Op 25 Augustus 2023 was vroue bemagtig tydens Die Deugsame vrou byeenkoms in Brakpan.
Die geleentheid was positief, en
deelnemers het die program geniet.
RATA en verskeie belanghebbendes het
verlede Vrydag 'n geleentheid vir Vrouemaand gehou om die vroue in die
Brakpan-gemeenskap te bederf.
Hulle het dames wat dit bygewoon het,
getrakteer op motiveringspraatjies, kos, klein geskenke, en vaardigheidsontwikkeling.
Elke vrou het 'n Doelgerigte Lewe Joernaal ontvang.
Die dames het na 'n motiveringstoespraak deur
Lynelle Clark geluister. 'n Emosionele getuienis deur 'n oorlewende van huishoudelike
geweld en verslawing het die saal stilgemaak. Gebed en liedere deur Ps. Magda van
der Merwe het aanklank gevind by almal, en raadslid Riaan van Zyl van die
Vryheidsfront Plus het sy eie unieke dinamika by die groep gevoeg, wat die
vroue geniet het. Die vroue het wenke oor gesinsbeplanning deur Gloria Khalakhu
ontvang en is gemotiveer om terug te keer na die Woord vir genesing deur Ps.
Martha Neethling. Dit is opgevolg deur 'n demonstrasie vir selfverdediging van
die span van ZULEKU-vegkuns skool.
Die lewensafrigter en skrywer Lynelle
Clark het gesê: "Diamante word onder geweldige druk gebore. 'n Deugsame
vrou word nie gebore as een nie. Sy word geplant, ervaar geweldige druk en
lyding, word soms vergeet, maar wanneer sy opstaan en skoongemaak word, skyn
sy. Maar dit begin alles by een besluit. 'n Besluit wat net sy kan neem."
Die vaardigheidsontwikkeling was 'n
enorme sukses en oud en jonk het aan hierdie aktiwiteit deelgeneem. Hoe om bad
soute te maak as ‘n inkomste vir hulself, was kranig gevolg. Dit is gevolg deur
heerlike etes.
Die energie het gedurende die geleentheid
hoog gebly, en sommige dames het ‘n nael behandeling soos die tyd dit toe gelaat
het, ontvang.
Belanghebbendes en NPO's wat by die
geleentheid teenwoordig was, was RATA, Brakpan SAPS Youth Crime Prevention Desk, Gesondheid en Maatskaplike Dienste,
ZULEKU, Truth Heals, Psalm 91 Soul Recovery, I Care Collective en Worthy
Ministry Brakpan.



Daar was ’n tyd in my lewe toe ek heeltemal gebroke gevoel het…
AntwoordVee uitToe my kêrel my skielik gelos het en my op alle sosiale media geblokkeer het sonder enige verduideliking, het ek baie siek geword van die pyn. Ek kon nie eet nie, ek kon nie slaap nie, en my hart was vol verwarring. Ek het myself heeltyd gevra: “Wat het ek verkeerd gedoen?” maar ek het geen antwoorde gehad nie.
Ten spyte van alles, het ek hom steeds diep liefgehad. Om hom te laat gaan was nie maklik nie, want my hart wou hom nie vergeet nie.
Eendag het ’n kollega by die werk gesien waardeur ek gaan en my voorgestel aan ’n vriendelike en ervare ouer man genaamd Dr. Dawn. Sy het my vertel hoe hy haar en baie van haar vriende gehelp het om hul gebroke verhoudings en huwelike reg te maak.
Aanvanklik was ek onseker… maar ek het besluit om dit te probeer.
Nadat ek my situasie aan hom verduidelik het, het Dr. Dawn my verseker dat my kêrel sou terugkom en om verskoning vra. Ek het al sy instruksies met geloof gevolg.
Tot my grootste verbasing het ek nie lank daarna boodskappe en ontelbare oproepe begin ontvang nie. My hart het vinnig begin klop…
Dit was hy.
My kêrel het teruggekom, opreg om verskoning gevra, my kom besoek en selfs geskenke gebring. Daardie oomblik het soos ’n wonderwerk gevoel wat ek nooit sal vergeet nie.
Vandag is dit al 3 pragtige jare later. Ons is gelukkig getroud met een kind, en ons verwag nog ’n baba binne ’n paar weke.
My hart is vol dankbaarheid, en ek sal Dr. Dawn vir altyd waardeer omdat hy vreugde terug in my lewe gebring het.
As jy deur pyn gaan in jou huwelik of verhouding…
As die persoon vir wie jy lief is jou verlaat het en jy nie weet wat om te doen nie…
Moenie hoop verloor nie.
Jy kan hom ook op WhatsApp kontak: +2349046229159
dawnacuna314@gmail.com