Dinsdag 28 Augustus 2018

'n Kykie in Vrouwees. Gedigte deur bekroonde digters.


Augustus is amper op ‘n einde en ek het dit wys gedink om my program aan die vrou te wei. Heel moontlik het julle self al baie oor besondere vroue gelees en geluister in hierdie maand en voel hopelik geinspireerd deur dit wat julle gelees het. Vrouens is dinamies in eie reg en ons hoef vir niemand terug te staan nie. Nie net is ons moeders nie maar is ons ook versierders wat die lewe elkeen op haar eie wyse mooi maak. Die vrou is geskape met soveel potentiaal. 




Sy is uniek in elke opsig, kosbaar en waardevol. 
Die kroon van die skepping.
Sy is gevul met krag maar bly nogsteeds teer.
Sy is sterk maar kwesbaar.
Sy bring nuwe lewe in die wêreld en maak dit dan groot, met haar hele hart en siel.
Sy stuit vir niks nie, behalwe miskien vir ‘n spinnekop. Sy kan vanuit ‘n paar bestandele ‘n gereg maak geskik vir ‘n koning. Ongekompliseerd, vra sy vir liefde en gee dit in elk geval al ontvang sy niks. Lank nadat almal moeg is gaan sy nog aan. Wanneer sy in ‘n saak glo dan veg sy soos ‘n tier daarvoor.  Meëdoenloos en opreg.
Een van my skrywers vriendinne, Melinda du Plessis, het hierdie mooi gedig geskryf en ek lees dit met toestemming voor.


‘Jy Is’, Want ‘Ek Is’
Staan op, word verlig, want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op! (Jes. 60:1)
Dogter jy is gemaak om vervuld te wees…
Vervuld te wees met my: met my Gees, my genade, my vreugde,
My verdraagsaamheid, my vrede,
My getrouheid, my vriendelikheid,
My selfbeheersing, my welwillendheid,
My liefde.
Jy is gevorm om suksesvol te wees…
Suksesvol in my oë: wandelende op my pad
Tevrede in die wete dat jy my doel vir jou dag,
jou lewe gehoorsaam uitgevoer het
Los van die wêreldse gejaag na niks met ewigheidswaarde
Jy is uitgebeitel om vry te wees…
Vry in My Bloedoffer: groeiend in die kennis dat jou waarde lê in My Seun se bloed
Geen menslike tekortkoming wat jou potensiaal kan binne hou nie
Geen beperking vir ʼn prinses in My Koninkryk nie
Jy is geskilder om uniek mooi te wees…
Uniek mooi in My Skepping:
ʼn kunswerk sonder weerga in die besondersheid
waarmee Ek jou liggaam, siel en gees aanmekaar geweef het
My lig wat van binne na buite skyn en alles transformeer
Jy is beplan om giggelend gelukkig te wees…
Gelukkig in My: omdat jy My hart vir jou ken,
Omdat jou oë meer en meer oopgaan om My te sien in die oomblikke van eenvoud en prag in jou dag,
Omdat jy seker is van jou toekoms in My arms
Jy is uitgeknip om perfek in te pas…
in te pas in My plan:
gegrondves in die wete dat jy gevorm en toegerus is vir vandag vir jóú invloedsirkel, met jóú unieke voorkoms styl, talente en gawes vol selfvertroue in wie jy is in My
Jy is geskape om sonder moeite “JY” te wees… en dit is genoeg en sal altyd wees
Jy het bestaansreg
‘Jy is’, want ‘Ek is’
Kopiereg Melinda du Plessis


Vrouens is soveel, dat ons nie een vrou in ‘n boksie kan sit nie. Dit maak ons meer as uniek. Ons koppe werk anders maar op die ou einde, as iemand moeite doen sal hulle die mooi in die chaos sien.
Maandagoggend kyk ek na ‘n video clip van Lynette Beer, haar energie straal uit haar uit terwyl sy my opbou met ‘n kort boodskap. Vrouens is dinamies omdat ons dinge ervaar met ons hart en siel. Ons word baie keer deur ons emosies gelei, soms is ons reg en ander kere kry ons seer. Soos ‘n radar is ons ingestel op seer en leiding en kan ons maklik met sulke dinge oploop gaan tot ons eie ondergang. Dink byvoorbeeld aan die fliek van Sandra Bullock. Daarin speel sy ‘n vrou, wat gegrond is op ‘n ware verhaal, wat ‘n jongman op straat sien en hom inneem in haar huis. Sy baklei vir hom, gee hom kos, blyplek en op die ou einde bou sy in sy lewe in, net soos wat sy vir een van haar eie kinders sou doen en word hy deur die gemeenskap aanvaar as haar seun. Hierdie jongman floreer onder haar aandag, tel selfs probleme op maar saam kom hulle by ‘n punt uit waar hulle besef hoe nodig hulle mekaar het. Indien sy nie die eerste stap geneem het nie was daardie jongman heel moontlik dood en een van die kommerwekkende stastistieke. 

Vroue is onmisbaar in die samelewing. 
Kyk na Jenna Clifford met haar unieke juwele-skeppings, Lynette Beer, Karen Zoid, sy bly die grense skuif en bly nogsteeds eg vrou, Mimi Coertse – wie sal haar stem ooit vergeet. Anna Neethling Pohl het ‘n slag gehad met woorde, Ena Murray – ek kon weg raak in haar stories vir ure. 
Daleen Matthee se Kringe in die bos, Donnalee Roberts – ‘n sprankelende jongdame met die mooiste gawe, Andriette Norman wat ons dieper in die oseane vat. Juanita du Plessis met haar unieke treffers wat SA laat saam sing. Helen Zille - ystervrou, Helen Suzman - kampvegter, Anneline Kriel – nogsteeds net so mooi, 
Caster Semenya – wat die atletiek wêreld aan die gons het, Winnie Mandela, Natalie du Toit – selfs met haar gebrek het sy die hoogste sport bereik. En so hou die lys aan. Elkeen leiers op hul eie gebiede.

Ek hou maar by die Suid Afrikaanse vroue want die lys is selfs nog langer vir internationale vroue wat ‘n groot impak gemaak het of nogsteeds doen. Vroue wat uitgestaan het in politiek, wetenskap, mediese velde, bankwese ens. Of ons nou saamstem met hulle of nie bly hulle merkwaardig. Vroue soos lady Diana, Margaret Thatcher, Hillary Clinton, Ophra Winfrey, Charlize Theron. Julle kry die idee.

In 1953 het Katherine Johnson ’n geweldige groot rol gespeel by NASA. Sy was deel van die span wat die eerste man op die maan laat land het deur haar wiskundige kennis. Sy word geken as die vroulike computer. Kyk gerus na die fliek Hidden Figures, wat op haar lewe gegrond is.  In 2015 het sy die Presidential Medal of Freedom ontvang vir haar bydra.
Hier is nog ‘n gedig van een van my skrywers vriendinne, Anze Bezuidenhout. Ek wil net aan elke dame en man wat reageer het baie dankie se vir die voorreg om julle werke hier te mag voorlees. Mag ons meer van jul werke lees die jare wat kom.
Die gedigte sal ook op vandag se plasing beskikbaar wees.


Vrou, uit Sy hand G E H E I L I G
in jou sagvat 
van vrouwees is jy
gemaak uit die goudstof 
van ‘n Hemelblom
met teerheid direk
van God se kroon
as jou omgee
in heuningdou-druppels
oor jou wange kartel
gevuld met emosie
wat knope laat op jou tong
jou oog se kyk verdof
uit die skyn van jou binnelig
straal brose sterkte, ‘n ribbebeen
volmaak gevorm uit Sy hand
en met al jou Eva sondes
is jy steeds vrou
G E H E I L I G
Kopiereg Anze Bezuidenhout  


Hoe vroue hulself sien op verskillende ouderdomme
·     Agtjarige: Sy dink sy is ’n sprokiesprinses soos Aspoestertjie of Sneeuwitjie.
·       Vyftienjarige: Sy dink steeds sy is Aspoestertjie of Sneeuwitjie of ’n Rasieleier, maar as dit dáárdie tyd van die maand is, sien sy net puisies, vet en lelik.
·     Twintiger: Sy dink sy is te maer of te vet of te kort of te lank of haar hare te krullerig of te reguit, maar sy gaan in elk geval uit.
·    Dertiger: Sy dink sy is te maer of te vet of te kort of te lank of haar hare te krullerig of te reguit, maar sy gaan in elk geval uit, want sy het nie tyd om dit reg te maak nie.
·       Veertiger: Sy dink steeds sy is te maer of te vet of te kort of te lank of haar hare te krullerig of te reguit, maar sy gaan in elk geval uit want ten minste is sy skoon.
·       Vyftiger: Sy dink: “Ek is” en gaan waar sy wil.
·      Sestiger: Sy kyk na haarself en herinner haarself dat mense wat nie eers hulleself in die spieël kan sien nie deesdae die wêreld oorwin.
·     Sewentiger: Sy kyk na haarself en sien wysheid, lag, vermoëns, goeie herinneringe en geniet die lewe.
·   Tagtiger: Sy kyk nie meer nie, sit net ’n rooi hoed op en gaan neem deel aan die wêreld.
·       Negentiger: Sy kan nie meer sien nie, maar gee ook nie om nie! Die lewe is ’n fees!

Uit die artikel Wees bly jy is vrou geneem van 27 Aug 2018 
se Voelgoed webwerf. 
 

Die persepsie van Vrouwees is om 'n dame (lady) te wees en selfs in hierdie dae en tye is dit nogsteeds so. Miskien met ‘n bietjie meer geduld of ‘n wegkyk maar die norm is nog steeds dieselfde.
Van kleins af is dit in ons geprent om mooi te lyk, reg te loop, nie ons naels te kou nie. Om op die regte manier te kommunikeer en altyd vier en regop te wees. Ons is geleer om die kookkuns te bemeester, in sommige gevalle is ons vrouens geleer om die perfekte skepping te maak deur die perfekte steke te ken. Presiesie was ‘n moet nie ‘n keuse nie. Wel, in my ma se tyd was dit so en tot en met haar heengaan kon sy deur ‘n ring getrek word. Wanneer my ma gaan klere koop het, het dit ‘n dag gevat, tot ons kinders se ergenis. Elke item was bekyk en bestudeer tot in die fynste detail. Die soom moes reguit wees, elke naat perfek afgewerk. ‘n Rok, bloes of romp moes perfek sit anders was dit verkeerd. Jy het nie met haar daaroor gestry nie. Glad nie.  Skoene moes pas by die uitrusting. Die hoed en sykouse ook.

‘n Vrou moes in alle opsigte altyd netjies lyk. Dit is in ons ingeprent van kleins af, elke haar op sy plek. Fyn skoene met ragfyn sykouse was die norm. Deesdae faal die jongerdames in hierdie beskrywing. Hul postuur is verkeerd, sit lelik, praat soos hulle wil en ons aanvaar dit so maar maak dit haar dan minder vrou? Hulle kleredrag lyk soms erg, glad nie lady-like nie. Vrouens nou se dae trek net verkeerd aan en ek glo dit dra ook baie by tot hul gemoedstemming. Ons lewe in so ‘n gejaagde wêreld waar ons in honderde rigtings getrek word dat tyd vir ons self min is. Daarom lyk die meeste dan onversorgd. Dan praat ek nie eers van die jongergeslag wat als laat uitsteek nie. Hier is ek soos my ma. Jou onderklere is privaat en nie vir die wêreld om te sien nie. Punt.

Is die uiterlike nogsteeds so belangrik? Wanneer ek na flieks van Hollywood kyk is dit tog die geval. Hollywood is ‘n baie goeie maatstaf van wat in die wêreld aangaan en hoe hulle vroue projekteer werk in op elke vrou se denke: positief en negatief.
Hoe sien julle vrouwees?
Ek lees graag hierdie gedig voor van Driekie Grobler wat ek voorlees met toestemming van haar.


WANT EK IS VROU
moet my nie probeer verstaan nie
of my doen en late bevraagteken nie
gun my om op my eie wentelbaan te bly
en wees maar net lief vir my
moet my nie keer of weerhou nie
of wys dat jy my nie vertrou nie
gun my die vryheid om te gedy
en wees maar net lief vir my
moet my nie soos jy laat dink nie
of dwing om te gaan waar ek nie wil wees nie
‘n sagte hand sal keer dat my ratwerk gly
so wees maar net lief vir my
moet my nie vals beskuldig nie
of verwag dat ek jou siening moet huldig nie
laat my denke en waagmoed vry
en wees maar net lief vir my
want ek is vrou
fynbesnaard en ingewikkeld bedraad
om my vir ewig te laat bly
wees maar net lief vir my
©Driekie Grobler



Ek het die volgende punte tydens my soektog gekry en ek haal aan.
Wat is die kwaliteite van vrouwees?
1.    ‘n Vrou skinder nie.
Daar is niks so lelik soos ‘n vrou wat van haar man of vriendinne agter hul rug praat nie veral wanneer hulle jou in hul vertroue neem. Om te skinder se niks van die ander persoon nie maar dit se baie van jou. Wanneer iemand nuus aan jou oordra, dan stap jy weg, dit sit jou bo die res.
2.    Jy moet glo dat jy ‘n dame is
‘n Vrou kompeteer nie met ander vroue nie, sy gee die pas aan. Dit laat haar uitstaan bo die res. Jou self-respek gee jou die opperhand in elke situasie.
3.    Vrouens het maniere. Dit klink seker baie oud-modies maar tog
Belangrik. Sonder maniere kom jy nêrens in die wêreld nie. Asseblief en dankie is nogsteeds goue woorde om te gebruik op ‘n daaglikse basis. Wanneer ‘n man vir jou ‘n deur oophou, se dankie. Dit kos niks nie.
4.    Jou woord is jou eer.
Wanneer jy se jy gaan iets doen, doen dit. As jy ‘n belofte maak hou daarby. ‘n Dame is betroubaar.
5.    Jy kommunikeer met mense.
Jy gooi nie ‘n tantrum nie. Dit is absoluut horibaal wanneer ‘n vrou dit doen. Jy maak jou punt duidelik sonder om te skree. Hou jou emosies in beheer.
6.    Staan regop, met selfvertroue.
Krom skouers se jy glo nie in jouself nie so hoekom moet iemand anders dit doen? Alles wat jy doen, doen jy goed. As jy nie kan nie, dan se jy so. Om oor iets te lieg is ook onrespekvol, teenoor daardie persoon en jouself.
7.    Wees opreg.
Wees opreg oor wie jy is, selfvertroue en ‘n opregte geaardheid is die beste wat jy kan wees. Jy is nie ‘n robot nie. as jy hartseer is wys dit sonder om jouself te buite te gaan.
8.    Wanneer jy aantrek, trek aan vir jouself.
Voel goed oor jou uiterlike, jou klere en postuur. Trek klere aan wat jou vlei en straal selfvertroue uit. Jou klere is jou stempel en se meer as wat jy in woorde kan se.
9.    ‘n Vrou het empatie vir haar medemens. Sy verstaan waardeer mense gaan en gee regtig om vir haar medemens.
10.  ‘n Vrou is altyd skoon. Vars asem. Haar hare blink. Sy ruik lekker, nie na sweet nie. Dit hoef nie noodwendig duur parfuum te wees nie maar normale badseep en ‘n goeie reukverwyderaar doen ook die ding. Skoon hare en naels, hakke wat glad is. dit alles dra by tot die geheel beeld van vrouwees.
11.   Jou gesondheid is ook belangrik. Wees trots op jou liggaam. Probeer om gereeld te oefen. Indien moontlik, moenie rook nie, anders soek alternatiewe om die rook te kan teenwerk.
12. Vloekwoorde is ook ‘n ‘dead giveaway’ dat jy nie altyd in beheer is nie. Die meeste van ons is skuldig hieraan, ek ingesluit. Maar dit is eintlik onbeleefd. Veral wanneer jy by ‘n werksfunksie is en by jou baas en kliënte staan, dan is vloekwoorde onvanpas.  So kies jou vloekwoorde versigtig asook die geleenthede waar jy teenwoordig is. Dit se baie van jou.
13.  ‘n Vrou kom nooit met leë hande nie. Weereens ‘n oudmodiese konsep maar tog van pas. As mense jou nooi vir ete, al se hulle moet niks saambring nie, vat iets saam. Dit se net jy het respek vir daardie persoon en wys jou waardering.

Ek lees graag nog ‘n gedig voor, die keer een vanuit die pen van Riana le Roux.


 Geboorte van 'n vrou
fyn aanmekaar geweef
uit 'n ribbebeen
kunstig gesmeek
'n prag-edelsteen
prinses van die skepping
aan God al die eer
aan Adam se sy
mekaar te begeer

vrou is ek, jou eie Eva
saam moet ons oor aarde heers
hand-aan-hand, die paadjie stap
in liefde, toekoms onbevrees

sag van vlees
my hart 'n kom
waar emosies sterk
en liefde blom
vrou is ek, jou sielsgenoot
ons spoor val saam
tot in die dood
Kopiereg: Riana le Roux




Hoekom kompeteer ons teen mekaar of is ons jaloers op ons susters?
Het julle al opgemerk hoe mans kommunikeer?
Hulle sal mekaar nooi vir ‘n bier en vir ure gesels oor die mees onbenulligste dinge en bande word gevorm. In ander kringe sal een ‘n pyp opsteek en word die pyp van man na man gestuur, rokers en nie-rokers vat ‘n beurt en ‘n band is gevorm. Daar sal grappies gemaak word, draad gesteek stap dan weg as bondgenote. So eenvoudig, gun wonder hulle dink ons vrouens is vol nonsens nie.  As ‘n man depressief is koop sy maat vir hom ‘n dop, luister en klop dan die vriend op die skouer met ‘n praat later. Die lewe druk en hulle trek selfs swaar maar daar is altyd geld vir ‘n bier.  Mans is net makliker om te vrede te stel.
Jaloesie of kompetisie met mekaar dui daarop dat jy eintlik minderwaardig voel. Dat jou selfbeeld so laag is dat jy dink jy skiet te kort teenoor ander vroue.
Hoekom is jy onseker?
As jy ‘n huisvrou is hoef jy nie terug te staan vir ‘n beroespvrou nie. Ons elkeen leef volgens die keuses wat ons maak. Vir elke vrou werk dinge anders uit. Nie een se pad is met rose besaai nie. Die beroespvrou sukkel weer met haar eie tekortkominge maar dit maak haar nie minder vrou nie.
Ek was self vir 19 jaar ‘n huisvrou. Grimering is net ‘n naweek gedoente omdat jy besig is, alleen is die meeste van die tyd en dan voel jy soos ‘n vaalmuisie teenoor ander vrouens. Hoekom sal jy dan nou jouself mooi maak? Is wat die meeste huisvrouens dink. Maar ander vrouens beny weer jou vryheid en om by jou kinders te kan wees. 
Plaas dat ons wegkyk van die fisiese dinge en dieper kyk, verby al die tipes en beelde wat ons in ons kop het en eerder mekaar waardeer vir wie ons is. Ons status in die lewe is nie wat ons besonders maak nie. Maar hoe ons oorkom en optree is wat tel. ‘n Huisvrou het die tyd om meer te doen, soos oefen of stap. Sy kan lees, nie net romanse nie. Sy kan in mense se lewe deponeer wat ‘n beroespvrou nie kan doen nie. Sy is betrokke in die samelewing. ‘n Beroepsvrou is weer betrokke by die bestuur van dinge omdat sy daagliks met dit werk. Sy het nie tyd om koek te bak of koekverkopings doen nie maar sy kan organiseer sodat als glad verloop.
As ons ook die spreekwoordelike pyp opsteek en vir mekaar aangee hoe sal ons verhoudings dan lyk? Ek wil my verstout deur te dink dat ons dan minder nydig sal wees. Mekaar meer sal ondersteun en mekaar meer sal vertrou. In die fliek, Hidden figures gaan die fliek nie net oor Katherine nie, daar is twee ander vrouens wat saam met haar gewerk het. Deur saam te staan kon hulle die siening van mans verander en hulle volle potensiaal bereik.  Jy sien, dit is net deur hande vat en samewerking wat ons bo kan uitkom. Alleen sal ons dit seker kan doen, maar dit sal langer vat en moeiliker wees. Wanneer ons saam staan maak ons die las ligter vir mekaar.
Afguns is ‘n lelike ding en wanneer dit uitkom wys dit net die lelike kant. Daar is niks mooi daaraan nie. In teen deel dit is dan wanneer ons mekaar afbreek en afkraak, om wat te bereik? Met alles wat mooi is aan ons kan ons lelik wees en dit is gewoonlik gemik teen ons mede susters. Hoekom?
Ons is jaloers oor mekaar se huise, voorkoms, mans, hoe ons kos maak, of iets bereik soos ‘n boek vrystel, of hoe ons-ons kinders groot maak. Ek weet ek het baie daarmee gesukkel. My kinders was toe baie klein en ons was deel van ‘n huiskerk. Elke keer wat die kinders baklei het was my kinders die escape goats, veral my seun, op daardie stadium net 2 jaar oud. As iets gebreek het was dit sy skuld. Dan het die aandag na my toegeskuif. Ek was nie lief genoeg vir my man nie of ek het nie my kinders genoeg gedisiplineer nie of ek is nie lief vir hulle nie. Ek kon net nie die aanvalle verstaan nie. In ‘n klein gemeenskap was dit belangrik om saam te staan maar op die ou einde het dit ons juis opgebreek. Dit was asof ek geweeg was en te lig bevind was. Ek het agterna geweldige selfbeeld-probleme gehad en geglo ek is ‘n swak ma, vrou en gelowige. Ek was gedurigdeur onder die vergrootglas en het daardie tye nooit geweet waar ek inpas nie.  Daardie soort jaloesie het my as mens gebreek en het ek geleer om terug te trek en op my eie aangewese te wees.
Ons is nie in wedywering met mekaar nie, daar is geen rede dat ons nydig met mekaar hoef te wees nie. Ons het genoeg druk op ons sonder die wedywering of die twyfel dat ‘n vriendin ons in die rug gaan steek. Maar dit is presies wat gebeur.  Ons kan saam staan, Magda het my weer laat glo dat ek mense kan vertrou. Dat ek nie hoef te twyfel in ander vrouens se motiewe nie. Nou stap ek my eie pad, help waar ek kan met die wete dat ek met geen vrou kompeteer nie.  
Ons vrouwees hangaf van hoe ons die wêreld beskou. Hoe ons groot geword het en ons geloof. Wanneer ons respek het vir mekaar en mekaar help dan bou ons brûe na ander wêrelde toe en vorm ons ‘n eenheid wat niks in die lewe kan skei nie.
So skitter ons elkeen in ons eie reg maar ook korporatief. ‘n Glans wat niemand kan verdof nie.

Tot ‘n volgende keer, mooi loop xxxx

   
Lees en luister genot


Kom kuier gerus 








Finding me presented by Linette Vonkelwyn

**** FOR ONE WEEK ONLY ****
Offer ends the 1st of September 2018

🤩Buy 2 Tickets for R395-00 each and get the third Ticket FREE🤩 ..... 

👇👇👇
https://faceoffptyltd.nutickets.co.za/10158

***DON'T MISS OUT....BUY NOW***

😃 👩‍🔬Let us show you the formula that changed our lives. It is easier than you think.👨‍🔬😃

The time is NOW.

Frustrated with life? Nothing seems to be working? 🤨Friends and family don't get you? You feel unheard, even muzzled? Then it is time to take your power back!

You know there is more to you, and more to life than what you are experiencing now... you just don't know how to reach out and take it.😫 Let me show you how it is easier than you think.

A three-hour investment in yourself is all it takes to experience a life make-over.🧐 Master Life Coach, Lizette Volkwyn, will guide you to the buried gold of your self.👌

The journey guarantees to uncover the life of confidence, acceptance and joy in the discovery of who and what you really want.

Book your ticket now for only R395-00.

👇👇👇
https://faceoffptyltd.nutickets.co.za/10158

The ticket includes:

💃 The Book Finding Me R150, a Goodie Bag valued at R350, Refreshments and an extraordinary morning filled with fun 🕺

Change is a decision away, Joy can be yours in just three hours. BOOK NOW


Woensdag 22 Augustus 2018

Hoe benader jy jou kinders na die egskeiding?


Hartlik welkom by die volgende program van Diamant Divas hier op Elan Global Radio. Ek is Lynelle Clark wat met julle sal deel wat op my hart is. Om meer van ons te wete te kom kan u gerus ons webwerf besoek by www punt Elan Global Radio punt com of ons ‘n duimpie gooi op ons bakkiesblad, Elan Global Radio. Jy kan ook my blad, Diamant Divas besoek en meer te wete kom van die program.
Omdat dit ‘n Internet Radio is kan u die applikasie, Simple radio, aflaai en net op Elan Global radio se logo kliek vir die beste inskakeling direk van jou slimfoon af.




Vandag se program handel oor jou verhouding met jou kinders, hoe benader jy hulle as enkelouer? Daar is nie meer ‘n ons in jou woordeskat nie, so jou benadering gaan moet aangepas word. Aksies en optredes wat jy as vanselfsprekend in jou huwelik ervaar het is nou verwarrend en in sommige gevalle amper taboe. Waar jy voorheen sou gesê het “gaan vra jou pa,” is die pa nie daar om jou uit te help nie en moet jy nou die besluite neem. Jy kan ook nie elke keer op die foon klim om hom opdrag te gee om met die kind te praat nie. Dit mag wees dat hy alreeds in ‘n ander verhouding is en die vrou duld nie jou ontydige opdragte aan haar maat nie wat meer spanning kan veroorsaak. Of dat hy net nie beskikbaar is nie en wanneer jy eis om te weet waar hy is veroorsaak dit in ‘n geveg en die eintlike rede is dan verlore. Onthou, hy skuld jou geen verduideliking nie. Dit is in hierdie tye dat jy jou kinders se respek verloor en jy ook beheer verloor in die algemeen.
Die hele kommunikasie dinamieka verander. Waar julle ‘n familie van vier of vyf was is julle nou net drie of vier. Voorheen was dit maklik om verantwoordelikhede rond te skuif soos wat dit die situasie gepas het nou is dit net jy en jy alleen. Dit kan nogal senutergend wees. In ‘n groot mate kan jy verslae en verlore voel, selfs oorweldig. Maar jou wegkruip dae is verby. Jy is nou die een wat die pas moet aangee, die leisels moet opneem en vooruit moet loop. Jy staan alleen, met niemand om jou te rugsteun oor hierdie veranderinge of besluite wat jy moet neem nie. 
In baie gevalle sal kinders dan rebelleer bloot net omdat hulle nie verstaan nie, en, of die ander ouer mis. Of omdat hulle al die aandag soek om hul eie onsekerhede hok te slaan. Dit veroorsaak sy eie unieke probleme waarop ‘n enkelma moet bedag wees. Indien dit nie reg hanteer word nie kan jou lewe oornag in ‘n nagmerrie verander. Dit is dan wat jy die waarde van ‘n goeie ondersteuningsgroep sal besef en mense sal moet vertrou. In baie gevalle moet die vrou en haar kinders terug trek na die ouers wat ook spanning kan veroorsaak. Jou ouers is nie meer lus vir ‘n geskreeu en gekerm nie, en wil hul eie ding doen of trek finansieël swaar en die feit dat jy intrek veroorsaak nog verdere spanning op alreeds ‘n moeilike situasie.
Dit is dan wat kinders baie oop is vir buite invloede en mense kan dan van hierdie geleenthede gebruik maak om hulle skade te berokken. Hetsy deur verkeerde invloede soos steel, by bendes aansluit of onbeplande seks wat lei na ongewenste swangerskappe tussen tieners. Om nie eers te praat van dwelm-, rook of drankmisbruik nie by ongure partytjies waarheen hulle uitgenooi word nie. Juis omdat hulle dan voel niemand gee om nie sal die tipe van uitlaatkleppe skielik ‘n kruk word sonder jou medewete. Deur om dan onnatuurlik streng te wees of hulle in ‘n koutjie toe te sluit sal dit nie stop nie maar juis die teendeel veroorsaak. Dit is in hierdie tyd wat jy moet uitreik na mense en instansies wat jou kan help om hulle deur hierdie fase te kry. Dit sal nie net jy wees wat hulp gaan nodig hê nie maar jou kinders ook.  Indien die ander ouer nog in die prentjie is, is dit noodsaaklik dat julle moet saamwerk rakende die welstand van julle kinders en julself en jul probleme op die agtersitplek moet skuif om hulle by te staan. Onthou, jou kinders is jou grootste bate, en geen geld kan hulle vervang nie. Hulle verdien meer as net die geld waaroor jy en die eks baklei. Jy mag dalk seergemaak voel omdat hy jou verneuk het byvoorbeeld maar die kinders kom in baie gevalle eerste en jy sal verby dit moet kyk om hulle te bereik.

Hierdie onderwerp is so wyd dat een program nie genoeg gaan wees nie maar ek gaan probeer om aan elke fasset aandag te gee. Jou verhouding met jou kinders is van kardinale belang om anderkant uit te stap met min skrape. Elke persoon, ongeag die ouderdom, moet die nuwe lewe aanvaar en aan beweeg. Elkeen gaan dit anders bereik en dit gaan van jou as ma afhang hoe elkeen dit gaan hanteer.
“A single parent is a parent who parents alone. It means there is an absence of the other parent as opposed to a co-parent, meaning that the parent is not the only parent regardless of whether or not they are a couple. Of course, this definition is loosely true. There is no true definition of what "single parent" means and is more based on opinions. Sometimes, one finds themselves in a single-parent family structure that has arisen due to death of the partner, intentional artificial insemination, or unplanned pregnancy.
Historically, the death of a partner was a major cause of single parenting.[1] Single parenting can also result from the breakup or divorce of coupled parents who leave and choose to not co-parent, thus leaving one parent to raise and support the child on their own. Many people confuse single parenting with co-parenting:[citation needed] co-parenting involves both parents playing a role of supporting and raising the child, rather than one parent—as is the case with single parenting. Recent years have seen the increasing incidence and visibility of uncoupled women who choose to be single parents. When single women seek to get pregnant intentionally in order to become single mothers by choice (or "choice moms"), they often seek an anonymous or known sperm donor. Single-parent adoption or fostering is also sometimes an option for single adults who want to raise a family.The demographics of single parenting show a general increase worldwide in children living in single parent homes.[2] Single parenting has become a norm in the United States and is a trend found in many other countries. The morality and advisability of single motherhood has long been debated in the US. Single American mothers live in poverty 5 times more often than married parents. (National Women's Law Center, Poverty & Income among Women & Families, 2000-2013) The topic is less contentious in Western European countries where all families enjoy more robust state-sponsored social benefits.[3]https://en.wikipedia.org/wiki/Single_parent

Die stastistieke lyk baie sleg en word net slegter by die dag. Soos wat die egskeidingsyfer styg sal die probleem van enkelouerskap ook styg. Dit is harde feite waarvan ons moet bewus wees juis omdat dit ons direk raak. Ons kinders ook. Skielik word dinge by die skool moeiliker. Bullies kan te voorskyn kom en die situasie uitbuit en dit is dan noodsaaklik dat jy ‘n goeie verhouding met die onderwysers sal hê om goeie kommunikasie te kan verseker. Of hulle moet van skool verander omdat jy nie meer die skoolfonds kan bekostig nie.
Armoede staar ook baie enkelma’s in die oë. Haar salaris is minder, of in baie gevalle het sy nie eers ‘n werk nie en moet jy met die bietjie wat jy het hongermagies voed. 

Nationwide, households led by single mothers are more likely to be living in poverty, below the federal poverty line — or living in deep poverty, the level of acute hardship characterized by living at 50 percent or less of the federal poverty level. Overall, across the country, no other household type fares worse when it comes to poverty than households led by single mothers.This is a piece I’ve gotten from the internet. The link is available on my blog post for today.
The Parent Trap: The Economic Insecurity of Families with Young Children,” published by the Demos organization, does an exceptional job of laying out the hits to their income that parents of young children (under five years old) take simply by having young children, but then as they add in other factors — if you’re a single parent, if you’re a single mother, or a single mother of colour, or less educated— the problem just gets more intense:“For single parents, who earn on average $22,026 compared to $35,042 (single adults with no children) and $33,179 (single adults with older children), being black or Hispanic as single mothers as black or Hispanic means earning $5,309 (black) and $1,304 (Hispanic) less than single white mothers.”The topic is important because, as they point out, “women comprise 89 percent of single-parent households with young children.” In fact, according to the National Women’s Law Center, more than one in three single mother families lived in poverty in 2015, with higher figures for single-mother families headed by women of colour, including Native Americans (48 per cent), Hispanics (42 percent) and Blacks (40 percent). Poverty figures for families headed by White (31 percent) and Asian women (24 percent) were noticeably lower, although still high.https://medium.com/@lilygc/hardship-personified-single-mothers-and-single-mothers-of-color-1d019364f631
Armoede is ‘n groot werklikheid in enkelvroue se lewens. Dit is ‘n stryd wat die meeste verloor. Hierdie onvermoë om vir haar kinders te sorg maak dan ‘n vrou depressief en sy verloor gehalte tyd met haar kinders. Sy kan eintlik glad nie met hulle kommunikeer nie en hulle volg dan hul eie pad. Dit is ‘n vieslike siklus waarin hulle hul bevind en verkeerde keuses word geneem bloot net om die liggaam te voed. Die absolute verlorenheid van ‘n enkelma en haar kinders is dan groter. Wanneer jy nie meer die sorg van kinders het nie is die spanning weer op ander vlakke. Geen situasie is die selfde nie.  
Na ‘n lang huwelik het Isak homself buite die gesinsverband bevind en is die verhouding met sy kinders ‘n baie teer punt in sy lewe. Weg is die kameradie en gemaklike verhouding met hulle en word hy meestal weggestoot deur die kinders. Hy weet maar min van hulle af en enige uitreiking word koud ontvang wat hom by tye hartseer laat, selfs bitter. Elke ouer offer op vir hul kinders, spandeer tyd en energie tydens die grootword jare. Om nie eers te praat van die finansiële implikasies daaraan verbonde nie; om dan net eenkant toe geskuif te word is onverstaanbaar en laat die ouer hartseer.
 Wanneer ‘n man en vrou skei kan ‘n paar dinge gebeur; en dit hang meerendeels van die ouers af hoe dit gaan afspeel. Volwasse kinders sal die skeiding aanvaar en albei ouers nog steeds ondersteun. Of kinders sal die kant van een ouer kies en die ander een ignoreer. In baie gevalle is dit omdat die een ouer die ander een afkraak bloot net vir selfsugtige redes of omdat hulle dink dat hulle reg daartoe het. Die ander rede is omdat kinders nie die opbreek verstaan nie of die aanleiding daartoe ken nie dan neem hulle die kant van die ouer wat agterbly, sonder om uit te reik of die weggestote ouer ‘n kans te gee om te verduidelik.
Albei partye het foute gemaak. Albei partye staan nie onskuldig nie en ouers moet dan volwasse optree tydens hierdie sensitiewe tye. Deur die man die heeltyd af te kraak is onregverdig teenoor die vader van die kinders. Die ander kant is ook net so waar. ‘n Pa moet waaksaam wees oor wat hy se van die ma voor die kinders. Sy is en bly die ma, die vrou wat hulle voed en grootmaak. Die een wat hul trane afvee en sorg vir die mooi dinge kenmerkend van moederskap. Ek dink dit is baie onrealisties en kan net verdere probleme vorentoe veroorsaak.
Kinders, op die ou einde is nie die rede vir die egskeiding nie. Kinders het nogsteeds nodig om te weet dat albei ouers hulle lief het en dat, alhoewel die huislike situasie verander het, hulle nog steeds ‘n ma en pa het. Dit is die plig van albei ouers om aan hierdie verhouding te werk. Dit is logies dat kinders kwaad sal wees, selfs bitter sal word omdat hulle nie verstaan nie maar jy as ouer moet juis uitreik en verduidelik – elkeen op sy eie ouderdomsvlak om sodoende die verhouding weer te herstel. In baie gevalle sal dit nie weer die selfde wees nie maar unieke verhoudings kan tog weer geskep word deur mekaar weer van voor af te leer ken.

The reasons behind the troubling statistics and the always-present emotional trauma are simple but profound. As a licensed counsellor and therapist Steven Earll writes:Children (and adult children) have the attitude that their parents should be able to work through and solve any issue. Parents, who have given the children life, are perceived by the children as very competent people with supernatural abilities to meet the needs of the children. No problem should be too great for their parents to handle. For a child, divorce shatters this basic safety and belief concerning the parents' abilities to care for them and to make decisions that truly consider their well-being.Children have a strong belief that there is only one right family relationship, and that is Mom and Dad being together. Any other relationship configuration presents a conflict or betrayal of their basic understanding of life. In divorce, children [tend to] resent both the custodial and absent parent."1A few more statistics to consider:
  • Children from divorced homes experience illness more frequently and recover from sickness more slowly.6 They are also more likely to suffer child abuse.7
  • Children of divorced parents suffer more frequently from symptoms of psychological distress.8 And the emotional scars of divorce last into adulthood.9
The scope of this last finding — children suffer emotionally from their parents' divorce — has been largely underestimated. Obviously, not every child of divorce commits crime or drops out of school. Some do well in school and even become high achievers. However, we now know that even these children experience deep and lasting emotional trauma.For all children, their parents' divorce colours their view of the world and relationships for the rest of their lives.The children in Wallerstein's study were especially challenged when they began to form their own romantic relationships. As Wallerstein explains, "Contrary to what we have long thought, the major impact of divorce does not occur during childhood or adolescence. Rather, it rises in adulthood as serious romantic relationships move center stage . . . Anxiety leads many [adult children of divorce] into making bad choices in relationships, giving up hastily when problems arise, or avoiding relationships altogether." 11Other researchers confirm Wallerstein's findings.12 Specifically, compared to kids from intact homes, children who experienced their parents' divorce view premarital sex and cohabitation more favorably.13 (This is disturbing news given that cohabiting couples have more breakups, greater risk of domestic violence14 and are more likely to experience divorce.15)Behind each of these statistics is a life — a child, now an adult, still coping with the emotions brought on by the divorce.As Wallerstein put it, "The kids [in my study] had a hard time remembering the pre-divorce family . . . but what they remembered about the post-divorce years was their sense that they had indeed been abandoned by both parents, that their nightmare [of abandonment] had come true."16https://www.focusonthefamily.com/marriage/divorce-and-infidelity/should-i-get-a-divorce/how-could-divorce-affect-my-kids


Die onbetrokke pa
Hier wil ek ‘n paar oomblikke stilstaan. Dit is verstommend hoeveel mans net eenvoudig wegstap om nooit weer in hul kinders belang te stel nie en die kinders los met selfverwyt en skuldgevoelens. Jou gedrag veroorsaak dit, afwesige pa. Of jy dit bedoel of nie. Jou kinders sit met die verwerping wat hulle dalk nooit sal kan verwerk nie. Met hierdie pa’s wil ek ‘n oomblik praat.
Wat ookal jou redes is om weg te stap, jou kinders is en bly jou verantwoordelikheid. Deur jou rug op hulle te draai los miskien jou probleme op maar vererger hulle sin. In die res van die wêreld se oë is jy selfsugtig en onverantwoordelik en sal niemand jou weer vertrou nie. Maak nie saak hoe mooi koekies jy bak by die volgende vrou nie, wanneer sy die ware toedrag van sake agterkom het sy geen rede om jou te vertrou nie. As jy jou eie vlees en bloed kan los waar laat dit haar?
Jou onbetrokkenheid – finansieël en emosioneel laat jou kinders wees agter. Die verwerping wat hulle deurgaan laat onmeetlike skade en kan baie lelike letsels laat. Selfmoord, selfskending, dwelms, verkragting, woede, dronkenskap, onrealistiese verwagtings is net ‘n paar uitlaatkleppe wat ‘n kind se stabiliteit steel en in ‘n spiraal van verwerping laat wat miskien nooit weer sal herstel nie.
Jou wegstap sonder verduideliking of kontak laat hulle hul ewewig verloor. Hulle lewe is ongebalanseerd en hulle worstel met baie onbeantwoorde vrae. Jou onverskilligheid veroorsaak ook dat hulle in armoede verval. Met skaars genoeg om te eet, dan praat ons nie eers van die ander tekorte nie. Kan jy rerig met jou self saamleef wetenede dat hulle honger is? Kan jy rerig so hardvogtig wees dat hulle sukkel bestaan jou nie aanraak nie?  Is jou haat so groot vir jou gewese vrou dat jy vere voel vir jou kinders?
Hierdie kinders is aan jou gegee. Hulle is jou grootste gawe aan die wêreld. Dit wat jy in hulle deponeer sal hulle eendag kan gebruik om daadwerklike volwassenes te wees wat verantwoordelikheid vat en ‘n goeie lewe lei. Maar as jy dit afbreek kan hulle hele toekoms verander en ‘n nadraai he wat heel moontlik nie jou intensie was nie. Dit is saad uit jou lendene. As ‘n persoon met skeppingsmag is hulle nogsteeds jou verantwoordelikheid wat op jou skouers rus. Eendag sal jy verantwoording moet doen vir die ‘don’t-care’ houding wat jy tans openbaar. Sien jy rerig kans daarvoor?
Ouers se doel is om kinders die weg te leer en ‘n voorbeeld te stel deur hul optrede. Elke ouer het ‘n bepaalde rol te speel in kinders se lewe. Van die moeder leer hulle om die huis in orde te hou, mededeelsaam te wees en vir mekaar om te gee. Sy skep die rustigheid en vrede in die huis wat op elke persoon in werk. Die pa skep sekuriteit en leer kinders die basiese dinge wat hul vir die wêreld voorberei. Wanneer een van hierdie pilare wegval laat dit kinders weerloos.  
Daar is gevalle waar dit eerder die ma is wat onbetrokke raak en net vlug, veral wanneer die kinders nog baie klein is en laat dit die man met sy eie probleme. Dit mag wees dat sy nie kan cope nie of net nie ‘n ma wil wees nie. Skielik moet hy beide rolle vervul en buite sy eie comfort zone beweeg om sy kinders groot te maak.
Vir my persoonlik, was dit belangrik om die verhouding met my kinders te behou ongeag die vrae wat hulle gehad het.  Ons het ons probleme gehad, selfs baklei en moes ek bontstaan met die verduidelikings maar op die ou einde kon ons tot ‘n vergelyk kom. Met elkeen van my kinders het ek ‘n unieke verhouding. Arline is ‘n getroude vrou met haar eie familie, Odette is verloof en kap nog haar pad oop. Paul bly oorsee, so elke tydjie wat ek kan afknyp om tyd met hom te spandeer, is kosbaar; Wat meestal net oor WhatsApp of Skype gebeur. Omdat hulle volwasse is het elkeen sy eie lewe en moet ek daarby inval. So, my tyd is soms beperk saam met hulle maar ons kom tog baie goed oor die weg.

Vir hierdie program het ek ‘n paar vrae aan Isak gevra. Isak is self deur ‘n egskeiding en ons albei het ons eie wroeginge om deur te werk afgesien dat ons ook aan ‘n nuwe verhouding moet werk. Tog vind ons-ons voete en beweeg ons aan, maak planne en bou aan ‘n toekoms. Ek dink dit is goed om ‘n man se perspektief ook te kry wat ons sal help in ons eie soeke en genesing.
Vrouens is geneig om te dink dit is net hulle wat seer kry en dat hulle die enigstes is wat kan kla. Maar baie mans moet in stilte dinge uitwerk en aangaan, soms selfs sonder ondersteuningsrolle. Maar hulle kom tog bo uit. So het ons elkeen ons eie seer om te verwerk en genesing te ontvang.

Tot ‘n volgende keer, skitter net waar jy is.






Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...