Woensdag 03 Oktober 2018

Program 17: Kan ek weer lief hê of ‘n man vertrou?


 Dit is ‘n vraag wat ek my self baie afgevra het nadat ek weg is van my gewese man. ‘n Vraag wat familie en vriende ook gevra het. Om weer in ‘n verhouding te gaan was iets belagliks juis omdat ek so afgestomp gevoel het. Wie wil nou in elk geval weer in ‘n verhouding gaan na 30 jaar lange verhouding? Ek kon nie verstaan dat mense dit nie kon begryp nie en het liefs weg gebly van sulke mense. Ek moes juis wegbreek om myself te vind. Deur onmiddelik weer betrokke te raak by ‘n persoon was vir my doelloos. Dan kon ek mos gebly het waar ek is, nie waar nie?

In die begin was my antwoord onoorwonne nee. Never again het baie maklik oor my lippe gerol. En enige voornemende man het ek sirkels omgeloop. Soos tyd aangestap het en die alleenheid begin knaag het, het die antwoord na miskien verander. Toe het ek doelbewus geselskap opgesoek. Baie huiwerig maar ek het besluit om oop kop te wees oor sulke prospekte. Dit was gedurende hierdie periode wat ek heelwat geleer het oor verhoudings en wat die teenoorgestelde geslag soek. Daar was dae wat ek net my kop kon skud vir die domhede en net gelag het. Dan was daar tye wat ek die geselskappe geniet het maar ook geweet het ek en die persoon het nie ‘n toekoms nie.

Later het dit verander na ek soek ‘n maat en was redelik doelgerig in my soeke. Met geen defnitiewe riglyne wat ek verlang in ‘n maat nie. Ek het net geweet die persoon moet die lewe geniet en nie sy rusbank se geselskap verkies elke dag nie. Nee. Ek wou die wêreld sien. Na ‘n slegte romantiese ondervinding en voor Isak in my lewe in gestap het, het dit verander na “ek soek ‘n maat wat my sal verstaan en nie net gebruik nie.” In hierdie tydperk het ek my vas geloop teen heel wat manne wat my net wou gebruik vir een ding. Hulle was nie bereid vir enige commitment nie maar tog in die selfde asem gesê hulle dink ek is ‘n wonderlike vrou. Praat van ‘n goeie manier van iemand los. In ‘n paar gevalle was ek letterlik geweeg en te lig gevind vir die mans. Ek was gelos vir ‘n ou vlam. Ek was nie geestelik genoeg nie of nie ryk genoeg nie of… hulle was nie bereid om hul verhouding te breek nie. Jip. Dit het ook gebeur. So het ek die stelle af getrap met die wete dat mans sekere dinge verwag maar nie hul gerief gaan prys gee vir jou nie. Jy betaal die prys terwyl hulle skotvry weg stap.

Tot voor my maat op gedaag het was ek bereid om eerder alleen te bly as om weer deur daardie vernedering en seer te gaan. Ek sou nie verder soek nie en het my self onttrek van alle groepe en mense. Ek was gefokus op my loopbaan en onafhanklikheid.

Sal jy weer kan lief he?

Elke enkellopende vrou sal die vraag verskillend beantwoord; afhangende van haar verlede en ondervindings. Daar is nie ‘n reg of verkeerd nie. Daarom moet jy doen waarmee jy gemaklik is. Niemand kan rerig aan jou voorskryf nie. Dit is jou pad en jou pas.

The strength of our scars

Met dit als gesê ter inleiding is dit tyd om aan te beweeg met die onderwerp.

Indien jy wel gereed is om aan te beweeg is dit goed om dit versigtig te doen. Om lief te he en jou self weer oop te maak vat baie moed en moenie hals oor kop gebeur nie. Aan die een kant is dit goed om terug te hou, maar daarin lê ook ‘n balans opgesluit. Want knyp jy te veel toe kan jy iemand kosbaar deur jou vingers laat glip. Doen jy dit te oor haastig kan jy jou vingers verbrand.  


Stadig met die woorde “Ek is lief vir jou.” Dit is kosbare woorde wat nie gemors moet word nie. Om dit vir elke man wat jy ontmoet te sê gaan dit baie oppervlakkig laat klink en gaan jy nie kan onderskei wanneer die ware Jakob voor jou deur verskyn nie.

‘n Man het eenmaal aan my gesê dat baie mans dose is….en met die ondervinding wat ek opgedoen het, is ek geneig om saam te stem. Plaas dat ek geluister het die eerste maal toe hy dit genoem het dan was ek heelwat sere gespaar. Indien daar manne is wat luister… onthou hierdie is meerendeels ‘n program vir enkellopende vroue. So asb luister met ‘n oop gemoed want ek weet daar is boks vroue ook.

Agterna het ek besef dat sy benaming verkeerd was. Want dose is bruikbare goed maar ‘n man wat jou sleg behandel is nie. Ek dink nie daar is rerig ‘n beskrywende naam vir so ‘n persoon nie – man of vrou.

Daar is niks daarmee verkeerd om hierdie keer ‘n verhouding met versigtigheid te benader nie. Om oopkop te bly is juis wat jou gaan beskerm. Maar om jou te weerhou van enige konneksie kan jou ook benadeel.

But what you don’t realize, is that in keeping yourself from any type of connection with another person, you’re only hurting and isolating yourself. You’re really keeping yourself guarded and bitter and alone.” Marisa Donnelly
Isolasie is so maklik. Dit is makliker en veiliger om soos ‘n skilpad in ‘n dop te kruip en daar te bly met allerhande verskonings. Die enigste persoon wat dan daaronder lei is jy.

“Women are strong by nature; you don’t need to prove yourself by pushing other people away. Limiting your human connection doesn’t make you strong, sweet girl, it only makes you lonely.” Marissa Donnelly
Geen verhouding is dieselfde nie. Ons skuld dit aan ons self om elke man op eie meriete te beoordeel en nie met brille van die verlede nie. Dit is nadelig vir julle albei. Nie elke man wat jy gaan ontmoet wil jou vernietig of seer maak nie. Daar is mans wat opreg is en nie speletjies speel met jou gevoelens nie. Elke verhouding het sy eie unieke uitdagings; nie een is pynloos nie. Yster slyp yster immers.

Daarom moet jy jou bekommernisse eenkant sit en dit ‘n kans gee. Maar daar is niks mee verkeerd om eers die kat goed uit die boom te kyk voordat jy jou hart gee nie. Om jou hart te gee is om te sê ek vertrou jou. Ek glo jy sal my respekteer en eer soos wat ek vir jou doen. Ek glo jy sal my op die hande dra en my help vergeet van die verlede. Ja, my verkeerd bewys oor die liefde. Indien hy nie aan jou vereistes voldoen nie, stap weg. Voor jou hart in die saak betrokke raak.

Elke verhouding is ‘n leer proses en gee jou die ondervinding vir die volgende verhouding. Soos verskillende werke wat jy doen. Nie alles wat jy geleer het is sleg nie. Elke slegte les of seer les gee jou die werktuie of tools vir die volgende een. Jy word sterker met elke verhouding. Jy leer jouself beter ken en weet wat is jou verwagtings en hou daarby.

Ons is nie bedoel om alleen oud te word of dood te gaan nie. Die ouer mense het altyd gepraat van elke pot het ‘n deksel. En soos wat dit in die lewe gaan moet jy bereid wees om verskeie deksels aan te pas totdat jy by die regte een uitkom. Dit kan jy net doen deur uit te gaan.

Elke man het ander verwagtings. Sommige soek letterlik net ‘n huisvrou. Iemand wat kos maak, die huis skoonmaak sonder om ‘n sent uit te haal of selfs te help. Ander weer soek net ‘n poppie wat hulle kan gebruik by tye en dan eenkant skuif. Sommiges dink nie eers jy het twee brein selle nie en praat met jou soos ‘n kind. Die lys is eindeloos.

Maar op die ou einde is dit nie hulle verwagtings wat gaan bepaal of jul verhouding gaan werk of nie. Dit hang van jou af. As jy toelaat dat hy jou sleg behandel gee jy hom inderwaarheid toestemming. Dit gebeur omdat jy dink hy is die enigste man vir jou en te vinnig settle ongeag die behandeling. Daarom gebeur vroue-mishandeling so maklik. Ek sal die antwoord graag nog eendag self wil weet maar ons vroue dink deur net te aanvaar sal alles vanself reg kom en dan, wanneer dinge nie so uitwerk nie is ons seergemaak en bitter.

Jy is die enigste een wat kan bepaal hoe ‘n man jou moet behandel. Dit is jou reg om die beste te eis. Indien hy sy hand lig, hol jy. Jy maak nie verskonings vir hom nie. Jy stap weg sommer daardie selfde dag. Don’t settle. Jy is nie ‘n victim nie. Jy is ‘n diamant wat moet skitter en wanneer ‘n man dit verdof of selfs toe maak is hy die verkeerde maat vir jou.

Your strong, sensitive soul is worthy of love. And worthy of the right person, the right time, the right situation that will bring you happiness, rather than hurt.” Marissa Donnelly


“The past can only be escaped by embracing something better.” -Nicholas Sparks
‘n Gebreekte hart.
Die realiteit om weer lief te hê terwyl jou hart nog stukkend is, is pynlik en verg baie geduld van ‘n nuwe maat. Daarom is dit belangrik om met die dinge te deel so gou moontlik. Deur te leef in die verlede is nie goed vir jou nie. Negatiewe gedagtes veroorsaak ‘n negatiewe lewenstyl. En ‘n negatiewe lewenstyl veroorsaak die verkeerde keuses. Of dat jy dink dat jy niks beter verdien nie. Jy aanvaar die slegte behandeling of mishandeling bloot net om nie alleen te wees nie. Jou maat is nie dom nie en sal deur jou kyk baie vinnig. Wees eerlik met jouself en wag dan eerder tot jou hart genees het voordat jy weer die perd opsaal.
Deur om herhaaldelik terug te kyk of te verlang maak jou siek.
Baie mans glo dat hulle die antwoord op ‘n vrou se drome is maar, manne, hier moet jy luister wat sy sê en wat sy nie sê nie. Net nadat ek uit my verhouding weg is het ‘n man my genader. Ek het weg geskram, juis omdat ek nog soveel seer gehad het. Die man kon of wou dit nie verstaan nie en het lelik geraak, amper dreigend. Om ‘n vrou te wil dwing omdat jy dink julle sal ‘n oulike paartjie maak gaan nie werk nie. ‘n Vrou ken haar gevoelens beter as jy, meneer. Wanneer sy vra vir spasie, gee dit. Moenie opdringerig wees in hierdie tyd nie. Gee haar tyd om heel te word. Vrouens gee als in ‘n verhouding. Nie net hul liggaam nie. Nou moet hulle hul kop skoon kry en weer hul hart terug kry. Deur neerhalend te wees doen jy net die teenoorgestelde. Om van ‘n vrou te verwag om hals oor kop op jou verlief te raak is baie gevra en eintlik onsensitief.
Gun mekaar die tyd om te genees. Wanneer die man bly, selfs nadat hy getuie was van jou tranedal moet jy weet hierdie is die man vir jou. Deel met jou seer maar moenie kamp opslaan en te lank daar bly nie.

“And the truth is you’re scared to love again because you think it’s going to hurt. You associate love with pain. But what you don’t know yet is this very same thing you fear is what will heal you.” Kirsten Corley


Dit vat baie dapperheid en geduld om iemand weer te vertrou maar op die ou einde is liefde juis die antwoord. Saam met die regte man is daardie liefde dan nie iets om te vrees nie maar om te omhels. Gee jou self toestemming om gesond te word. Gee jou self toestemming om weer lief te hê. En bo als, gee jou self toestemming om weer te vertrou.

 Jy sal leer dat dit nie liefde was wat jou seer gemaak het nie maar iemand anders se gebrek aan liefde. Daar is ‘n groot verskil.

Moenie dat pyn deel word van jou nie. Gooi dit soos ‘n boemelaarskleed af. Verwyder jouself daarvan en gee hierdie nuwe man ‘n kans om aan jou liefde te demonstreer.

Liefde is ‘n werkwoord.
Liefde is respek en om gee.
Liefde is onselfsugtig.
Liefde soek nie sy eie belang nie.
Liefde gee en ontvang in dieselfde mate.
Liefde is jou krag en selfvertroue.
Gee liefde ‘n geleentheid om jou te genees.

 ‘n Paar dinge om te onthou.

1.Wees bedag op rescuers.
Rescuers is mense daarvan hou om in aanvraag te wees. Hulle put jou eintlik uit. Hulle sal jou altyd as die slagoffer sien want solank hulle jou daar kan hou, solank kan hulle vir jou sorg.
Mans wat jou nader in hierdie tyd sien jou vulnerability raak en sal dit gebruik vir eie gewin.
Tipiese sê goed.
“Ek sal jou help.”
“Kyk hoe hard prober ek om jou te help.”
“Ek wil net help.”
“Ek sal dit uitsorteer vir jou.”

Klink bekend? Indien so iemand in jou lewe is HARDLOOP… VINNIG.

2. Onthou dat jou vorige verhouding deel van jou ondervinding was. Leer daaruit. Vermy dieselfde slaggate. Wees waak saam en bedag. Moenie gebully word in ‘n nuwe verhouding nie. Dit is jou tyd en jy gee die pas aan.

3.Daar is tye wat jy die eks sal onthou, en dit is heel okay. Juis omdat dit jou raamwerk is sal jy vergelyk en miskien iemand soek wat presies soos die gewese maat is. Onbewustelik natuurlik. Onthou daar was goeie tye ook. Daar was mooi tye ook. Maar gee jouself die toestemming om die oue met nuwe herinneringe te vervang. Metter tyd sal daardie vergelykings ophou. Leer van jou foute uit die vorige verhouding en weet wat werk vir jou en waarvan moet jy weg bly.

4.Gaan weer uit. Staan op. Besoek plekke waar jy weer fun kan hê. Gooi daardie hartseerkleed af en leef weer. Leer om te lag, al is dit hoe moeilik. Hoe meer jy nuwe dinge ervaar hoe meer het jy skietgoed om die ou dinge te vervang. Dit help met die genesing. Kry nuwe stokperdjies. Waag weer. Glo in jouself.

5.Vat daardie kans. Wanneer ‘n man jou uitnooi vir ‘n koppie koffie, doen dit. Jy kan niks verloor nie. Hou jy nie van hom nie kan jy weg stap. Gaan altyd met jou eie vervoer op ‘n nuwe afspraak. Moenie jouself in ‘n posisie sit waar jy afhanklik is van hom nie.

6.Vat daardie stap van geloof en gesels weer met mense. Jy weet nooit, die volgende ou is juis jou sielsgenoot. Waag ‘n kans. Hou jou hart eenkant totdat die nuwe man aan jou verwagtings voldoen. En dan klim jy boots en all in.

Maar die sleutel tot dit als en die doel van hierdie program is om jouself eers te vind. Jy is die belangrikste persoon met wie jy in ‘n verhouding staan. Jy kom eerste in jou besluitnemig en keuses.  As jy nie gelukkig is nie of daardie stemmetjie pla jou aanhoudend is dit goed om eerder weg te stap.

Ek lees graag Louis Kruger se gedig voor met sy toestemming. Onthou om hierdie digters, wie se gedigte ek voorgelees het, op te soek. Die meeste van hulle het digbundels wat julle kan aanskaf.

Louis Krüger:
prente van haar
¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯
sien haar in die môre
sien haar in die aand
sien haar by die dinee
sien haar by die kerk
sien haar in die tuin
sien haar in pik swart
sien haar in bloed rooi
sien haar as sy bak
sien haar as sy rus
sien haar in pajamas
sien haar as sy slaap
orals en altyd elegant
LLSJK - 2018-07-21

Jou Vrouwees is iets kosbaars wat nie onder ‘n maatemmer weg gesteek kan word nie. Jou vrouwees wil uitkom en vir die wêreld wys jy is meer as net die boksies waarin jy jouself en ander jou sien. Jy het ‘n stille krag wat uitstaan en wat ander kan dra. Gun wonder Salomo kon so baie oor haar skryf nie. Maar as jy dit nie raak sien nie en jy laat toe dat jou liggie nie skyn nie dan kan dit groter skade berokken verder langs die pad. Hoe vinniger jy jou vrouwees ontdek en dit leef hoe mooier is jy. Hoe vinniger jy jouself aanvaar en lief is vir jou self, hoe vinniger sal jy die wêreld in die oë kan kyk. Moenie iemand toe laat om met jou emosies te speel nie… soos wat ABBA gesing het nie. Daar is meer in jou as wat die blote oog kan sien.

Skitter net waar jy is diamant, tot ‘n volgende keer.

Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
SKAKEL IN: 



My debuutbundel: "Jaarring XXXV: 'n Bos verse" is beskikbaar by my teen R100, versending uitgesluit. 
E-pos: llsjk@lakruger.za.org of per WhatsApp 084-215-3275.
Versendingsopsies:
1. Postnet: R100
2. Pax (Pep Stores): R50
3. Gewone pos: R20.







1 opmerking:

  1. Moeilike vraag om te antwoord. Dankie vir my gedig se voorlees!

    AntwoordVee uit

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...