Dinsdag 26 Junie 2018

Ontnugtering: Die tweede program van Diamant Divas

‘n Program vir die enkellopende vrou maar mans is nie uitgesluit nie. Jy kan meer van ons lees by www punt Elan Global Radio punt com of gooi ons ‘n duimpie by Elan Global Radio of my persoonlike blad DiamantDivas op Bakkiesblad.


Ek wil graag my dank betuig aan Breyten Peyper vir die pragtige motiverings lied aan die begin van my program nou beskikbaar op die Spotify Applikasie.
Ek wil net so ‘n paar verse voorlees
Het jy gewonder wat as
Jy hierdie kans nou gaan vat
Tel net tot tien jy sal dit duidelik sien
Luister jy vir daardie stem
Wat skreeu en sê jy gaan wen
Met harde klippe kou
Met bloed en sweet
Swem jy
Sterker as die strome
Ry jy
Saam met al die golwe
Staar jy
Klein op na die berge
Maak los die leeu in jou

Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Steek uit jou hande na die hemel bo
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo

Sit jy of staan jy jou man
Voel jy wat binne jou brand
Sal jy die vuishou keer en weer probeer
Hou jy jou oog op die doel
Jy ken, jy soek die gevoel
Hoekom nog wag
Dis dalk jou laaste dag
Swem jy
Sterker as die strome
Ry jy
Saam met al die golwe
Staar jy
Klein op na die berge
Maak los die leeu in jou

Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Steek uit jou hande na die hemel bo
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo
Hey, hey, hey, hey
Jou Everest
Hey, hey, hey
Klim jou Everest
Hey, hey, hey, hey
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo

Kom ons hardloop voor die lig
Kom ons steek die vure aan
Hou ons oë na bo
En glo
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Steek uit jou hande na die hemel bo
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo
Hey, hey, hey, hey J
ou Everest
Hey, hey, hey
Klim jou Everest
Hey, hey, hey, hey
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo

Die oomblik wat ek die woorde gehoor het, het dit my begeester om deur te druk met hierdie program. Dit spoor jou aan om jou eie Everest te klim al is dit hoe moeilik. Al voel dit soms nie so nie is daar mense wat in jou glo op hierdie pad van vernuwing. Dit voel of elke woord spesiaal vir my geskryf is en ek glo julle sal ook aanklank vind daarby. Koop dit gerus aan.

 Ek het nooit beplan om alleen te wees nie maar hier is ek, wat nou?

Vir sommige is dit so ‘n skielike gebeurtenis dat jy windskeef getref word en van alle lug ontneem is. Dit is ‘n geweldige skok vir die gestel. Die wêreld is behoorlik onder jou uitgeruk en jy voel soos ‘n drenkeling. Die een oomblik het jy ‘n maat en dan…is jy alleen. Niemand om na te draai wanneer jy bang of twyfelagtig is nie. Niemand om voor koffie te maak nie. Dorp toe gaan is nou ‘n alleenmansaak met niemand om raad voor te vra nie of selfs mee te stry nie. Dit is mos lekker om te stry oor goed vernaamlik die dinge wat jy graag wil hê en jy jou skietgoed reg het. J

Indien dit ‘n vrywillige saak is, word besoeke by vriende of familie ‘n uitdaging in sigself. Afgesien dat jy soos die vyfde wiel aan die wa voel en selfs onwelkom by tye is jy skielik die middelpunt van bespreking en almal weet beter. Soms is die raad werkbaar maar omdat hulle nie in dieselfde posisie as jy is nie, met jou unieke struikelblokke nie, sal die raad baie keer onvanpas wees. Wees bedag op dit en wees geduldig.  Wees die volwasse persoon al wil jy skree van frustrasie vernaamlik wanneer jy voel mense wil jou dwing in ‘n bepaalde rigting wat heel moontlik onrealisties is. Skree by die huis wanneer jy alleen is. Dit werk.

Jou hele lewe is onder ‘n vergrootglas en mense dink hulle verstaan jou of die redes wat daartoe aanleiding gegee het en skielik word jy met al jou swakhede gekronfronteer. Ongeag die gevoelens op die ou einde skuld jy niemand ‘n verduideliking nie. Jy hoef ook nie jouself te regverdig voor mense wat nie wil of kan verstaan nie. Baie meer kan uitgebrei word oor die onderwerp maar vir die duur van die program sal ek dit eers hier laat. Soos wat die programme vorder sal ek wel verder uitbrei. Ek sal so ver moontlik probeer om programme te laat opvolg om die draad te behou maar indien jy vrae het gesels met ‘n berader of kontak my.
 Die ontnugtering van ‘n egskeiding het verrykende gevolge vir almal in die jou lewe. Jou lewensmaat van etlike jare, jou kinders, ouers en familie het ook in hierdie stryd getree en jy moet sensitief wees vir hulle gevoelens. Daar sal kante gekies word, soms onregverdiglik maar dit hang van jou af hoe die situasie sal ontwikkel, goed of sleg. Daar sal geskreeu word, trane sal val, mense sal jou sleg sê maar onthou jy het geweet die goed gaan gebeur. Onthou elkeen wat nou betrokke is sal sukkel met vrae maak nie saak hoe “maklik” jy dit probeer maak nie. Omdat die skeiding van jou kant af kom moet jy dan ook bereid wees om te verduidelik wanneer mense vrae het. Rustigheid is die wagwoord hier. Om soos ‘n knorpot te kere te gaan, gaan nie die situasie help nie. Omdat jy die een is wat wegstap moet jy bereid wees om rustig te kan verduidelik en te troos selfs. Veral as dit by jou kinders kom. Hulle ouderdomme sal natuurlik bepaal wat jy aan hulle gaan meedeel maar wees te alle tye eerlik met hulle. Al maak dit hoe seer. Dit gaan nou nie hier oor jou nie maar oor hulle wie se lewe omver gegooi is.

Laat ‘n tyd toe vir verduideliking. Doen dit op ‘n neutral plek en behou jou ewewig. Kwaad word is nie nou die antwoord nie. Stilstuipe nog minder. Beantwoord die vrae na die beste van jou vermoë. Dit is nie nou die tyd om leuns te vertel nie. Al glo niemand jou nie staan by die waarheid. Indien jy jou maat verkul het wees eerlik daaroor, wegsteek en jok gaan dinge net moeiliker maak en jou kinders se vertroue in jou verbreek.

Maar wanneer die tyd aanbreek om op te hou verduidelik, stop dan. Gee jou familie ‘n geleentheid om dit te verwerk. Jou mense gaan heel moontlik kwaad wees vir jou, dalk nie eers met jou wil praat nie. Of jou vermy, hoe ookal, staan jou man. 

Hou die deur oop selfs al vermy hulle jou. Bring jou kant sonder om ‘n ‘n vloermat te word. Vroeër of later sal die gesindhede verander. Die ontnugtering kan jou en jou mense se balans versteur en dit gaan ‘n tyd vat om weer ‘n normale gesprek te kan aanknoop maar bly getrou in jou familiebande.

Dit is gewoonlik waar die meeste familie twiste gebeur juis omdat mense nie verstaan nie maar jy sal geduldig moet wees met die proses. Onthou almal is lief vir jou en wil graag die beste vir jou he. So luister en gebruik dit wat jy kan terwyl jy nogsteeds waar bly aan jouself. 
Wanneer ‘n maat sonder waarskuwing jou verlaat is daar net soveel vrae wat deur jou kop maal. Jou maat het heel moontlik gesê dit is nie jou skuld nie maar as mens wil jy dit tog verstaan en probeer jy deur introspeksie die dinge uit werk.  Jy vra vrae wat nie beantwoord word nie en jy word kwaad en selfs pleitende. In die hoop dat die persoon sy/haar gedagte sal verander. Onthou hierdie besluit het ook nie oornag gebeur nie. Dit kom deur maande selfs jare se moed bymekaar skraap voordat die besluit geneem is. Dit is dan so maklik om in die groef van wanhoop te beland en jy vat alles persoonlik op.

Die beste raad wat ek kan gee: is probeer om weg te staan van die situasie en te fokus op die belangrikste dinge. Ek weet dit is moeilik maar dit is tog die beste. Fokus liewer op die finansiële implikasies, die kinders, reëlings wat getref moet word rakende hulle skole ens. Blyplek, indien jy die een is wat moet trek. Hierdie dinge is van kardinale belang en hoe vinniger dit uitgesorteer word hoe beter vir die pad vorentoe.

Soms, uit selfbejammering, dink jy almal moet jou jammer kry. Pasop dat jy dit nie te ver vat nie. Dit kan baie vinnig suur word en mense sal jou later vermy omdat hulle nie lus is vir jou bedrukte gemoed of klaagliedere nie. Wees bedag daarop. En bly weg van Bakkiesblad af! Ek kan dit nie genoeg onderstreep nie. Dit is die laaste plek om jou gevoelens bloot te stel. Jou FB vriende ken nie jou situasie nie so hul advies sal heel moontlik verkeerd wees. Die probleem met enkelgroepe is dat almal op die groepe seer gekry het en hulle reageer op jou plasing vanuit daardie seer. Bly weg of wees versigtig.  

Wat ookal die omstandighede is, is dit goed om in elk geval nie jou wasgoed op Bakkiesblad te sit nie. Facebook is ‘n goeie medium om mense te ontmoet en kontakte op te bou in jou gemeenskap maar dit is onwys om jou persoonlike gedagtes daar te deel. Kry eerder ‘n vertroueling wat bereid is om te luister of ‘n berader wat opgewasse is om jou die regte leiding te gee. Facebook is nie ‘n beraders platform nie… daar sal jy vinnig gestenig word en dit veroorsaak meer skade as genesing. Jy sal nie antwoorde daar kry nie tensy jy ‘n goeie berader daar raakloop maar dan hou jy die gesprekke privaat.     

Jou kop moet skoon kom. Ek persoonlik, het ‘n lewensgids gehad wat my gehelp het om my doelwitte neer te pen en dan daadwerklik iets daaraan dit te doen. Ek sal ‘n goeie lewensgids se detail op my blad plaas indien julle belangstel. Daar is verskeie hulpbronne wat jy kan gebruik. Belê in jou eie lewe en haal die fokus van die pyn. Ek weet, jy sal vir my se Lynelle dit is onmoontlik… Moenie dat dit so alles oorheersend word dat jy in die proses veragter nie. Gee aandag aan jou voorkoms etc. Fokus op jou eie mens wees en die pyn sal verminder. Hou jouself besig met opbouende dinge maar maak ook tyd vir traan - en bittergal sessies teenoor ‘n vriend of vriendin en beweeg aan. En indien jy wel ‘n dronkwordsessie het: BLY WEG VAN FACEBOOK! Moenie dat dit ‘n konstante leefwyse word nie. Waak daarteen want al wat dit gaan doen is in groter probleme dompel.
 Onthou ‘n goue reël: moenie veralgemeen nie. Omdat jy seergekry het by een persoon beteken dit nie almal is sleg nie. Waak teen hoe jy oorkom. As jy konstant gal braak of bitter is oor die spesifieke geslag sal dit enige potensiële verhouding stop, niemand is lus vir dit nie. Vernaamlik op Bakkiesblad. Waak teen jou woorde en plasings.

Nog ‘n punt wat ek wil onderstreep wat ‘n groot taboe is…. Moenie bedel of klink asof jy desperaat is vir ‘n finansiële oplossing nie. Jy sal gou as fortuinsoeker uitgeken word en selfs geblok word. Weereens wees oordeelkundig. Behou jou selfrespek en grasie. Die oplossing sal kom.

Gee jouself tyd om aan te pas. Elkeen van ons se omstandighede verskil. Werk soek is vir die meeste vroue skielik ‘n prioriteit. Veral nadat jy vir baie jare ‘n huisvrou was en jou enigste ondervinding kinderoppasser, taxi drywer, of koekverkoper was.

Die eerste ding wat jy moet doen is skep ‘n CV. Hierdie is ‘n belangrike gereedskap in jou arsenaal wat ‘n voornemende werkgewer belangrike inligting kan gee. Plaas al jou vermoëns stapsgewys neer. Kry hulp met die opstel daarvan wanneer jy vashak en let op spelling. Mense - spelling is belangrik – jy kan jouself oortuig dat spelling onbelangrik is maar as jy bv vir ‘n seketreiële pos aansoek doen is spelling die belangrikste element van brief skryf en ‘n groot deel van jou werk. Waak teen dit. 

Selfies wat jy op Facebook plaas sal enige voornemende werkgewer afskrik of aantrek. Wat verkoop jy? Jouself as professionele persoon of fortuinsoeker opsoek na ‘n vinnige oplossing… dit is sagkens gestel. Maar ek dink julle weet waarop ek sinspeel. Wees bedag op wat jy plaas… onthou base het ook Facebook rekeninge. En soms is dit die eerste plek waar hulle sal kyk voor hulle jou ‘n offer maak.
 Jy is nie goedkoop nie. Jy is kosbaar, duur gekoop en nogsteeds ‘n skitterende diamant. Ongeag van ‘n mislukte huwelik het jy nog waarde. Jy luister natuurlik na Diamant Divas hier op Elan Global Radio. En die lied was gesing deur Dolly Parton. Ek dink sy stel dit nogal goed. Wees jaloers oor jou nuwe lewe en maak die beste van jouself. In werk. In ‘n verhouding. In verhouding met jou kinders. Onthou hierdie is jou tweede kans ook. ‘n Tyd waar jy die foute van die verlede sal verander en kan verbeter. ‘n Tyd om jouself te laat geld en op jou eie bene te staan.

Ek weet dit is nie maklik nie. Ek weet van die nagte wat jy meer gaan huil as slaap. Ek weet van die tye wat jy so vreesagtig gaan word dat jy benoud voel oor die volgende stap. Ek weet van die tye wat geld so skaars is dat jy desperaat is om enige iets te doen ter wille van die verligting. Ek weet van die alleen tye. Ek weet van die donker tye. Ek weet wat dit is om hulp te vra en ‘n koue skouer te kry. Ek ken die allesoorheersende gevoel van “Jy is nie goed genoeg nie.” Dit skeur deur jou dat jou wind totaal weg is en los jou met ‘n pyn wat so diep is dat geen pleister daarby kan kom nie. Ek weet wat dit is om geweeg te word en te lig bevind word. Ek ken ook die seer van iemand wat jou indoen en wegvat waarvoor jy so hard gewerk het. Ek ken al die seer wat jy nou deur gaan.

Maar ek weet ook wat dit is om gelukkig te wees. Om as vrou te groei en te dink, wow vrou jy kan. En jouself op die skouer te klop. Elke geleentheid is ‘n geleentheid om te triomfeer.  Elke ondervinding ‘n lewens les wat jou verryk. Op daardie oomblik voel dit soos ‘n bloedslag maar wanneer jy seevierend uitstap word daardie oomblik so soet soos heuning. Dit is daardie gevoel wat jou laat aanhou. Dit help jou om jou kop te lig, verby die seer te kyk en te weet dat jy goed genoeg is.  

My lewe is ver van perfek maar die vrou wat 4 jaar terug die enkelpad begin stap het en die huidige vrou het wêrelde van mekaar gegroei. Sy het selfstandig geword en kyk die lewe in die oë.

Maak ek foute? Beslis. Leer ek nog elke dag? Absoluut
Is daar ‘n lig in die tonnel? Ek hou aan die hoop vas dat daar is.
Ek vat elke dag soos dit kom en benut elke oomblik met oorgawe.
Daar is vrouens wat nog langer as ek die pad wandel met groot sukses. Hulle is gelukkig, alles in plek. Mooi blyplek, pragtige kinders, onafhanklik. Wanneer jy met hulle gesels is hulle positief oor die lewe. Maar die pad tot daar was alleen en donker net soos joune nou is. Nou skitter hulle in eie reg. Jy is nie alleen nie daar is ‘n skare van getuienisse om jou as jy bereid is om te luister en te leer.

Daarom wil ek jou aanspoor om te droom, om jou kop te lig en te weet jy kan skitter as diamant… net daar waar jy is.

Diamant Divas groete
Lynelle 

ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Lynelle Engelbrecht Clark: Diamant Diva's
WOENSDAG 27 JUNIE 2018 at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
…/elan-global-radio.htm



Donderdag 21 Junie 2018

Alleenheid: Die eerste program van Diamant Divas op Elan Global Radio aangebied deur Lynelle Clark

Diamant Divas het twee jaar gelede ontstaan nadat ek agtergekom het hoe groot die noot werklik is tussen enkellopendes. Op daardie stadium het ekself deur heelwat skommelinge gegaan en het ek dit vir eers op die ys geplaas. Toe die begeerte weer begin het ek my voorlegging aan Bea gestuur en is dit aanvaar. Dit was nog altyd ‘n kleindogtertjie droom om radio te doen en hierdie is ‘n goeie platform as wegspringplek.

Twee jaar terug, en heelwat verkeerde afdraaipaaie later, was ek rou en vol wroeginge en moes ek eers van dit herstel om werklik waar weer van nut te kon wees. Ek glo nogal daarin om net te praat as ek iets sinvols kan byvoeg anders bly ek stil totdat ek dit deurgewerk het.  

My enkelpad het in 2014 begin en die bewusmaking van die regte ondersteuning het vinnig ‘n werklikheid geword. Diamant Divas is gebore in 2016 nadat ek besef het hoe groot die noot werklik was. Dit is ‘n program uitsluitlik vir die vrou maar mans in nie uitgesluit nie. Alhoewel ons ervarings op verskeie gebiede verskil sukkel ons tog met kwessie uniek aan enkellopendes. Veral as jy jarelank gewoond aan ‘n lewensmaat was en jouself weer alleen bevind. Die aanpassing kan skokkende gevolge he juis omdat ons nie bedag is op die veranderde lewens nie. Om dan te bly staan vat deursettingsvermoë en vernuf in hierdie tyd waar jy moet leer om weer alleen te wees.

Eintlik wil ek nie ‘n geslag daaraan koppel of selfs in ‘n ouderdom groep plaas op die program nie want die onderwerp dek ‘n breë veld van enkellopendes. Hierdie is nie ‘n hoekie van eensames program nie, allermins. Dit is ‘n program om jou as luisteraar sin te gee in die pad waarop jy jou bevind. En om in my beskeie manier saam met jou te wees op hierdie pad.

Ondersteuning is seker een van die nodigste faktore in enige deel van jou lewe maar wanneer iemand verstaan waardeur jy gaan maak dit die pad beter en ligter en kan jy met ‘n positiewe uitkyk na die lewe kyk. Ek wil tog net byvoeg dat ek nie ‘n sielkundige berader of pastorale berader is nie. Ek praat vanuit my eie ondervindings. Ek sal soms my hart heeltemal oopmaak en vertrou dat jy dit in daardie lig sal sien en aanvaar. Indien jy wel iemand wil sien raadpleeg jou gemeente of vriende oor ‘n goeie berader.


Hier gaan ons gesels, pret he en sommer net na musiek luister. Hoe ookal die bui. Daarom wil ek vra dat jy sal meedoen in als en my terugvoer sal gee.
Om te skitter soos ‘n diamant vat baie druk. Die skaaf proses is ‘n seer plek, en indien ons kon sou ons dit wou vermy het maar ons kan nie skitter sonder daardie skaaf proses nie. Skawing vind die meeste van die tyd in donkerte plaas, waar niemand kan sien of verstaan waardeer jy gaan nie.  Dit is ‘n afgesondere tyd en min mense stap saam met jou. Dit gaan nie help om dit aan iemand te verduidelik nie. Tensy hulle nie self daar deur is nie is dit vrugteloos en mors jy jou asem. En bring jy onnodige kritiek op jouself.

Hoekom noem ek my program Diamant Divas? 

Enige diamanthandelaar sal vir jou die proses kan verduidelik. Dit neem miljoene jare en baie grondskuiwings om die nodige resultate te verkry. Dit kos ook baie om die grond oop te breek en die klippie te ontdek. Dit is nie ‘n oornag proses nie. Dit vat baie tyd en baie geduld. As jy jouself op hierdie pad vind weet dat genesing nie oornag gaan plaas vind nie. Dit is ‘n tydsame proses. Alleenheid is seker een van die eerste simptome waarmee jy moet deel.
Dit is seker die ergste gevoel wat jy as mens kan ervaar des te meer tussen ander mense. Hierdie soort alleenheid is ‘n intense eensaamheid wat jou siel versmoor en jou heeltemal verwese laat te midde van ‘n bedrywige wêreld. Daarom verlaat baie mense ‘n jarelange huwelik omdat hulle daardie doodse alleenheid nie meer kan hanteer nie. Dit is ‘n soeke na iets anders, ‘n lewe wat jy net kan kry wanneer jy op jou eie is. In ‘n verhouding word daar van jou sekere dinge verwag, moet jy binne ‘n spesifieke raamwerk beweeg om aanvaar te word. En dan word daar gefrons wanneer jy eintlik selfsugtig raak in jou doen en late en word jy vinnig weer terug in die visbak geplaas. Vir die meeste van ons is dit aanvaarbaar en jy leef so al weet jy daar is meer. Al voel dit jy gaan dood bly jy daar want dit is die beste vir almal. Tot op ‘n dag.

Dit word nie beplan nie maar tog bevind baie mense hulself in daardie posisie; ekself is baie gemaklik met my eie geselskap maar ek het tog die behoefte om my lewe met ‘n spesiale persoon te deel. Daar is baie ander wat gemaklik is om vir die res van hul lewens alleen te wees – daar is niks fout daarmee nie.  


Alleenwees het sy eie kriteria waarvan die grootste selfvertroue is. Jy durf die lewe alleen aan en mense gaan praat maar jy moenie ongemaklik voel wanneer mense na jou staar nie. Meeste mense sukkel met die gedeelte en kan nie sonder mense se teenwoordigheid klaar kom nie en daar is niks fout daarmee nie. Indien jy ongemaklik is en dit makliker vind om by die huis te bly dan het jy ‘n probleem. Jy veragter heeltemal en verloor waardevolle tyd met mense. Jy raak as te ware afgestomp en verleer om te kommunikeer.  Kommunikasie is ‘n baie belangrike deel van menswees en groei, daar sonder is ons net ‘n dop.
Jy skuld dit aan jouself om jouself te vind. Jy moet bereid wees om jou self onder ‘n vergrootglas te bekyk en tevrede te wees met wat jy sien. Daar was ‘n tyd dat ek nie na my eie beeld in ‘n spieël kon kyk nie omdat ek bang was vir my eie weerskaatsing.  Ek wou nie gekronfronteer word met die vraag: Wie is jy nie?

Jou oë gee jou ‘n kykie in jou siel en partykeer is dit makliker om dit te vermy deur besig te bly. ‘n Mens raak gemaklik om jouself mis te kyk: te sien maar niks waar te neem nie. Maar wanneer die lewe jou dwing, het sy deur omstandighede of die dood van ‘n geliefde dan het jy nie ‘n keuse nie. Daardie kyk kan jou gemaksone omkeer, jou omkrap en laat dink. Jy word dan gedwing om dit te konfronteer en daadwerklik iets te doen. Ignoreer jy dit kan dit groter skade berokken.
Wanneer jy skielik na ‘n egskeiding of dood van ‘n lewensmaat jouself alleen bevind kan dit jou dom dinge laat aanvang omdat jy nie geleer het om alleen te staan nie. As vrou is ons gewoond dat eers ons pa en toe ons lewensmaat na ons gekyk het. Hy het gesorg dat als vlot loop en ons nie belas met die klein dingetjies nie sodat ons geen benul het hoe dinge werk nie. Dit is dan wanneer ons dom foute maak in ‘n desperate hoop om die leemte te vul. Maar dit is nie so maklik nie. Indien jy nie vrede gemaak het met die trauma en jou eie menswees nie kan jy nie aanbeweeg en saam met iemand anders wandel nie. Die probleme sal homself herhaal en selfs erger word.
Luister na jou hart, hy sal jou lei op die regte pad en ek praat nie van liefde nie. Ons kom nog by daardie gesprek.

‘n Mens sien dit so baie: daardie radelose vereensaaming, spesifiek op die sosiale netwerke. Enkelmense wat smeek vir aandag, wat op enkelgroepe gaan vir aanvaarding in die hoop om hul droomman/vrou te vind wat geen goeie einde het nie – ek weet, ek was daar. Alles om daardie alleenheid te vul. Die seer wat so opgedoen word het verrykende gevolge omdat jou ewewig heeltemal versteur word. Dit veroorsaak opnuut weer vrae en twyfel terwyl jy nog probeer uitwerk wie jy is.
Ek was net op my eie toe ek betrokke geraak het by ‘n motivering groep. Een man het my met die vraag: Wanneer laas het jy gedroom, gekronfronteer. Ek was ongemaklik met geen antwoord vir hom of myself nie. Gelukkig het hy heelwat wysheid gehad en my ‘n eenvoudige taak gegee om te doen. Gaan plak alles wat jy in die lewe wil doen op ‘n bord. Nuwe kar, woonplek, besittings etc. Ek het op daardie stadium geen kar gehad nie en het by my ouers ingetrek met bitter min aardse besittings na 30 jaar.
Dit was seker die moeilikste taak om te doen maar toe ek eers in dit is kon ek dit makliker afhandel. Ek het ‘n foto gehad van alles, van my boek wat moes gepubliseer moes word, my kar, ‘n vakansie, blyplek, meubels ens. My bord het gou te vol geword en ek het toe skermbewaarder gemaak van my drome. Die het gedurigdeur op my rekenaarskerm geflits en dit het iets in my wakker gemaak. Nuwe lewe. Avontuur. En ek het meer gefokus geword. Drome is kardinaal vir genesing in die soeke na jouself. ‘n mens kan so afgestomp word deur al die probleme dat jy verleer om verder te kyk. Jy tas in die donker rond sonder enige kompas.
Gesond word kan op verskeie maniere gedoen word: om ‘n berader te besoek, ‘n baie goeie vriend in jou vertroue te neem en jou hart bloot stel aan hom/haar of om jou te verdiep in jou werk. Vir sommige is hul onwrikbare geloof in God ‘n plek van genesing en vrede. Elkeen in sigself kan jou die vertroue gee om voort te gaan na ‘n traumatiese gebeurtenis maar op die ou einde is dit net jy wat dit kan bewerkstellig.
Saam met die groep mense wat my gemotiveer het, het ek en my beste vriendin van skooldae af weer hande gevat en Magda was ‘n baie belangrike deel van my gesond word. Sonder om my ooit te kritiseer het sy my by gestaan van dag een af. Sy het my uit gevat en ‘n kykie gegee in ‘n ander lewe. Ek was afgestomp en in myself gekeer maar die Inkopie togte, wat een van haar geliefkoosde tydverdrywe is, het my visie verbreed. Dan piekkel ek maar saam. Met geen geld op my naam nie kon ek net kyk na die verskeidenheid wat beskikbaar was. Dit het my laat glo dat ek deel is van iets groter. Met nuwe oe het ek na als om my gekyk. In die begin was ek bang en het oorweldigend gevoel maar stap vir stap was sy daar. Sonder haar sou ek dit nie gemaak het nie.
Wat ookal die pad is wat jy kies dit is belangrik om jouself te vind en heel te word.
Heel word is meer as net gesond word. Gesond word dui daarop dat jy medisyne geneem het en pleisters op al die sere geplak het. Maar heel word beteken daar is nie meer rowe nie. Die seer is genees en het nie meer ‘n invloed nie. Dit is ‘n stand wat ons almal wil bereik maar bitter min werklik gesmaak het. Heel word is om besluite te neem en verantwoordelikheid te vat vir elke besluit selfs die verkeerdes. Die verkeerde besluite maak jou sterk, help jou om “street smart” te word. Jy weet later watter slaggate om te vermy want jy leer om in jou eie oordeel te glo.

Wat jy ookal besluit om hierdie nuwe pad weer aan te pak weet dat jou groei gelyk is aan die tyd wat jy aan jouself spandeer. Jy is die belangrikste produk van jou keuses. Elke keuse dra by tot jou groei, goed of sleg. Maar dit is belangrik om vir jouself doelwitte te gee en daar by te bly. Die vraag is sal die keuse wat ek maak my doelwit bevoordeel. Indien nie dan weet ek watter keuse om uit te oefen. Hoe die eindproduk gaan lyk is hoeveel tyd en energie jy gaan in sit daarin. Niemand kan dit vir jou doen nie.  Tyd en jou geloof is die beste medisyne en die enigste geneesheer.

Diamant Divas Groete
Lynelle  




GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/

SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App. Laai die Simple Radio App af vanaf Playstore en soek jou gunsteling stasie Elan Global Radio
http://14123.live.streamtheworld.com/SAM04AAC125_SC
http://listen.samcloud.com/w/90758/EGR/?play=y#history
http://www.liveonlineradio.net/south-
…/elan-global-radio.htm


Woensdag 13 Junie 2018

Diamant Divas is op Elan Global Radio vanaf Woensdag 13 Junie 2018


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
Lynelle Clark : Diamant Diva's
WOENSDAG 13 Junie 2018 at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
…/elan-global-radio.htm

Saterdag 07 April 2018

Hekke: 'n Simboliese kykie van 'n plaashek. 'n Unieke vryheid.



Hoeveel keer moes jy al uitklim om ‘n hek oop te maak?

In ons daaglikse lewe het ons gemaklik geword. Ons druk net ‘n knoppie en die hek maak vanself oop.  Die nuwerwetse hekke is so swaar dat jy nie eers sal droom om dit per hand te stoot nie. Om nie eers te noem dat dit so toe is dat jy nie kan sien wat aan die anderkant is nie. Dit skei ons geheel en al van die lewe daar buite/ binne. Onsigbare wesens wat geruisloos deur ry sonder ‘n gedagte van die wêreld om ons. Indien jy op pad uit is, is jy binne minute deel van die besige lewe en voel ons moeg en afgemat nog voor die dag behoorlik begin het. Selfs die oopskuif in die middag bring net jou verantwoordelikhede nog meer onder die vergrootglas. Alhoewel by die huis is die verpligtinge van ‘n gesin die grootste druk op enige mens en soek jy die ontvlugting van ‘n oop pad sonder dat jy dit besef. Die kontrole knoppie het ons afgestomp gemaak met geen verwagting vir die nuwe nie. 

Alhoewel dit ons lewe vergemaklik, het dit nie dieselfde bekoring as ‘n plaashek nie.
Ons platteland is besaai met die tipe hekke. Dit is laag genoeg dat jy sommer daaroor kan spring met net ‘n paar drade om die diere uit te hou. Verder het jy ‘n duidelike beeld van wat te wagte is voor jou. Dit maak ‘n vryheid oop wat in ons alledaagse bestaan vergete geraak het. Dit vat ons as te ware weer terug na ons wortels, ons word gevul met vrede en ‘n besitreg en jy haal opnuut asem. ‘n Unieke vryheid.
Die natuur het ‘n manier om ‘n mens te anker, weer perspektief te gee. Vars lug in jou longe. Nuwe lewe sigbaar oor die veld. Diere wat kommerloos rond dwaal en herkou. Die geheel beeld wat ‘n verrykkende invloed op jou het.

Met ons afgelope vakansie in die Oos-Kaap moes ek verskeie kere uitspring om ‘n hek oop en toe te maak. Dit is heel anders as ‘n gemotoriseerde hek, nie waar nie? Daar is amper ‘n afwagting in daardie oopmaak. Die lug en lig is skoner, helder so sonder enige wasige rook of afval of op hoede wees vir kwaaddoeners. Dit is die opening tot ‘n ander wêreld en met hernude krag stap ons dit tegemoet. Die kronkelpad, afwagtend om jou te vat na sy geheime plekke lê uitgestrek voor jou oppad iewers heen.
Die eindbestemming wink in die verte en opgewondenheid bruis deur jou are.  Soms is hierdie paaie in skadu’s gehul, geheimsinnig asof dit nie sy geheim met jou wil deel nie. Ander kere glinster dit helder voor jou uit maar gee geen aanduiding van sy eindbestemming nie – geheimsinnig, winkend, al kronkelende verdwyn dit oor die volgende kop of rant. Op een stadium was ons bo op die Baviaansberge en moes ek weer uitspring om ‘n hek of twee oop te maak en die verlatenheid was sprekend, tasbaar maar tog gevul met ‘n eiesoortige heimweë. Miskien na ‘n wêreld van weleer of miskien sommer net na die stiltes van die natuur.

Is ek die enigste een wat dit so ervaar?

‘n Mens kan dit selfs ‘n stap verder vat. Behalwe vir die fisiese is daar ‘n figuurlike betekenis tot die oopmaak. Die oopmaak van jouself veroorsaak dat jy beter sien. Dit bring nuwe lewe asook ‘n verwagting vir die onbekende. Wanneer ons daardie hek oopmaak gebeur daar iets in ons en nuwe lewe bruis deur ons. Dit is dan wanneer ons weer gefokus raak en opnuut ons talente raaksien, onsself leer ken en sommer net weer mens word. ‘n Mens met ‘n doel.

Vanuit my pen groete
Lynelle


Maandag 26 Maart 2018

Blood Mines by Lynelle Clark available in Kindle and paperback.


Book: Blood Mines
Author: Lynelle Clark
Pages: 300
Self-published
E-book Created in 2017

ISBN: 978-0-620-78336-1(e-book)
Printed Book Created in 2017
ISBN: 978-1-928434-52-8







Blurp 
Tanya’s life was turned upside down when her son, Steve was attacked by renegades and she had to dig deep facing her worst fear to save them both.
It is the year 2048, 30 years after a devastating quake had changed Gauteng’s geographic features. The effects of the acid water, that covered most of the area, was visible to everyone but the government. The silent death crawling closer leaving devastation in its path. Nothing is excluded from the terror.
Tanya and Steve’s path of survival meet up with the rebels in their search for clean water and she had to face much more than just acid water to stay alive.
A thrilling story of courage and survival.



Book links:
Paperback - Group 7 Printers
Kindle - Smashwords / Amazon
TBR List: Goodreads



Reviews: 
Blood Mines is full of pain, desperate hope and a need to survive. A blink of the reality of life currently in South Africa combined with fiction and romance. It is definitely not for sensitive readers for it is an eye opener for reversed racism and the possible outcome of it. Where current generations have to suffer for their forefather's mistakes even if they want to live in harmony and peace. I have to say Blood Mines had me in tears and in a desperate feeling to reach out. The author had the ability to mirror the emotions and the physical pain up to a tee.
A must read, but be prepared to be confronted with harsh reality and the imagination of the author's prospects for the future.                                                   Corri Badenhorst


The part that came across as convincing was the love of a mother for her son. The plot twist that brings our female to the pivotal farm or small holding is interesting but not very logical.
Unfortunately the plot, though not meant to be also comes across as insensitive to me, a native to this country. Still, to broaden your pov. This is the ideal book to do it with. It has a lot going for it, the Afrikaans culture and usage of terms to name but a few.                                                                                                                                                                  Wanda Hartzenberg

This story has an interesting and potentially realistic premise. The region of Gauteng in South Africa is heavily mined, with the threat of earthquakes due to the depths of said mines. The author has taken this fact and written a post-apocalyptic nightmare. I found myself completely hooked for most of the story. Told through the eyes of Tanya, I did find some of the plot a little far fetched at times; especially some of the scenes when the mutated animals appear, though this did get me wondering if there was some radioactivity going on rather than just cyanide poisoning, or other toxic chemicals causing the mutations. However, this is only my personal opinion. Other readers may not have this response. Another niggle I had with this story was how quickly the main protagonist trusted complete strangers, as well as how quickly the love interest grew between herself and Dirk. I can understand instant attraction, but insta-love? Not so much. Another pet peeve of mine is the use of terms of endearment like sweetie, honey, or love (and many others) in a derogatory way. I don't know if this is what the author intended when she wrote the story, but I found these terms to be degrading and made me want to punch the characters for using these terms in a sarcastic or patronising way. Maybe it's just a colloquial language difference. Who knows?                                                                                                                                                                                   Lynn Worton

“Set in a post-apocalyptic South Africa of 2048, where corruption, pollution and vigilante militia are rife, Tanya and son Steve are attacked on their rapidly deteriorating farmstead.Water is scarce, contaminated by cyanide and other chemicals over spilling from abandoned mining operations, exacerbated by earthquakes. She and her son are rescued by a group of individuals known as The Phantoms (much like Fremen in “Dune”, stockpiling underground lakes of fresh water).There are unexpected plot twists and turns, as Tanya strives to help the Phantoms uncover more water caches, but it quickly becomes clear that greed is a bigger driving force than altruism, and no-one can be trusted.I share most of Lynn Worton’s concerns about the book, especially the irritating terms of endearment, but take my hat off to author Lynelle Clark for completing this story as part of a challenge to write a 50k word story in 30 days.I read the entire story in one sitting and enjoyed it, despite my aversion to this genre, and didn’t find it a chore. So, all in all, a riveting read.”                              Scott Richards

Woensdag 07 Maart 2018

Pre-Order and stand a chance to win: Finding Me by Lizette Volkwyn. A Self-Discovery Adventure.


DISCOVER YOUR TRUE SELF 

OUTCOME-BASED APPROACH


Since I am always curious, looking for ways to improve myself, I have learned to value the input of a life coach in my life. After my divorce I met a life coach who became a very important part in self discovering. Till today I still use the tools I have learned from her, checking on my studies that I am still on the road I have set in my goals. On this path I have met Lizette Vonkelwyn on Facebook, always interested to improve myself as a person. Ever since that meeting I receive my daily motivational and inspiring quote each day. So I am truly happy to see that she has written a book to that affect and I offered to help het with the promotion of her book.                                                Lynelle 


Have you reached a ‘cross-road’ in your life?


You have lost your confidence. You don’t know who you are anymore. You have to re-invent yourself. NOW!
I’ve been lost too, falling into a spiral of other people’s opinion.
Longing to feel whole again, being in control, I started this adventure of Self-Discovery.


Price: R150 excl courier cost. 



Learn more about Lizette, the coach. 

She is a dynamic and energetic individual with a passion to empower individuals to excel in their personal life as well as in their career.

As Master Life Coach, her expertise extends to Human Lie Detection, NLP, Training, Author and Inspirational Speaker.
Her no-nonsense, down to earth approach, invites you to open up and explore the true self, giving you the gift of Self-acceptance and Empowerment.


Links to follow her:

The Book can be ordered from her Facebook and Website once it has been launched. To pre-order the book, to forward your e-mail address to 072 431 2023, with “I want one”, in the text…

You will be put in the draw for the Self-Discovery Adventure program valued at R12 500. This offer ends on the 21st of March, when she launch her book.



Maandag 12 Februarie 2018

Book release: Blood Mines by Lynelle Clark #Thriller #suspense #futuristic #Environmental #romance #Strongwoman




#Thriller #suspense #futuristic #Environmental #romance #Strongwoman


Titel: Blood Mines 
Author: Lynelle Clark
Book cover: Manuela Cardiga
Pages 300

E-book Created in 2017 ISBN: 978-0-620-78336-1(e-book)
Printed Book Created in 2017 ISBN: 978-1-928434-52-8







Blurb 

Tanya’s life was turned upside down when her son, Steve was attacked by renegades and she had to dig deep facing her worst fear to save them both. It is the year 2048, 30 years after a devastating quake had changed Gauteng’s geographic features. The effects of the acid water, that covered most of the area, was visible to everyone but the government. The silent death crawling closer leaving devastation in its path. Nothing is excluded from the terror. Tanya and Steve’s path of survival meet up with the rebels in their search for clean water and she had to face much more than just acid water to stay alive.
A thrilling story of courage and survival.

Book Review: 5 Stars

Blood Mines is full of pain, desperate hope and a need to survive. A blink of the reality of life currently in South Africa combined with fiction and romance. It is definitely not for sensitive readers for it is an eye opener for reversed racism and the possible outcome of it. Where current generations have to suffer for their forefather's mistakes even if they want to live in harmony and peace. I have to say Blood Mines had me in tears and in a desperate feeling to reach out. The author had the ability to mirror the emotions and the physical pain up to a tee.A must read, but be prepared to be confronted with harsh reality and the imagination of the author's prospects for the future.I can't wait for her next book.             Corri Badenhorst




Buy links
Printed book Group 7 Printers: 
Kindle Smashwords:  Amazon: 

To add to your TBR list on Goodreads

Excerpt 1:



Excerpt 2

Buy links
Printed book Group 7 Printers: 
Kindle Smashwords:  Amazon: 


Book teasers done by Corri Badenhorst

To add to your TBR list on Goodreads


About the Author: 

Lynelle Clark lives in Gauteng, South Africa. Her writing career began in 2010. Lynelle has always loved to read books, in which she discovers new worlds. Meeting new people and travelling is one of her passions. So far, the writing journey has been exciting, helping aspiring authors to in her free time.

Connecting with readers is important, so feel free to get in touch with Lynelle on any of the following links:
Website: Vanuit my pen 


#Contemporary #Romance #YoungAdult #Alternative #lifestyle #Choices


Bella’s Choice 
Blurb

Two roads. One choice. Anabella Anthony found she was alone in the world at eighteen. Early on, she made a choice; to live an ordinary life away from the lifestyle her parents preferred. However, they had plans for her; they wanted her to become a part of their choices. All she wanted was a regular household, with normal day to day issues like her peers, parents she could respect, and who above anything else would accept her for the person she is. Torn between dreams that filled her mind with alluring effects and uncomfortable events which tried to sway her, she had to come to a resolution: find peace and stay true to her convictions. Through it all, she excelled in her sport; a dedicated student who falls in love with a much older man. Will she give in to her body's desires, or will she remain steadfast in her own choices? Can she find the courage to stand amidst the turmoil wanting to drag her down? And most importantly, will she ever forgive those who meant to harm her? Aldrich Hagin, a lawyer, is ready to settle down. After a tragic loss he experienced right after university he is now, more than ever, ready to move on and start a family. And then he meets a young, energetic, lively woman who turns his life and heart around. Will he be willing to sacrifice his own desires and wait? Can he help her and be the anchor she so desperately needs? Confronted with his own decisions, the choice is his as to whether he’ll stay or leave. What will he decide?
A love story filled with decisions both have to make; to stand against all odds and remain true to oneself.

Buy link:

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...