Woensdag 15 Mei 2019

Diamant Divas - Wat is Vertroue?




Vertroue is ‘n onderwerp wat al holrug gery is. Maar tog ‘n onderwerp wat belangrik bly. In my voorbereiding vir die volgende program het die onderwerp vir my uitgestaan. Eers het ek lank wakker gelê in die vroeë ure van Dinsdag oggend en gewonder wat om te sê, woorde het bly maal. Op Facebook het ek die gedig raak geloop van Drienie Joubert Kelly, en dadelik haar toestemming gevra; wat ek later sal voorlees. Daarna, het Lorraine du Plessis se dagstukkie my aangeraak later die dag. Lorraine is ‘n ou skoolvriendin en ons het mekaar weer raak geloop op Facebook na baie jare. Vir die laaste 5 jaar, elke oggend, soos klokslag deel sy ‘n dagstukkie met my. In daardie tyd was ek nog baie verbittered was en ek wou niks van enige bybelversies wou weet nie, maar sy het getrou gebly.
Vertroue is by tye iets mooi maar kan ook groot skade berokken. Vroeër of later val ons in die strik, soms onbewustelik waar ons vertroue geskend is. Dit voel soms of ‘n mens net nie genoeg leer oor hierdie onderwerp nie. Die enigste manier om onsself te vrywaar daarvan is om op ‘n eiland te gaan bly. Maar omdat min van ons dit kan bekostig is ons tussen mense, omring deur wantroue en leuens. Of dit nou ons vriende, mede werkers, kerkgangers, mense wat jy op Facebook ontmoet, of op enige ander sosiale platform is. Selfs familie val onder hierdie kategorie. Of hulle nou na aan jou is, ver, of die hoogste sport bereik het - jy vertrou of vertrou nie daardie persoon nie.
Om jouself af te skakel is dan nie eintlik ‘n oorweging nie. Juis omdat jy mense nodig het vir ondersteuning, kuiers en die alledaagse omgang daarvan hetsy deur werk, kerk en op sosiale gebied. Mense immers maak deure oop, help jou om vorentoe e beweeg.
Facebook maak dit ook nie maklik nie. Daar leef soveel mense met dubbel standaarde wat nie rerig uitgevang word nie. Dit is ‘n doolhof van inligting wat jou eintlik bitter min help. En omdat jy nie werklik met mense kontak het nie, al dink jy jy het, vat dit langer om agter die kap van die byl te kom.
Tussen skrywers word plagiate ook uitgevang, eerder later as vroeër. Selfs toe ek in die eiendomsbedryf was, moes jy lig loop. Elke klient of mede agent word met ‘n vergrootglas bekyk en op armlengte gehou. Jy steek dit net goed agter ‘n professionele benadering weg. Laas week is so ‘n persoon tussen ons skrywers uitgevang, maar reeds nadat hy al ‘n geruime tyd gedigte gevat het en onder sy eie naam publiseer het. Dit het een persoon gekos wat wakker genoeg was om dit agter te kom. Daardie persoon het die fluitjie geblaas as te ware. Maar die skade is gedoen. Vertroue is geskaad.
Tussen enkellopendes vat dit nog langer. Indien jy nie oop oë is en letterlik 24/7 op Facebook is nie gaan jy dit nie sommer agterkom nie. Daar is net te veel inligting, te veel groepe wat in geheimenis gehul is sodat ‘n persoon wat oneerlik wil wees daarmee kan weg kom, vir baie lank. Selfs te veel profiele. Mense wat agter hondjies, hartjies of Jesus prentjies wegkruip of fotos steel en voorgee asof dit hulle is. En wanneer dit dan wel gebeur maak so ‘n persoon die blad toe en verdwyn. Net om weer onder ‘n ander skuilnaam op te pop en voort te gaan met sy/haar speletjies. Want hy is veilig. Sy identiteit nog steeds onbekend.
Maar hoe beskerm die normale enkellopende persoon homself daar teen? Wanneer ons in ‘n verhouding is dan word ons as te ware beskerm teen sulke mense. In ‘n verhouding kan ons mekaar waarsku, vir mekaar bid en beskerm in gebed. Maar alleen is ons oop teikens. Dan is daar niemand wat jou rug beskerm nie en veg jy die stryd alleen. Indien jy nie vriende het nie dan is jy soos ‘n magneet vir die mense. En hulle sal alles doen om jou af te breek en indien jy vrae vra laat lyk of jy verkeerd is.
Vertroue kortom is die geloof in iemand se eerlikheid en opregtheid. Soos ‘n kind wat opkyk na ‘n ouer vir sy welstand, gesondheid, aanvaarding, en beskerming so kyk ons op na ‘n persoon. ‘n Persoon wat ons welstand en beskerming in ag neem. Wat ons aanvaar vir wie ons is. Maar wat ook bereid is om vir ons presies te vertel wat aangaan en ons aanvaar daardie persoon se woord, ongeag. Omdat ons hom vertrou.
Ek hou van die Suits tv reeks. Vertroue word baie duidelik deur die storielyn omskryf en geleef. Jy verstaan dit op ‘n visuele vlak. Die verhouding tussen en Harvey en Mike die anker van die hele reeks. Van die begin af het die twee mekaar geskaaf, mekaar beskerm en toe gelaat om mekaar te help ten koste van. Maar dit het hul verhouding sterk gemaak. Dit het nie oornag gebeur nie maar deur die opbou van ‘n paar seisoene.
A. Maar wat is vertroue?
1. Vertroue is ‘n gedragsoptrede wat ‘n ander persoon doen om jou te laat glo daardie persoon is eerlik. Ons kan maar kyk na die pas afgelope stemmery en die uitslae. Die leier se praat en aksies moet ooreenstem anders glo niemand hom nie. Om van enige platform te se jy is teen korrupsie maar word kort-kort uitgevang maak jou ‘n leuenaar. Met ander woorde jou aksies veroorsaak dat vertroue ingeboesem word.
2. Vertroue is ‘n waardesisteem dat een persoon jou sal beskerm, ongeag. Hy / sy het of dra net jou beste belange op die hart. Sy optrede bly altyd dieselfde. Soos ‘n Harvey met Mike. Indien daar ‘n menings verskil is werk hulle dit uit.
3. Vertroue is ‘n abstrakte bewustheid wat jou laat glo ‘n persoon is betroubaar. Dit is nie iets wat jy aan iemand kan verduidelik nie want elkeen se gewaarwording is anders.
4. Vertroue wek ‘n gevoel van selfversekering en veiligheid by jou. Jou uitkyk verander, jy waag meer, doen meer want jy weet daar is iemand wat in jou glo. Die persoon kyk verby die normale en sien jou potensiaal raak. Wanneer iemand omgee gee dit jou vrymoedigheid om terug te baklei.
5. Vertroue is ‘n innerlike gevoel wat al jou emosies saam vat in een woord. Dit verwoord jou siening oor iemand en ander kry ‘n duidelike boodskap.
6. Vertroue is nie ‘n absolute wetenskap nie. En jy gaan nie noodwendig dieselfde persoon vertrou vir elke area van jou lewe nie. Jou man of vriend mag dalk ‘n baie goeie raadgewer wees maar sy kleur skemas is om dit reguit te sê, aaklig. Of hy weet niks van modes af nie. Dan het jy ‘n ander vertroueling daarvoor.

B. Wat sê die Bybel oor vertroue?
Prof Francois Malan op die Bybel kennis webwerf beantwoord hy dit op die volgende manier:
“Sonder onderlinge vertroue kan ons nie lewe nie – ek vertrou die kos wat ek eet is nie vergiftig nie, anders sal ek nooit eet nie (maar dit kan gebeur); ek vertrou die kar wat aankom gaan by die rooilig stop, anders kan ek nie ry nie (maar soms gebeur dit wel). As mense my nie vertrou nie, sal ek nooit ’n werk kan kry nie, en geen vriende kan hê nie. Maar die aanleiding tot die vraag gaan eintlik oor wat die Bybel sê oor vertroue in mense, engele, ens.”
Die Bybel praat baie oor God wat ons absoluut kan vertrou, nie om óns wil uit te voer nie, maar om sy wil met ons deur te voer (wat soms met my wil kan ooreenstem, maar dikwels nie, en dan het die Here iets beters vir my in gedagte).
      1.      Eers wat die Bybel sê dat jy nie ’n mens kan vertrou nie:
Ps 62:13 sê: Ek het by God hoor sê: dat net God mag het en ’n mens net op U, Here, kan vertrou, en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste.
Spreuke 28:26 Wie op homself vertrou, is ’n dwaas. Wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.
Miga 7:5 Moenie ’n maat vertrou nie, moenie op ’n vriend staatmaak nie, pasop wat jy sê vir die vrou langs wie jy lê.
      2.      Dat die Here nie op engele kan vertrou nie:
Job 4:18 Elifas sê vir Job: In sy hemelse dienaars stel Hy geen vertroue nie. Voor Hom is selfs sy engele vol gebreke.
Job 15:15 Elifas sê vir Job: As God nie eers die hemelwesens vertrou nie  en selfs die hemel nie rein is voor sy oë nie, hoeveel minder ’n onrein en verdorwe mens wat boosheid indrink soos water?
      3.      Maar deur die Here kan ons vertroue hê in mense:
2 Tess 3:3-4 Die Here is getrou. Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar. Deur die Here het ons vertroue in julle dat julle doen en sal doen wat ons julle voorhou.
Eks 19:9 Toe het die Here vir Moses gesê: Ek sal na jou toe kom in ’n donderwolk. Die volk sal My kan hoor wanneer Ek met jou praat en dan sal hulle altyd vertroue in jou hê.
Ons vertroue is eintlik op die Here wat in ons kom woon het met sy Heilige Gees om ons te lei en te bewaar. Ons lewe is in sy hand, ook wanneer ons eet of op pad is of tussen mense lewe en werk. Hy lei ons ook in die vertroue wat ons in mense kan stel.
2 Kronieke 16:9 Die Here het sy oë oral op die aarde, sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.
      4.      En dan die baie tekse in die Bybel oor vertroue in die Here:
Ps 84:13 bely: Here, Almagtige, dit gaan goed met die mens wat op U vertrou.
Ps 112:7: die regverdige…is gerus, hy vertrou op die Here.
Ps 115:11 Julle wat die Here dien, vertrou op die Here, Hy help en beskerm julle.
Spreuke 3:5 Vertrou volkome op die Here, en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen, en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Spreuke 16:20  wie op die Here vertrou, met hom gaan dit goed; een wat op die Here vertrou is voorspoedig.
Jesaja 28:16 Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U.
Volgens die Bybel moet ons, en kan ons, op God vertrou. Hier is ’n paar tekse daaroor:
Ps 4:6; 9:11; 25:2,3,21; 26:1; 27:14; 28:7; 31:15; 32:10;  33:20; 37:3,7,34; 38:16; 46:6,12;  43:5; 55:24; 56:4; 62:2; 71:5; 78:22; 91:2;
Spr 20:22; Jes 12:2; 25:9; Jer 14:22; Dan 3:28; 6:24;
Mat 27:43; Hand 27:45; 2 Kor 1:9; 3:4; Hebr 2:13.
Skrywer:  Prof Francois Malan
Die Bybelskool.com webwerf verduidelik vertroue uit Jesaja 30 en 31. Omdat dit nogal ‘n intensiewe stuk is sal ek die skakel op die blad plaas vir eie studie. 
 “in stil vertroue en gebed lê die essensie van ‘n gelukkige lewe opgesluit.”

C. Wat is die geheim van vertroue?
Volgens Tommy Lessing se WordPress webwerf is dit die volgende:
Wanneer daar nie ‘n verhouding is nie, is daar ook nie afhanklikheid nie. Wanneer daar nie afhanklikheid is nie, is daar nie vertroue nie.
Afhanklikheid van God in ons daaglikse lewe bou ‘n sterk fondasie van vertroue. Dit maak weer die deur oop vir geloof wanneer jy dit nodig het. Ons moet ons daaglikse wandel instel op ons afhanklikheid van God. K.P. Yohannan noem  vier dinge oor hoe jy jouself kan meet of  jy steeds afhanklik van die Here bly:
1. Wanneer ‘n probleem opduik in jou lewe, soek jy eerste die raad van jou vriende en die mense om jou, of soek jy eerste na God? Wanneer ons kies om mense se raad bo die van God te stel, is dit baie moontlik dat jy in ‘n strik gaan trap. Daar is wel wysheid in om manne wat gevul is met die Gees, te raadpleeg. Ek praat nie hiervan nie. Ek praat daarvan dat jy eerder mense se raad eerste sal soek as om eerste na God te gaan in gebed.
2. In tye van oorvloed, gee jy net geld weg of uit soos wat jy goeddink?  Deur die tyd neem om te bid en op Hom te wag vir antwoorde eerder om self te besluit oor jou geld, wys jy dat jy afhanklik is van Hom, selfs in die goeie tye.
3. Spandeer jy, as ouer, jou tyd om jou kind se beste opvoeding en loopbaan te bepaal en na te jaag? Of spandeer jy meer tyd in gebed dat jou kinders ‘n goddelike lewe sal lei tot eer van God en voordeel van die samelewing?
4. Wanneer jy na werk soek, neem jy outomaties die posisie met die beste salaris en voordele pakket, eerder as wat jy die tyd neem om op God te wag en na Sy wil vir die situasie te soek? Deur eerder op Hom te wag vir raad en leiding, wys ons ons afhanklikheid van Hom en dit is vir Hom tot groot seën.

Vanuit al hierdie punte besef ons hoe belangrik vertroue is en wanneer dit geskend word dit onmoontlik is om weer terug te kry. So skryf Drienie Joubert Kelly in haar gedig:

AAN DIE EINDE VAN ONS LIEFHÊ
waar het ek vir jou verloor

langs die leiklipmuur sien ek nog jou spoor
was dit langs die riete by die ou sementdam
of rus jy jou gewete teen die koorsboom se stam

het ek jou dalk vergeet daar onder by die wilgerboom 

hang jy dalk versteek tussen vinknes verlate oor die stroom
hoor ek jou huigel as die jakkalse verlangend roep
of skuil jou donker skadu op die plaashuis se stoep

ek het jou loop soek daar by die windpomp se draai

tot ver anderkant die rusplek van die witborskraai
aan die hakkiesdraad het ek jou woorde gevind
met skuld bevlek en in verwerping gebind

daar in die stof het jy my liefhê met trane versmoor

hiér het ek jou met alles in brutaliteit verloor
met my omdraai en wegstap kon ek jou oë op my voel
die kyke van passie het in verraad verspoel

aan die einde van ons liefhê het ń reënboog gehang

al wat gebly het was ń jammer en ń kus op my wang
die lemme in my rug los ek daar vir ń aandenking
ń brandmerk van onthou - liefde se skending

Kopiereg- Drienie Joubert Kelly

Wanneer daardie vertroue gebreek word voel dit letterlik soos lemme wat in jou rug gesteek is. Drienie het dit werklik mooi saam gevat in haar gedig. Dit laat ‘n brandmerk van onthou wat altyd by jou bly. Soos ‘n vrou wat verneuk word. Sy is altyd op haar hoede, maak nie saak hoe goed die nuwe man lyk nie, sy gaan wonder, hom toets etc. Dit hang dan van daardie man af om haar reg te benader. Indien nie gaan die verhouding stop nog voor dit begin het. Dit is nie ‘n skakelaar wat sommer net afgesit kan word nie.
Hierby wil ek ook ‘n punt los aan die manne wat inluister. Wanneer ‘n vrou uit ‘n verbrokkelde verhouding wegstap het sy tyd nodig om te genees. Om haar te dwing om aan te beweeg sodat jy jou sin by haar kan kry is ‘n resep vir verloor. En jy is die een wat gaan verloor alhoewel jy nie so dink nie. As jou bedoeling eg is, gee haar tyd. Wees haar vriend. Moenie die onmoontlike verwag nie. Jou houding en omgee wek vertroue.
Vertroue kan ons siening van die lewe beinvloed. Dit kan ons depressief, en negatief laat en ons ploeter voort in ‘n donker wêreld, altyd soekend. Maar wanneer ek iemand vertrou gee dit my daardie ekstra krag om voort te gaan. Om die wêreld te oorwin.
Daar sonder is ons uitkyk baie leeg. Dit vat tyd om vertroue te bou. Nie elke persoon wat jy ontmoet of toelaat in jou lewe sal jou vertroue ontvang nie. Jy kan mense al jare ken en geen vertrouens verhouding hê met die persoon nie. Jy kan iemand net ‘n dag ken en hom of haar vertrou met jou lewe. Soms word jy in situasies gesit waar jy ‘n persoon moet vertrou vir die volgende stap in jou lewe. Hoe ook al, dit is ‘n alleen pad vol strikke. Daarom is dit belangrik om die regte ondersteuningsgroep te hê. Te praat en vrae te vra. Niemand kan jou gedagtes lees nie. Deur vrae te vra bekwaam jy jouself. Deur op te lees veroorsaak dat jy waaksaam word en ingeligte besluite kan neem. Moenie halsoorkop in ‘n ding in stap nie. Die meeste van die tyd sal dit ‘n duur les wees.


As enkellopende persoon is hierdie valstrikke selfs nog meer. So kom ons vra ‘n paar vrae.
1. Wat is jou behoefte in ‘n maat of vriend?
2. Moet julle saam die lewe kan geniet?
            a) Is hy ‘n buitelug mens of huismuis?
            b) visvang, kamp of tv mens?
            c) besoek graag market, kunsgallerye, biblioteek, klein dorpies?
            d) drink of rook hy?
3. Kan julle gesels, selfs oor die dinge wat onsmaaklik is op ‘n volwasse manier?
4. Is julle uitkyk dieselfde?
5. Hoe voel julle oor die politieke toestand in die land?
            a) Wil hy die land verlaat?
            b) Sal jy dit saam met hom doen?
            c) Watter land, voel julle eensgesind daaroor?
6. Deel julle stokperdjies?
7. Kan julle mekaar vertrou, al is julle nie bymekaar 24/7 nie?
8. Is hy/sy standvastig in hul sieninge? Of word hulle maklik beinvloed?
9. Kultuur, geloof, ras, politiek - het jy ‘n siening daaroor?
10. Kinders is nog ‘n belangrike punt, hoe voel julle daaroor?
11. Indien daar kinders is, hoe voel julle oor dissipline? Dit kan ‘n verhouding maak of breek.
12. My goed vs jou goed? Hoe sal dit werk?
13. Hoe voel julle oor besigheid, kan die persoon my ondersteun?
14. Godsdiens - hoe belangrik is dit in die nuwe verhouding?
15. Hoe voel julle oor die seksuele sy van die verhouding? Dit is belangrik om hieroor te praat i.p.v om net in die bed te val.
Dit is baie vrae, maar noodsaaklik vir die voort bestaan van jou bestaande verhouding of voor jy met een begin. Net jy alleen weet die regte antwoorde vir elke vraag. Jy weet wat werk vir jou en wat nie. Hoekom het jou vorige verhouding verbreek? Hoe kan jy dit verander? Of is dit in jou vermoë om dit te verander? Is net ‘n paar punte om by te begin. Indien jy nie jouself kan vertrou nie hoe verwag jy moet ander jou vertrou.
Wanneer jy die dinge uitgewerk het kan jy vorentoe beweeg. Dit wek vertroue en samehorigheid by ander. Dit gee jou die nodige sekerheid om voort te gaan of eerder te stop. Soms kan iemand die beste en ‘regste’ woorde sê maar op die ou einde werk dit nogsteeds nie uit nie. Hoekom nie?
Omdat julle verskille groter is as die ooreenstemmings. Julle doelwitte is verskillend, en i.p.v om dit reg te hanteer maak julle mekaar seer en doen of sê onvanpaste dinge. Soos ons groei verander ons sienings ook. Jy mag dalk nie nou goedsdienstig wees nie maar môre kom jy tot bekering. Om net een voorbeeld te noem. Jy mag dalk nou werkloos wees en oor môre werk kry wat jou situasie verander. Dit alles speel ‘n faktor.
Die grootste punt wat ek wil byvoeg is, moenie beloftes maak sonder om deeglik daaroor te dink nie. Maak seker van jou feite. Gee ag op jou self en jou eie situasie. Moenie dinge belowe wat jy nie kan doen nie. Wees eerlik met ander en met jouself. Moenie ‘n ja-broer word nie. Dit is hoe baie opeindig met die verkeerde maat of gehou word aan iets wat jy nie in staat was om te doen nie. Want jy was eintlik dwaas in jou beloftemaking.
Iets anders wat ek hierby wil noem, weereens vir die manne - jy kan nie een vrou vra om met jou te trou en dan nog by ‘n ander vrou slaap nie. Jy is vals teenoor albei en sal uit gevind word. Jou woord is nie jou eer nie en jy wonder hoekom is jy alleen.
Jou aksies en reaksies bepaal of mense jou kan vertrou.
Om saam te vat. Wees ‘n betroubare persoon. Wees waaksaam en versigtig maar moenie dat dit jou weerhou van ware Vriendskappe nie. Soek antwoorde op die regte plekke en moenie blindelings vertrou omdat die persoon die regte woorde gebruik nie. Toets die persoon. Net soos wat jy God soms toets, gooi die vliesie uit en maak seker voordat jy seer kry. Bewaar jou hart meer as enige iets in hierdie lewe. Jy kan hom nie heel maak deur salf en ‘n pleister nie.
Jou vertroue is duur moenie dit uit deel soos smarties nie.
Tot ‘n volgende keer liewe vriendinne, skitter net waar julle is.



ELAN GLOBAL RADIO

Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.








Donderdag 02 Mei 2019

Mei Nuusbrief / May Newsletter


I have three possible book covers for the book and I need help to choose. What do you say?
 
1
2
3

Love at war was finally sent to the proofreader. This book underwent so many changes since it was written in 2012 that it is impossible to really mention all. Needless to say, I hope that every reader could identify with the characters' struggles as much as I have.
In the end, Sonia, Main’s character went through a lot of growth - from despair to victory. Her inspirational walk really touched me. In many ways, it symbolizes my own walk.
Characters: 
Sonia Main is a South African Red Cross Nurse that was abducted in South Sudan, right smack in the middle of militia groups, and malaria country. Facing all kinds of hardships, her faith was challenged.
Curt McGee is a Colonel in the American Military, stationed in Iraq. He faces a divorce, an affair, his daughter’s rape, and unwanted pregnancy which leads to the question of abortion. He is facing quite an ordeal while leading a camp with its own problems.
It was only by chance that the two met. How they will get together again, after a vacation meeting, is the main question. Will their love overcome all the obstacles in their path? But most of all will their faith endure the hardships?

Letterpas en Globetrotting Book Tours skop ook mooi af. Die twee loop hand aan hand waar ek regtig waar so veelsydige moontlik wil wees sonder om myself te beperk. Die vryskutdienste dek eintlik ‘n breë veld wat my nog meer sal help. Elke stap ‘n boublok in my skrywers loopbaan.
Soos julle weet is werk maar skaars en ‘n mens moet kyk hoe jy vir jouself kan sorg. Ek is nie ‘n persoon wat glo daaraan om vas te kyk teen die probleme nie maar ‘n oplossing te vind. Die laaste paar jaar moes ek baie keer raap en skraap net om ‘n paar rand in die hande te kon kry. Hierdie tye het my baie oor myself geleer en my werklik net volwasse gemaak. Met die nuwe besigheid sal dit hopelik lei na onafhanklikheid waar ek werklik weer op my voete kan staan. 

Letterpas se dienste sluit in: 

Ø  Vertalingswerk * Translations
Ø  Articles / Skryf van artikels / Press releases / Persverklarings / Speeches / Toesprake
Ø  Kritieke leeswerk * Critique reading * Bladuitleg * Page layout
Ø  Sosiale-media-bestuur * Social -media-management
Ø  Updating of websites * Bywerking van webwerwe 
Ø  Newsletters * Nuusbriewe * Bemarkingsagent * Marketing agent
Ø  Upload of books on different platforms * Oplaai van boeke op platforms 
Ø  Ghost writing * Spookskrywer
Ø  Creating CV

GedagteKringe se bestellings is maar stil, hopelik sal dit toeneem in die maand. So ook my ander boeke, A Pirate’s Wife, Bella’sChoice en Blood Mines.
Al die sagteband boeke is direk by my beskikbaar teen R180, posgeld uitgesluit.
GedagteKringe is R200 per sagteband, posgeld uitgesluit.


Om dit op jou TBR lysie te sit hier is die link na Goodreads




Het jy al ingeskryf? Kontak sommer nou vir Ansie van der Merwe by electrictown@gds.co.za.

Woensdag 01 Mei 2019

Diamant Divas - Jou koslysie en uitgaan etiket.

Photo used from Freepik. Add caption

Kosmaak vir een persoon is eintlik baie makliker as wat ons gedink het. As jy net ‘n mikrogolfoond het kan jy heelwat smaaklike disse optower in ‘n beker of kleiner bak. Verby is die dae wat jy groot moet dink om te kook en vir die volgende week dieselfde kos moet eet. Teen dag 6 is dit so smaakloos en jy is werklik net nie lus daarvoor nie.
Die voordeel natuurlik vir ons vrouens wat alleen is, is dit ook die ideale oomblik om sommer van daardie ekstra gewig ontslae te raak deur deeglike beplanning en aankope. Nou kan jy in jou mandjie pak wat werklik tot jou voordeel is.  
Navorsing het getoon dat wanneer jy meer dikwels by die huis eet, neem jy minder kalorië in, minder suiker, en minder ongesonde vet.  Om gesond te eet beteken nie jy moet ure in die kombuis spandeer of groot hoeveelhede kos maak nie.  
Ek het so bietjie tyd op Google gespandeer ter voorbereiding van hierdie program en op heelwat interresante artikels afgekom wat dit onderstreep.
Jy het nou die tyd om meer oordeelkundig te koop. Meer vrugte en groente in jou mandjie te pak as bokse koekies en lekkers. Indien jy wel nog kinders in die huis het, moet die suiker inname in elk geval beperk word. Te veel suiker oor die algemeen is vir kinders glad nie goed nie. Nou dat jy alleen die kos besluite neem kan jy meer oordeelkundig koop. ‘n Lekker dingetjie kan ingesit word maar net as ‘n bederf maar verder is gesonder eet gewoontes baie beter en jou gesondheid word bevoordeel.
www dot WEBMD dot com gee 10 voorstelle vir ‘n enkellopende persoon se kruidenierslys. Geskryf deur Elaine Magee, MPH, RD (FROM THE WebMD ARCHIVES)
“I hope you're celebrating your singleness by feeding yourself well (and by "well," I mean with health in mind most of the time). Many singles say it's a challenge to shop and cook for one. Recipes are usually designed with a family in mind. You buy bread in loaves, cereal in large boxes, and eggs by the dozen. On the other hand, frozen entrees, yogurt, and some frozen desserts are available in single servings. Fruit and vegetables can also be bought by the piece instead of the pound. The grocery store truly can be a treasure trove of food opportunities for the single person.”
Here are 10 tips for super solo cooking and dining:
1. Freeze extra bread. Whenever you buy whole-grain bread, sandwich rolls, or hot dog or hamburger buns, take out what you need for the next few days, and freeze the rest. When you need more, just take it out of the freezer an hour ahead of time. Bread thaw quickly. Indien jy allergies is vir brood, soos ek, dan is alternatiewe soos Crackerbrood of Rye beskikbaar. Dit hoef natuurlik nie gevries word nie omdat jy dit in kleiner formaat kan koop. Die cracker brood bly kraakvars in sy foelie omslag.
2. Smoothies are, by design, single servings. Keep frozen fruit and yogurt or light vanilla ice cream on hand for a last-minute smoothie. They're great for breakfast, lunch, dinner, or a snack.
Embellish the Soup
3. Canned soup is an easy meal for one. Some canned soups are better than others in flavor and nutrition. Find the ones you like and keep some in the pantry. You can embellish them by adding frozen or fresh veggies or topping with green onions, fat-free sour cream, freshly shredded Parmesan, and etc. Make soup a meal by grilling a slice of whole-grain cheese bread or serving a roll or whole-grain crackers on the side.
Ek het ook gevind dat die klaargemaakte sop by Checkers en Pick ‘n Pay ook ideale is, en is genoeg vir twee mense. Dit is vars gemaak en kan ook gevries word.
4. Pasta is a perfect entrée for singles. If you use fresh packaged pasta or tortellini/ravioli, boil what you need and freeze the rest. If you use dry pasta (try the new whole-wheat blends!), boil as much as you need and store the rest in your pantry. Another option is to make two servings of pasta and have the leftovers for lunch the next day. Cold pasta salad makes a lovely lunch, or you can microwave leftover pasta for a hot lunch. For easy sauces, try bottled marinara, store-bought pesto, or just a drizzle of flavored olive oil and some shredded Parmesan.
5. Throw together a lunch or dinner salad. Those triple-washed bags o' salad make salads a cinch! Buy a bag of the spinach or romaine salad greens for the most nutrition, then add any or all of the following:
Dried fruit.
Roasted nuts.
Fruit.
Try fresh berries or pears, or a can of mandarin oranges.
Ready-to-go veggies like cherry or grape tomatoes; sugar snap peas; sliced, shredded or baby carrots. Or slice up some cucumber, zucchini, or bell pepper.
Canned beans (kidney, black, or garbanzo). Just rinse and sprinkle them on top. You can even buy 8-ounce cans, the perfect size for a single serving.
Cheese. Buy it pre-sliced, -shredded or -cubed, or cut it yourself.
Water-packed tuna. Just open a can, drain the excess water, flake, and toss it in.
Cooked shrimp. Get them in the frozen section or buy fresh from a grocer you trust.
Sliced turkey, roast beef, or roasted chicken from a nearby deli or supermarket deli.
Light salad dressing. Keep bottled favorites in your refrigerator, or just drizzle a little olive oil and balsamic vinegar over the top
Better Frozen Entrees
6. Frozen entrees are an easy alternative. The trick is finding those that are both tasty and higher in fiber and nutrients. This might require going to a nontraditional grocery. I have found interesting options at Whole Foods markets, for example. 

Natuurlik kan jy ook Fruit en Veg se winkels ook besoek as ‘n goeie alternatief. En moenie van Woolworths se klaargemaakte kosse vergeet nie, dit is smaaklik en vars. Dit kan ook maklik gevries word. Ek het dit gewoonlik vir my dogter gekoop in haar student jare.

Here are some of my frozen picks:
Mini Bean and Cheese Taquitos (Whole Kids Organic) One box = 1 serving = 12 mini taquitos contain: 290 calories, 4.5 grams fat, 1.5 grams saturated fat, 5 mg cholesterol, 610 mg sodium, 54 grams carbohydrate, 11 grams fiber, 11 grams protein. Vitamin A: 8% Recommended Daily Allowance (RDA), Vitamin C: 4% RDA, Calcium: 15%, Iron: 30%.
Cheese or Chicken Enchiladas (Whole Kitchen brand) One box of chicken enchiladas (2 enchiladas) contains: 310 calories, 8 grams fat, 3 grams saturated fat, 35 mg cholesterol, 610 mg sodium, 42 grams carbohydrate, 5 grams fiber, 16 grams protein. Vitamin A: 20% RDA, Vitamin C: 6%, Calcium: 20%, Iron: 6%.
Sesame Soba Noodles (Whole Kitchen brand) with Tofu & Asian-style Veggies 1 bowl has: 230 calories, 4 grams fat, .5 grams saturated fat, 0 mg cholesterol, 430 mg sodium, 35 grams carbohydrate, 14 grams protein, 4 grams fiber. Vitamin A: 25% RDA, Vitamin C: 8%, Calcium: 15%, Iron: 20%, folate: 20%.
Pad Thai with Tofu (Whole Kitchen brand)1 serving (bowl) has: 340 calories, 14 grams fat, 2 grams saturated fat, 0 g trans-fat, 0 mg cholesterol, 490 mg sodium, 9 grams protein, 3 grams fiber. Vitamin A: 25% RDA, Vitamin C: 25%, Calcium: 10%, Iron: 10%.
Amy's Pocket Sandwiches (in flavors like Soy Cheese Pizza or Tofu Scramble)1 pocket (Tofu Scramble) has: 180 calories, 6 grams fat, 0 grams saturated fat, 0 mg cholesterol, 520 mg sodium, 23 grams carbohydrate, 11 grams protein, less than 1 g fiber. Vitamin A: 4% RDA, Vitamin C: 20%, Iron: 4%.
Amy's Tofu Vegetable Lasagna 1 entrée has: 310 calories, 11 grams fat, 2 grams saturated fat, 0 mg cholesterol, 680 mg sodium, 41 grams carbohydrate, 13 grams protein, 6 grams fibre. Vitamin A: 60% RDA, Vitamin C: 35%, Calcium: 10%, Iron: 25%.
7. Healthful bagged or boxed frozen foods come in handy. Just use part of the bag or box for your single serving, then put the rest back in the freezer for another meal.
Here are a few of my favourite finds from Trader Joes:
Ek het ‘n link na Trader Joes in Suid Afrika op die blog geplaas. Alternatiewelik kan ook by die plaaslike winkels soos Checkers, Spar, Pick A Pay of Woolworths gekoop word. En, indien dit in jou begroting is kan jy natuurlik Dischem se gesondheidsafdeling besoek. Vernaamlik as jy sukkel met voedsel allergieë. Hoe ook al jou sak lyk, kan jy aanpas. Onthou hierdie is net riglyne om jou te help in jou keuses. Op die blogplasing is daar ook inligting beskikbaar soos kalorië inhoud, suiker, vet en vitamiene inhoud van items wat Elaine noem in die artikel.  

Chicken and; Vegetable pot stickers (Trader Joe's brand) 1/3 of a 16-ounce bag, about 1 meal-size serving, has: 240 calories, 11 grams fat, 3 g saturated fat, 40 mg cholesterol, 670 mg sodium, 24 grams carbohydrate, 2 grams fibre, 12 grams protein. Vitamin C: 6% RDA, Calcium, 2%, Iron: 10%.
Frozen Mini Cheese Pizzas (Bambino Pizza Formaggio) 1 mini pizza has: 250 calories, 8 grams fat, 4 grams saturated fat, 15 mg cholesterol, 460 mg sodium, 30 grams carbohydrate, 3 grams fiber, 15 grams protein. Vitamin A: 6% RDA, vitamin C: 4%, Calcium: 20%, Iron: 10%.
Frozen fried rice (Trader Joe's Nasi Goreng) 1/3 of a 16-ounce bag (1 serving) has: 130 calories, 0 grams fat, 0 grams saturated fat, 0 mg cholesterol, 530 mg sodium, 28 grams carbohydrate, 1-gram fibre, 4 grams protein. Vitamin A: 45% RDA, Vitamin C: 8%.

NOTE: You can add other foods to this, like chicken breast, tofu, scrambled egg, etc. Amy's Chicago Veggie Burger with cheddar cheese (or other Veggie Burgers like Garden Burger brand) 1 burger has: 160 calories, 5 grams fat, 1.5 grams saturated fat, 5 mg cholesterol, 390 mg sodium, 20 grams carbohydrate, 3 grams fibre, 10 grams protein. Vitamin A: 30% RDA, Vitamin C: 4%. Calcium, 8%, Iron: 10%.

Note: this brand is available at Whole Foods and other markets; Garden Burger is available at many supermarket chains.
8. Invest in "use as you go" sauces and marinades. Making sauces and marinades can take quite a chunk of time. So keep bottled or frozen versions on hand and just use what you need, when you need it. You can find some tasty bottled marinara sauces and frozen and refrigerated pesto. For marinades or grilling sauces, try bottled salad dressings or marinades. Just keep leftovers in the fridge (or freezer, if you're using frozen types).
9. Some breakfast items lend themselves to single servings. It's easy to whip up one serving of French toast, toasted bagel, omelette, or scrambled eggs, hot or cold cereal, even hash browns. (Buy a bag of frozen hash browns with 0 grams of fat per serving and heat up just as much as you need in a nonstick frying pan coated with a teaspoon of canola oil.)
10. For other breakfast items (like pancakes, waffles, and muffins), make half a batch and freeze what's left. So instead of making pancakes using 2 cups of pancake mix, you'd use 1 cup of mix and cut the rest of the ingredients in half, too. If the directions call for 1 egg, add half of a beaten egg (2 tablespoons) or 2 tablespoons of egg substitute. If the muffin recipe makes 12 muffins, enjoy two for breakfast, save two for tomorrow's breakfast, and freeze the other eight for another time. Just pop in the microwave for 30 seconds to warm up or take the frozen muffins with you to work -- they'll be thawed by your coffee break!

Ek het verskeie skakels na webwerwe by die plasing gevoeg vir smullekker resepte vir ‘n enkellopende persoon. Besoek hulle gerus. Deel met ons jou ervarings.
Onder andere is een van die resepte ‘n lekker meatloaf in ‘n beker. Of wat van ‘n Shashuka? Ek praat myself sommer nou honger.

Photo used from Freepik.Driller

Nog ‘n interresante website wat ek besoek het, het die volgende inligting weergegee.
Dit word genoem, die ‘Ultimate Singles Guide’ To Food and Dating, Based On Analysis Of Over 3.7 Million Dating Profiles.
En hulle het die volgende punte uitgehaal waarmee ek kan vereenselwig.
1. Indien jy uitgaan of op date gaan is vakansie kos die gunsteling van alle paartjies. Dit sluit Paasnaweek, Kersfees en ander familie feeste in.
2. Volgens hulle indien jy baie oor kos praat op jou profile maak dit jou baie meer aantreklik vir die ander geslag. Vernaamlik sjokolade, guacomole en aartappels veroorsaak dat jou inbox soos ‘n kerfeesboom sal opflikker. Nou ja, ek sou dit nou nie kon raai nie maar wie ek om te stry met die navorsing…  
Selfs wanneer jy van slaaie, sushi en advokadopere praat sal jy ‘n toename hê in geselskap. So, indien jy alleen voel en geselskap soek, praat oor kos…  
Daar is wel kos wat nie so baie aftrek kry op profiele nie volgens die navorsing. Gebraaide hoender en yams is baie onpopuler volgens die mense.
3. Proteine is die mees populere voedsel groep as jy daardie pad wil volg. Dit word opgevolg met vrugte, groente, koring en suiwel in die laaste posisie.
4. Kos is sexy, so as jy meer voete wil sien verander die gesprek na kos ipv die normale stoute, suggestiewe plasings. Of selfs Bybelverse - ek glo daar is ‘n plek daarvoor. Maar wanneer dit te veel raak op jou blad sal dit enige potensiële maat afskrik. ‘n Man wil immers weet of jy oor meer as net die Bybel kan praat. Hulle beweer die oomblik wat jy verwys na kos vehoog dit jou profiel met 82%. Indien jy lief is vir kook en gereeld daaroor praat sal dit ‘n toename van tot 26% bewerkstellig in jou inboks.
5. Soos met alle gesprekke moet dit ook gebalanseerd word. As jy net oor kos praat sal die gesprek ook vinnig opdroog. Maar kos is ‘n goeie aanknopingspunt.
7. Kits kosse is gewoonlik nie ‘n probleem vir ‘n eerste afspraak nie, maar dit moet net nie ‘n gereelde ding word nie. Die meerderheid vrouens (59%) het ‘n negatiewe konneksie met kitskos plekke. ‘n Vrou wil tog spesiaal voel. 10% van die vroue het genoem dat ‘n kitskos plek ‘n deal-breaker is, so manne maak plan.

Ek het onlangs die voorreg gehad om saam met Anne Dreyer te werk. Sy is ‘n aangename vrou, vol selfvertroue wat met gesag oor etiket kan praat en het jare se ondervinding. Anne word bestempel as die moderne Emsie Schoeman. In haar boek, Etiket vir vandag, skryf sy die volgende:
Verhoudings is vandag net so gekompliseerd soos die lewe self, en almal het ’n behoefte aan liefde en kameraadskap. Mans en vroue is verskillend geskape, en met ’n bietjie kennis van mekaar kan ons verhoudings beter laat werk.
’n Man gebruik die linkerbrein om te dink en sy gedagtes uit te spreek. Sy redenasie is gewoonlik lineêr en oplossing-georiënteerd en hy dring tot die kern van die saak deur, want hy wil ’n oplossing hê. Hy praat slegs 7 000 woorde per dag; die ander hou hy in sy kop!
Vroue het ’n unieke breinstruktuur met eienskappe wat van dié van die meeste mans verskil. Hulle gebruik die regter- sowel as die linkerbrein. Die regterbrein het meer emosionele verbindings met die liggaam wanneer ’n vrou praat en dink. Sy praat soos sy dink, 20 000 woorde per dag, en wil nie werklik ’n oplossing hê nie.
Mans en vroue se waardes verskil ook. Vir mans is mag, status en, laastens, besittings van belang. Hulle is van nature altyd in ’n magstryd met mekaar gewikkel en is dus hoogs mededingend. Daarom koop ’n man eerder ’n luukse motor, terwyl ’n vrou liewer ’n huis vir haar gesi   wil koop omdat sy waarde aan verhoudings heg.
Mans verlang nog steeds hierdie “outydse deugde” van ’n vrou, in volgorde van belangrikheid:
Bewondering en waardering
Bemoediging
Getrouheid en kommunikasie
Lojaliteit en eerlikheid
Deugsaamheid, vriendskap en kameraadskap
Seks
Vroue wil die volgende hê, in volgorde van belangrikheid:
Sekuriteit en beskerming
Om te weet sy is geliefd
Ruimte en vrouegeselskap
Vriendskap, getrouheid, respek en genot
Romanse en seks

Dr. Gilda Carle, ’n spesialis op die gebied van verhoudings, gee waardevolle advies aan vroue in haar boek Don’t Bet on the Prince: As jy as vrou in ’n suksesvolle verhouding wil wees en die regte lewensmaat wil aantrek, moet jy eerstens vir jouself lief wees. Dit stel die standaard vir hoe jy in enige verhouding behandel wil word. Behou jou eie identiteit as persoon en aanvaar jouself. ’n Man kan nie daardie rol vir jou vervul nie; indien jy dit van hom verwag, sal hy beslis kleinkoppie trek. Moenie jou individualiteit prysgee en deur iemand anders probeer lewe nie.
Jy moet onafhanklik wees en jou eie belangstellings hê. Dit maak jou interessant en aantreklik. Anders as in ons voorouers se tyd, werk die meeste vroue vandag. Dit wil nie sê dat jy as ’n getroude vrou nie onder jou man se beskerming is en julle nie saam oor alles moet besluit nie, maar dit beteken wel dat jy nie “behoeftig” moet wees en voorkom nie. Lyk en tree selfversekerd op. Let op na jou voorkoms, lyftaal en hoe jy praat (sien hoofstuk 1, bl. xx).
Jou gawes en talente maak jou wie jy is – dis ’n geskenk. Ontvang dit met ope arms en gee dan uit dié oorvloed, en nie uit die bietjie van jou eie wese wat vir jou oor is nie. Maak altyd tyd vir jouself.
Wenke
Finansiële onsekerheid kan enige verhouding ruïneer. Leef skuldvry so ver moontlik.
Raak ontslae van kwessies uit jou verlede voordat jy jou in ’n verhouding begewe. Jy mag ook nie ’n verhouding aanknoop terwyl jy nog terugkyk en hunker na ’n verlore liefde nie. Dit is nie eerlik nie.
Leer jou maat ken – vriendskap is baie belangrik.
Kies by voorkeur iemand van min of meer dieselfde agtergrond.
Eer en respekteer altyd ’n man; moet hom nooit probeer verkleineer nie.
Jy kan ’n persoon nooit ooit verander nie!
Mans, onthou: Met goeie maniere sal jy haar hart steel. Wees altyd daardie ridder op ’n wit perd: ’n ware heer.
Saambly
Indien julle saambly bó die huwelik verkies, moet julle ’n baie goeie kontrak laat opstel ingeval die verhouding verbreek word of een van julle te sterwe kom.
Internet-afsprake
Al hoe meer mense soek vandag hul maats op die internet. Ons hoor baie suksesverhale oor dié soort ontmoetings, maar daar is ook baie negatiewe aspekte en gevare waarmee rekening gehou moet word.
Kies eers ’n goeie en betroubare webtuiste waarop jy jou profiel kan plaas. Jou profiel moet genoeg, maar nooit te veel van jou sê nie. Dit moet egter ook spesifiek wees, want die webtuiste is op stuk van sake ’n “aanlyn inkopiesentrum”. Alles op jou profiel moet altyd aantreklik en positief wees. Moet nooit jok nie; wat dink jy sal gebeur as die verhouding ontwikkel en die maat vind uit jy was oneerlik? Jou foto (kop en skouers is voldoende) moet mooi en aantreklik wees – doen moeite met jou voorkoms en laat jou hare en grimering doen.
Die ontmoeting
Trek so aan dat jy nooit die verkeerde boodskap uitstuur nie. Ontmoet in ’n openbare plek gedurende die dag; dit is veiliger so. Julle kan mekaar goed bekyk, en jy kan vertrek wanneer jy wil. Loop verby as die persoon glad nie soos sy profielfoto lyk nie.
Met die groetery sal jy dadelik ’n opinie kan vorm (sien “Voorstel en groet”, bl. xx). Gebruik altyd jou sesde sintuie, jou intuïsie – dit sal jou waardevolle inligting gee – en reageer dan daarop.
Drink net koffie (die man moet daarvoor betaal); dan kos dit niemand ’n fortuin as jy teen ’n verdere ontmoeting besluit nie. Moet nooit na die persoon se huis of hotel gaan voordat jy die kat goed uit die boom gekyk het nie. Maak eers seker dat hy jou die volle waarheid vertel het. Indien iets verdag klink of lyk, moet jy maak dat jy wegkom.
Alleenlopers
Baie mense verkies deesdae om alleen te wees, terwyl ander deur egskeiding of die dood daartoe gedwing word. Alleenlopers moet egter besef dat hulle ’n ewe belangrike rol in die samelewing speel. As jy een van hulle is, kan jy baie doen om minder alleen te voel. Sluit byvoorbeeld by ’n alleenlopersklub aan, maak ook vriende met getroude pare en wees sosiaal. As jy uitreik na ander mense en altyd bedagsaam is, kan jou lewe net so vervuld en heel moontlik ook minder gekompliseerd wees!
Geskeides
Geskeides se vriende moet nooit kant kies nie, maar hulle om die beurt alleen uitnooi en verwelkom. As jy besig is om te skei, is dit raadsaam om ’n vertroueling te kry met wie jy dinge kan deel. Dit is ’n baie traumatiese ervaring wat jy nie alleen kan aanpak nie. Moet nooit vriende en familie by die situasie betrek nie. Kinders moet ook soveel moontlik teen al die lelike aspekte beskerm word sodat hulle die minste moontlike skade opdoen.
Moet nooit te gou ná ’n egskeiding weer trou nie.

Julle kan haar boek teen R250, posgelg uitgesluit direk by my aankoop. Julle kan ook haar webwerf www dot annedreyer dot com besoek vir meer besonderhede. Sy bied heelwat kursusse aan, wees op die uitkyk daarna.


Oor die Boek
Teikenmark: Vir die Moderne Afrikaanssprekende.  Ook vir die wat in die buiteland woon.  
Goeie maniere maak deure en harte oop, en die is n tydige en bruikbare gids vir die modern era van etiket!
Hierdie handige gids is ontbeerlik vir almal wat beskaafdheid belangrik ag.
Hierdie is ‘n splinternuwe gids vir die moderne Afrikaanssprekende, een met duidelike riglyne wat die leser in enige sosiale omgewing sal laat veilig voel.
Onderwerpe wat onder die loep kom sluit in tafeletiket, onthale, reisetiket, selfone – en sosialemedia etiket. Jou voorkoms by die werk, vir die enkellopende wat ‘n lewensmaat soek, die tuisteskepper wat gaste moet onthaal of vir die jongmens wat werk soek. Vir die sakeman wat die koörporatiewe leer wil uitkilm, en nog baie meer.

Anne Dreyer – Author, Blogger and Speaker
Anne Dreyer is n professionele spreker en skrywer oor voorkoms en etiket, met internasionale toekennings vir seminare en opleidingskursusse oor etiket en protokol. Sy is die stigter van Colourworks International, ‘n opleidingsakademie vir vookoms en etiketkonsultante en lei konsultante wêreldwyd op.
With her warm personality and tangible style, she infects her audiences as she trains and inspires them from her personal life experience as a successful businesswoman, and entrepreneur.
Anne was nominated Business Women of the year and voted the most successful   female speaker by her co-speakers, PSASA KZN, founded both Colourworks International, South Africa first Make Over Salon, as well as the first Image Consultants Training Academy- who trains image consultants from all over the world, with branches throughout South Africa as well as Singapore and Australia.
Anne is the founder of APICSA (The Association of Professional Image Consultants in South Africa) as well as SAAIP South African Association for image Professionals and IBICA in Singapore is also a founder, Professional Member of PSASA Professional Speaker Association of South Africa.
As a sought-after speaker, she leaves her mark on all who is fortunate enough to hear and meet her.
Anne, Master Image Consultant and Etiquette Expert, knows and believes that every person can blossom where they are planted, by equipping themselves with People Skills which never become redundant and believing that every person can reach the pinnacle of their personal and business life .and be irresistible forever!
Anne Dreyer HED MBA is a Master Image Consultant and Etiquette Expert



Skakels na die boek Pinterest https://za.pinterest.com/colourworks9162/
Boek skakel op Goodreads


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Die program vir die enkellopend waarin ons saam gesels oor al die slagysters, vrae, vrese en vreugdes van die enkel lopende.
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.







Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...