Afrikaanse kultuur word gevind in die sintuie van ons menswees.
Dit word geproe in warm souskluitjies.
Dit word geruik in vars omgeploegde grond.
Dit word gehoor in ’n Hoëveldse donderweer. Dit is fel maar
vol lewe.
Dit word gesien in die trots wat daar vloei in elke Afrikaner
hart en gevoel in die deeg waaruit die heerlikste gebak uit voorkom. Dit is die hartklop van ons bestaan.
Dit is ’n kosbare kleinnood wat oorgedra word van geslag tot
geslag. Sonder huiwering word dit gepraat en geleef sonder om omverskoning te
vra. Dit is ’n alles oorheersende liefde vir als eie aan ons.
Soos Charmain Olivier dit stel: “Om op 'n Sondag middag
skaapboud, rys, gebakte aartappels en soet patatas te eet.” Ons kultuur is in die detail; gedek op ’n tafel waar familie saam
kom en ’n glasie klink sommer net vir die lekker daarvan.
Kultuur kom voor in ons skrywes, ons geloof, musiek,
kleredrag, en eetgewoontes. Dit is die uitvloeisel van wie ons is, wat ons doen
en waarheen ons op pad is.
Na ’n onlangse besoek aan die Voortrekker monument merk Lorraine du Plessis die volgende op:
“... Soos ek tyd verwyl besef ek dat die Afrikaanse
kultuur nie altyd uit Afrikaanse wit mense bestaan nie.”
Dit is toepaslik maar gun
die wat die taal lief het ruimte om te groei. Ons hart saamgevat in ’n taal. Dit
kan nie in ’n vorm gegiet word nie, maar eerder is dit ’n gevoel van behoort
wat hier ter sprake is.
’n Behoort wat met
trots dit uitbasuin. “Ek is Afrikaner.” Ongeag waar ons onsself bevind in die
wêreld, die trots maak ons uniek.
Die Afrikaanse kultuur
is ’n lewende organisme wat wil groei mits ons dit lewendig hou deur aan te hou
om te sing, te skryf en te ontwikkel.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking