Woensdag 22 Augustus 2018

Hoe benader jy jou kinders na die egskeiding?


Hartlik welkom by die volgende program van Diamant Divas hier op Elan Global Radio. Ek is Lynelle Clark wat met julle sal deel wat op my hart is. Om meer van ons te wete te kom kan u gerus ons webwerf besoek by www punt Elan Global Radio punt com of ons ‘n duimpie gooi op ons bakkiesblad, Elan Global Radio. Jy kan ook my blad, Diamant Divas besoek en meer te wete kom van die program.
Omdat dit ‘n Internet Radio is kan u die applikasie, Simple radio, aflaai en net op Elan Global radio se logo kliek vir die beste inskakeling direk van jou slimfoon af.




Vandag se program handel oor jou verhouding met jou kinders, hoe benader jy hulle as enkelouer? Daar is nie meer ‘n ons in jou woordeskat nie, so jou benadering gaan moet aangepas word. Aksies en optredes wat jy as vanselfsprekend in jou huwelik ervaar het is nou verwarrend en in sommige gevalle amper taboe. Waar jy voorheen sou gesê het “gaan vra jou pa,” is die pa nie daar om jou uit te help nie en moet jy nou die besluite neem. Jy kan ook nie elke keer op die foon klim om hom opdrag te gee om met die kind te praat nie. Dit mag wees dat hy alreeds in ‘n ander verhouding is en die vrou duld nie jou ontydige opdragte aan haar maat nie wat meer spanning kan veroorsaak. Of dat hy net nie beskikbaar is nie en wanneer jy eis om te weet waar hy is veroorsaak dit in ‘n geveg en die eintlike rede is dan verlore. Onthou, hy skuld jou geen verduideliking nie. Dit is in hierdie tye dat jy jou kinders se respek verloor en jy ook beheer verloor in die algemeen.
Die hele kommunikasie dinamieka verander. Waar julle ‘n familie van vier of vyf was is julle nou net drie of vier. Voorheen was dit maklik om verantwoordelikhede rond te skuif soos wat dit die situasie gepas het nou is dit net jy en jy alleen. Dit kan nogal senutergend wees. In ‘n groot mate kan jy verslae en verlore voel, selfs oorweldig. Maar jou wegkruip dae is verby. Jy is nou die een wat die pas moet aangee, die leisels moet opneem en vooruit moet loop. Jy staan alleen, met niemand om jou te rugsteun oor hierdie veranderinge of besluite wat jy moet neem nie. 
In baie gevalle sal kinders dan rebelleer bloot net omdat hulle nie verstaan nie, en, of die ander ouer mis. Of omdat hulle al die aandag soek om hul eie onsekerhede hok te slaan. Dit veroorsaak sy eie unieke probleme waarop ‘n enkelma moet bedag wees. Indien dit nie reg hanteer word nie kan jou lewe oornag in ‘n nagmerrie verander. Dit is dan wat jy die waarde van ‘n goeie ondersteuningsgroep sal besef en mense sal moet vertrou. In baie gevalle moet die vrou en haar kinders terug trek na die ouers wat ook spanning kan veroorsaak. Jou ouers is nie meer lus vir ‘n geskreeu en gekerm nie, en wil hul eie ding doen of trek finansieël swaar en die feit dat jy intrek veroorsaak nog verdere spanning op alreeds ‘n moeilike situasie.
Dit is dan wat kinders baie oop is vir buite invloede en mense kan dan van hierdie geleenthede gebruik maak om hulle skade te berokken. Hetsy deur verkeerde invloede soos steel, by bendes aansluit of onbeplande seks wat lei na ongewenste swangerskappe tussen tieners. Om nie eers te praat van dwelm-, rook of drankmisbruik nie by ongure partytjies waarheen hulle uitgenooi word nie. Juis omdat hulle dan voel niemand gee om nie sal die tipe van uitlaatkleppe skielik ‘n kruk word sonder jou medewete. Deur om dan onnatuurlik streng te wees of hulle in ‘n koutjie toe te sluit sal dit nie stop nie maar juis die teendeel veroorsaak. Dit is in hierdie tyd wat jy moet uitreik na mense en instansies wat jou kan help om hulle deur hierdie fase te kry. Dit sal nie net jy wees wat hulp gaan nodig hê nie maar jou kinders ook.  Indien die ander ouer nog in die prentjie is, is dit noodsaaklik dat julle moet saamwerk rakende die welstand van julle kinders en julself en jul probleme op die agtersitplek moet skuif om hulle by te staan. Onthou, jou kinders is jou grootste bate, en geen geld kan hulle vervang nie. Hulle verdien meer as net die geld waaroor jy en die eks baklei. Jy mag dalk seergemaak voel omdat hy jou verneuk het byvoorbeeld maar die kinders kom in baie gevalle eerste en jy sal verby dit moet kyk om hulle te bereik.

Hierdie onderwerp is so wyd dat een program nie genoeg gaan wees nie maar ek gaan probeer om aan elke fasset aandag te gee. Jou verhouding met jou kinders is van kardinale belang om anderkant uit te stap met min skrape. Elke persoon, ongeag die ouderdom, moet die nuwe lewe aanvaar en aan beweeg. Elkeen gaan dit anders bereik en dit gaan van jou as ma afhang hoe elkeen dit gaan hanteer.
“A single parent is a parent who parents alone. It means there is an absence of the other parent as opposed to a co-parent, meaning that the parent is not the only parent regardless of whether or not they are a couple. Of course, this definition is loosely true. There is no true definition of what "single parent" means and is more based on opinions. Sometimes, one finds themselves in a single-parent family structure that has arisen due to death of the partner, intentional artificial insemination, or unplanned pregnancy.
Historically, the death of a partner was a major cause of single parenting.[1] Single parenting can also result from the breakup or divorce of coupled parents who leave and choose to not co-parent, thus leaving one parent to raise and support the child on their own. Many people confuse single parenting with co-parenting:[citation needed] co-parenting involves both parents playing a role of supporting and raising the child, rather than one parent—as is the case with single parenting. Recent years have seen the increasing incidence and visibility of uncoupled women who choose to be single parents. When single women seek to get pregnant intentionally in order to become single mothers by choice (or "choice moms"), they often seek an anonymous or known sperm donor. Single-parent adoption or fostering is also sometimes an option for single adults who want to raise a family.The demographics of single parenting show a general increase worldwide in children living in single parent homes.[2] Single parenting has become a norm in the United States and is a trend found in many other countries. The morality and advisability of single motherhood has long been debated in the US. Single American mothers live in poverty 5 times more often than married parents. (National Women's Law Center, Poverty & Income among Women & Families, 2000-2013) The topic is less contentious in Western European countries where all families enjoy more robust state-sponsored social benefits.[3]https://en.wikipedia.org/wiki/Single_parent

Die stastistieke lyk baie sleg en word net slegter by die dag. Soos wat die egskeidingsyfer styg sal die probleem van enkelouerskap ook styg. Dit is harde feite waarvan ons moet bewus wees juis omdat dit ons direk raak. Ons kinders ook. Skielik word dinge by die skool moeiliker. Bullies kan te voorskyn kom en die situasie uitbuit en dit is dan noodsaaklik dat jy ‘n goeie verhouding met die onderwysers sal hê om goeie kommunikasie te kan verseker. Of hulle moet van skool verander omdat jy nie meer die skoolfonds kan bekostig nie.
Armoede staar ook baie enkelma’s in die oë. Haar salaris is minder, of in baie gevalle het sy nie eers ‘n werk nie en moet jy met die bietjie wat jy het hongermagies voed. 

Nationwide, households led by single mothers are more likely to be living in poverty, below the federal poverty line — or living in deep poverty, the level of acute hardship characterized by living at 50 percent or less of the federal poverty level. Overall, across the country, no other household type fares worse when it comes to poverty than households led by single mothers.This is a piece I’ve gotten from the internet. The link is available on my blog post for today.
The Parent Trap: The Economic Insecurity of Families with Young Children,” published by the Demos organization, does an exceptional job of laying out the hits to their income that parents of young children (under five years old) take simply by having young children, but then as they add in other factors — if you’re a single parent, if you’re a single mother, or a single mother of colour, or less educated— the problem just gets more intense:“For single parents, who earn on average $22,026 compared to $35,042 (single adults with no children) and $33,179 (single adults with older children), being black or Hispanic as single mothers as black or Hispanic means earning $5,309 (black) and $1,304 (Hispanic) less than single white mothers.”The topic is important because, as they point out, “women comprise 89 percent of single-parent households with young children.” In fact, according to the National Women’s Law Center, more than one in three single mother families lived in poverty in 2015, with higher figures for single-mother families headed by women of colour, including Native Americans (48 per cent), Hispanics (42 percent) and Blacks (40 percent). Poverty figures for families headed by White (31 percent) and Asian women (24 percent) were noticeably lower, although still high.https://medium.com/@lilygc/hardship-personified-single-mothers-and-single-mothers-of-color-1d019364f631
Armoede is ‘n groot werklikheid in enkelvroue se lewens. Dit is ‘n stryd wat die meeste verloor. Hierdie onvermoë om vir haar kinders te sorg maak dan ‘n vrou depressief en sy verloor gehalte tyd met haar kinders. Sy kan eintlik glad nie met hulle kommunikeer nie en hulle volg dan hul eie pad. Dit is ‘n vieslike siklus waarin hulle hul bevind en verkeerde keuses word geneem bloot net om die liggaam te voed. Die absolute verlorenheid van ‘n enkelma en haar kinders is dan groter. Wanneer jy nie meer die sorg van kinders het nie is die spanning weer op ander vlakke. Geen situasie is die selfde nie.  
Na ‘n lang huwelik het Isak homself buite die gesinsverband bevind en is die verhouding met sy kinders ‘n baie teer punt in sy lewe. Weg is die kameradie en gemaklike verhouding met hulle en word hy meestal weggestoot deur die kinders. Hy weet maar min van hulle af en enige uitreiking word koud ontvang wat hom by tye hartseer laat, selfs bitter. Elke ouer offer op vir hul kinders, spandeer tyd en energie tydens die grootword jare. Om nie eers te praat van die finansiële implikasies daaraan verbonde nie; om dan net eenkant toe geskuif te word is onverstaanbaar en laat die ouer hartseer.
 Wanneer ‘n man en vrou skei kan ‘n paar dinge gebeur; en dit hang meerendeels van die ouers af hoe dit gaan afspeel. Volwasse kinders sal die skeiding aanvaar en albei ouers nog steeds ondersteun. Of kinders sal die kant van een ouer kies en die ander een ignoreer. In baie gevalle is dit omdat die een ouer die ander een afkraak bloot net vir selfsugtige redes of omdat hulle dink dat hulle reg daartoe het. Die ander rede is omdat kinders nie die opbreek verstaan nie of die aanleiding daartoe ken nie dan neem hulle die kant van die ouer wat agterbly, sonder om uit te reik of die weggestote ouer ‘n kans te gee om te verduidelik.
Albei partye het foute gemaak. Albei partye staan nie onskuldig nie en ouers moet dan volwasse optree tydens hierdie sensitiewe tye. Deur die man die heeltyd af te kraak is onregverdig teenoor die vader van die kinders. Die ander kant is ook net so waar. ‘n Pa moet waaksaam wees oor wat hy se van die ma voor die kinders. Sy is en bly die ma, die vrou wat hulle voed en grootmaak. Die een wat hul trane afvee en sorg vir die mooi dinge kenmerkend van moederskap. Ek dink dit is baie onrealisties en kan net verdere probleme vorentoe veroorsaak.
Kinders, op die ou einde is nie die rede vir die egskeiding nie. Kinders het nogsteeds nodig om te weet dat albei ouers hulle lief het en dat, alhoewel die huislike situasie verander het, hulle nog steeds ‘n ma en pa het. Dit is die plig van albei ouers om aan hierdie verhouding te werk. Dit is logies dat kinders kwaad sal wees, selfs bitter sal word omdat hulle nie verstaan nie maar jy as ouer moet juis uitreik en verduidelik – elkeen op sy eie ouderdomsvlak om sodoende die verhouding weer te herstel. In baie gevalle sal dit nie weer die selfde wees nie maar unieke verhoudings kan tog weer geskep word deur mekaar weer van voor af te leer ken.

The reasons behind the troubling statistics and the always-present emotional trauma are simple but profound. As a licensed counsellor and therapist Steven Earll writes:Children (and adult children) have the attitude that their parents should be able to work through and solve any issue. Parents, who have given the children life, are perceived by the children as very competent people with supernatural abilities to meet the needs of the children. No problem should be too great for their parents to handle. For a child, divorce shatters this basic safety and belief concerning the parents' abilities to care for them and to make decisions that truly consider their well-being.Children have a strong belief that there is only one right family relationship, and that is Mom and Dad being together. Any other relationship configuration presents a conflict or betrayal of their basic understanding of life. In divorce, children [tend to] resent both the custodial and absent parent."1A few more statistics to consider:
  • Children from divorced homes experience illness more frequently and recover from sickness more slowly.6 They are also more likely to suffer child abuse.7
  • Children of divorced parents suffer more frequently from symptoms of psychological distress.8 And the emotional scars of divorce last into adulthood.9
The scope of this last finding — children suffer emotionally from their parents' divorce — has been largely underestimated. Obviously, not every child of divorce commits crime or drops out of school. Some do well in school and even become high achievers. However, we now know that even these children experience deep and lasting emotional trauma.For all children, their parents' divorce colours their view of the world and relationships for the rest of their lives.The children in Wallerstein's study were especially challenged when they began to form their own romantic relationships. As Wallerstein explains, "Contrary to what we have long thought, the major impact of divorce does not occur during childhood or adolescence. Rather, it rises in adulthood as serious romantic relationships move center stage . . . Anxiety leads many [adult children of divorce] into making bad choices in relationships, giving up hastily when problems arise, or avoiding relationships altogether." 11Other researchers confirm Wallerstein's findings.12 Specifically, compared to kids from intact homes, children who experienced their parents' divorce view premarital sex and cohabitation more favorably.13 (This is disturbing news given that cohabiting couples have more breakups, greater risk of domestic violence14 and are more likely to experience divorce.15)Behind each of these statistics is a life — a child, now an adult, still coping with the emotions brought on by the divorce.As Wallerstein put it, "The kids [in my study] had a hard time remembering the pre-divorce family . . . but what they remembered about the post-divorce years was their sense that they had indeed been abandoned by both parents, that their nightmare [of abandonment] had come true."16https://www.focusonthefamily.com/marriage/divorce-and-infidelity/should-i-get-a-divorce/how-could-divorce-affect-my-kids


Die onbetrokke pa
Hier wil ek ‘n paar oomblikke stilstaan. Dit is verstommend hoeveel mans net eenvoudig wegstap om nooit weer in hul kinders belang te stel nie en die kinders los met selfverwyt en skuldgevoelens. Jou gedrag veroorsaak dit, afwesige pa. Of jy dit bedoel of nie. Jou kinders sit met die verwerping wat hulle dalk nooit sal kan verwerk nie. Met hierdie pa’s wil ek ‘n oomblik praat.
Wat ookal jou redes is om weg te stap, jou kinders is en bly jou verantwoordelikheid. Deur jou rug op hulle te draai los miskien jou probleme op maar vererger hulle sin. In die res van die wêreld se oë is jy selfsugtig en onverantwoordelik en sal niemand jou weer vertrou nie. Maak nie saak hoe mooi koekies jy bak by die volgende vrou nie, wanneer sy die ware toedrag van sake agterkom het sy geen rede om jou te vertrou nie. As jy jou eie vlees en bloed kan los waar laat dit haar?
Jou onbetrokkenheid – finansieël en emosioneel laat jou kinders wees agter. Die verwerping wat hulle deurgaan laat onmeetlike skade en kan baie lelike letsels laat. Selfmoord, selfskending, dwelms, verkragting, woede, dronkenskap, onrealistiese verwagtings is net ‘n paar uitlaatkleppe wat ‘n kind se stabiliteit steel en in ‘n spiraal van verwerping laat wat miskien nooit weer sal herstel nie.
Jou wegstap sonder verduideliking of kontak laat hulle hul ewewig verloor. Hulle lewe is ongebalanseerd en hulle worstel met baie onbeantwoorde vrae. Jou onverskilligheid veroorsaak ook dat hulle in armoede verval. Met skaars genoeg om te eet, dan praat ons nie eers van die ander tekorte nie. Kan jy rerig met jou self saamleef wetenede dat hulle honger is? Kan jy rerig so hardvogtig wees dat hulle sukkel bestaan jou nie aanraak nie?  Is jou haat so groot vir jou gewese vrou dat jy vere voel vir jou kinders?
Hierdie kinders is aan jou gegee. Hulle is jou grootste gawe aan die wêreld. Dit wat jy in hulle deponeer sal hulle eendag kan gebruik om daadwerklike volwassenes te wees wat verantwoordelikheid vat en ‘n goeie lewe lei. Maar as jy dit afbreek kan hulle hele toekoms verander en ‘n nadraai he wat heel moontlik nie jou intensie was nie. Dit is saad uit jou lendene. As ‘n persoon met skeppingsmag is hulle nogsteeds jou verantwoordelikheid wat op jou skouers rus. Eendag sal jy verantwoording moet doen vir die ‘don’t-care’ houding wat jy tans openbaar. Sien jy rerig kans daarvoor?
Ouers se doel is om kinders die weg te leer en ‘n voorbeeld te stel deur hul optrede. Elke ouer het ‘n bepaalde rol te speel in kinders se lewe. Van die moeder leer hulle om die huis in orde te hou, mededeelsaam te wees en vir mekaar om te gee. Sy skep die rustigheid en vrede in die huis wat op elke persoon in werk. Die pa skep sekuriteit en leer kinders die basiese dinge wat hul vir die wêreld voorberei. Wanneer een van hierdie pilare wegval laat dit kinders weerloos.  
Daar is gevalle waar dit eerder die ma is wat onbetrokke raak en net vlug, veral wanneer die kinders nog baie klein is en laat dit die man met sy eie probleme. Dit mag wees dat sy nie kan cope nie of net nie ‘n ma wil wees nie. Skielik moet hy beide rolle vervul en buite sy eie comfort zone beweeg om sy kinders groot te maak.
Vir my persoonlik, was dit belangrik om die verhouding met my kinders te behou ongeag die vrae wat hulle gehad het.  Ons het ons probleme gehad, selfs baklei en moes ek bontstaan met die verduidelikings maar op die ou einde kon ons tot ‘n vergelyk kom. Met elkeen van my kinders het ek ‘n unieke verhouding. Arline is ‘n getroude vrou met haar eie familie, Odette is verloof en kap nog haar pad oop. Paul bly oorsee, so elke tydjie wat ek kan afknyp om tyd met hom te spandeer, is kosbaar; Wat meestal net oor WhatsApp of Skype gebeur. Omdat hulle volwasse is het elkeen sy eie lewe en moet ek daarby inval. So, my tyd is soms beperk saam met hulle maar ons kom tog baie goed oor die weg.

Vir hierdie program het ek ‘n paar vrae aan Isak gevra. Isak is self deur ‘n egskeiding en ons albei het ons eie wroeginge om deur te werk afgesien dat ons ook aan ‘n nuwe verhouding moet werk. Tog vind ons-ons voete en beweeg ons aan, maak planne en bou aan ‘n toekoms. Ek dink dit is goed om ‘n man se perspektief ook te kry wat ons sal help in ons eie soeke en genesing.
Vrouens is geneig om te dink dit is net hulle wat seer kry en dat hulle die enigstes is wat kan kla. Maar baie mans moet in stilte dinge uitwerk en aangaan, soms selfs sonder ondersteuningsrolle. Maar hulle kom tog bo uit. So het ons elkeen ons eie seer om te verwerk en genesing te ontvang.

Tot ‘n volgende keer, skitter net waar jy is.






Woensdag 15 Augustus 2018

Vind jou voete te midde van die warboel. Staan 'n kans om die Gospel Skouspel by te woon. Volg net die maklike stappe.


Vandag se program handel oor metamorfose. 
Die proses waar jy van ‘n rou diamant in ‘n pragtige gepoleerde diamant gaan verander. Dit is tydens hierdie proses waar jy jou voete gaan vind en weer die lewe in die oë gaan kyk. Die goeie nuus is dat dit nie die einde is nie. Met Augustus wat vrouemaand as tema het, lees en hoor jy van baie vroue wat wel die siklus deurstaan het en heel anderkant uitgekom het. Dit beteken nie dat alles perfek is nie. Nee, allermins. Hulle het nog hul eie gevegte en struikblokke wat hulle moet oorkom. Maar hulle het wel hul voete gevind te midde van die warboel wat om hulle heers.

Dit is die hoofoogmerk van my programme: om jou op ‘n plek te kry waar jy ‘n gebalanseerde lewe kan lei al woed die golwe om jou. Nie een van ons word gevrywaar van probleme en worstelinge nie maar die manier wat ons dit hanteer is wat ons laat uitstyg bo die res. Elke vrou kan dit behaal mits sy glo in haarself en die basiese riglyne volg. Ek kan net praat vanuit my eie ondervindinge en daarom benadruk ek dat ek nie ‘n berader is nie. Ek gee net weer wat ek geleer het.  Daar is mense meer gekwalifiseerd om jou regtig te help indien jy professionele hulp nodig het. Kontak gerus jou naaste predikant vir advies.
Daarmee wil ek byvoeg, wanneer jy professionele hulp kry maak dit jou nie ‘n swakkeling nie. Dit gee jou die nodige selfvertroue en raad om jou voete te vind te midde van hierdie deurmekaar lewe. Dit maak jou sterker en jy skitter daar waar jy geplant is.
Die beginproses is pynlik, en jy gaan deur baie wroeginge maar as ek jou kan help om jou fokus van die onmiddelike af te haal en te fokus op dit wat jy kan verander dan het ek geslaag in my doel. Op die ou einde is ek die vroedvrou. Die een wat die sweet afvee, jou help met die kraampyne en asemhalingstegnieke leer en jou hand vashou. Jy is besig om geboorte te gee aan ‘n diamant en het hulp nodig. Nie een van ons kan alleen ‘n “baba” in die wêreld bring nie. Daar is dokters, verpleegsters en paramedici wat hierdie taak professioneel kan doen. In die lewe-gewende proses het ons vriende, lewensgidse, predikante en beraders wat ons ook kan help.
Maar niemand kan die pad vir jou loop nie, dit is iets wat jy alleen sal moet doen. Daar was soveel aanpassings wat jy moes maak dat jy soms wonder of jy dit ooit gaan maak. En jou worstelinge is nog nie verby nie. Finansiële probleme kan lank aanhou nadat ‘n skeisaak verby is. Sommige vroue is jare sonder werk en is afhanklik van mense en instansies net om brood op die tafel te sit. Maar solank jy jou kop kan lig, die wêreld in die oë kan kyk en met selfvertroue dit kan doen is jy al klaar ‘n skitterende diamant in eie reg.

Dit gaan nie help om weg te kruip nie. Jy moet die lewe vierkantig in die oë

kyk. Daardeur sê jy vir jou omstandighede, eintlik maak dit nie saak wat jy na my toe gooi nie, lewe, ek sal triomfeer! Dit is ‘n kop en hartsbesluit wat jou sal deur dra. Tydens my pad het ek baie keer gedink aan my voorsate. Vroue wat oor die berg getrek het saam met hul mans en die natuur moes trotseer, als vir ‘n nuwe lewe weg van die Engelse af. Met net ‘n ossewa as beskerming. Dan dink ek ook aan die vroue wat omgekom het in die konsentrasiekampe, sommige het oorleef en teruggekeer na ‘n afgebrande wêreld, met niks en weer ‘n bestaan gemaak. Sommige, soos Generaal De La Rey se vrou wat haar vyf kinders in die veld grootgemaak het, met geen dak oor hul koppe nie, het geleef van die veld. Wat ‘n merkwaardige vrou moes sy nie gewees het nie. Hoe op aarde het sy dit gedoen? Die Engelse kon haar net nie vang nie. Wat in ‘n vrou laat haar bokant haar omstandighede seëvier en oorleef, ongeag die tekortkominge? Ek het baie daaroor gewonder maar die besef dat as hierdie vroue dit kon maak dan kan ek ook, het my deur gedra. Dieselfde bloed wat in hul are gevloei het vloei ook in myne. Hulle was ‘n voorbeeld en ‘n stille krag waaraan ek vas gehou het. 
Baie van hierdie vroue het ook foute gemaak. Het mismoedig en verslae geword weens die lot wat aan hulle uitgemeet was. Hulle moes die dood van hul kinders en mans verwerk. Hulle het soveel hindernisse gehad om te oorkom, met geen idee hoe nie. En, hulle moes tog, anders was ons nie hier nie. Daar is so min van hulle stryd neergepen dat ek voel ons mis eintlik ‘n groot gedeelte van ons geskiedenis. Soveel klem word gelê op die veldslae en die generaals maar min is opgeskryf oor hierdie merkwaardige vroue. Tog is daar ‘n monument by die Voortrekkermonument opgerig ter ere van hul rol in die oorlog. Vroue moes agterbly en ‘n lewe bly maak. Hulle moes nog steeds kos op die tafel sit vir die vele honger mondjies, klere maak uit meelsakke vir die kinders net om ordentelik te lyk terwyl die mans die vyand getrotseer het.  Maar ek dwaal af. Dit is ‘n onderwerp op sy eie en miskien eendag maak ek weer so.

Jy gaan foute maak!
Ek kan jou ‘n brief met ‘n rooi seël daarop gee. Dit klink miskien of ek spot maar ek doen nie. Dit kan selfs negatief klink maar dit is feite. Jy gaan foute maak maar in die proses gaan jy jou voete vind.
Transformasie is moeilik. Transformasie kos ‘n prys. Dit is ook ‘n tydsame proses wat net deur deursettingsvermoë en wilskrag realiseer.
Sondagaand kyk ons ‘n fliek “Body Snatchers” met ‘n baie jong Donald Sutherland in die hoofrol. Die storie handel oor Pods wat gegroei word in ‘n kunsmatige kweekhuis. Dit lyk soos groot, plantaardige sade – eintlik baie onnatuurlik. Op een of ander manier verskyn dit naby ‘n slapende persoon en kom ‘n blom te voorskyn. Dan verloor die pod sy blare en ‘n wese, verskans met hare en slym, kom na vore. Dit hele “geboorte” is nogal grillerig. Regte sci-fi goed waarvan baie mense hou. Elke pod gee dan geboorte aan ‘n persoon. En, die oomblik wat iemand wakker word is hy/sy ‘n nuwe mens.  Sonder emosies maar mens. Uitdukkinglose mense sonder enige wil van hul eie. Hulle volg die instruksies soos robotte met geen benul dat hulle nuut is nie. Dit is nie transformasie nie maar die steel van menswees. Ons is gemaak met emosies. Om te sien, te voel, te leef en te ervaar. Ons word kwaad, ons het lief. Ons is verdraagsaam, soms buierig met geen rasionele begrip in sommige gevalle nie. Ons huil soms aanhoudend en lag sonder rede. Ons seer soms so oorweldigend dat ons dink dit gaan nooit ophou nie. Ons maak foute en ons leer. Tussendeur gaan die lewe voort en moet ons oorleef en worstel met die dag tot dag verwikkelinge. Dit is dan wanneer die druk te veel word en ons knak.
Soms wens ek ‘n mens kan die fout-maak-proses mis tydens herskepping maar dit is nie so eenvoudig soos om wakker te word en ‘n nuwe mens te wees nie. Nee, dit vat tyd. Die siklus van ‘n eier na ‘n skoenlapper is tussen ‘n maand na ‘n jaar. Afhangende van die soort skoenlapper. Net so is dit met jou. Die proses, van jou voete vind in hierdie nuwe wêreld waarin jy jou bevind, verskil van die volgende persoon. Daarom is dit belangrik dat jy nie gefokus sal wees op ander mense nie maar dat jy net op jou alleen gefokus sal bly. Jy kan nie jou groei aan ander vroue meet nie. Slegs jou tyd en deursettingsvermoë gaan bepaal hoe lank jy gaan vat om jou voete te vind.
In hierdie proses van jou-voete-vind gaan jy foute maak, sommiges gaan baie maak, ander minder – dit hang af van jou uitkyk en ondervindings en selfs jou onkunde. Maar elke fout is deel van die proses wat jou uiteindelik in ‘n pragtige skoenlapper gaan verander. Jou vermoë om tot hierdie nuwe pad te verander gaan af hang van jou vermoë om in te neem, te verstaan en dan oor te gaan in aksie.

Met dit als gesê wil ek tog ‘n paar oomblikke afstaan aan weduwees en

wewenaars wat die afsterwe van ‘n lewensmaat moet verwerk. Die verandering kom soms skielik, wat jou rigtingloos en ongebalanseerd laat. Of, as gevolg van ‘n lang siekbed, beskou jy die dood op daardie oomblik as ‘n lafenis weens die swaar lyding en pyn waardeur jou geliefde gegaan het. Agterna, bly jy agter met baie vrae. Weereens, ek is nie ‘n berader nie en het nog nie ‘n lewensmaat verloor nie so ek moes staatmaak op my ondervindings met mense na aan my wat daar deur gegaan het of moes gaan oplees om nou nie myself met ‘n plank te slaan nie.

Dood is ‘n traumatiese gebeurtenis wat elkeen ook anders hanteer. So daar is nie rerig reëls in die hartseer stadium nie. Elkeen ervaar en doen dit anders. Sommige mense gaan vinnig aan met hul lewe terwyl ander weer nooit daaroor kom nie. Op die oogaf gaan hulle aan maar daardie hartseer en verlange na hul maat verlaat hulle nooit nie. Ek sien dit met my pa, die verlange is diepliggend en hy praat min daaroor maar dit maak nie die verlange minder of onbelangrik nie. Ek dink ons kyk dit juis mis by mans omdat hulle nie oor hulle gevoelens praat soos ons vrouens nie en daarom is dit belangrik om bedag te wees daarop, veral as kinders. Deur dit te ignoreer maak dit die probleem net erger. Spandeer tyd met iemand wat daardeur gaan. Doen moeite om uit te reik. Ek is gelukkig om ‘n maat te hê wat ook bedag is op my pa se gemoedstoestand en hy nooi my pa dikwels saam wanneer ons die pad vat op een van ons togte of sommer net braai by die huis. Alhoewel ons nooit die plek van my ma kan inneem nie maak dit die las tog ligter en kom hy uit en sien die wêreld om hom.
Ek het ‘n bietjie op Google gaan rondswerf en die volgende doktoraal gekry oor dit. Die skakel is beskikbaar by vandag se plasing.

Daar is die volgende geskryf en ek haal aan:
http://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/408/482

“Ella is 60 jaar oud en haar man is vyf jaar gelede oorlede. Hulle het ’n seun en dogter uit die huwelik, wat haar bystaan in tye van nood. Sy voel veral eensaam gedurende naweke en in die aande, wanneer sy nie besig is nie. Dit is vir haar baie moeilik om alleen na alles om te sien. Sy het nie meer iemand met wie sy probleme en besluite kan deel nie. Dit is nie meer vir haar lekker om kos te maak of naaldwerk te doen as daar nie iemand is vir wie sy dit doen nie.’

Met bogenoemde inaggenome is dit dus duidelik waarom juis die geloofsgemeenskap ’n ruimte moet skep vir ‘koinonia, in order to support people who are to be healed and to help them discover meaning’ (Louw 2008:27). In die volgende direkte aanhalings uit gesprekke met die vroue is dit duidelik op watter wyse eensaamheid nie net as ‘n verhaal van nood ervaar word nie, maar dat dié gespreksgenote juis ook ’n behoefte aan gesprek binne die koinonia-ruimte daaroor nodig het:
Marietjie: ‘Dit help dat ek met iemand kan praat wat vir my riglyne kan gee hoe om hierdie eensaamheid te verlig.’
Doman (2007:4) skryf dat eensaamheid gesien word as ’n subjektiewe ervaring wat deur verskeie veranderlikes beïnvloed word. Daar is by eensaamheid twee aspekte van belang is teenwoordig. Eerstens word eensaamheid ervaar as gevolg van swak sosiale verhoudings, waar die basiese behoeftes van die persoon nie bevredig word nie en tweedens as ’n onaangename en soms pynlike verlange na meer interaksie as wat tans ervaar word (Wintrob 1989:80).
Marietjie: ‘Daar is niemand wat regtig vir my omgee nie. Ek moet altyd alles alleen doen.’
Ella: ‘Ander mense gee tog nie om wat met jou aangaan nie. Almal leef net vir hulle self.’
Ansa: ‘Ek pas nêrens in nie. Getroude vroue sien my as ’n bedreiging al is my bedoeling hoe goed.’”
En hierby wil ek aansluit.
Punt nommer 1: Dit is die koinonia of die gemeenskap – hetsy vriende, kinders en die kerk wat hier ‘n groot rol te speel het. Toe my ma nog by die ouetehuis gewerk het, het hulle baie byeenkomste gereël deur die ouer mense te akkommodeer. Hierdie funksies het die moraal van die oumense hoog gehou en hulle het mildelik bygedra. Baie vroue is alleen op hul oudag, met ‘n lewe wat eintlik voor hul uitstrek, leeg en sonder doel. Dan gee hierdie uitreikings hul weer ‘n rede om mooi aan te trek, met mense te kommunikeer en te voel hulle is deel van die gemeenskap. Maar, in baie gevalle is dit net die mense wat daar bly of vriende wat genooi word. Daar is ‘n groot aantal mense wat in hierdie tyd heeltemal alleen is en geen uitreiking na hulle het nie. Die gemeenskap en kinders het hulle bloot vergeet en is die nood groot tussen hulle.
Punt nommer 2: Om die laaste dame se aanhaling aan te haal, en daarmee kan die meeste enkellopendes aanklank vind. Skielik word jy ‘n bedreiging vir, veral getroude vroue. Dit is in hierdie tye wat mense dan die enkellopende verstoot en voel hulle nog meer verwerp en verlore.
Dit is hoekom dit belangrik is dat jy nuwe uitlaatkleppe kry. Nuwe stokperdjies of nuwe velde betree want dit bring jou in voeling met mense en voel jy weer nuttig, as mens.
Om jou voete te vind is nogal ‘n moeilike taak, vernaamlik wanneer jy nie weet wie jy is en waarheen jy oppad is nie. Die meeste mense verval in depressie in hierdie tyd. Hulle sien net nie die lig in die donker tonnel nie. Dit is dan wat jou ondersteuningsgroep hande moet vat en jou daadwerklik help. Die laagtepunte in ‘n mens se lewe is soms oorweldigend en dan sien jy niks en dit is net met liefde en baie geduld wat jy daaruit kan ontsnap. Dit is gedurende hierdie tye wat die verkeerde besluite ook geneem kan word… ek weet, ek was daar. Dit is dan wat jy oorhaastige besluite neem en die prys betaal of jy nou daarvoor gevra het of nie. Dit is dan dat jou hartsvriende tussen beide moet kan tree en jou help voor jy ‘n flater begaan. Maar as julle enigsins na my aard; dan is dit eintlik onmoontlik vir hulle om te help. Want jy tree impulsief op, so vinnig dat jou kop eintlik daarvan sing. Terwyl jy eintlik net moet stil raak, met iemand gesels of vrae vra voordat jy die besluit neem. Trots is ‘n lelike ding. Dit is dan wanneer jy glo jy is moeg gevra vir hulp en moeg vir die afjakke en neem ‘n besluit wat jou erg benadeel. Weereens ek praat van ondervinding.
Om jou voete te vind beteken jy het ‘n stewige fondasie onder jou. Die fondasie is sterk gebou, stewig geanker in moeder aarde en jy is onwrikbaar. In jouself, in jou geloof en in wie jy is. Niks kry jou onder nie. Om hierdie fondasie te verkry is ‘n proses op sy eie.
Jou geloof is jou anker. Daar sonder kan jy nie staande bly teen die storms van die lewe nie. Sonder dit is jy ankerloos terwyl golwe teen jou slaan. Dit is dan dat jou skippie al in die rondte tol, sonder rigting. Ek het vir ‘n tyd so geloop. Ankerloos. Het gedink ek sou dit maak maar dit het nie so gewerk nie. Op die ou einde is ons gemaak om ‘n anker te hê. Ons elkeen sien hierdie anker anders so maak dit vas sodat jy koersvas kan bly.
Jy moet ook glo in jouself. Jy moet jouself baie goed ken. Jou swak punte en jou sterk punte. Maak ‘n lysie daarvan. Wees eerlik met jouself. Jy beindruk niemand nie, en niemand gaan dit sien nie. So, skryf als neer. Selfs daai dinge wat jy agter ‘n masker wegsteek. Dit is nou die tyd om dit uit te haal, af te stof en te deel. Onthou dat hierdie stadium baie uitpuntend kan wees so doen dit oor ‘n tydperk. Gaan kort-kort terug na jou lysie en dateer dit op. Werk aan die negatiewe dinge. Maak ‘n doelbewuste besluit om dit nie meer te doen nie. Net deur daadwerklike aksie sal jy resultate verkry. Wees ingesteld op jou omgewing en die dinge wat jou beïinvloed en kyk hoe jy dit kan verander indien dit negatief is. Verander die dinge wat binne jou vermoë is. Ons houding teenoor mense en ons omgewing kan ‘n bepalende faktor word wat deure oop of toe sluit. 
Tydens my eie soeke het my pad gekruis met hierdie gediggie wat ek graag wil voorlees. Dit was deel van die lewens orienteering’s kursus wat ek gedoen wat my werklik gehelp het om ook my voete te vind.
One
- Unknown
One song can spark a moment,
One flower can wake the dream.
One tree can start a forest,
One bird can herald spring.
One smile begins a friendship,
One handclasp lifts a soul.
One star can guide a ship at sea,
One word can frame the goal.
One vote can change a nation,
One sunbeam lights a room.
One candle wipes out darkness,
One laugh will conquer gloom.
One step must start each journey,
One word must start each prayer.
One hope will raise our spirits,
One touch can show you care.
One voice can speak with wisdom.
One heart can know what’s true.
One life can make the difference,
You see it is up to You!
Don’t ever forget how very important You are.

Net een woord kan jou hele lewe verander. Net een woord kan jou op die regte pad bring maar dit begin by daardie besluit om te wil verander. Om jou voete te vind is ‘n moeisame proses maar dit kan gebeur deur aan te hou. Jouself te verryk en in jouself te belê. Jy is op die ou einde jou grootste bate. Die een belegging waarin jy daadwerklik positiewe dinge kan belê en die regte resultate kan verkry. Onthou jy is nie alleen op hierdie pad nie. Moenie bang wees om te vra nie. Moenie bang wees om uit te reik nie. Kry hulp. Dit maak dit makliker.



Skitter net waar jy is diamant, tot ‘n volgende keer. 
Mooi loop. 




WEN KAARTJIES NA DIE GOSPEL SKOUSPEL MET ELAN GLOBAL RADIO
1 X Dubbel kaartjie (2 persone) vir die GOSPEL SKOUSPEL PRETORIA
25 AUGUSTUS 2018

VRAAG: Watter tipe program is Tannie Corri se Kombuis
SKRYF SO IN:
1. Gaan “like” en “share” ons Facebook bladsy Elan Global Radio Kuier en Klets
2. Stuur die antwoord op die vraag per epos na elanradio@gmail.com tesame met jou naam en kontak besonderhede
3. OF WhatsApp: 066 305 3580
SLUITINGSDATUM: WOENSDAG 22 AUGUSTUS 2018 om 22:00
B & V’s geld
Prys kan nie vir kontant geruil word nie.
Prys sluit geen verversings of vervoer in nie.
Wenners sal toestemming gee om hulle foto op ons facebook bladsy te plaas.
Elan Global Radio
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Facebook: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.
http://14123.live.streamtheworld.com/SAM04AAC125_SC



Woensdag 08 Augustus 2018

Drome en Ideale... hoe pas jy dit toe in jou lewe.

‘n Hartlike welkom by Diamant Divas. ‘n Program vir die enkellopende vrou maar mans is nie uitgesluit nie. Om meer van ons te wete te kom kan julle ons webwerf besoek by www dot elan global radio dot com of ons besoek by ons Facebook blad: Elan Global radio of my blad, Diamant Divas en ‘n duimpie gooi. Indien julle meer vrae het kan julle my ‘n epos stuur na lynelleclark @ gmail dot com. Vir ‘n goeie opvangs kan jy ook die Simple radio applikasie aflaai en kliek op ons Logo direk van jou slimfoon af. Indien jy my program mis of met iemand wil deel is die potgooi beskikbaar op die webwerf.




Vandag wil ek bietjie gesels oor ons drome en ideale. Wanneer ons ons self op hierdie pad van enkelingskap bevind dan is ons geneig om oorweldig te voel oor die gebeure, die hartseer en al die finansiële probleme wat ons ondervind. Dit is dan wat ons die belangrikste eienskap van ons menswees vergeet. Ons drome en ideale. Hierdie drome gee ons die energie en voeding om aan te beweeg. Om rede te vind vir ons bestaan. In hierdie tyd word jy met baie eerstes gekronfronteer.  En het jy ook die geleenthede of tyd wat jy andersins nie sou gehad het. Dit hang net af van jou benadering.

Kom ons kyk na drome: ons onderbewussyn vertel sy eie storie. Hetsy in prentjies of gedagtes wat dan opkom tydens slaap. Die tyd wanneer ons rustig is en daar geen buite invloede ons kan besig hou nie.

Elke mens droom 3 tot 6 keer per nag, almal kan net nie hul drome onthou nie. Alhoewel dit partykeer voel asof ‘n droom lank aangehou het, het studies bepaal dat drome gewoonlik so tussen 5 en 20 minute duur. Drome wissel van persoon tot persoon. Drome word beïnvloed deur jou omstandighede, jou lewe, mense wat jy ontmoet, jou vrese en verwagtings. Drome is gewoonlik simbolies van aard en kan ‘n rigting aandui of jou waarsku teen moontlike gevaar. Die vraag is hoe jy ingestel is op jou drome?



Martin van der Merwe skryf in sy boek: Hoor God Droom Woordeboek “Die interpretasie van drome en visioene is ‘n profetiese aksie. Jy moet daarom verstaan dat die antwoord in ‘n geestelike verhouding met God lê, en nie in die letterlike interpretasie van die simbole in die droom nie. Dit is baie belangrik om dit goed te verstaan, die vyand sal sy bes doen om jou te mislei en die drome en visioene wat jy van God ontvang, verkeerd te verstaan. 2Pet 1:19-21”



Wanneer die lewe ons allerhande “curve balls” na jou gooi, is ons geneig om eerder die drome te interpreter soos ons dit sien en verloor ons die belangrike boodskappe daarin. Of ignoreer die droom totaal en al en op die ou einde word ons afgestomp en rigtingloos. Tydens my pad het ek nie meer myself die luukse van drome veroorloof nie en myself heeltemal afgeskakel. Ek het gevoel dat die drome vir iemand anders is wat dit meer verdien, dat dit in elk geval nie waar sal word nie en het myself doelbewus afgesluit. In die proses het ek afgestomp geword. Jare het verby gegaan waarin ek geen droom gehad het nie ek dit het bygedra dat ek lewensmoeg geword het, met geen visie vir môre nie. Eers agterna het ek die belangrikheid van drome en visie in my lewe verstaan en die invloed wat dit regtig in ons lewe het.

‘n Visie is om ‘n plan te hê. So dikwels hoor ek mense sê: “As ek net die Lotto kan wen dan sal ek…” Dan is my vraag weer: “Het jy planne vir daardie miljoene?” Baie mense het nie, ander het wel. Maar jy sien, as jy nie daadwerklik begin werk daaraan nie en net wag vir die Lotto sal deure nie vir jou oopgaan nie. ‘n Visie beteken bloot ek het ‘n plan (wat jy neerstip in jou dagboek) en dan kyk jy hoe jy dit tot uitvoer kan bring. Jy moet dalk met iemand praat daaroor, iemand wat die regte kontakte het. Om met die verkeerde persone te praat oor jou droom of visie kan veroorsaak dat jy mismoedig word en die droom of visie word dan geaborteer. ‘n Visie neem vorm aan wanneer jy daadwerklik iets daaraan doen. Om te wag vir die Lotto gaan dit nie vorm laat aanneem nie. Dit sê vir my dat dit nie rerig ‘n erns by jou is nie. Daar is heelwat mense (met geld) wat wag vir jou om na vore te kom en bereid is om jou te help maar die eerste stap begin by jou.

Wanneer laas het jy jouself toegelaat om te droom?
Wanneer laas het jy ‘n visie gehad?

Dit was seker een van die eerste vrae waarmee ek gekronfronteer was op my nuwe enkelpad en ook op daardie stadium ‘n baie moeilike vraag om te beantwoord. Wanneer jy herhaaldelik deur die lewe gekasty is, verloor jy die lus vir die lewe. Jy verloor jou wil om verder te sien as net die hier en nou.
Ek het Maandag ‘n video clip gesien van ‘n vrou wat ‘n dubbele masektomie gehad het. Dit was baie traumaties en iets waarmee sy gesukkel het, wat verstane is. Maar in plaas van om in ‘n hoekie te gaan sit en haar self te bejammer het sy die geleentheid omgeswaai en iets positiefs gedoen. Hulle noem dit ‘Knitted Knockers’. Nou verskaf sy aan duisende vroue, met die hulp van volunteers, nuwe hoop.
Ek sal die skakels op my blog en Bakkiesblad sit sodat julle self meer oor haar kan lees.  


Of kry die patroon hier.

Om te droom is om jouself toestemming te gee om te dink oor ander dinge behalwe die hier en nou. Om in iets te glo – ongeag hoe onbereikbaar dit mag wees op hierdie pad. Myles Monroe het altyd gesê dat die rykste plek in die wêreld is die begraafplaas. Wanneer ons nie ‘n droom het nie gaan daardie droom (wat God ingedagte het vir ons) dood en het baie mense miskien ‘n werksgeleentheid of iets wonderliks gemis bloot net omdat jy nie bereid was om te waag nie. Miskien was jy bang, of soos ek lewensmoeg, of miskien het jy geglo wat mense aan jou toegedig het: dat jy nooit goed genoeg sal wees nie. Miskien het mense vir jou laat glo, omdat jy net ‘n vrou is, kan jy niks noemenswaardig wees of doen nie. Daardie leuen ontneem ons dan van die magical lewe wat vir ons wag. Ons lewens word baie beïinvloed en beheer deur leuens. Vir elkeen verskil hierdie leuens. Sommige leuens is wat ons ons self vertel. Of wat die gemeenskap ons vertel. Ander is wat mense in ons lewens deponeer.

Leuens weerhou ons daarvan om die werklikheid te sien. Of om die skille van ons oë af te haal of in die visbak te bly want elkeen veroorsaak ‘n comfort zone. Wanneer die leuen ontbloot word dan moet ons letterlik op die ys loop. Daardie eerste tree mag glibberig wees, vol valle en bloukolle wat ons laat glo dit is nie die moeite werd nie. Of mense het dit al so baie in ons koppe geklap dat ons die leuen vir die waarheid aansien.

Elke tree wat jy neem bring jou nader aan die werklikheid van die droom. Hoe meer jy jouself bekwaam in ‘n bepaalde rigting hoe nader beweeg jy na die droom as ‘n realiteit.

Maar jy moet daardie eerste tree gee. Soms is dit ‘n moeilike stap, vol van die worstelinge en verpligtinge wat die droom kan verdof. Spesifiek wanneer jy deur swaar tye gaan kan dit heeltemal verdwyn. Om dan weer in daardie plek van droom te kom vat baie tyd en dit kan vermoënd wees.

Hoe meer tyd jy aan die droom spandeer hoe nader sal dit kom. Ek is bewus van ‘n paar mense wat byvoorbeeld ‘n boek wou publiseer en eers op 70 dit reg gekry. Met ‘n onlangse boeke skou in Pretoria het ons ‘n man ontmoet, met ‘n wêreld se ondervinding, wat sy eerste boek op 76 vrygestel het. Helder van verstand, het hy ons vergas met staaltjies vanuit sy lewe en die invloede wat sy lewe beïnvloed het. So het ek al mense met resensies gehelp wat ook eers op ‘n hoë ouderdom hul boeke bekendgestel het. Ek self is ‘n “late bloomer” my eerste boek was eers op 48 vrygestel. In die jare wat oploop daarna toe, tel jy ondervinding op. Jy leef en leer van die wêreld om jou, om dan dit wat jy ondervind, het weer te gee in storie vorm. Dink aan mense soos Laura Wilder wat haar eerste boek op 62 gepubliseer het. Harry Bernstein het sy eerste boek op 96 gepubliseer. Die lys is eindeloos. Ek sal links by die blog plasing plaas vir julle om selfstudie te gaan doen.


  
Jy sien, met ouderdom kom wysheid en doen jy dinge dan wat mense aangryp en motiveer. Ons elkeen, jonk en oud het ‘n invloed op ons medemens. Ons is nie eilande nie, gestrand in die middel van die groot see, wat net bestaan nie. Nee, ons is individue met genoeg skeppingsvermoë om iets nuut te skep wat ‘n positiewe legacy kan los.  Alles in die lewe het met ‘n droom begin. Einstein, Henry Ford, Thomas Edison, Wright Brothers… weereens elkeen het begin met ‘n droom en toe begin werk aan daardie droom sodat ons vandag die gerief van hul uitvindsels kan hê.


 Tyd of ouderdom is nie ‘n beperking nie, net jou eie onvermoë of traagheid kan jou stop. Daar is ‘n keuse wat jy, as vrou kan maak. Gaan jy toelaat dat jou situasie die oorhand kry of gaan jy opstaan en die eerste tree gee? Gaan jy jou fokus verander van die hier en nou na more, daar waar jou lewe alreeds kristal helder is?


TAL GUR. The Art of Fully LivingIn life, the natural inclination is to look for solutions externally. We believe people, possessions, and experiences will lead us to greater happiness and fulfillment, as if the outside conditions determine our interior experience. But what if you reversed the order? What if you first looked inward and, only then, outward? Let’s say you’re looking for a romantic partner to cure your loneliness and make you happy. Wouldn’t it be simpler to find a suitable partner if you already felt happy and complete within yourself? This idea might seem radical, but nothing outside of you can make you feel anything, unless you permit it. Happiness, fulfillment, or any other emotion always comes from the inside. This paradigm shift can be vital when it comes to building wealth. More often than not, we set financial goals from a scarcity mindset. We have a set of limiting beliefs that lead us to secretly think we are not wealthy. We tell ourselves that our resources are finite. We believe that we’re in competition with others. While money is an essential resource, it's our skills, health, knowledge, attitude, and relationships that are our real capital. As mentioned before, money is not the cause of wealth, it’s the effect. In fact, one key relationship is often all you need to lay a foundation for a business and generate income. You can, for example, offer your services to one of your friends or colleagues, or offer a developer a percentage of profit in return for his or her programming services. Remember, often, the outer world is simply a reflection of our inner selves.You’re more likely to attract wealth when you already feel wealthy, when you know that everything that comes from the outside is a bonus, the icing on the cake. As self-development author Wayne Dyer has said, “Prosperity in the form of wealth works exactly the same as everything else. You will see it coming into your life when you are unattached to needing it.” 
Ons moet ons self toestemming gee om verder te kyk, weg van die tekortkominge en die negatiewe dinge. En in tap in die skatte wat in die binnekant verskuil is. Met ‘n positiewe gesindheid kry ons meer vermag.

Soms dink ek, Lynelle, jy doen so baie maar tog, finansieël bly jy afhanklik. Ek is ‘n verkoopsagent maar het nog geen eiendom verkoop nie. Ek skryf boeke maar verdien nie genoeg om te leef daarvan nie. Maar wanneer ek terug kyk, en ek sien hoeveel ek gegroei het in die laaste 4 jaar, dan lyk die prentjie anders. Jy sien, dit gaan nie oor die geld nie maar oor my vermoë om verby die tekortkominge te kyk en my passies uit te leef. Om in my skatkis te delf en dit waarvoor ek lief is uit te haal en te deel met die mense om my. Ek glo dat dinge wel sal verander, finansieël en ek my onafhanklikheid sal verkry. Daardie hoop hou my aan die gang.

Visualiseer jou drome. Skep ‘n bord met jou drome.
Baie praat van ‘n To-do-list waar jy alles aanteken wat jy graag wil doen.

·       ‘n Wêreldreis
·       Dansklasse neem
·       Chefklasse
·       ‘n Besigheid begin
·       ‘n Boek vrystel
·       ‘n Sepie skryf
·       Verder studeer
·       ‘n Motorfiets koop vir die lang uitgestelde roadtrip
·       ‘n Lewensgids te word.

 Die lys is eindeloos.

Kyk gerus na die video clip wat ek op die blog plasing gesit het deur Jack Canfield. Making Your Dreams Come True Visualize



Ek het die volgende uittreksel van die web werf: Raise your vibration gekry.
If you know about the Law of Attraction, you’ve likely heard that it is important to visualize your dreams in order to draw them closer to you.  While this definitely true, it is important that we visualize properly in order to manifest.  Improper visualization can actually push our dreams further away from us.Here are a few tips on how to visualize your dreams effectively.  Following these steps will help you use the Law of Attraction with success: 
1. Be specific: In the initial stages of visualization, it’s best to identify as many aspects about this manifestation as you can.  For example, if you want to attract a new car, take the time to figure out the exact model and all of the options that you would optimally want.
We’ve all had the experience of “almost” getting what we want, like getting the right car at the right price but in the wrong color.  As you progress through these steps, the universe will start to bring you what you’ve been thinking about, and if you haven’t thought at all about a key detail, your dream might manifest without it.Therefore, it is best to fully identify what you want so it manifests properly the first time, and you don’t have to go back to the drawing board after an “almost perfect” item has shown up in your reality.
2. Focus only on what’s wanted: When you are trying to visualize something to manifest (like maybe a new job), stick ONLY to the aspects that you want.
In other words, you wouldn’t want to be thinking during your visualization “I don’t want a lot of meetings” or “I don’t want a boss who’s a control freak.”Thoughts like these will conjure an image in your mind of a lot of meetings or a controlling boss.  Visions like these make it more likely that the universe will bring you a job that has these exact things that you do not want.You get the things that you are thinking about, so in this scenario it would be better to say things like “I want a lot of time to work independently” or “I want a boss who is flexible and understanding.”  Then, visualize working independently and having a flexible, understanding boss.Manage your thoughts during your visualization to ensure that they focus only on the wanted.
3. Let the universe decide how it happens: Please make sure that you don’t spend any effort or time visualizing how your dream will manifest.
For example, let’s say that you want a 60 inch screen television.  Do not make it part of your vision to imagine yourself going to the store and buying it.The reason this is important is that the universe can deliver your dreams in an infinite number of ways.  It may be easier and quicker for your dream to come in a way you’ve never considered.Maybe you’ll win the television in a raffle your friend entered you in without your knowledge, or a co-worker needs to move suddenly and simply gifts their brand new TV to you.Stick only to the end outcome. It is your job to decide what you want, but it is the universe’s job to decide how to bring it to you.
4. Immerse yourself in the vision to feel like you have it: Once you have clearly identified exactly what you want, allow yourself to be totally immersed in the vision.
If it’s a dream vacation, do a google search and look at pictures on the internet of the destination, the airport you’d arrive in and the hotel you’d be staying at.  If it’s a new cell phone, go to the mobile store and pick up the phone, look at it and play with it.  If it isn’t something tangible, simply spend some time fantasizing about having it.The goal here is to begin feeling like you already have what you want.  Feeling as if you have your dream will bring you into the frequency of actually having it.
5. Let go: This is the most important step and the one most people get stuck on.  After you’ve properly defined what you want and immersed yourself in the vision, you must let go in order for manifestation to occur!
Do not obsess over this visualization any more.  You have done your job of visualizing exactly what you want, now you must send the universe a message that you expect for it to arrive.Sitting down day after day to visualize sends a message that you are focused on not having what you want.  Focusing on not having something creates a situation where it will continue not to come.You’ve very likely had several experiences where you wanted something very badly for a long time and you just couldn’t seem to take your mind off of it.  Finally one day you said “I give up on this! I’m ready to move on with my life!” and then WHAM! it manifested almost immediately.Remind yourself of times like these to help you let go when you are working with your new dreams.  Paradoxically, if you can make it ok for your dream not to come true, it will come true.  Surrender your vision to the universe and then get back to living your life.
Ek hoop werklik dat hierdie raad jou sal help om jou op die pad te kry waarvoor jy geroep is. Kyk wyer en dieper. Kyk verby die leuens en glo dat jy tot meer in staat is. Omring jou met mense wat werklik in jou glo.
Op so ‘n manier bou jy aan jouself. Kom jy verby die seer en verwerping en begin ‘n nuwe jy.
Dit kos werk om ‘n nuwe jy te skep. Nie net moet jy jou liggaam verander nie maar ook jou denke. Wanneer jy nog aan leuens vashou en negatiewe gedagtes het sal die pad vorentoe ‘n sukkelende en selfs teleurstellende pad wees. Daarom is dit belangrik om in jouself te belê. Lees opbouende leesstof; indien jy nie boeke kan bekostig nie sluit by die naaste biblioteek aan. Die aansluitingsbedrag is minimal en net eenmalig. Woon opbouende seminare by wat jou motiveer en die regte boublokke gee. Ek het bv met die Gautrein Sandton toe gegaan om na JT Fox te luister. Baie van sy seminare is verniet en die inligting wat jy daar kry waardevol en toepaslik.
Elke positiewe stap is ‘n stap in die regte rigting. Onthou: vir jare was jy gewoond aan ‘n bepaalde leefstyl en denkpatroon. Maar nou dat jy op jou eie is en jy geleentheid het om jouself te verbeter gaan jou denkpatroon en manier van doen moet verander. Dit gaan tyd vat. Dit vat ten minste 90 dae of 3 maande om ‘n nuwe lewenstyl aan te leer en dit te leef. Indien jy faal die eerste maal, probeer weer totdat jy die resultate verkry wat nodig is.
Dinge gaan nie oornag gebeur nie. Hierdie is nie ‘n kitsprogram nie. Hierdie gaan self dissipline en nog meer tyd kos met baie geloof in jou vermoëns. Jy kan vir baie mense vertel van jou droom, maar indien jy nie werk daaraan nie bly dit net praatjies. Praat sonder werke is vrugteloos. Dit is soos iemand wat gewig wil verloor maar nogsteeds die selfde vetmaak  kosse eet. Jy sal geen resultate kry nie. En dit gaan ook nie oornag gebeur nie. Om bv jou diet te verander beteken jy moet sekere kosse vermy, oefen, gaan stap, miskien swem, selfs gaan dans om die resultate te verkry. Maw dit gaan werk kos.
Net so met drome en jou denke. Jy moet die regte inligting inneem, met positiewe mense gesels en daadwerklik jou gedagtegang verander om verby die struikelblokke en leuens te kom. Dit is ‘n gedissiplineerde lewenstyl wat tyd gaan neem. Maar op die ou einde sal jy die vrugte daarvan pluk.
Die dag toe my eerste boek gepubliseer was, het ek letterlik op die wolke geloop. Toe skielik was die tyd wat ek opgeoffer het iets wat ek kon waardeer. Jy moet tyd met jou familie opoffer, tyd met die sosiale media. Jy moet tyd maak om navorsing te doen. Tyd verloop tydens die redigering, waar jy groot dele van die boek oor moet skryf of heeltemal moet herskryf. Jy gaan soms voel om op te gee maar wanneer die eindproduk in jou hande is dan is dit iets wat niemand van jou kan wegneem nie. Die prestasie is die mees vervullende gevoel wat jy ooit sal ervaar. Dit is soos om jou kind in die lewe te bring, groot te maak en dan die dag wat hy/sy trou te voel jy het iets reg gedoen. Dit is verrykend en vervullend. Dan gaan dit voel of tyd gevlieg het.    
Net wanneer jy glo en doen sal mense saam met jou begin praat en selfs in jou glo. Saam met daardie glo sal hulle dan in jou belê.
Ek wil jou vandag aanmoedig om verby die hoekoms te kom, die seer vir ‘n oomblik te vergeet en jouself toestemming te gee om weer te droom. Jy is ‘n diamant in wording, die snyproses is seer en ongemaklik maar op die ou einde gaan jy blink.
Skitter net waar jy is, diamant en word die beste jy.
Tot ‘n volgende keer.


SKAKEL IN: 
SIMPLE RADIO App.
…/elan-global-radio.htm

Wie se beeld is in jou kop; Goliat of Dawid?

  1 SAM 17: 12Dawid was die seun van Isai, ’n Efratiet uit Betlehem in Juda. Isai het agt seuns gehad. Hy was toe alreeds oud. 13Die oudste ...