Woensdag 08 Augustus 2018

Drome en Ideale... hoe pas jy dit toe in jou lewe.

‘n Hartlike welkom by Diamant Divas. ‘n Program vir die enkellopende vrou maar mans is nie uitgesluit nie. Om meer van ons te wete te kom kan julle ons webwerf besoek by www dot elan global radio dot com of ons besoek by ons Facebook blad: Elan Global radio of my blad, Diamant Divas en ‘n duimpie gooi. Indien julle meer vrae het kan julle my ‘n epos stuur na lynelleclark @ gmail dot com. Vir ‘n goeie opvangs kan jy ook die Simple radio applikasie aflaai en kliek op ons Logo direk van jou slimfoon af. Indien jy my program mis of met iemand wil deel is die potgooi beskikbaar op die webwerf.




Vandag wil ek bietjie gesels oor ons drome en ideale. Wanneer ons ons self op hierdie pad van enkelingskap bevind dan is ons geneig om oorweldig te voel oor die gebeure, die hartseer en al die finansiële probleme wat ons ondervind. Dit is dan wat ons die belangrikste eienskap van ons menswees vergeet. Ons drome en ideale. Hierdie drome gee ons die energie en voeding om aan te beweeg. Om rede te vind vir ons bestaan. In hierdie tyd word jy met baie eerstes gekronfronteer.  En het jy ook die geleenthede of tyd wat jy andersins nie sou gehad het. Dit hang net af van jou benadering.

Kom ons kyk na drome: ons onderbewussyn vertel sy eie storie. Hetsy in prentjies of gedagtes wat dan opkom tydens slaap. Die tyd wanneer ons rustig is en daar geen buite invloede ons kan besig hou nie.

Elke mens droom 3 tot 6 keer per nag, almal kan net nie hul drome onthou nie. Alhoewel dit partykeer voel asof ‘n droom lank aangehou het, het studies bepaal dat drome gewoonlik so tussen 5 en 20 minute duur. Drome wissel van persoon tot persoon. Drome word beïnvloed deur jou omstandighede, jou lewe, mense wat jy ontmoet, jou vrese en verwagtings. Drome is gewoonlik simbolies van aard en kan ‘n rigting aandui of jou waarsku teen moontlike gevaar. Die vraag is hoe jy ingestel is op jou drome?



Martin van der Merwe skryf in sy boek: Hoor God Droom Woordeboek “Die interpretasie van drome en visioene is ‘n profetiese aksie. Jy moet daarom verstaan dat die antwoord in ‘n geestelike verhouding met God lê, en nie in die letterlike interpretasie van die simbole in die droom nie. Dit is baie belangrik om dit goed te verstaan, die vyand sal sy bes doen om jou te mislei en die drome en visioene wat jy van God ontvang, verkeerd te verstaan. 2Pet 1:19-21”



Wanneer die lewe ons allerhande “curve balls” na jou gooi, is ons geneig om eerder die drome te interpreter soos ons dit sien en verloor ons die belangrike boodskappe daarin. Of ignoreer die droom totaal en al en op die ou einde word ons afgestomp en rigtingloos. Tydens my pad het ek nie meer myself die luukse van drome veroorloof nie en myself heeltemal afgeskakel. Ek het gevoel dat die drome vir iemand anders is wat dit meer verdien, dat dit in elk geval nie waar sal word nie en het myself doelbewus afgesluit. In die proses het ek afgestomp geword. Jare het verby gegaan waarin ek geen droom gehad het nie ek dit het bygedra dat ek lewensmoeg geword het, met geen visie vir môre nie. Eers agterna het ek die belangrikheid van drome en visie in my lewe verstaan en die invloed wat dit regtig in ons lewe het.

‘n Visie is om ‘n plan te hê. So dikwels hoor ek mense sê: “As ek net die Lotto kan wen dan sal ek…” Dan is my vraag weer: “Het jy planne vir daardie miljoene?” Baie mense het nie, ander het wel. Maar jy sien, as jy nie daadwerklik begin werk daaraan nie en net wag vir die Lotto sal deure nie vir jou oopgaan nie. ‘n Visie beteken bloot ek het ‘n plan (wat jy neerstip in jou dagboek) en dan kyk jy hoe jy dit tot uitvoer kan bring. Jy moet dalk met iemand praat daaroor, iemand wat die regte kontakte het. Om met die verkeerde persone te praat oor jou droom of visie kan veroorsaak dat jy mismoedig word en die droom of visie word dan geaborteer. ‘n Visie neem vorm aan wanneer jy daadwerklik iets daaraan doen. Om te wag vir die Lotto gaan dit nie vorm laat aanneem nie. Dit sê vir my dat dit nie rerig ‘n erns by jou is nie. Daar is heelwat mense (met geld) wat wag vir jou om na vore te kom en bereid is om jou te help maar die eerste stap begin by jou.

Wanneer laas het jy jouself toegelaat om te droom?
Wanneer laas het jy ‘n visie gehad?

Dit was seker een van die eerste vrae waarmee ek gekronfronteer was op my nuwe enkelpad en ook op daardie stadium ‘n baie moeilike vraag om te beantwoord. Wanneer jy herhaaldelik deur die lewe gekasty is, verloor jy die lus vir die lewe. Jy verloor jou wil om verder te sien as net die hier en nou.
Ek het Maandag ‘n video clip gesien van ‘n vrou wat ‘n dubbele masektomie gehad het. Dit was baie traumaties en iets waarmee sy gesukkel het, wat verstane is. Maar in plaas van om in ‘n hoekie te gaan sit en haar self te bejammer het sy die geleentheid omgeswaai en iets positiefs gedoen. Hulle noem dit ‘Knitted Knockers’. Nou verskaf sy aan duisende vroue, met die hulp van volunteers, nuwe hoop.
Ek sal die skakels op my blog en Bakkiesblad sit sodat julle self meer oor haar kan lees.  


Of kry die patroon hier.

Om te droom is om jouself toestemming te gee om te dink oor ander dinge behalwe die hier en nou. Om in iets te glo – ongeag hoe onbereikbaar dit mag wees op hierdie pad. Myles Monroe het altyd gesê dat die rykste plek in die wêreld is die begraafplaas. Wanneer ons nie ‘n droom het nie gaan daardie droom (wat God ingedagte het vir ons) dood en het baie mense miskien ‘n werksgeleentheid of iets wonderliks gemis bloot net omdat jy nie bereid was om te waag nie. Miskien was jy bang, of soos ek lewensmoeg, of miskien het jy geglo wat mense aan jou toegedig het: dat jy nooit goed genoeg sal wees nie. Miskien het mense vir jou laat glo, omdat jy net ‘n vrou is, kan jy niks noemenswaardig wees of doen nie. Daardie leuen ontneem ons dan van die magical lewe wat vir ons wag. Ons lewens word baie beïinvloed en beheer deur leuens. Vir elkeen verskil hierdie leuens. Sommige leuens is wat ons ons self vertel. Of wat die gemeenskap ons vertel. Ander is wat mense in ons lewens deponeer.

Leuens weerhou ons daarvan om die werklikheid te sien. Of om die skille van ons oë af te haal of in die visbak te bly want elkeen veroorsaak ‘n comfort zone. Wanneer die leuen ontbloot word dan moet ons letterlik op die ys loop. Daardie eerste tree mag glibberig wees, vol valle en bloukolle wat ons laat glo dit is nie die moeite werd nie. Of mense het dit al so baie in ons koppe geklap dat ons die leuen vir die waarheid aansien.

Elke tree wat jy neem bring jou nader aan die werklikheid van die droom. Hoe meer jy jouself bekwaam in ‘n bepaalde rigting hoe nader beweeg jy na die droom as ‘n realiteit.

Maar jy moet daardie eerste tree gee. Soms is dit ‘n moeilike stap, vol van die worstelinge en verpligtinge wat die droom kan verdof. Spesifiek wanneer jy deur swaar tye gaan kan dit heeltemal verdwyn. Om dan weer in daardie plek van droom te kom vat baie tyd en dit kan vermoënd wees.

Hoe meer tyd jy aan die droom spandeer hoe nader sal dit kom. Ek is bewus van ‘n paar mense wat byvoorbeeld ‘n boek wou publiseer en eers op 70 dit reg gekry. Met ‘n onlangse boeke skou in Pretoria het ons ‘n man ontmoet, met ‘n wêreld se ondervinding, wat sy eerste boek op 76 vrygestel het. Helder van verstand, het hy ons vergas met staaltjies vanuit sy lewe en die invloede wat sy lewe beïnvloed het. So het ek al mense met resensies gehelp wat ook eers op ‘n hoë ouderdom hul boeke bekendgestel het. Ek self is ‘n “late bloomer” my eerste boek was eers op 48 vrygestel. In die jare wat oploop daarna toe, tel jy ondervinding op. Jy leef en leer van die wêreld om jou, om dan dit wat jy ondervind, het weer te gee in storie vorm. Dink aan mense soos Laura Wilder wat haar eerste boek op 62 gepubliseer het. Harry Bernstein het sy eerste boek op 96 gepubliseer. Die lys is eindeloos. Ek sal links by die blog plasing plaas vir julle om selfstudie te gaan doen.


  
Jy sien, met ouderdom kom wysheid en doen jy dinge dan wat mense aangryp en motiveer. Ons elkeen, jonk en oud het ‘n invloed op ons medemens. Ons is nie eilande nie, gestrand in die middel van die groot see, wat net bestaan nie. Nee, ons is individue met genoeg skeppingsvermoë om iets nuut te skep wat ‘n positiewe legacy kan los.  Alles in die lewe het met ‘n droom begin. Einstein, Henry Ford, Thomas Edison, Wright Brothers… weereens elkeen het begin met ‘n droom en toe begin werk aan daardie droom sodat ons vandag die gerief van hul uitvindsels kan hê.


 Tyd of ouderdom is nie ‘n beperking nie, net jou eie onvermoë of traagheid kan jou stop. Daar is ‘n keuse wat jy, as vrou kan maak. Gaan jy toelaat dat jou situasie die oorhand kry of gaan jy opstaan en die eerste tree gee? Gaan jy jou fokus verander van die hier en nou na more, daar waar jou lewe alreeds kristal helder is?


TAL GUR. The Art of Fully LivingIn life, the natural inclination is to look for solutions externally. We believe people, possessions, and experiences will lead us to greater happiness and fulfillment, as if the outside conditions determine our interior experience. But what if you reversed the order? What if you first looked inward and, only then, outward? Let’s say you’re looking for a romantic partner to cure your loneliness and make you happy. Wouldn’t it be simpler to find a suitable partner if you already felt happy and complete within yourself? This idea might seem radical, but nothing outside of you can make you feel anything, unless you permit it. Happiness, fulfillment, or any other emotion always comes from the inside. This paradigm shift can be vital when it comes to building wealth. More often than not, we set financial goals from a scarcity mindset. We have a set of limiting beliefs that lead us to secretly think we are not wealthy. We tell ourselves that our resources are finite. We believe that we’re in competition with others. While money is an essential resource, it's our skills, health, knowledge, attitude, and relationships that are our real capital. As mentioned before, money is not the cause of wealth, it’s the effect. In fact, one key relationship is often all you need to lay a foundation for a business and generate income. You can, for example, offer your services to one of your friends or colleagues, or offer a developer a percentage of profit in return for his or her programming services. Remember, often, the outer world is simply a reflection of our inner selves.You’re more likely to attract wealth when you already feel wealthy, when you know that everything that comes from the outside is a bonus, the icing on the cake. As self-development author Wayne Dyer has said, “Prosperity in the form of wealth works exactly the same as everything else. You will see it coming into your life when you are unattached to needing it.” 
Ons moet ons self toestemming gee om verder te kyk, weg van die tekortkominge en die negatiewe dinge. En in tap in die skatte wat in die binnekant verskuil is. Met ‘n positiewe gesindheid kry ons meer vermag.

Soms dink ek, Lynelle, jy doen so baie maar tog, finansieël bly jy afhanklik. Ek is ‘n verkoopsagent maar het nog geen eiendom verkoop nie. Ek skryf boeke maar verdien nie genoeg om te leef daarvan nie. Maar wanneer ek terug kyk, en ek sien hoeveel ek gegroei het in die laaste 4 jaar, dan lyk die prentjie anders. Jy sien, dit gaan nie oor die geld nie maar oor my vermoë om verby die tekortkominge te kyk en my passies uit te leef. Om in my skatkis te delf en dit waarvoor ek lief is uit te haal en te deel met die mense om my. Ek glo dat dinge wel sal verander, finansieël en ek my onafhanklikheid sal verkry. Daardie hoop hou my aan die gang.

Visualiseer jou drome. Skep ‘n bord met jou drome.
Baie praat van ‘n To-do-list waar jy alles aanteken wat jy graag wil doen.

·       ‘n Wêreldreis
·       Dansklasse neem
·       Chefklasse
·       ‘n Besigheid begin
·       ‘n Boek vrystel
·       ‘n Sepie skryf
·       Verder studeer
·       ‘n Motorfiets koop vir die lang uitgestelde roadtrip
·       ‘n Lewensgids te word.

 Die lys is eindeloos.

Kyk gerus na die video clip wat ek op die blog plasing gesit het deur Jack Canfield. Making Your Dreams Come True Visualize



Ek het die volgende uittreksel van die web werf: Raise your vibration gekry.
If you know about the Law of Attraction, you’ve likely heard that it is important to visualize your dreams in order to draw them closer to you.  While this definitely true, it is important that we visualize properly in order to manifest.  Improper visualization can actually push our dreams further away from us.Here are a few tips on how to visualize your dreams effectively.  Following these steps will help you use the Law of Attraction with success: 
1. Be specific: In the initial stages of visualization, it’s best to identify as many aspects about this manifestation as you can.  For example, if you want to attract a new car, take the time to figure out the exact model and all of the options that you would optimally want.
We’ve all had the experience of “almost” getting what we want, like getting the right car at the right price but in the wrong color.  As you progress through these steps, the universe will start to bring you what you’ve been thinking about, and if you haven’t thought at all about a key detail, your dream might manifest without it.Therefore, it is best to fully identify what you want so it manifests properly the first time, and you don’t have to go back to the drawing board after an “almost perfect” item has shown up in your reality.
2. Focus only on what’s wanted: When you are trying to visualize something to manifest (like maybe a new job), stick ONLY to the aspects that you want.
In other words, you wouldn’t want to be thinking during your visualization “I don’t want a lot of meetings” or “I don’t want a boss who’s a control freak.”Thoughts like these will conjure an image in your mind of a lot of meetings or a controlling boss.  Visions like these make it more likely that the universe will bring you a job that has these exact things that you do not want.You get the things that you are thinking about, so in this scenario it would be better to say things like “I want a lot of time to work independently” or “I want a boss who is flexible and understanding.”  Then, visualize working independently and having a flexible, understanding boss.Manage your thoughts during your visualization to ensure that they focus only on the wanted.
3. Let the universe decide how it happens: Please make sure that you don’t spend any effort or time visualizing how your dream will manifest.
For example, let’s say that you want a 60 inch screen television.  Do not make it part of your vision to imagine yourself going to the store and buying it.The reason this is important is that the universe can deliver your dreams in an infinite number of ways.  It may be easier and quicker for your dream to come in a way you’ve never considered.Maybe you’ll win the television in a raffle your friend entered you in without your knowledge, or a co-worker needs to move suddenly and simply gifts their brand new TV to you.Stick only to the end outcome. It is your job to decide what you want, but it is the universe’s job to decide how to bring it to you.
4. Immerse yourself in the vision to feel like you have it: Once you have clearly identified exactly what you want, allow yourself to be totally immersed in the vision.
If it’s a dream vacation, do a google search and look at pictures on the internet of the destination, the airport you’d arrive in and the hotel you’d be staying at.  If it’s a new cell phone, go to the mobile store and pick up the phone, look at it and play with it.  If it isn’t something tangible, simply spend some time fantasizing about having it.The goal here is to begin feeling like you already have what you want.  Feeling as if you have your dream will bring you into the frequency of actually having it.
5. Let go: This is the most important step and the one most people get stuck on.  After you’ve properly defined what you want and immersed yourself in the vision, you must let go in order for manifestation to occur!
Do not obsess over this visualization any more.  You have done your job of visualizing exactly what you want, now you must send the universe a message that you expect for it to arrive.Sitting down day after day to visualize sends a message that you are focused on not having what you want.  Focusing on not having something creates a situation where it will continue not to come.You’ve very likely had several experiences where you wanted something very badly for a long time and you just couldn’t seem to take your mind off of it.  Finally one day you said “I give up on this! I’m ready to move on with my life!” and then WHAM! it manifested almost immediately.Remind yourself of times like these to help you let go when you are working with your new dreams.  Paradoxically, if you can make it ok for your dream not to come true, it will come true.  Surrender your vision to the universe and then get back to living your life.
Ek hoop werklik dat hierdie raad jou sal help om jou op die pad te kry waarvoor jy geroep is. Kyk wyer en dieper. Kyk verby die leuens en glo dat jy tot meer in staat is. Omring jou met mense wat werklik in jou glo.
Op so ‘n manier bou jy aan jouself. Kom jy verby die seer en verwerping en begin ‘n nuwe jy.
Dit kos werk om ‘n nuwe jy te skep. Nie net moet jy jou liggaam verander nie maar ook jou denke. Wanneer jy nog aan leuens vashou en negatiewe gedagtes het sal die pad vorentoe ‘n sukkelende en selfs teleurstellende pad wees. Daarom is dit belangrik om in jouself te belê. Lees opbouende leesstof; indien jy nie boeke kan bekostig nie sluit by die naaste biblioteek aan. Die aansluitingsbedrag is minimal en net eenmalig. Woon opbouende seminare by wat jou motiveer en die regte boublokke gee. Ek het bv met die Gautrein Sandton toe gegaan om na JT Fox te luister. Baie van sy seminare is verniet en die inligting wat jy daar kry waardevol en toepaslik.
Elke positiewe stap is ‘n stap in die regte rigting. Onthou: vir jare was jy gewoond aan ‘n bepaalde leefstyl en denkpatroon. Maar nou dat jy op jou eie is en jy geleentheid het om jouself te verbeter gaan jou denkpatroon en manier van doen moet verander. Dit gaan tyd vat. Dit vat ten minste 90 dae of 3 maande om ‘n nuwe lewenstyl aan te leer en dit te leef. Indien jy faal die eerste maal, probeer weer totdat jy die resultate verkry wat nodig is.
Dinge gaan nie oornag gebeur nie. Hierdie is nie ‘n kitsprogram nie. Hierdie gaan self dissipline en nog meer tyd kos met baie geloof in jou vermoëns. Jy kan vir baie mense vertel van jou droom, maar indien jy nie werk daaraan nie bly dit net praatjies. Praat sonder werke is vrugteloos. Dit is soos iemand wat gewig wil verloor maar nogsteeds die selfde vetmaak  kosse eet. Jy sal geen resultate kry nie. En dit gaan ook nie oornag gebeur nie. Om bv jou diet te verander beteken jy moet sekere kosse vermy, oefen, gaan stap, miskien swem, selfs gaan dans om die resultate te verkry. Maw dit gaan werk kos.
Net so met drome en jou denke. Jy moet die regte inligting inneem, met positiewe mense gesels en daadwerklik jou gedagtegang verander om verby die struikelblokke en leuens te kom. Dit is ‘n gedissiplineerde lewenstyl wat tyd gaan neem. Maar op die ou einde sal jy die vrugte daarvan pluk.
Die dag toe my eerste boek gepubliseer was, het ek letterlik op die wolke geloop. Toe skielik was die tyd wat ek opgeoffer het iets wat ek kon waardeer. Jy moet tyd met jou familie opoffer, tyd met die sosiale media. Jy moet tyd maak om navorsing te doen. Tyd verloop tydens die redigering, waar jy groot dele van die boek oor moet skryf of heeltemal moet herskryf. Jy gaan soms voel om op te gee maar wanneer die eindproduk in jou hande is dan is dit iets wat niemand van jou kan wegneem nie. Die prestasie is die mees vervullende gevoel wat jy ooit sal ervaar. Dit is soos om jou kind in die lewe te bring, groot te maak en dan die dag wat hy/sy trou te voel jy het iets reg gedoen. Dit is verrykend en vervullend. Dan gaan dit voel of tyd gevlieg het.    
Net wanneer jy glo en doen sal mense saam met jou begin praat en selfs in jou glo. Saam met daardie glo sal hulle dan in jou belê.
Ek wil jou vandag aanmoedig om verby die hoekoms te kom, die seer vir ‘n oomblik te vergeet en jouself toestemming te gee om weer te droom. Jy is ‘n diamant in wording, die snyproses is seer en ongemaklik maar op die ou einde gaan jy blink.
Skitter net waar jy is, diamant en word die beste jy.
Tot ‘n volgende keer.


SKAKEL IN: 
SIMPLE RADIO App.
…/elan-global-radio.htm

Woensdag 01 Augustus 2018

Diamant Divas: Bestaan Dubbelstandaarde nog?

Na aanleiding van verlede week se onderhoude en die wat nie gebeur het nie agv verskeie redes, het ek weereens net besef hoe pynlik seer die dinge is waarmee ons worstel. Met die aanvang van die program het ek nie gedink dat dit so ‘n ernstige onderwerp sal uitdraai nie. Ek glo egter dit is iets wat aangespreek moet word. Ek wil nie ‘n revolusie begin nie, maar meeste van ons sukkel tog onbewustelik met die dinge. So luister met ‘n oop gemoed en neem vrymoedigheid om terugvoer te gee. Ek sal dit opreg waardeer.
So bietjie van myself sodat julle kan verstaan waar vandaan ek kom. In Februarie 1992 is ek weergebore, die besef dat ek, nietige mens, ‘n Vader het wat vir my omgee en genoeg lief het om sy Seun op te offer, het my ongelooflik getref en ek het net daar my saak met Vader reg gemaak. Daardie selfde aand is ek deur die doopwaters te Buffelspoort en het gesweef. Daar was so baie wat ek wou weet en die Bybel het vir my oop gebreek. Ek het die woord verslind en my pad was besaai met groei tye en wonderwerke. Daar was dae wat dit gevoel het ek sweef in hemelse plekke en het wonders aanskou wat selfs vandag nog ‘n indruk laat. Maar soos wat ek gegroei het - het die aanvalle gekom. Soms was dit teen my persoonlik gemik, ander kere teen my kinders en dan moes ek baklei namens hulle. Dan was die aanvalle teen my man gemik. Soms was dit klein goedjies wat so uit verband geruk was dat ek verstom was teenoor die betrokke persoon. Onverstaanbare dinge wat vandag nog nie sin maak nie.  Soms so fel dat die wonde dieper as veldiepte was. Tog het ek bly groei – volwasse geword om dit wat die Vader in my begin het te vorentoe te vat. Ek wou die hoogste sport bereik soos wat die Bybel gesê het, maar die teenslae het my by tye so verbitterd gelaat dat ek terug getrek het.

Wanneer jy in gehoorsaamheid in Vader se woord wandel word jy skielik ‘n bedreiging vir ander en mense word jaloers en slaan toe op gemene maniere wat wonde laat wat vir baie lank daarna rou bly. Maak nie saak hoeveel keer jy vergewe en dit agter jou plaas nie. Die finale hou het gekom toe ons – ons besigheid in 2008 verloor het en ek het finaal my rug op die kerk gedraai weens die klappe wat ons toe gekry het. Die mense het ons basies verjaag uit die plek van aanbidding. Ons het deur hel gegaan. Ons moes vinnig leer om te oorleef met net die basiese dinge. Krag was ‘n luukse. Meubels was verkoop om rekeninge te betaal. Of vir petrol vir die kragopwekker sodat ons darem sekere dinge kon doen wat krag nodig gehad het. Sommige hout meubels was opgekap vir vuur. Ons moes loop waar ons wou wees. Gras sny was gedoen met ‘n skaapskêr, so nodeloos om te noem maar die grasperk om ons huis het soos ‘n oerwoud gelyk. Skaamte het deel van ons bestaan geword en ons het mense vermy. Ons wou nie hê hulle moet weet hoe dit rerig by ons lyk nie so ons het onsself geïssoleer. My ouers het vir ons deur die week kos gebring, klaar voorberei. Naweke was ons op ons eie. Soms het ek gewonder of ek nie by een van die hoeke moet gaan staan en bedel nie maar my self-trots het my weerhou daarvan. Ek haal my hoed af vir mense wat dit wel doen. Die guts om daar te staan, mense in die oë te kyk en geld te vra kos meer as net ‘n dik vel.

In hierdie tye het niks meer sin gemaak nie. My kinders moes een na die ander uit die huis uit bloot net om te oorleef. Ons moes my seun op ‘n vliegtuig sit na die VSA, sodat hy werk kon kry. Dit het my gebreek. Ek het nog altyd gesê as my kinders oorsee wil gaan sal ek hulle nooit keer nie maar hoekom juis op hierdie manier? Wanneer sou ons hom weer sien? Ons was met baie vrae gelaat en geen antwoorde en ek het al hoe meer in myself gekeer. Dit was in hierdie tyd dat ek boeke begin skryf het. Die enigste plek waar ek ‘n bietjie vrede kon vind en rustigheid vir die verstand. Die skryf het my help fokus op ander dinge as op die onmiddelike. Toe ek my eerste boek in 2012 publiseer was dit eufories en ek het gedink, miskien – net miskien is daar hoop.
Ons het in absolute armoede verval en als verloor en na die derde aflegging (retrenchment) van my man, het ek moed opgegee met my huwelik. Ek het gevoel ek kon my man en God nie meer vertrou nie. Ek wou niks weet van God nie en het gedink hy is vals. Sy woord het betekenloos geword en ek het my rug op hom gedraai. Op daardie stadium was ek ‘n bedelaar, vernedered en platgeslaan en baie naby aan dood. Ek was lewensmoeg. My lewe was ‘n warboel van verwarring met geen uitkoms uit die maalkolk nie. Daar was geen lewensgordel uitgehou na ons nie en ek moes vlug net om weer my kop te kon oplig. Ek kon geen toekoms meer saam vir ons sien nie. Als in my het geskreeu na lewe. Ek het geglo daar is meer as net hierdie sukkelbestaan. Die saad van hoop vir ‘n nuwe begin, ‘n nuwe kans op geluk, was nou meer duidelik as voorheen en dinge het net in plek geval sodat ek besef het, as ek dit nie nou vat nie sterf ek.  
By my ouerhuis het die vrae my gejaag sonder ophou en moes ek aanpas in hierdie nuwe lewe. Net ek kon dit laat werk en die verantwoordelikheid het op my skouers gerus. My lewe het daarna aansienlik verander. Ek kon weer my kop oplig, dit nadat iemand wel ‘n hand uitgesteek het en my opgehelp het. Tree vir tree kon ek weer droom en lag en die lewe met albei hande aangryp. Elke uitdaging was ‘n lewensles wat my vervuld gelaat het. Ek was met nuwe hoop beklee. Ek het heelwat foute in hierdie tyd gemaak in slaggate getrap, bloot omdat ek naïef en onkundig was. In werk en met verhoudings. Ek het baie kere weer die vraag: “Hoekom?” gevra.

Dit het net gevoel of ek nie van die finansiële probleme kon weg kom nie. Hoe harder ek probeer het hoe minder het dinge uitgewerk. Toe my kar gesteel word einde 2016, wat in ‘n groot mate aan my vryheid gebied het  – was ek weer terug waar ek begin het op die pad in 2014. Ek het gesukkel om dit te verwerk en ek wou wegkom. Kennisse wat later vriende geword het, het my uitgenooi om by hulle langs die Vaalrivier te kuier en daar het ek weer my voete gevind, introspeksie gedoen. My kop skoon gemaak en stil geword. Die antwoorde was nou irrelevant. Ek moes van die rebellie en woede ontslae raak en die natuur se rustigheid het helend op my ingewerk. Die behoefte om net weer onder die korporatiewe salwing te wees was groot. Op 22 April 2017, het ek en Isak se paaie gekruis, by ‘n gebedsaksie in Alberton. Die salwing op daardie plek, so onder die groot bome was genesende salf vir my siel en kon ek weer oop kop kyk na dinge om my.
Toe dit lyk of dinge ernstig raak tussen ons wou ek wegskram daarvan. Op daardie stadium het ek nie gedink ek kon hom iets offer nie. Vriendskap was die beste wat ek kon doen en die enigste ding waarin ek belang gestel het. Ek was redelik teer te midde van die vrede wat ek ervaar het. Ek weet dit is teenstellend maar dit was ‘n ander soort rustigheid waarna ek gesmag het en gekry het ten spyte van die onsekerhede. Dinge het toe weer verander en Isak het my genooi om by hom te kom bly in my soeke na werk. So het ons verhouding begin. Tussen Magda se ondersteuning, my pa se finansiële onderskraging en Isak se begrip en liefde kon ek tog weer die lewe in die oë kyk en my voete weer op die pad kry. Noudat ek terug kyk oor die afgelope paar jaar besef ek hoeveel ek as vrou gegroei het. Ek het die lewe aan gegryp en begin leef. Die vrae ‘n konstante metgesel maar die stemme word tog minder, sagter en op plekke stil.

Met die onderhoude het baie dinge weer los gekom en is ‘n hele paar trane gestort. Ek het Marie (nie haar regte naam nie) genader om ook ‘n paar vrae te beantwoord en teen Woensdag se program was dit nog nie beskikbaar nie. Ek het geweet sy sukkel nog met dieselfde vrae, dieselfde hoekoms; net soos ek. Sy het ook als opgeoffer, haar lewe vir Vader gegee en hom passievol gevolg. Sy het ‘n fantastiese bediening gehad en geweldige impak op mense se lewens gehad. Toe gebeur die “onmoontlike” en haar man het ‘n buitegtelike verhouding. Sy was verpletter. Nog ‘n paar ander dinge het ook gebeur en op die einde is sy ook weg van hom af. Sondagaand ontvang ek ‘n stem-insetsel van haar, en met trane wat baie vlak lê, verduidelik sy hoekom sy nog nie die onderhoud kon doen nie. Die bitterheid en seer van die verraad asook die feit dat die man in ‘n bediening is en aangaan asof niks verkeerd is nie laat haar ook met heelwat vrae sit. Dit, terwyl hy geen verantwoordelikheid vat vir die skuld waarin hy haar gedompel het nie met geen manier om dit te kan terug te betaal nie. Of die feit dat die kerk hom aanvaar en ondersteun, foute en al terwyl sy op die kantlyn sit, verstote.
Daardie oënskynlike dubbelstandaarde is vir ons onverstaanbaar. Dit wil lyk of sommige mense met die spreekwoordelike “moord” wegkom en dit aanvaarbaar is terwyl jy sukkel om liggaam en siel aan mekaar te hou. So is daar baie mense wat met die selfde wroeginge sukkel. Die waaroms en die hoekoms wat net geen antwoorde het nie en bly ons die slagoffers ongeag van hoeveel keer ons opstaan en van vooraf begin. Dan kom die vraag noodwendig: hoeveel keer moet ons verdra en die ander wang draai? Spesifiek wanneer jy verby die 70 x 7 merk is. Hoeveel keer moet ons struikel oor dieselfde stomp voor ons leer? Wanneer is genoeg, genoeg? Ek sien die vrae ook op bakkiesblad vanaf vrouens wat dit op hul mure plaas. Moeg gesukkel, stukkend geval en opgemors.
Leef ons in ‘n wêreld van dubbelstandaarde? Vir die man is dit aanvaarbaar om sy ding te doen en hy gaan aan maar as vrou word jy gekniehalter en voor stok gekry. Jy offer op: jy skep die huis, maak die kinders groot, tree op soos verwag word en solank as wat jy in jou plekkie bly is jy die toonbeeld van maagdelikheid. Maar die oomblik wat jy jou voet neer sit, dan draai die wêreld teen jou.
‘n Ander vriendin het ‘n stel afgetrap met ‘n man wat weereens met haar gevoelens gespeel het en ek het rooi gesien toe ek daarvan hoor. Toe ek daaroor uitgevaar het word ek uitgehaal omdat ek haar nie gewaarsku het nie. Word daar dadelik aangeneem sy was op onbehoorlike of onsmaaklike plekke. So loop ons in hierdie mure vas en word die vinger na ons gewys terwyl die skuldige weereens “wegkom”.
 ·         ‘n Vrou is sleg as sy in ‘n kroeg is en ‘n drankie saam met haar vriende geniet. Maar ‘n man kan ure daar sit, ‘n drankie geniet en nogsteeds daaruit stap, as man.
·         Of ‘n vrou is sleg as sy seksueel aktief is. ‘n Man mag dit doen en is nogsteeds ‘n man – nie ‘n hoer of slet nie.
·         Wat van ‘n vrou wat hou van die bos, jag of jaag? Dan is sy ‘n tomboy. ‘n Man wat hou van kook word verwonderd aangestaar met geen bynaam nie.
·         ‘n Vrou wat op haar beroep gefokus is, is koud of ‘n ys prinses. ‘n man wat gefokus is op sy beroep is beroepsgerig en gedetermineerd en kry die een bevordering na die ander en word besing.
·         Indien ‘n vrou leierseienskappe toon en ferm optree is sy alwetend en baasspelerig.
So gaan die etikette (tags) aan sonder ophou. Jy moet deurentyd preuts en kuis (prim en proper) wees, en stil bly. Sluk en weer sluk. Want dit is wat ‘n vrou doen.
Nou ja, nie ‘n onderwerp wat ek gedink het ek sal aanraak nie maar hier is ons nou. Dubbelstandaarde in alle vlakke van ons samelewing leef voort ongeag die tydvak waarin ons lewe.
Dan kom die vraag weer op: wanneer kan ‘n vrou dan net deur die lewe gaan sonder die alewige druk vormpies? En net aanvaar word vir wie sy is.
Hoekom moet ons als gee maar tog niks daarvoor verwag nie. Minder voordele, minder salaris, minder geleenthede om te presteer. Al kan ons dinge beter doen leef ons nog met die stigma saam van ondergeskikte. Die dubbelstandaarde ‘n kruis wat ons moet dra.

Is ons regtig in ‘n vrou se wêreld soos wat Cher sing? Met al die veranderinge deur al die eeue wat ons alreeds beleef het is dit seker so. Een van die eerste reëls wat geval het was die reg om te stem. Vrouens het opgestaan en geweier om stil te bly totdat dit ‘n aanvaarbare reaksie gehad het. Vandaar af kon vrouens verder studeer en onderwysers, dokters, prokureurs, en ingeneurs word. Sommige betree die politieke wêreld met groot sukses. Ander is in die polisie of word paramedisie. Ander betree die wetenskappe en is geniaal op hul eie gebied. Dan kry jy vrouens wat redakteurs word, skrywers wat in hul eie reg kan meeding teen die bestes. Die lys is eindeloos. Elkeen ‘n toonbeeld van vrouwees in ‘n mans-wêreld.
Maar tog sukkel ons nog met die mees basiese dinge in die alledaagse bestaan. Hoeveel vrouens word nie gemolesteer, verkrag en op neergekyk nie? Dit bly op die bopunt van die statiestieke in die wêreld, spesifiek hier in ons eie land.  Kyk net na die plaasmoorde: die vrou, as sagte teiken ervaar sy die brutaalste molesterings aan die hande van die moordenaars.
Dit is asof hierdie soort sadiste die vrou wil ontneem van haar vrouwees, dit wil uitsny, brand of uitkerf. ‘n Siek gebaar wat ons kwesbaar laat sodat ons bly veg vir ‘n plek in die son.
So loop baie vroue met daardie vrae rond met geen sigbare antwoorde nie. Dit is ‘n ding wat jy hier binne moet verwerk en indien jy nie self op daardie plek is nie sal jy aanhou vra: Wanneer is dit my beurt?
Dit was ‘n vraag wat ek myself baie gevra het. Dit was 2009, net na die besigheid gevou het en ek was besig om te was toe my oog die spieël vang. Toe het ek myself gevra: Wie is jy? Hoekom is jy hier? Vrae wat ek vir lank nie wou beantwoord nie. Indien ek dit vroeër sou doen het my lewe dalk anders uitgewerk. ‘n Mens weet nie.
Elke keer wat ek beplan het om iets te begin of verder te gaan leer dan kom als tot ‘n skreeuende halt. Toe my eks die laaste maal weer afgelê is, was my eerste vraag aan hom: Wanneer is dit my beurt! Ek wou nie meer luister na verskonings nie. Ek wou na geen rede luister nie en het al my speelgoed uit die kot gegooi. Ek was moeg om ‘n persoon te ondersteun terwyl ek geen ondersteuning gehad het nie. Die antwoord was altyd nee, nie nou nie, of nee, dit sal nie werk nie, of nee, daar is nie geld nie. En so het dit aangegaan. Ek dink ek was die kwaadste omdat ek nie toegelaat was om iets te begin wat ons moontlik uit die gat kon haal nie. As ek dink aan die vermorste geleenthede wat ons lewe in ‘n ander rigting kon gestuur het. Ek moes net elke keer wag, op die agtersitplek bly met geen idiale van my eie en ek was op. Fisies, geestelik en siels-dodende op. Maak nie saak hoe hy probeer verduidelik het nie ek het hom ‘n dowe oor gegooi aan die einde. Ons huwelik het verander in ‘n stilstuipe klug waar kommunikasie tot die minimum beperk was en ons letterlik net met mekaar gesels het wanneer die kinders naby was, om die skyn te bewaar. Maar ons albei het geweet dit was die einde. My drang om te oorleef was groter as om almal om my tevrede te stel. My kinders was groot en op hul eie, daar was geen nut om die klug aan te hou nie. ek wou vry wees van die jukke. 
Op 19 het ek nie myself geken nie, als was deur jeugbrille bekyk en toe ek swanger raak met geen benul wat is die volgende stap nie het ek soos ‘n blinde die massa gevolg. Indien ek myself sou geken het sou my keuses heel moontlik anders gewees het maar ek moes deel met die hand wat vir my gegee was. Daarom is dit noodsaaklik dat ons eers self-moet vind. Ons moet ons dogters en kleindogters leer – vind eers jouself voor dat jy droom van die ridder op die wit perd en jou droomtroue. Die werklikheid leer ons vinnig dat jou drome en die realiteit nie hand aan hand loop nie. Daarom moet ons paraat wees en meer tyd aan onsself spandeer voor ons dit aan ander spandeer. Vind jouself en dan kan jy ‘n beter lewe hê. Beter besluite neem en meer doelgerig die lewe tegemoet loop.
Ons het ‘n keuse of ons die massa gaan volg of ons eie pad volg. Die dubbelstandaarde sal daar wees. Vroue mishandeling sal in elke uithoek gevind word ongeag wat ons probeer maar wanneer ons as vrouens die regte leiding ontvang kan ons daardie dinge mis of selfs anders hanteer. Ons kan dan met meer selfvertroue die grootmens wêreld betree en ‘n daadwerklike rol speel daarin en so ‘n toonbeeld word van vrouwees in ons eie wêreld.
Ons word gevorm deur ons kultuur, ons ouerhuis en waar ons bly. Dit is onlosmaaklik deel van ons maar wat ons wel vorm is ons openheid om nuwe dinge te leer. Boeke maak bv wêrelde oop buite die plek waar jy jou bevind. Hoe meer jy lees en in neem hoe meer word jou karakter gevorm en kan jy dan meer ingeligte besluite neem. Dit is so belangrik om in jouself te belê, en jouself te skep. Liggaam, siel en gees. Al 3 het ewe veel voedsel nodig en dit is jou keuse wat jy al 3 gaan voer. Neem ‘n besluit om jouself te verryk. Net dan, kan jy staande bly teen die aanslae en dubbelstandaarde wat mense skep. Waag en leef.
Ek wil afsluit met die lied van Jo Black – die vrou wat ek liefhet. “Daar is soveel meer vir ons in hierdie lewe” sing hy. Wanneer jy en jou maat mekaar lief het maak julle ruimte vir mekaar. Dit is ‘n span poging, ‘n vennootskap waarin albei partye groei as mens. Net soos ons as vrou ‘n behoefte het om te ontwikkel het mans dieselfde behoeftes. Ek glo daarin om my maat te ondersteun in als wat hy aanpak maar dan verwag ek dit ook van sy kant af. Dit is slegs in liefde wat daardie verhouding ‘n sukses kan wees. Juis omdat elkeen hulself verstaan. Wanneer ons lei aan allerhande komplekse dan veroorsaak dit spanning in die verhouding wat gewoonlik op die rotse uitloop tensy daar nie vroegtydig hulp verkry is nie. Om jouself te ken dra by tot jou verhouding en jou lewe se sukses. Dit is dan wat jy die kroon van die skepping word. Soos die woord dit verduidelik. Nie op ‘n ander manier nie.

Tot ‘n volgende keer. 

Woensdag 18 Julie 2018

Diamant Divas Program 6: Gee jouself tyd

As ’n verhouding eindig, kan dit pynlik wees, selfs vir die persoon wat dit beëindig het. “Ek het verskriklik gevoel!” hoor ek dikwels in gesprekke met enkellopendes, wat die verhouding beëindig het. “Hy was deel van my lewe vir baie jare, my toekoms gevleg in die wete dat hy daar was; die volgende oomblik was dit verby. Die samesyn, en deel van kinders groot maak asook baie ander gedeelde oomblikke is dan iets van die verlede. Indien jy iets noem daaroor dan word jy vinnig herinner daaraan dat jy die een was wat die besluit geneem het en word jy gestroop van jou verlede, nie geregtig om daardie dinge te onthou nie. Ek het die gemeensaamheid van ‘n eenheid verskriklik gemis in die begin. Ek bly mens wat dinge intens ervaar en op daardie oomblik van negatiewe reaksies keer ek inwaarts en verwerk dit sodoende.
Hoewel dit pynlik is om ’n verhouding te verbreek, kan dit ook ’n goeie ding wees. Jou doel is nie om die persoon seer te maak nie maar jy besef dat dit julle albei sal seermaak as julle in ’n verhouding bly wat eenvoudig nie werk nie. Julle het gesels daaroor, berading ontvang en weer probeer maar niks kon help om die opbreek te keer nie. Ek was aan albei kante; die een wat weg gestap het en die een wat moes agterbly om weer die leisels op te tel. In retrospek besef ek dat die kortstondige verhouding seker nooit sou gewerk het nie. Daar was net te veel dinge wat teen ons getel het. Tydens die opbreek proses probeer jy rasioneel dink maar dit is moeilik vernaam as jou gevoelens hoog loop en jy probeer verstaan, maar sonder sukses. Agterna kon ek aan myself erken dat daar net te veel ooglopende redes was dat dit die verhouding nie sou werk nie en dat dit beter was om die verhouding te verbreek.
’n Mislukte verhouding maak nie van jou ’n mislukking nie. In werklikheid lei ’n suksesvolle verhouding tot ’n besluit, nie altyd tot ’n huwelik nie. As jy of jou maat ernstige bedenkinge het, is dit die regte besluit om die verhouding te beëindig. As dit gebeur, beteken die feit dat die verhouding misluk het, nie dat jy misluk het nie. Jy kan weer gelukkig wees!
Gee jouself tyd om te herstel.
Erken jou gevoelens. Ek het my beste vriend verloor. Dit maak nie saak hoe lank die verhouding was nie. Wanneer julle so na aan mekaar was en die verhouding eindig, is dit normaal om ’n tyd lank te treur. ‘n Mate van pyn sal deel wees van die besluit en dit is belangrik om jouself daardie tyd te gun. Jy sal dalk voel soos koning Dawid in die Bybel gevoel het. “Ek huil die hele nag deur”, het hy geskryf toe hy ’n moeilike tyd deurgemaak het (Psalm 6:6Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Soms is dit beter om nie die pyn te probeer vermy nie, maar te aanvaar dat dit normaal is om hartseer te voel. Om die werklikheid van jou eie gevoelens te erken, is dikwels die eerste stap tot genesing.

‘n Mens moet kan rou oor die verlies wat jy gely het. Geduld is dikwels n kritiese noodsaaklikheid. Net soos wat n diep wond, of ou vrot wond tyd gaan neem om te genees, sal jou binneste ook soveel tyd neem as wat nodig is. Moeilike en onstellende emosies kan deel wees van die herstelproses, net soos die skoonmaak van ‘n fisiese wond seer behoort te wees, maar ervaar en laat jouself toe om werklik te “voel” sonder om jouself te oordeel of skuldgevoelens te hê.
Assosieer met mense wat vir jou omgee. Dit is dalk nie altyd maklik nie. Jy mag dalk vind dat jy nie mense om jou wil hê nie. Jy het tyd nodig om te herstel; om oor alles te deur dink en daarvan sin te maak. Maar ná ’n ruk is dit verstandig om tyd deur te bring met hegte vriende wat jou kan opbou. Daardie verpletterde gevoel van voorheen verminder in intensiteit hoe meer jy kommunikeer met ander.
Leer uit wat gebeur het. Vra jou self af: ‘Kan hierdie ondervinding my enigiets leer in my volgende verhouding?’ Tyd is die geneesheer van hartseer. Nadat tyd verloop het, kan jy met helderheid die situasie evalueer en ontleed voordat jy jou emosies opsy skuif. Dit het my ’n jaar geneem om oor die kort verhouding te kom en amper twee jaar na my lang huwelik. Dit het my selfs langer geneem om te sien wat ek uit die ondervindings kon leer. Wat ek deurgemaak het, het my baie geleer oor myself, die teenoorgestelde geslag en verhoudings. Ek voel glad nie meer so hartseer wanneer ek daaraan dink nie.
Kyk met nuwe oë na binne en buite. Kyk hoe jou lewe verander. As ons die wonde van die verlede met sorg en kennis skoonmaak, sal hulle genees.

As jy nog nooit in 'n slegte verhouding was nie, is jy nog baie jonk, baie onervare of geweldig gelukkig. Dit is ook moontlik dat jy 'n persoon is wat so hoogs funksioneel is dat jy 'n slegte verhouding herken voordat jy betrokke raak en wegkom voordat dit begin. Indien wel, gee jouself ‘n goue ster of ‘n klop op die skouer.
Vir die res van ons is ongesonde verhoudings net deel van die groeiproses. Hulle het juis oor ons pad gekom sodat ons daaruit kon leer.
o    Watter denkpatrone moet ons verander?
o    Wat is die knoppies wat my verkeerd opvryf dat die verhouding misluk?
o    Wat is my verwagtings in 'n verhouding. Toe ek en Isak bymekaar kom was ek eintlik baie eerlik en tot die punt met my verwagting: Ek is nie meer lus vir nonsies nie. Kort en kragtig.
Dus as jy in 'n ongesonde of ongelukkige verhouding was, wens jouself geluk want daaruit het geleer om sterk te staan en te triomfeer. Maak seker dat dit wat jy geleer het toegepas word in jou pad vorentoe.

“DIE HART GENEES WEL”
“Toe my kêrel die verhouding beëindig het, het ek skuldig, verward, eensaam en selfs waardeloos gevoel. ’n Gebroke hart is een van die moeilikste dinge wat ’n mens kan deurmaak. Maar God het ons nie geskep met die vermoë om lief te hê net sodat hy ons daarmee kan martel nie. Hy het ons ook die vermoë gegee om te genees. Dit neem tyd om op ’n persoon verlief te raak, en dit neem tyd om te herstel as julle verhouding tot ’n einde kom. Maar dit kan gedoen word. Die hart genees wel.” En dit het ‘n dame geskryf met die naam van Marcia.
Trauma
Ek wil net ‘n oomblik by hierdie punt staan en voel tog dit moet genoem word. Weereens ek is nie ‘n berader nie so praat asb met iemand wat jou beter raad kan gee in die verband of jy twyfel. Trauma gebeur wanneer jou veiligheid en sekuriteit ‘n ernstige knou gekry het, veral tydens mishandeling en verkragting.
‘n Paar tekens wat daarop kan dui dat jy dalk professionele hulp nodig het, vernaamlik as die verhouding traumaties was: (die punte wat ek hieronder noem is ‘n verkorte lys en daar is nog meer simptome om op te let. Die lys is gewysig vir enkellopende persone wat nie die teleurstelling kan verwerk nie.)
·         Terugflitse, helder herinneringe en/of nagmerries
·         Emosionele afstomping – voel net niks, niks maak saak nie
·         Misbruik van alkohol of dwelms om beter te voel
·         Sukkel om behoorlik te funksioneer by die huis of werk. Jou slaap patroon is verkeerd. Jy het geen eetlus nie.
·         Verhoudings wat skade lei weens jou oorreaksie of aggressie.

Trauma kan veroorsaak dat ‘n mens se senu-stelsel in ‘n veg-of-vlug toestand “vashaak”.  Suksesvolle behandeling moet hierdie wanbalans herstel en jou ware sin van veiligheid herstel. Trauma behandeling deur ‘n terapeut wat jy vertrou sluit prosessering van die trauma verwante gedagtes en gevoelens in.  Dit is ook belangrik dat jy leer hoe om verwante oorweldigende emosies aan te spreek.  Jy sal waarskynlik moet leer om ander mense weer te vertrou.
Ek het dit al voorheen genoem maar dit is tog belangrik. Gee jouself tyd en spasie.
Bly weg van jou eks vir ten minste 2-3 maande. Moenie bel nie, moenie hom besoek nie. Moenie teruggaan om jou tandeborsel of jou broodrooster te kry nie, of iets wat nie noodwendig vir jou oorlewing nodig is nie. Daardie dinge kan wag totdat jul albei 'n kans gehad het om af te koel en gewoond te raak aan jul skeiding. Meestal sal jy vind dat jy sonder daardie items kan lewe of dit kan vervang. As jy iets moet ophaal, doen dit met die hulp van 'n neutrale derde party.
Die eerste paar maande na die opbreking is 'n tyd wanneer jy verward en kwesbaar voel, kwaad of moontlik skuldig sal wees.
Op daardie oomblik is jy in gevaar om terug te keer in dieselfde ongesonde verhouding wat jy verlaat het, en om terug te gaan na iets wat vergete is, is waarskynlik 'n verskoning vir jouself om dit te doen.
Moenie antwoorde terug verwag om dinge te bevestig nie. Elke keer wat korrespondensie plaasvind veroorsaak dit negatiewe terugvoer. Dit kan wees omdat hulle nog self dinge moet verwerk of druk van die werk het en jy word skielik ‘n teiken om hul frustrasies van ontslae te raak. En so begin ‘n sneeubal-effek van dinge wat liewer nooit gesê moes word nie.  Die redes vir jou breek gaan nie verander nie maak nie saak hoeveel keer jy probeer in kontak bly nie.
Sê nee vir Rebounds
Die grootste rede van my kortstondige verhouding was juis om hierdie rede. Alhoewel hy in die begin my verseker het dat ek nie ‘n rebound was nie was dit tog die geval en het hy dit aan ander partye erken. Een van die laaste dinge wat jy nodig het na afloop van 'n langtermyn verhouding is 'n rebound verhouding. Hulle eindig amper altyd sleg, en jy voel selfs meer skuldig en gefrustreerd as wat jy andersins sou gewees het. As die een wat aan die ontvang kant staan voel jy vernedered en probeer dit uitrek. Daardie uitrek-proses veroorsaak juis meer skade hoe langer jy bly as wat jy net sou wegstap sodra jy dit agtergekom het.
Nog erger as jy die een is wat eers besef dat dit 'n rebound is na die tyd, en dan met die uitdaging sit soos hoe om van die ander persoon ontslae te raak.
Rebound verhoudings vind plaas omdat ons bang is om alleen te wees of gewoond is daaraan om ‘n maat te hê. Uiteindelik is hulle dikwels ongesond en gebaseer op fisiese behoeftes eerder as 'n ware vennootskap. Jy kan vind dat die verhouding net 'n katalisator was om jou uit die ou verhouding te kry.
As jy by hierdie nuwe persoon behoort, sal jou liefde vir mekaar die toets van tyd deur staan. En as jy omgee vir hulle, sal jou toekomstige verhouding sterker wees as jy jouself tyd gee om die patrone te verstaan wat jou in die verlede onsuksesvol gemaak het.

Verbind tot tyd om alleen te wees

Ek beveel aan om 'n verbintenis aan jouself van 3 maande tot 'n 6 maande van selibaatheid te gee en uit die “dating pool” te bly.
Hieroor het ek ook al ‘n paar keer gesels en verlede week het ek ‘n paar praktiese wenke gegee om jouself mee besig te hou. Gebruik die tyd oordeelkundig:

Sorg vir die dinge wat nodig is om te doen

Die meeste van die tyd sal die wêreld nie ophou om jou te bedroef nie. Jy kan rekenings hê om te betaal of adresse wat verander moet word, 'n werk om te hou, projekte wat afgehandel moet word en kinders of diere om te sorg. Die lewe gaan ongelukkig voort en jy moet die beste daarvan maak.
As jy vakansie tyd het, gebruik dan beslis voordeel daarvan. Indien nie, fokus op die roetine as 'n manier om jou kop skoon te hou.
Maak seker dat jy gereeld stort, skeer as dit nodig is en skoon klere te dra. Dit voel dalk te veel moeite om dit te doen, maar jy sal vind dat jou emosies meer gebalanseerd met ‘n skoon lyf.

Spandeer tyd saam met jou vriende.

Dit kan help om 'n ondersteuningsstelsel of 'n vriend te hê wat verstaan wat jy deur gaan. Onthou egter dat jy nie te veel van 'n las op enige een vriend wil plaas nie.
'n Waarskuwing: As jy en jou voormalige maat gesamentlike vriende het, moet hulle nie gevra word om kant te kies nie. Om te vra of te verwag dat hulle dit doen, kan jou vriendskap met hulle vernietig. As jy iemand nodig het om na te gaan, is dit beter om 'n persoonlike vriend eerder as een wat jy saam deel, te kies.
Eer jou vryheid
Om alleen te wees, kan beide eng en bemagtigend wees.
In my eie geval het ek my gewese man op die ouderdom van agtien ontmoet en van my ouerhuis verhuis na ons woonstel. Ek het nooit die kans gehad om alleen te wees nie. Vir oorlewing redes moes ek weer terug trek na my ouerhuis tot ek weer op my voete kon kom. Daar was altyd mense om my. Vir ‘n kortstondige tyd het ek dit wel gesmaak. Dit was wonderlik. Ek het niemand gehad om te antwoord nie. Dit was net ek en al hierdie tyd op hande. Dit is 'n waardevolle ondervinding dat, indien moontlik, niemand moet misloop nie. Jou selfrespek styg omdat jy vir jouself kan sorg.
Eer jou verhouding met jouself
As jy alleen is, is dit maklik om te eindig met aandete oor die wasbak, of voor die yskas staan en knibbel uit die bakke of terwyl jy TV kyk.
Neem ten minste een aand 'n week om 'n spesiale aand vir jouself te hê. Maak jouself 'n tuisgemaakte maaltyd. As jy nie kook nie, kry 'n goeie bord kos by een van die ketting winkels en dek jou tafel, wyn ingesluit.
Stort en trek iets aan wat jy wil dra as jy uitgaan. Verdof die ligte of vervang dit met kerse. As jy kan, koop vir jouself blomme. Indien jy ‘n TV het, skakel dit af en sit mooi musiek op.
Geniet jou tyd saam met jouself en besef dat jy belangrik genoeg is om alles op jou eie te geniet.
Doen iets wat jy nog altyd wou doen.
Neem dans- of karate lesse. Pak daai rugsak en toer deur Europa. Leer om te duik. Volg enige droom op. Nou is dit die tyd daarvoor.
Assesseer jou foute
Selfs as jy voel dat jou ex verantwoordelik was vir die opbreek, moet jy besef dat jy waarskynlik ook foute gemaak het. Jy is net mens. Moenie dink dat jy 'n verskriklike persoon was nie. Die doel hier is nie om jouself te straf nie. Dit is nie nuttig nie en lei nie tot groei nie.
Kyk eerder na jou foute met 'n objektiewe oog en vra dinge soos:
o    "Hoe kon ek anders in spesifieke situasies gereageer het?"
o    "Watter patrone skep ek keer op keer in my lewe?"
o    "Hoe kommunikeer ek?" "Hoe sal ek graag wil kommunikeer?" Lees op daaroor sodat jy beter ingelig is.
o    "Wat is die klagtes wat jou gewese maat gehad het? Is daar enige geldigheid? Indien wel, wat kan ek doen om 'n verandering te doen?"
Kyk na Jou triggers. Bv: Hoekom word jy vinnig kwaad? Hoekom is jy jaloers? Wat veroorsaak jou onsekerhede?
Dit is amper onmoontlik om in volwassenheid te groei sonder om te kyk na die snellers. Dit is dinge wat outomatiese reaksies veroorsaak wat nie in lyn is met die manier waarop jy wil optree nie, veral tydens tye van konflik of stres.
Byvoorbeeld, as een van jou ouers gegil het, het jy dalk 'n besondere reaksie ontwikkel om te skree en te argumenteer. Miskien het jy in jou kamer weggekruip, of uit die huis gehardloop.
Die kans is goed dat, tensy jy jouself 'n nuwe hanteringsmeganisme geleer het, jy op dieselfde manier gereageer het as jou ouers in jou verhouding.
Wat het jy reg gedoen in die verhouding?
Selfs in 'n verhouding wat nie uitgewerk het nie, het jy ook die regte goed gedoen. Terwyl jy die foute wat jy gemaak het, oorweeg, let op die maniere waarop jou verhouding gesond was en hoe jy daaraan bygedra het.
Dit is patrone wat jy wil hou, dus, dit is nuttig om te onthou wat hulle is sodat jy dit in enige nuwe verhouding kan herhaal. Dit sal jou help om rustig met jouself te wees.
Oorweeg wat jy geleer het
Elke verhouding was ‘n leerskool waar jy belangrike dinge oor jouself geleer het. In my gewese huwelik wou ek weer die vryheid van onafhanklikheid he en skielik het die wye pad gewink. Nuwe geleenthede het my soos magnete aangetrek en ek was onverskrokke. Die oomblik toe ek alleen is het dit my aangemoedig om op my eie beroep te fokus. Ek het ook geleer om op te staan vir myself. Om verskille op 'n gesonder manier te hanteer. Om my drome te volg. Om myself te waardeer vir wie ek is, foute en al. Wanneer jy hierdie vrae beantwoord neem jy beter besluite oor verhoudings en jou verwagtings is gedefinieer. Dit word bakens in jou lewenspad wat jou lei en beskerm.
Watter lesse het jy uit jou verhouding en die opbreking geleer?
Hoe is jy 'n beter of sterker persoon om alleen te wees?
As jy en jou eks kinders het:
As jy en jou eks minderjarige kinders het, kan die 2-3 maande geen-kontakreël uitdagend wees. Jy mag dalk 'n vriendin of familielid betrek wat reëlings tref namens jou soos die kinders se gesondheid en skoolwerk wat nie kan wag nie. Maak in hierdie geval seker dat hulle jou eks per epos laat weet dat dit tydelik is totdat die twee van julle 'n kans kry om 'n asemhalingsruimte van mekaar te kry. Die ongelukkige feit van egskeidings wat kinders betref, is dat jy uiteindelik moet leer om met mekaar te kommunikeer, maar dit is nog nie die tyd om dit te doen tensy iets lewensbedreigend kom nie. Ek kan ook hierby voeg: Indien daar alreeds iemand anders in die prentjie is moet daardie persoon leer om terug te staan en nie regte toe te eien wat nie aan hom/haar gegee is nie.
Moenie jou gewese maat sleg maak voor die Kinders nie.
Maak nie saak hoe verleidelik dit mag wees nie, moenie dit doen nie. Dit is ook 'n kwesbare tyd vir jou kinders. Hulle sal waarskynlik kwaad en verward wees. “Badmouthing” jou eks sal net dien om jou kinders te vervreem, hulle seer te maak en verder te verwar.
Die redes vir jou egskeiding is 'n volwasse aangeleentheid wat tussen julle moet wees. In elk geval, vind 'n ander volwassene om stoom af te blaas en te vent wanneer jy wil.
Indien moontlik, maak 'n ooreenkoms met jou eks om die kinders uit die situasie te hou. Stem saam dat julle nie weer in die kinders se teenwoordigheid teen mekaar sal praat nie.
Die enigste geval waarin jy jou kinders in enige nasleep van jou egskeiding of verbreking moet betrek, is wanneer hulle self slagoffers van fisieke geweld of mishandeling was, getuies van jou eie misbruik of getuies was / betrokke by verslawing. In daardie geval, kry vir jou kinders hulp.
o    Laat jou kinders weet dat jy hulle liefhet.o    Laat hulle verstaan dat julle albei nog lief is vir hulle.o    Laat hulle weet dat die opbreek nie hul skuld is nie.o    Beantwoord hul vrae volgens hul verstaan vlak.

Steek die vure aan
As jy gereed is, kry jouself 'n metaal vullisblik of ander veilige houer vir vuur, soos 'n rooster.
Sorteer deur die items wat jy uit jou verhouding het. Dinge soos liefdesbriewe, afskrifte van e-posse, klein geskenke wat jou voormalige vennoot jou gegee het, kaartjiestompies van flieks of ander aandenkings. Dinge wat persoonlike betekenis het. Jy kan ook dinge soos 'n spesiale kledingstuk insluit wat 'n sterk herinnering aan jou verhouding is. Moenie enige items insluit wat die persoonlike eiendom van jou eks is nie.
Moenie enige items wat jy besit, insluit nie, later kan jy spyt wees daaroor of indien dit waarde het dit verkoop het. 'n Opgebreekte verhouding beteken immers dikwels dat jy jou finansiële posisie moet aanpas. Dit is soms beter om eerder dit op OLX of Gumtree te verkoop of na 'n pandjieswinkel te gaan, doen dit eerder.
Wees sensitief vir ouer kinders, die verbranding van items soos trou fotos, jou trourok en so meer sal dalk ‘n probleem veroorsaak. Gee hulle die keuse juis omdat dit deel is van hulle geskiedenis. Jou seer is hulle anker.
Wraak gedagtes / vergelding.
Baie keer word daar aan wraak gedink veral in gevalle waar die persoon jou verkul het. Onthou:
o    As jou verhouding volkome was, sou jou eggenoot jou nie verkul het nie. Dit is jou eie uitdaging sowel as hulle s'n. (Ek weet daar is gevalle dat die vrou / man die elke ding reg doen en nogsteeds sal die persoon fout vind, moet jouself asb nie hieronder sien nie.)o    Die persoon met wie jou eggenoot jou bedrieg het, is nie verantwoordelik vir die mislukte toestand van jou verhouding nie, al was hulle daarvan bewus dat jou voormalige eggenoot of lewensmaat getroud is.o    Maak nie saak wat jou eks se foute mag wees nie, jy sal geoordeel word deur jou aksies. Tree op soos 'n volwassene en jy sal soos een behandel word.

Genesing na 'n breek kan uitdagend wees, maar onthou dat jy dit kan kry. Hou jou oog op die prys - word 'n heel en gelukkige persoon. Ek verseker jou dat jy eendag wakker sal word en dat jou opbreek nie die eerste ding in jou gedagtes sal wees nie. Fokus daarop om met jouself vriendelik te wees. ‘n Blymoedige hart bring genesing vir jou liggaam, siel en gees. Skitter net waar jy is en besef jou waarde.
Tot ‘n volgende keer.



ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense

Lynelle Engelbrecht Clark: Diamant Diva's

WOENSDAG 18 JULIE 2018 at 10h00 SA Time

GESELS MET ONS:

Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:

SKAKEL IN: 
SIMPLE RADIO App.

…/elan-global-radio.htm

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...