloos los. 
Wonder julle ook?
Net om Sondag se Rapport oop te gemaak het, het ek gesien hoe mense se lewens uitmekaar geval het deur fratsongelukke en dies meer. Dit is hartverskeurend en sinneloos. Kan daar werklik 'n doel daarmee wees? 
Ongeag, en dit klink eintlik baie koud, gaan die lewe aan. Dit maak nie saak hoe die jaar vir elkeen gebeur het nie, die lewe gaan aan. Dan moet ons weer ons grootmens skoene aantrek, deeglik afstof en verder gaan. 
Desember was 'n goeie maand. Ek het Writing with Flair kursus deur Udemy voltooi en baie daaruit geleer. Dit was 32 ure se belegging in my eie skryfstyl wat ek werklik geniet het.  

Nadat ek so baie van Love at War gepraat het die laaste ses maande, dink ek... het ek 'n skielike omkeer gemaak. Ek was, om die waarheid te se redelik moeg vir die boek. Dit gebeur. Ek het bietjie my kantoorarea - hoek reggepak, kas geskuif en ou papiere weggegooi. In die proses het ek weer op LAPA Uitgewers se komeptisie inligting afgekom. Dit was een van my To-Do dinge om te doen vir 2020 en toe dog ek, hoekom nie. Ek het soveel boeke wat basies wag om gelees te word dat ek toe die bul by die horings gepak het en vir eers Love at War eenkant toe geskuif het. Nou werk ek aan SY Grootse Geskenk, en met die hulp van 'n goeie proefleser kry ek die boek reg om teen die einde Januarie weg te stuur. 
Sy Grootste Geskenk speel in die somer van 1815 af. Sommer 'n lekker romanse daar op die Oosgrens tydens 'n baie gevaarlike tydperk in ons geskiedenis. Dit is oorspronklik in Engels geskryf maar toe het ek dit vertaal. Meer as dit wil ek nie vertel nie, nou net gee ek te veel weg en skiet myself in die voet...by wyse van spreuke.

Letterpas vryskut dienste gaan ook 'n paar veranderinge beleef van Februarie af. Met meer klem op joernale, werkwinkels en asook 'n boekklub in gedagte. Ek het weer die fondsinsameling in heroorweging geneem, en dit heeltemal laat vaar; vir die rede dat daar bitter min belangstelling was. Die tyd en ure wat ek daarin gesit het, het net nie die resultate gebring nie. Ten spyte van die hoeveelheid voete wat die blad getrek het, het fondse nie gematerialiseer nie. Dit het meegebring dat my droom om my boeke landswyd in boekwinkels te kry nou eers opsy geskuif is. 

Ek het baie gedink die Kerstyd. Ek het tot die slotsom gekom dat ek nie my energie kan bly mors op dinge wat nie vrug dra nie. Dit maak my moeg en breek my spoed. Die ander rede is dat ek net nie meer kans sien vir kliente wat als verniet verwag nie. Soos reeds verskeie kere genoem, ek het die inkomste nodig. Nie om luxuries te koop nie maar om te oorleef. Min mense verstaan die punt. Dit klink seker bitter maar daar is genoeg van my gesteel. Dit put my uit en ek verloor my visie om ook onafhanklik te kan wees. Om op 55 nog van jou pa afhanklik te wees vir blyplek en kos op die tafel, druis teen alles in. 


My verjaarsdag was heerlik. Die kinders het my bederf met 'n rustige en goed voorbereide piekniek by die Rietvlei Zoo Farm in Johannesburg. Net om weer te kon uitkom en saam met hulle te kon deurbring was 'n vreugde wat my sommer weer lus gemaak het vir als. Laat middag het die weer begin roggel en moes die kinders blitsvinnig by die zipline uitkom en duidelik het hulle dit geniet.

Inspirerende gedagte 

Identifikaie in vandag se lewe is baie belangrik.
Sonder ons identiteisboekie kan ons nie ‘n rekening oopmaak of stem nie. Om die waarheid te sê; daarsonder is ons onwettige burgers. Wanneer jy nie jouself kan identifiseer nie word jy beskou as iemand wat geen regte het nie.
Dit is net so waar van ons lewe. Sonder identifikasie weet ons nie wie ons is nie. Ons weet nie waar ons inpas nie of hoekom ons op hierdie aarde is nie. Baie keer maak ons die fout om te dink dat wat ek doen my identifiseer maar dit is ‘n misgissing en veroorsaak verwarring en in baie gevalle depressie, vernaamlik by vrouens en kinders. Jou beroep of hoe ander mense jou noem is nie wie jy is nie.
Wie is jy? Dit is ‘n vraag wat weer opgekom het die naweek.
Die antwoord kan veroorsaak dat ons ons beroep verander net om by die antwoord te kom. Ons kan dalk besluit om iets meer radikaal te doen soos wegstap vanuit ‘n jarelange verhouding. Wat vir jou geliefdes lyk asof jy jou varkies verloor het. Indien jy nog nie daarmee gekonfronteer is nie sal jy ook nie verstaan nie. Maar vir jou is dit die enigste manier om jouself te vind. Is dit reg? Is dit verkeerd? Net jy kan dit beantwoord. Want jy sien daar is nie ‘n regte of verkeerde antwoord nie. Daar is net; wat werk vir my antwoord. Daardie antwoord gee jou die vrede en berusting wat jy soek. Daarom kom baie mense dan uit die kas uit en vind skielik vrede te midde van al die probleme.
Indien ek nie uitvind wie ek is nie, sal die ander vrae nie beantwoord word nie. Wanneer ek weet wie ek is beantwoord dit die ‘hoekom’ vrae. Die ‘waarheen’ vrae en gee dit jou die vrede en rustigheid wat jou bly ontwyk het.
My identiteit het regstreeks te make met my doel. Die twee loop hand aan hand saam. Wanneer die een weg is, bly die ander een ‘n sluimerende roeping wat jy probeer vermy.
Dit is net wanneer jy stop, en dit in die oë kyk dat jy die antwoord gaan kry.
Na ‘n lang pad van my eie antwoord soek op die vraag: Wie is ek? Het ek op Efesiërs 1 en 2 afgekom. Hierdie keer was dit nie net goed genoeg om soos ‘n resitasie te leer nie, maar moes ek dit werklik glo. Ek moes dit my eie maak. Sonder daardie indentiteit kan al die ander titels my niks help nie. Net wanneer ek myself in God se woord vind kan ek weer leef. Vir my, moet vertroue ook in dieselfde sin genoem word. Sonder vertroue kan ek nie my identiteit kry nie en sal ek doelloos voort ploeter sonder enige kompas.
Vir my is my identiteit opgesluit in Christus.  
Net wanneer ek dit vasgemaak het kan die ander titels waarde hê. Hoekom? Want dit word onderstreep deur God se woord.
Ek kan nou met absolute sekerheid die volgende proklameer:
Ek is uitverkies.
Ek is ‘n geseënde.
Ek is ‘n gesalfde.
Ek is ‘n kind van God.
Ek is verlos en vergewe.
Ek het ‘n erfenis in God.
Ek weet God het 'n plan en doel met my.
Ek is verseël in God deur die Heilige Gees.
Ek is lewend gemaak en wandel deur genade in geloof.
Daardie wete het rustigheid gebring. Die sekerheid dat God in beheer is van my lewe is nou bo alle twyfel ‘n waarheid.
Mag dit so ook vir jou wees.

2020 is nog net 13 dae oud en al het dit miskien nie goed begin nie maak die keuse om dit in die Hande te plaas wat werklik 'n verskil in jou lewe kan maak. 
Tot 'n volgende keer, wees geseend en mooi loop. 



Besoek gerus my Wordpress Webwerf. Daar kan julle al die inligting kry oor my boeke, asook die koop skakels. As jy hou van my stories oorweeg 'n donasie, dit sal my instaat stel om voort te gaan met die blogs.
Indien jy 'n boek wil adverteer op my blog, Inspire to read, die kostes is R100 per plasing of $10. Vir resensie plus plasing $25 (R250). Stuur jou inligting na inspiringreads@gmail.com. Die plasing word gedeel op Amazon, LinkedInGoodreads, AuthorsdB, Pinterest, Twitter en Facebook
Die resensie word gedeel waar die boek beskikbaar is. Amazon, Goodreads, Library Thing, Book Bub, en Barnes & Noble.
 If you like my stories consider to donate, this will help me to continue publishing.
Paypal / 

Dinsdag 31 Desember 2019

2020 Perspektief


📌🖋Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van 'n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar.

👩Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd gesteel het in 2019 en voor dit, is nou mee gedeel en die tyd om vorentoe beweeg 'n feit. Ek voel meer gefokus om my drome te bereik.
Van 2019 het ek geleer wat om te los wat my besig gehou het maar nie noodwendig my bevorder het nie. Vrees veroorsaak dat jy rondskarrel vir behoud en oorlewing - en dit was als 'n gejaag na wind. Ja, ek het geleer daaruit maar ek het my waarde weer besef en in die proses my selfvertroue terug gekry. Ek het weer die woord "nee" ontdek.
🏜Die laaste 10 jaar was 'n wildernis tydperk waar ek rond geploeter het en heelwat wonde en rowe opgedoen het. Ek het foute gemaak en tussen die peule beland. Ek was deur die wereld geweeg en te lig bevind; sommer 'n paar maal. Dit doen iets aan jou as mens en as vrou.
👠💍👑Toe Vader my weer roep, het Hy 'n nuwe ring aan my vinger gesit, en 'n nuwe kleed gee en my skaamte weggevat; toe het ek geweet my tweede kans sal baie anders wees.
Hierdie nuwe blad is reg vir nuwe dinge. Nuwe belewenisse. Maar bowenal 'n tyd van vrug dra. Van leef vir die regte redes. 'n Tyd om myself ten volle uit te leef sonder om jammer te wees of weg te kruip. Tyd vir terug staan is verby.
Mag hierdie jaar vir elkeen van my vriende die begin van iets nuuts wees. Mag Vader se guns jou vooruitgaan en jou vul met 'n nuwe waardering vir Sy wereld, die natuur en die koninkryk. Mag sy liefde jou vul, voed en versterk.
🎁'n Voorspoedige 2020 aan elkeen wat my lewe deel en die wat my ken op die sosiale netwerk. Mag jul pad oop en sonder struikeling voor jul le. Pak die jaar met nuwe ywer aan en wees geseend.
📖Jer 43.19
Lynelle

Donderdag 12 Desember 2019

Bismarck, die Rottweiler


Ek en Isak het mekaar ontmoet op die 14de April 2017. Vandaar af was ons lewe gevul met die goeie en die nie so goeie tye. Ons het ook al ‘n sak sout of twee opgeeet in die kort tyd. Dinge wat ons goed geskaaf het sodat ons nog bymekaar is. Dit is al ‘n wonderwerk. Maar daar is tog dinge wat konstant bly.
In baie nuwe verhoudings is daar altyd dingetjies wat dierbaar is of uitstaan en waarmee die ander party vergas word met staaltjies van die dierbare cuteness. Jy verdra dit want dit is deel van daardie persoon.
Bismarck is een so ‘n konstante staaltjie wat gedurigdeur op kom. Ongeag die gebeurtenis, as die onderwerp na honde draai word Bismarck genoem; met trots. Of, wanneer ons verby ‘n huis ry met ‘n rottie wat stertswaaiend voor die hek staan, word ek breedvoerig ingelig oor Bismarck se merkwaardige verskille en dat die hond net nie in dieselfde klas is as sy rottie nie. As jy nou ‘n hondesnob wil ontmoet dan is Isak jou man.
Ek het Bismarck nog nooit ontmoet nie maar die Rottweiler is “larger than life” in ons verhouding. Toe ons by ‘n hondeskou was in Gallagher in die winter moes ons oplaas na die rotties gaan kyk. Dit was nou behoorlik ‘n gedoente. Soos ‘n opgewonde kind het Isak my rondgetrek van een kampie na die ander en is elke hond breedvoerig bespreek. Van die manier wat die stert gehou word, die reguit rug tot die manier wat die hond beweeg of staan. Of ek nou wil weet of nie, ek moet luister. Ek dink nie ek is al ooit so baie breedvoerig oor ‘n hond ingelig soos met die rottweiler nie.
Huidiglik hang daar ook ‘n skildery in ons kamer van die groot hond met die blink pels en groot pink tong. ‘n Pragtige skildery deur een van ons Faceboek vriende, Elsa du Plooy.  
Om die waarheid te sê, toe ons in Julie ‘n vakansie wegbreek verniet ontvang het, het ons Elsa ontmoet. Sommer so in die warm swembad en was ons werklik begeesterd deur die aangename en opkomende kunstenaar. Toe ons deur haar portfolio blaai was Isak se eerste woorde aan haar, “Sal jy Bismarck kan skilder?” Die man was nou behoorlik begeesterd en was ek deur elke stap van die skilder proses vergas op Faceboek. “Het jy gesien hoe vorder sy?” of, “Hy lyk mooier as die foto.” Moes ek aanhoor vir ‘n week lank en toe ek van die Eksderde kamp af kom in November hang Bismarck in my kamer.  
Bismarck is Isak se hond vir die laaste paar jaar maar vandat hy geskei is het die hond agtergebly om nog die voordeel van die groot erf te kan benut. Isak was bereid om met baie min oor die weg te kom in daardie tyd solank Bismarck net gemaklik is.
So ‘n ruk gelede, my gedagtes ontgaan my nou presies wanneer, is Bismarck gediagnoseer met kanker en moes uitgesit word. Toe Isak die nuus hoor was hy stil. Trane het geloop en het hy homself onttrek van almal in die huis. Deur die nag was hy rusteloos maar die volgende oggend laat weet hy sy dogter om Bismarck nie te laat uitsit nie. God sal hom genees. Hy was so oortuig dat niemand hom sou kon oorreed het om sy gedagtes te verander nie. Ek dink nie ek het al ooit iemand so hard hoor bid vir ‘n hond nie. Maar die gebed van ‘n gelowige dra veel krag en die hond se lewe is gered. Nou hardloop hy weereens die wêreld vol en gaan dit baie goed met hom, en Isak.
Dit is die een ding van ‘n egskeiding, dit ontneem jou van diere en selfs mense met wie jy ‘n hegte band gevorm het en dan, skielik, omdat jy en sy nie meer oor die weg kom nie word daardie hegteband verbreek. Isak het al verskeie kere probeer om weer die hond te sien na al die jare maar was tot dusver nog onsuksesvol. Daarom verdra ek nou maar die hond in my kamer. Ek kla nie as ek my oë oopmaak en die rottie lê oop mond vir my en kyk nie, hoekom, want dit maak Isak gelukkig. Gelukkig maak die raam op daarvoor… danksy Elsa. Miskien het sy iets aangevoel die dag tydens ons ontmoeting, hoe ook al als werk ten goede uit.
So is dit in enige verhouding, reg. Ons verdra mekaar, leer om dinge te geniet wat vir die ander belangrik is en deel in die lief en leed al is die hond eintlik ‘n vreemdeling vir jou. Bismarck is ‘n lewensgrote werklikheid maar vir Isak is hy ‘n konstante persoonlikheid wat hom in ‘n groot mate anker.
So hou ons almal vas aan iets of iemand, dit anker ons en gee ons die rustigheid ongeag die ander veranderde dinge in ons lewens. In Isak se geval is daardie anker (benewens God) Bismarck.
@LynelleClark  


Besoek gerus my Gogetfunding page waar ek besig is met 'n fondsinsameling 
vir die verspreiding van my boeke. Jul ondersteuning word opreg waardeer. 

Vrydag 06 Desember 2019

Spore van Genade boekbekendstelling is in Februarie 2020. Bespreek jou kaartjie nou.


Boeke is tans in S.A uitverkoop. Druk weer in volgende week. Julle kan solank jou boek bestel en betaal ten R245, posgeld uitgesluit.
Vir Namibia is daar nog net 7 boeke oor. Ek gaan kyk om hier by drukkers in Windhoek vir ons 'n paar te druk want koerier koste vanaf S.A is te duur. Namib mense kan dan ook solank bestel. Betaling kan volg as drukkers bevestig is.
Boeke is egter beskikbaar by CNA, Bargain books en Exclusive in S.A en Namibia. Kan net aanvra by die winkels dat hul boek bestel as dit nie op die rak is nie. Dan is dit ook op Kindle en Amazon beskikbaar.
Dankie vir almal se aankope, dit word opreg waardeer. 8 mense kon al gehelp geword het met die fondse wat ons in gekry het met die boek verkope.

Besoek gerus die Facebook blad en kyk ook uit vir die boekbekendstelling 8 Februarie 2020.

Mooi dag van Spore van Genade span.
Hope

Besoek ook my Gogetfunding projek. 

Vrydag 22 November 2019

'n Paar advertensies vir skrywers en lesers

Ons S. A Skrywers kom vandag en vra vir borge. As jy net R50 borg vir 'n bundel vir hoop vir die gesinne in die droog geteisterde dorpe, word daar'n koffer vol hoop in 'n boervrou boks projek aangestuur. Ons wil dit graag saam die bokse wat gestuur word pos. Help asb, kom ons kyk hoeveel kan ons bymekaar maak vir die borg voor die 30ste November asb. Versprei ook vir ander sodat daar hoop weer kan wees vir 'n gebreekte land. 

Volgende Vrydag begin Ita Froneman se Desember Digterskool met 25% afslag!!
Slegs R300 besorg aan jou al die
fynere kennis van hoe om literëre inligting en digteorie te verstaan aan die
hand van praktiese voorbeelde en watter slaggate om te vermy - watter
teoretiese dinge op Google het in onbruik geraak in Poësie.
Kom sluit gerus aan vir 'n verrykende
manier om jou jaar af te sluit! Net 1 opdrag per week - dit is aanlyn met
wisselwerking tussen lede wat hierdie digterskole dinamies maak
Kontak my by 0713319348 of by
itafroneman11@gmail.com

Woensdag 06 November 2019

My droom is net 'n boek ver...


Boeke is noodsaaklik vir ons alledaagse lewe.
Vir boekwurms is dit belangrik om 'n fisiese boek in hul hande te hou in plaas daarvan om dit op 'n elektroniese toestel te lees. Ek weet as boekbeoordelaar skrywers verplig is om in die verskillende formate wat op my skootrekenaar beskikbaar is, die boeke te lees. Dit is makliker en vinniger, maar dit is nie dieselfde nie. 'n Boek is outentiek. Dit pas perfek in jou lewe; jy kan oral sit en die gevoel en reuk daarvan geniet terwyl jy die bladsy om blaai.
Sedert 2012, toe my eerste boek, A Pirate's Wife gepubliseer is, het ek hierdie droom gehad om my eie boek in my hande te hou, maar dit het nooit gerealiseer nie. Maak nie saak hoe hard ek probeer het om 'n permanente pos te kry nie of probeer spaar het nie, dit het 'n droom gebly.
Toe, in Augustus van hierdie jaar (2019), het ek die geleentheid gekry om my boeke deur 'n bekende verspreider in my land, Suid-Afrika, te versprei. En hulle het nie net die deure vir my oopgemaak nie, maar ook vir elke kliënt wat ek ingebring het die geleentheid gegee. Omdat ek nie werk kon kry nie het ek my eie besigheid begin. Maar soos wat julle weet dit vat tyd om werklik ‘n salaris daaruit te verdien en bly ek op my agtervoete. Ek was opgewonde en angstig terselfdertyd toe ek in geloof die kontrak onderteken het en aangekondig het dat dit die jaar sal gebeur.
Sedertdien kon ek 'n paar boeke van elk druk, maar soos met alles in die lewe het jy hoeveelhede nodig om regtig geld daaruit te verdien. Aangesien dit my enigste bron van inkomste is, gaan ek voort om die bal aan die rol te kry. My kliënte is reeds in die netwerk terwyl ek op die kantlyn sit en wens ek kan my boeke druk. Dit is waar my soeke na fondsinsameling inkom.
Ek het in Oktober 2019 met die fondsinsameling begin, maar aangesien dit nie die vereiste bedrag bereik het nie, het ek besluit om dit sonder 'n sperdatum te verleng totdat die teiken bereik is, insluitend die verspreidingskoste van my nuwe boek.
Dit is 'n leerkurwe vir my. Om uit jou boks te klim en anders te dink is 'n heel nuwe uitdaging en ervaring, veral as jy nie daarvan hou om oor jouself te praat nie.

Lynelle's Books
A Pirate's Wife - Historical Fiction - Free in Kindle
Bella's Choice
 - Contemporary Romance - $1.99 in Kindle
Blood Mines
 - Futuristic Thriller - $1.99 Kindle
GedagteKringe
 - Afrikaanse Bundel - Free in Kindle 



Deur op die Gogetfunding-skakel teklik, sal u direk na die webwerf geneem word.
Ek het meer foto's en skakels daar geplaas vir u gemak.
U kan kies via PayPal of Visa.
Dit is maklik en veilig.




Sondag 03 November 2019

November Newsletter and Fundraising


My pa Jan, verloofde Isak en broer Jan drink 'n glassie of twee op die Bokke. 

Ons bly op 'n besige hoek in Brakpan. 'n Plek waar mense bymekaar kom vir vlietende oomblikke om net weer te ry sodra die robot verander. Dit is ‘n welbekend hoeke met sy geskiedenis van ongelukke, stoete, skole wat uit kom en hewige verkeer. Na al die jare is ons nou al gewoond aan die lawaai en hoor dit skaars. Baie kuiermense vra hoe ons dit en dan wrd dit afgemaak met ‘n ophaal van skouers.
Gister egter, na die wêreldbeker skouspel verby is was 'n perd van 'n ander kleur. Dit was 'n kakofonie van gillende mense, blêrrende toeters en uitroepe van blydskap; soos wat mense mekaar groet en gelukwens. Verenig vir een rede. Die Bokke het gewen.
Kleur het weggeval, rassekwessies vergete, selfs die knellende droogte en werksverliese iets wat agter toe geskuif het. Die politieke skuiwe ‘n nagedagtenis tussen die feesvieringe. Die Bokke se wen het reg gekry wat geen politiese mag kon vermag nie. Dit is dan wat 'n mens besef dat ons mense werklik saam kan staan.
Teen laatmiddag, die braaivleisvuur alreeds afgekoel kom 'n lowbed trok verby. Mense sit, kompleet met tuinstoele daarop en ry deur die strate. Die Landsvlag en Groen en Goud verenig in die wind. Die feestelikheid het nog nie getaan nie.
Whatsapp en Facebook het gegons van steek in die tong grappe met die Rose, ander grappe, en gelukwensinge, so asof elkeen verantwoordelik was vir die 32 punte wat op daardie bord verskyn het. Vrouens wat normaalweg ‘n afkeur het en liewer iets anders sal doen was saam verenig om die kassie. Ek was Saterdagoggend, tydens die afskop by ‘n damestee en motiveringspraatjie. Maar die buzz in die vertrek was onmiskenbaar. Lewendige gegons het geheers tussen produkte se bekendstelling en opbeurende gesprek deur die spreker. Ek het lanklaas so ‘n gegons ervaar wat belaai was met energie. Almal was optomisties.
  


Die video van Prins Harry wat by die kleedkamers van die Bokke instap en ons gelukwens het my geraak. Man, my bors het geswel. Ek het opnuut weer respek vir die jongman gekry. Sy kop is reg. Al is hy dan nou ‘n Roos lid.
Vanoggend is die Rapport besaai met die mooiste fotos. Die Bokke se prestasie ons prestasie. Wat 'n wonderlike trotse gevoel om Suid Afrikaner te kan wees. Ten spyte van ons bekommernisse bly ons die land van die springbok, in groen en goud en trots. 'n Gevoel so eie aan ons nasie. Dankie Bokke, julle het ons weer rede gegee om trots te wees op ons land, en positief te wees oor die dag van môre.
Welgedaan aan julle en jul families wat dit moontlik gemaak het en ons ons selfrespek weer terug gegee het. Julle is voorwaar ‘n toonbeeld van Suid Afrikaanse trots wees.

This year I have decided to submit Love at War into the NaNoWriMo project, to help me with the final stretch. To write books and get it to the publishing stage is time-consuming and at times hard work which is unappreciated. This is just a way to keep my focus and get it done. I really hope I see you there. 

Personal page on the site 
My fundraising is extended. This is definitely a learning curve for me. To get out of your box and think differently a whole new experience, especially when you don't like to talk about yourself. 
Here are the rewards when you contribute to this live event.
Donate $5.00 Or More Every five dollars you give you will be mentioned in my books.
Donate $70.00 Or More Receive 2 Books of your choice, signed
Donate $75.00 Or More You can take part in the new cover changes for Blood Mines and receive a copy.
Donate $150.00 Or More Receive all 4 books, signed
Donate $500.00 Or More Be a character in my new book, Love at War, A Family Trilogy
Donate $1000.00 Or More Be a character and receive all 4 published books plus the newest one, Love at War, A Family Trilogy.
By clicking Gogetfunding you will be taken directly to the site. 
You have a choice to donate via Paypal or Visa. 
It is easy and safe.

To follow
Instagram / Twitter / Facebook

I wish you all the best with your own dreams. May it be fruitful and well worth all the effort. Remember that nothing comes easy, especially not your dreams. If you put in the time the rest will fall into place. 

Remember to contact me if you need help with your book conversions, profiles on various social media and much more. You can contact me at letterpas@gmail.com. if you need a book-agent, send me an email and let me help you to distribute your own books in South Africa, Botswana en Namibia.
 


As jy hou van my stories oorweeg 'n donasie, dit sal my instaat stel om voort te gaan. 
 If you like my stories consider donating, this will help me to continue publishing.

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...