Woensdag 05 September 2018

Program 13: Straal jy selfvertroue uit?


Hartlik welkom by die volgende program van Diamant Divas hier op Elan Global Radio. Ek is Lynelle Clark wat met julle sal gesels vir die volgende uur. Om meer van ons te wete te kom kan u gerus ons webwerf besoek by www punt Elan Global Radio punt com of ons ‘n duimpie gooi op ons bakkiesblad, Elan Global Radio. Jy kan ook my blad, Diamant Divas besoek en meer te wete kom van die program.
Omdat dit ‘n Internet Radio is kan jy die applikasie, Simple radio, aflaai en net op Elan Global radio se logo kliek vir die beste inskakeling direk van jou slimfoon af.


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense

Lynelle Clark: Diamant Diva's

GESELS MET ONS:

Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

SKAKEL IN: 

SIMPLE RADIO App.
…/elan-global-radio.htm

Ek hoop julle het ‘n heerlike lentedag gehad en is sommer lus vir die nuwe seisoen wat die belofte van nuwe lewe in hou. Soms is dit so maklik om vas te kyk teen die onmiddelike dat ons nie die groter prentjie raaksien nie. Ons lewe so ingewikkeld en soms selfs donker dat ons vergeet om te glimlag en net die nuwe dag te omhels. Maar soos met alles in die natuur het ons lewens ook seisoene. En jy kan glo dat die winter nog deel is van jou lewe of jy kan die standpunt inneem dat jy nou ‘n nuwe tydvak in neem. Dat lente jou lewe gaan verryk. Dit gaan alles oor gesindheid. Wanneer ons gesindheid reg is het ons selfvertroue en lus vir die lewe. 
Ons selfvertroue loop hand aan hand met ons voorkoms en wat ons glo.
Wanneer ons glo dat ons niks kan doen nie dan is dit sigbaar in ons houding teenoor mense en affekteer dit ons voorkoms. Vir party vroue is hul voorkoms ‘n absolute moet omdat hulle glo sonder die ingekleurde prentjie is hulle nie vrou nie. Ander weer doen absoluut niks met hul voorkoms nie en hulle lyk afgerem en oud voor hul tyd. Daar is verskeie redes daarvoor. Jy is miskien van kleins af verkleineer deur ‘n ouer, sibling of maats. Of jy was in ‘n verhouding waar ‘n man jou gedurigdeur verkleineer het deur jo te laat glo jy is nikswerd nie.
Ons onderbewussyn glo dit dan en reageer daarvolgens. Selfs al is ons lankal weg van daardie mense af omdat so deel van ons menswees geword het. ‘n Leuen wat ons aansien as waarheid en wat ons hele lewe beheer. Soms het situasies ons geleer dat ongeag of jy baklei of nie jy verloor inelkgeval. En jy laat toe dat mense oor jou loop.
Maar ons moet ons self heeltemal her-programmeer. Deur ‘n postiewe uitkyk kan ons ook ons pad verander.
Deur net vir jouself te glimlag is al ‘n groot verbetering op jou daaglikse bedrywighede. Gee jouself ‘n waarderende kompliment en lees iets positief voor jy die huis verlaat of jou dagtaak begin. ‘n Positiewe woord doen wondere vir jou hele wese, liggaam, siel en gees. Al moet jy ‘n paar minute vrooer op staan wees doelgerig in jou opbouing. Moenie toelaat dat ‘n leuen jou langer roof van jou potensiaal nie.
Loop regop, doelgerig. Jou skouers terug getrek en kyk die wereld in die oe. Elke keer wat jy loop het dit ‘n positiewe uitwerking op jou liggaam. In plaas van die hysbak gebruik die trappe. Indien moontlik gaan stap tydens etenstyd. Vars lug doen wondere vir jou gemoedstoestand. Let op jou asemhaling terwyl jy aktief verkeer. Jou asemhaling is kardinaal om moegheid tee te werk. Waardeer die klein dingetjies om jou en vergeet in daardie paar oomblikke van al jou probleme. Jy sal verbaas wees hoe jou uitkyk verander oor die res van jou lewe.
Kleur speel ‘n belangrike rol. I.p.v. klere wat bedruk en swaar lyk trek iets kleurvols aan. 
Verander jou woordeskat. Plak bevestigings (affirmations) teen jou muur, daar waar jy dit kan sien en bly dit praat totdat deel van jou word. Jou woorde het die krag om te skep, skep die goeie of positiewe in jou lewe. Wanneer jy dit doen word jy soos ‘n magneet wat goeie dinge na jou lewe toe trek.
As jy moet, verander ‘n sekere plan of rigting sodat jy weer op die regte plek kan kom. Wanneer ‘n mens op die verkeerde plek is is dit geneig om jou moeg te maak, af te trek en neerslagtig te maak. Dit beteken jy is in ‘n groef en jou liggaam se vr jou dit is tyd om iets daaraan te doen.
Lag gereeld. Dans, speel musiek en sing saam. Dit doen wondere vir jou gemoed.

 “Confidence is faith in our abilities and ourselves. Courage is going forward even when we don’t feel that faith. We talk a lot to women about their finding more confidence, but it’s time we put more attention on courage, on taking action in the absence of certainty that we can do a task well. Women today are forging new ground, without many role models, and with a powerful legacy of centuries of women’s exclusion from professional life, a legacy that persists both within us and around us. Confidence likely won’t always be with us as we forge new paths. But we don’t need confidence to do what we most want to do in our careers. We need to learn to take action in the midst of self-doubt, and we can each begin practising that today.”
Tara Sophia
 
“Om vryheid van keuse te hê, ons drome en passie na te streef  en ons potensiaal te verwesenlik kan alles platval as ons toelaat dat dinge wat ons selfvertroue knou, beheer oorneem.” Kate Tojeiro
Hier is nege algemene faktore wat ons selfvertroue vernietig, asook nege dinge wat ons selfvertroue kan verbeter en herstel.

1. Dít knou jou selfvertroue: Om konstant aan die magtige “hulle” te dink

Of dit nou die gemeenskap, mense op sosiale media, jou familie, vriende of kollegas is, “hulle” is die mense wat ons dink dinge nie sal goedkeur nie, krities na ons sal kyk of ons bespot oor wat ons wil bereik. Kate sê: “Dit is nie die mense wat jy rondom jou wil hê of te veel aan wil dink wanneer jy ’n doelwit wil bereik nie.”

Dít bou jou selfvertroue:

Dink wie jou inspireer en wie die beperkings van konvensie oorkom het om hul eie pad te volg. “Dink aan Maya Angelou, Angelina Jolie en voeg ’n paar van jou eie rolmodelle by,”  sê Kate. Studies toon dat rolmodelle veral doeltreffend kan wees om ons te help om sukses te behaal as hulle verband hou met ’n doelwit wat ons probeer bereik.
In ’n studie wat in die Journal of Experimental Social Psychology gepubliseer is, is bevind dat dit vroue se selfvertroue versterk wanneer hulle na foto’s van vroueleiers kyk en die waarskynlikheid verhoog dat meisies nie-tradisionele vroulike rolle in die lewe sal kies.

Gedurende vrouemaand was dit baie onder ons aandag gebruik en in my vorige program het ek ‘n paar opgenoem. Lees op van die vroue en laat toe dat hulle verhaal jou inspireer om ook op te staan en ‘n inspirasie te wees.

2. Dít knou jou selfvertroue: Mense wat ons afbreek eerder as opbou

“Die eeue-oue analogie van mense wat soos uitstralers of dreineerders is, hou waarheid in,” sê Kate. Uitstralers straal warmte, geesdrif en welwillendheid uit, teenoor dreineerders, wat negatief is en die glas as halfleeg beskou. Uitstralers bring die beste in mense na vore. Tydens my alleentyd het ek ‘n paar van JT Fox se konferensies bygewoon. Nie net is hy dinamies nie maar selfs sy gaste was net so inspireerend. Lees boeke soos Think your way up deur Jinneth Dyson, Born to win deur Zig Ziglar, Late Bloomers deur Debra Eve, The art of fully living deur Tal Gur. Die lys is eindeloos so kyk wat is beskikbaar of kan jy leen by vriende. Bou jouself op.
‘n Lys van boeke tans beskikbaar
Dreineerders kan veeleisend wees en nooit iets teruggee nie. Hulle sien ook net wat hulle wil sien en ruk goed uit konteks uit en glo hulle is reg. Dit kan enige mens lam maak.

Dít bou jou selfvertroue:

As jy min selfvertroue het, dink mooi oor wie jy rondom jou wil hê. “As jou selfoon lui en die naam op die skerm laat jou hart sing, antwoord. As jou hart sink, bel terug wanneer jy sterker voel.” Wyse raad en iets wat jy rerig kan volg. Dit help nie jy wil bloot net, om die vrede te bewaar ‘n oproep vat wat jy weet net negatief op jou gaan inwerk nie.
Beplan jou dag om saam met of naby “uitstralers” te wees. Kan jy nie saam met hulle wees nie? Bel hulle, stuur ’n teksboodskap of kyk selfs net na ’n foto van hulle op sosiale media. “Die krag van ’n glimlag op ’n foto is dieselfde as die krag van ’n glimlag in persoon,” sê Kate.
Kliek op die link en leer ken vir Janine Shapiro. Net haar foto alleen sal jou sê dat sy spesiaal is. Sy het soveel wysheid in my eie lewe gedeponeer dat ek sonder haar nogsteeds in ‘n gat sou gewees het. Positiewe gesprekke kan jou net bevoordeel en sterker maak. Wees selfsugtig in hierdie tyd en fokus op jou. Dit is die enigste manier wat jy weer doe glans sal terug kry. Ek beplan ook ‘n onderhoud saam met haar so wees op die uitkyk daarvoor, julle sal nie spyt wees nie.
In ’n studie aan die Universiteit van Kalifornië in 2016 is bevind dat om selfies te neem en foto’s met jou vriende te deel jou ’n gelukkiger mens kan maak. Om ’n foto te deel en te ontvang is goed vir jou welstand en positiwiteit.
Marion het dit nogal aangehaal tydens my gesprek met haar verlede week. Ons selfbeeld loop hand en hand saam met ons gemoedtoestand.

3. Dít knou jou selfvertroue: As jy nie die regte goed eet en drink nie

Navorsing toon dat wanneer dit by ons gemoed en gedrag kom, is ons wat ons eet. ’n Voedsame dieet kan angstigheid help verminder, jou gemoed verbeter en jou help om meer selfversekerd te voel (om nie eens te praat van die ekstra selfvertroue wat saam met gewigsverlies kan kom nie).
Maar ’n diëet propvol suiker en kafeïen kan skerp energiestygings en gemoedskommelings veroorsaak en lei tot ’n laagtepunt in hoe jy oor jouself voel. Kate sê: “Ons voel fisiek en geestelik beter wanneer ons die regte kosse eet, maar wanneer ons suikerryke kos en koolhidrate eet, kan dit ons vir ’n oomblik goed laat voel, en dan weer ’n laagtepunt veroorsaak.”

Dít bou jou selfvertroue:

Bly gehidreer. In ’n studie wat in 2016 in The American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer is, is bevind dat breinfunksie onder selfs ’n geringe mate van dehidrasie kan ly.
Kate beveel ook aan dat jy gemoedsverbeterende kosse soos komplekse koolhidrate eet vir energie wat stadig vrygestel word, asook kosse ryk aan vitamien D (soos eiers en gefortifiseerde graankosse), vitamien B (soos suiwel en vleis) en seleen (soos volgrane, neute en sade), en kosse ryk aan omega 3-vetsure soos olierige vis.
Kate sê: “As jou brein nie optimaal werk nie, sal jy meer geneig wees om ’n swak geheue en gemoedskommelings te hê en foute te begaan wat ’n invloed op jou selfvertroue sal hê.”

4. Dít knou jou selfvertroue: Liggaamstaal wat sê “ek gee op”

Die raad van Amy Cuddy, maatskaplike sielkundige en skrywer van Presence: Bringing your boldest self to your biggest challenges, is “fake it until you become it”. “As jy nie selfversekerd voel nie, sit of staan jy dalk gebukkend of ineengedoke,” sê Kate. Verskeie studies het al bevind dat ons liggaamstaal ’n invloed het op hoe ons voel. 

 

Dít bou jou selfvertroue:

Staan regop. Prof. Sir Cary Cooper, sielkundige en medeskrywer van The Crisis Handbook, sê jy moet hierdie oefening probeer: “Staan en verbeel jou jy is ’n eikeboom met wortels wat uit jou voete in die grond ingroei. Dit laat jou sterk, geaard en selfversekerd voel.”

Wanneer jou liggaamstaal reg is voel jy weer lus vir die lewe. Mense is geneig om jou ernstiger op te neem en na jou op te sien. Dit is dan wat jy nie net skitter nie maar ook ‘n inspirasie word vir dié om jou.

Dink net as ons almal se liggies mooi helder skyn watse pragtige lig dit sal wees.

5. Dít knou jou selfvertroue: Vrees

“Vrees het die vermoë om ons drome te bewaarheid of ons heeltemal in ons spore te stuit,” sê Kate. Vrees is in werklikheid vals bewyse wat werklik voel (“False Evidence Appearing Real”, oftewel FEAR). Met ander woorde, wanneer jy op ’n doelwit afstuur, sal jy dalk vind dat jou onderbewuste vals bewyse produseer wat soos die werklikheid voel, en dit kan jou maklik van stryk bring. “Wat as ek dit nie kan doen nie? Wat as hulle nee sê?”
Jou liggaamstaal is hier ook belangrik want dit wys presies wat jy glo. Ons vrese werk soos skakelaars met trigger meganismes. Elke keer wat iets ons trigger dan beweeg ons in daardie vrees-houding in wat erg op ons gemoed inwerk.

Dít bou jou selfvertroue:

Erken jou vrese en dra dit saam met jou eerder as om weg te hardloop. Kate sê vrees is soos om ’n verkoue te hê; dit sal nie keer dat jy doen wat jy moet doen nie, maar dit maak dit net ’n bietjie moeiliker. Soos Susan Jeffries gesê het: “Voel die vrees en doen dit in elk geval.” Erken jou vrees, neem dit saam met jou en balanseer dit met jou dryfkrag, ambisies en begeertes.

 

6. Dít knou jou selfvertroue: Jou binnestem 

Daardie binnestem is so kragtig, maar ons kan kies om daarna te luister of dit om te swaai. Die onderbewuste onderskei nie tussen feit en fiksie nie. As jy binnestem dus vir jou sê jy kan iets nie doen nie, is dit wat jy sal glo.
Net so is die kans goed dat jy iets kán doen as jou binnestem vir jou sê dat jy kan, selfs al is jy bang om dit te doen.

Dít bou jou selfvertroue:

Positiewe bevestiging maak ’n groot verskil. Kate sê: “Wanneer jy vir jouself sê ‘ek kan hierdie voorlegging doen’, ‘ek sal daarna streef om my eie onderneming te bedryf’ of ‘ek sal fiks word en 10 km hardloop’, kan dit regtig help om daardie binnestem stil te maak en jou selfvertroue terug te kry as jy vir jouself sê jy kán dit doen.”

Hierdie bevestigings was teen my deur geplak vir ‘n lang ruk en ek het dit daagliks gepraat. Veral wanneer dinge net nie wou uitwerk nie of ek rerig ‘n donker put getref het.

My Personal Vision Statement

Today, I will not allow any negativity to toxify my spirit.
I am putting on my positive energy field.

I am an independent woman. I am in full control of my life.
My life, my choices, my dreams are in my hands. No one can take them from me.
I make the decision to be prosperous & live an abundant life.
I can realize my dreams because my thoughts and ways are in tune with my dreams.
I am able to do this. I have no excuses.
I appreciate the support I have from my family and friends. They motivate and encourage me every step, even when I am slacking they are there to support me. I am grateful for the support that I have.
I can feel, taste, hear and see my vision as I travel the world.
I can enjoy the fruit of my labour and bless my children with a heritage they can make their own.
I will not be afraid to explore or be adventurous. Life is mine to enjoy.
I make sure that my human needs are met.
1.      Certainty
2.      Significance
3.      Growth
4.      Variety
5.      Love & Connection
6.      Contribution


Affirmations

Today is a new day.
A fresh start.
My energy is focused on the good.
I am good.

#1 I am deeply centred & peaceful in life. It is safe for me to be alive and joyous. I now choose to make my life light, easy & joyful.
#2 I am brilliant, happy, healthy and whole in my soul.
#3 When the intention is clear the mechanism will appear.
#4 I love and approve of myself. It is safe to care for myself.
#5 I am protected by Divine Love.
#6 I am always safe and secure.
#7 I am willing to grow up and take responsibility for my life.
#8 I forgive others, and I create my own life the way I want it.
#9 I am safe.
#10 Life has a much bigger plan for me. Happiness is part of that plan. Health is part of that plan. Stability is part of that plan. Constant struggle is not.
#Return to sender with recognition.
Why am I able to have riches, choices & a secure guilt-free future from this minute?

7. Dít knou jou selfvertroue: Stres en druk

Wanneer ons onder stres of druk verkeer, skop ons veg-of-vlugmeganisme in. Kate sê: “As ons oorlewing bedreig word, is hierdie meganisme fantasties, maar as dit is omdat ons gedurig bekommerd is oor goed soos werk, geld of ons gesin, kan die kortisol en adrenalien in ons gestel ons eindelik siek maak.”
Die Britse Health and Safety Executive (HSE) het “stresstandaarde” gepubliseer wat ses belangrike bronne van stres identifiseer: eise, beheer, ondersteuning, verhoudings, rol en verandering.

Dít bou jou selfvertroue:

Prof. Cooper sê: “Hoewel dit op die werkplek gemik is, is dit ook op ons persoonlike lewe van toepassing.” Wanneer jy gestres is, beheer die situasie deur na dié ses punte te kyk. Vra jouself: Het ek te veel hooi op my vurk? Het ek genoeg beheer oor wat ek doen? Het ek genoeg ondersteuning om te bereik wat van my verwag word? Het ek ondersteunende verhoudings? Verstaan ek my rolle en verantwoordelikhede? En hoe kan ek verandering beheer? Dit sal jou help om stressors te identifiseer en veranderinge aan te bring om jou te help om minder gedruk en meer selfversekerd en in beheer te voel.

 

8. Dít knou jou selfvertroue: Jy jaag ander mense se definisie van geluk na

“Om te wag dat iemand anders jou gelukkig maak, is die beste manier om terneergedruk te wees,” sê Kate. “Geluk is ’n baie persoonlike ding en sal jou geloof in jouself aandryf.” As jy iemand anders se idees van geluk op jouself van toepassing maak, kan jy dalk uit die oog verloor wat jóú gelukkig maak en dit kan jou geloof in jouself en jou selfvertroue skaad. Hierdie is ‘n baie waardevol punt. Vrouens is geneig om maklik in te gee en ‘n man te volg en in te val by wat hy glo en doen en in die proses verloor jy jouself. Hierdie tyd is juis die tyd wat jy jouself moet vind. Los die verhoudings uit want al wat dit beteken is jy soek na ‘n nuwe kurk om op te leen.
My raad aan my dogters, toe hulle nog in die huis was: vind eers jouself. Weet wie jy is i.p.v om te droom oor die regte man of die droom troue.” Dit is tyd dat ons meer energie moet gee aan ons eie karakter as om net aan te hak by iemand anders en te dink dit is hoe die lewe werk.

Dít bou jou selfvertroue:

Doen wat jou regtig gelukkig maak. Dit sal jou geaard hou en jou innerlike selfvertroue versterk. In sy boek Authentic: How to be yourself and why it matters, sê prof. Stephen Joseph die gelukkigste mense is dié wat eg is – wat sê en doen wat hulle regtig voel.
Hy sê egte mense ken hulself en weet wat hul motiverings is, hulle aanvaar verantwoordelikheid vir hul eie besluite en kom oor as opreg, eerlik en deursigtig. Sy formule vir ’n outentieke lewe is dus: Ken jouself + aanvaar jouself + wees jouself = die outentieke lewe.

9. Dít knou jou selfvertroue

’n Mens sou dink dat mense, as natuurlike kommunikeerders, nie sal sukkel om hulp te vra nie. Maar verskeie studies het getoon dat ons dit uit vrees vir vernedering of verleentheid nie sal doen as ons dit enigsins kan verhelp nie. Wat as iemand nee sê? Hieraan is ek nogal baie skuldig. Ek sukkel om raad of hulp te vra. Vrydag, tydens ‘n konferensie het die spreker dit ook genoem. En sy slotsom was dat ons te trots is. Trots kan ons weerhou van deurbraak. Maar, en die is ‘n groot maar; moenie bedel nie.
In dieselfde navorsing, gelei deur prof. Frank Flynn van die Stanford-universiteit, is bevind dat ons grootliks onderskat – met tot 50% – hoe gewillig ander mense is om ons te help. As dit dan so moeilik is, hoe kan ons beter daarmee raak om hulp te vra?

Dít bou jou selfvertroue:

“Mense dink dikwels hulle sal beheer verloor as hulle ander om hulp vra,” sê prof. Cooper. “Maar jy doen die teenoorgestelde: Jy neem beheer terug. Ons het almal soms hulp nodig.” In ’n studie in 2015 deur Alison Wood Brooks aan die Harvard-sakeskool is bevind dat mense nie minder van jou dink wanneer jy raad vra nie; hulle dink trouens jy is slimmer.
Sy het ook bevind dat dit die persoon wat om hulp gevra word, gewaardeer laat voel wanneer jy wel hulp vra. Deur hulp te vra sal nie net jy dus beter voel nie; ander sal ook. Dís mos nou iets wat jou selfvertroue ’n hupstoot sal gee!


‘n Belangrike punt wat ek wil byvoeg is Oefen verwerping
Ek het 'n vriend wat genoeg selfvertroue het om enige vrou sonder vrees te benader. Sy geheim? Hy aanvaar dat hy nege uit die tien kere verwerp sál word. Maar hy weet ook dat hy een uit die tien kere 'n positiewe reaksie sal kry. Die les: aanvaar dat die meeste verhoudings nie uitwerk nie en moenie sleg voel as jy afgejak word nie.
As skrywer en eiendomsagent is verwerping deel van jou daaglikse lewe. Indien jy dit nie kan verwerk nie sal jy vou onder die eerste kritiek of eerste onsuksesvolle afspraak as agent. In die eiendomsmark leer jy vinnig om ‘n tweedevel te kry. Kopers en verkopers leef volgens hul eie reels en jy, as agent moet net daarby inval. Indien nie, is jy onprofessioneel of nalatig. Of jy verdien nie jou geld nie en moet daarom tevrede wees met wat hulle dink jy werd is. Een van my base het altyd gesê, Lynelle, ons is nie prositute nie, ons werk vir ons geld en ons laat nie toe dat mense ons so behandel nie. As hulle ons nie wil betaal nie dan stap jy weg. Jy leer vinnig in die eindoms wêreld.
Jy leer daagliks om met grasie verwerping te aanvaar of selfs die een ster resensie te aanvaar.
Dan praat ons nie eers van kêrels nie. Dit is ‘n onderwerp wat ons later sal aanpak.

Raak wêreld wys want dan kan jy saam gesels of ten minste nie soos ‘n “dom blond” voorkom nie.
Vergeet die foutvind-stemmetjie in jou agterkop.
Wat het my besiel? Hoe kon ek so iets sê? Ek is so dom. Ek is 'n mislukking. Laat snags en in stil oomblikke kan dié kritiese gedagtes met jou kop smokkel. Dit is dan wat jy sal terugval op daardie bevestigings quotes wat jy dan uit jou moet ken. Om die kommentaar wat jou selfvertroue vernietig, stop te sit, moet jy sulke gedagtes in die kiem smoor.
Hoe? Deur hulle uit te skop.
Gaan sit en skryf al jou selfkritiese gedagtes neer – elke enkele een, maak nie saak hoe lank of hoe herhalend die lys is nie. Dit neem die gedagtes uit jou kop en plaas hulle in die werklike lewe. Kyk dan objektief na die gedagtes – is jy werklik dom, of net iemand wat ook maar foute maak?
Kry andersins 'n buitestander se blik op die werklikheid en wys jou lys aan 'n vertroueling. Stem hulle saam met jou interne kritikus, of is jy net te krities oor jouself? Die kans is groot dat jy dié proses bevrydend en lewensbevestigend sal vind.

Plaas terug die balans in jou lewe.
Let op jou voorkoms.

Ek en Marion het alte lekker gesels, juis oor hierdie onderwerp. Sy self is ‘n pragtige vrou en elke haar is altyd in plek het ek haar gevra wat sy sal aanbeveel om jou uiterlike ook te versorg. Ons bestaan nie net uit ‘n siel nie maar liggaam ook, en die uiterlike is net so belangrik vir ons algehele gemoed toestand.
Hier is haar 10 punte.
1.      Reg te eet
2.      Kry genoeg slaap in
3.      Drink genoeg water
4.      Gebruik die regte gesigsprodukte. 3 basiese produkte is nodig, skoonmaakmiddel, bevogtiger en toner. Ekself glo natuurlik ook aan ‘n sonbrandmiddel as deel van jou roetine.
5.      Neem ‘n multi-vitamien in sy drink die 2 tone van Avon.
6.      Let op jou voorkoms en gebruik conditioner vir jou hare. Sy smeer dit veral aan die onderpunte van haar lang hare. Dit lyk skoon en vertoon netjies.
7.      Wees aktief. Stap, dans of draf. Wat ookal jy verkies solank jy net beweeg.
8.      Wees lief vir jouself. Bly positief en hou vas aan jou geloof.
9.      Kies die regte vriende
10.  Wees dankbaar

Met al hierdie nuttige wenke hoop ek dat jy ook iets sal vind wat jou koersvas sal hou op die pad waarop jy jou bevind. Hierdie is net die begin en nie die einde nie. Onthou, jy is nie alleen nie. Skitter net waar jy is diamante.
Tot ‘n volgende keer.






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...