Woensdag 10 Oktober 2018

Mans se sienings oor egskeiding deur Lynelle Clark

‘n Man se stryd word soms oorgeslaan in die egskeiding of opbreek tyd. Ons vergeet dat hulle ook ly en dat hulle manier van doen grotendeels beinvloed word deur die gebeurtenis se impak op hul gestel. Daarom het ek dit goed gedink om op hulle te fokus vandag.

Op elke gebied word ‘n mens gelouter in hierdie pad. Vrouens hanteer dit anders omdat hulle meer in voeling is met hul emosies en vinniger uitreik. Mans hanteer dit stilweg, broeiend. Vrouens se uitkyk verander oor verhoudings. Wanneer ‘n vrou weer asem kry wil sy erkenning hê. As sy ‘n man gehad het wat haar voorheen versmoor het wil sy ruimte hê om haar eie ding te doen. As ‘n vorige maat ‘n huishen was wil sy nou iemand hê wat uitgaan en die lewe geniet. Sy is dalk nou ‘n werkende vrou en haar tyd is beperk of haar belangstellings is wyer verspreid.

Hoe ook al sy, ‘n man verander ook, sy verwagtings verskuil agter traak-my-nie-agtige houding en gaan hy met ‘n ander gesindheid in ‘n volgende verhouding in. Hy kom dalk koud en afsydig voort vir sommige vroue – maar dit is als deel van die beskermings meganisme. Sy verwagtings verander ook en hy kan in baie gevalle langer enkel bly vir finansieël redes wat veroorsaak dat hy stagneer.

 Dit is hier waar die meeste struikelblokke dan kom wanneer ‘n tweede verhouding oorweeg word. Sommige mans wil nog dieselfde dink maar besef nie dat die vrouens van vandag nie noodwendig by sy sienswyses of lewenswyse gaan aanpas nie. Is hy bereid om te verander in so ‘n mate om ‘n nuwe vrou in sy lewe te akkommodeer of gaan hy verwag sy moet inpas, buig of bars? Ek dink ons kan lank net oor hierdie een vraag praat sonder om by ‘n defnitiewe antwoord te kom.

Vrouens wil raak gesien word, wil die pitfalls vermy wat gelei het tot ‘n egskeiding of opbreek, ten alle koste. Almal van ons kom met bagasie; sommige sin is sommer tasse vol en, in die geval van die gesprek, moet mans dan inval by die nuwe wese, wat hulle vas oortuig is, van lotjie getik is?

Hoe verwerk ‘n man nou al hierdie nuwe gebeurtenisse en wat dink hy van hierdie vrou wat nie soos sy vorige vrou is nie? Haar manière, kos maak, benadering tot die lewe en selfs stokperdjies is verskillend as die gewese vrou of oorlede vrou. Dan praat ons nie eers van kinderopvoeding of die feit dat sy ‘n werkende vrou is nie. Een man het sommer vroeg al die vrou ingelig waarvan hy hou vir kos. Hoe die wasbak moet lyk, hoe hy sy tee en koffie geniet en dat hy nie met die dinge gaan “compromise” nie. Ek weet nie van julle nie maar my kuite het redelik styf getrek toe ek dit hoor en sou seer sekerlik by die deur uit wees soos ‘n stormwind. Ek is niemand se slaaf nie.

Ouderdom verskille is ook faktore wat ‘n groot rol speel in nuwe verhoudings. Ek en Isak verskil byvoorbeeld twaalf jaar. In baie dinge dink ons anders, en doen dinge selfs anders. En so ‘n verhouding kan op die rotse beland nog voor dit begin het indien dit nie reg benader word nie.

Kinders kan ook ‘n verhouding kelder voor dit begin het. Persoonlik dink ek dit is verkeerd van kinders om so ‘n houding in te neem. Jou ouers is geregtig op ‘n maat en om dan te eis dat hulle mekaar los omdat jy dalk bekommerd is oor jou erfporsie is verregaande en uiters selfsugtig. Jy kry natuurlik ook die kant waar kinders dalk deur ‘n spesifieke persoon sien en net die ouer wil beskerm. So elke situasie moet volgens meriete benader word. Daar is geen goue reël om te volg nie.

Daar is baie wat oor hierdie onderwerp gepraat kan word en tyd sal my nie toelaat om alles aan te raak nie. Daarom gaan ek ‘n paar dinge aanraak wat rerig vir my baie uitstaan. Alhoewel dit ‘n vroue program is moet vrouens die volle prentjie verstaan. Dit is baie maklik om te sê “hulle verstaan ons nie,” maar doen jy ooit die moeite om hulle te verstaan? Dit sou onregverdig wees, so kom ons kyk na ‘n paar punte. Dan is ons beter ingelig voor ons sekere uitlatings maak. Ons moet ook versigtig wees om nie te veralgemeen nie. Dit sou verkeerd wees om almal onder die selfde kam te skeer. Daarom moet ons seker maak dat ons albei kante verstaan en ‘n oordeelkundige besluit kan neem.

Mans praat nie oor hulle emosies nie, bevind hulle baie keer alleen met niemand om rerig te praat nie. So, ek moes goed gaan soek vir die antwoorde op al die vrae. Met verdere soektog het ek op hierdie insiggewende stuk afgekom.



Volgens die dokument van Mnyango, Reginald Phumlani, & Alpaslan, AH (Nicky). (2018). Let's talk about divorce - men's experiences, challenges, coping resources and suggestions for social work support. Social Work, 54(1), 69-90. https://dx.doi.org/10.15270/54-1-615
 
Het die volgende punte vir my uitgestaan. Julle kan gerus die PDF document gaan aflaai om meer insig te verkry.

     1.     Feelings of anger, betrayal, confusion and sadness were at the forefront, especially after they were cheated on. Daar is ongelukkig vrouens wat ook hul mans verneuk en mans is kwaad, tree soms tot geweld oor, is verward en ook hartseer. Hulle manlikheid word dan in die ergste graad geskend en hulle vertrou geen vrou nie. Dit is dan wat ‘n vrou vir net een ding goed is. Mans is ongelukkig baie bar en verbaal oor die dinge maar as jy moeite doen sal jy verby dit kan kom en verstaan. Luister net. Om ‘n persoon aan te rand – of dit nou man of vrou is – is absoluut onaanvaarbaar. Jy breek daardie persoon tot in die afgrond af. Hoekom? Wat dink jy bereik jy?
     2.     The participants who felt that the justice system had treated them unfairly were upset and angry. Met hierdie punt kan ek nogal saamstem. In my skeisaak het ek weggestap met net ‘n paar persoonlike goedjies. Alhoewel daar dinge an my belowe is het ek dit nooit gekry nie. Nou het ek dit afgeskryf en aan beweeg. Agterna het ek besef dat ek ingeloop was maar toe was dit te laat. Verkeerde leiding kan jou saak ‘n knou gee, soveel te meer ‘n man se saak. ‘n Vrou skree wolf en almal glo haar en gedurende die skeisaak word haar kant gekies. In 2012 het ek ‘n resensie vir een van my skrywers vriende gedoen. Hy het sy verhaal neergepen as biografie wat die leser ‘n baie goeie prentjie gegee het van wat aangegaan het in sy huwelik. Die mishandeling aan sy vrou se hand, sy seuns wat seksueel deur haar geteister was, selfs bewyse dat sy ander seuns geteister het maar nogsteeds het sy die kinders gekry. Ongeag die bewyse wat hy gelewer het, het die hof die ma se storie geglo. Hy baklei nogsteeds in die howe teen hierdie diskriminasie en onreg. In sy boek was dit duidelik dat hy by tye raadop was, platsak en op vriende se rusbanke geslaap het, en absoluut verlate was. Hy het ‘n verlore stryd gestry wat hom finansieël geruineer het.  
    3.     Feelings of sadness were experienced by John and Sam for the fact that their marriages ended in divorce. John, who indicated incompatibility as the main reason for his divorce, stated: "I was sad that my marriage has come to an end and that I was divorced. " niemand stap ‘n huwelik in met die idee dat hy/sy gaan skei nie. Die hartseer van verlore drome moet dan begrawe word en jy voel die verlies aan jou lyf.
Sam, speaking from a Christian point of view, confessed: "Divorce is the last option in the Bible and ...I thought it was a disgusting thing ...I was sad we did not live up to the promises we made before God."
Hierdie was ‘n punt wat my gewese man mee gesukkel het en die verbittering was iets wat aan hom gekleef het vir lank nadat ek wag was. Dit was baie duidelik gewees die kere wat ek hom wel raak geloop het. Ek het om vergifnis gevra, ‘n paar maal, maar op die ou einde moes hy by ‘n punt kom waar hy my waarlik kon vryspreek voordat hy kon aanbeweeg. Ek glo hy het, net soos ek, geworstel met heelwat vrae en heel moontlik nooit die antwoorde gekry nie maar ons albei het aan beweeg, met ander maats, net om weer mens te word. Ek gun hom die geluk en voorspoed wat nou oor sy pad kom. Ons albei het merke oorgehou wat seker nooit heeltemal sal genees nie maar tog het ons weer ons voete gevind. Maar dit is maklik nie. Ons albei het ons huweliksbeloftes ernstig opgeneem. Dit voel tog of jy die Here in die proses verloën het. Maar ek glo ook die Vader verstaan ons harte en hou dit nie teen ons nie.
Lied
Kinders is en was ‘n seën vir albei ouers en kan daarom nie as wapens gebruik word nie. Dit is die hoogste vorm van wreedheid teenoor enige ouer.
4.  What saddened Dan and Jeffry was the fact that the divorce resulted in their parting with the children and not from ending the relationship with the ex-spouse. Jeffry admitted: "I felt sad to be apart from them." This sadness, in turn, fed into feelings of hopelessness, powerlessness and uselessness.
Ek sien dit veral by Isak wat bitter min kontak met sy kinders het. Wat die redes is weet ons nie maar die hartseer en verlange is onmiskenbaar deel van hom.
5.  The feelings of fear felt and spontaneously expressed by John and Alex centred on their children because as fathers they were no longer there for their children and looking out for them. In addition, feeling like a failure was experienced. This was mainly fueled by the inability to solve the marital problems or to make the marriage work - or to meet social expectations of marriage as an institution. It seemed that the marriage is expected to last and when this does not happen the participants are likely to feel like they failed, not only themselves but also in their inability to meet societal expectations.
Alex's account encapsulates the feelings of fear and failure alluded to above: "I think it's a sense of loss, betrayal and doubt, question yourself as a man whether you will have a successful relationship again with a woman." In the interview, he also revealed experiencing feelings of fear: "I think also fear, lot of fear ... that fear of the future, what future is holding in for you and how it's going to affect you in the long-run. Basically, you have to pick your life again and start from scratch. You 're back to where you were at 20, 18 or 19. "
     6.     Tom, Themba and John felt relieved once the divorce was finalised. Tom "felt independent" as he experienced being dominated in his marriage. Conflict in the marriage is disruptive and the divorce can bring relief, as Themba explained: "It was a relief for me because the relationship was difficult and tense due to a lot of conflict and arguments that I had with my ex-wife. I did experience that freedom ...It [i.e. the divorce] was a positive impact." 

   Weereens, hiermee kan ek saam getuig. Jou liggaam is die eerste een wat reageer wanneer jy uit ‘n toksiese verhouding weg stap. Jy voel gesonder, fikser. Daardie doodsheid gevoel word nou vervang met lus vir lewe.  

    7.     In spite of the freedom experienced, for Themba "It [referring to divorce] can humiliate you. In every aspect of life, it humiliates". For him, there was a stigma attached to divorce - especially in relation to his religious beliefs on divorce. The fact that his wife committed adultery was a humiliating experience as they were Christians; divorce is not accepted in their religion.

              8.     Themba, Mark, Sam, Carl, Jeffry and Robert mentioned experiencing feelings of emptiness and loneliness and highlighted this as a challenge following the divorce.
  a.  The stress associated with divorce affects an individual's physical and psychological health. On a physical level, four of the participants lost weight. Being worried about their children's wellbeing and being separated from them led to a loss of appetite.
"I was much chunkier, much bigger. But during the process I lost about 15 kg in an instant, probably because I couldn't eat. I had no feel for eating. I was more worried about what my son is eating, what he is doing or is he okay and stuff like that." (Mark)
b.     Jeffry and Themba gained weightan effect that is described as the relief of being unchained from the "hell" of the marriage. Themba's account echoed this when he mentioned: "My marriage lasted for 2 years. In these 2 years, it was a hell of a hell. There was no time I was happy while being married. So instead of losing weight after the divorce, I gained weight. It was a positive impact."
c.   Dave, John and Dan, in particular, referred to the fact that the divorce experience affected their sleeping patterns.
"It [being divorced and being apart from his children] became so hard that eventually, I used to drink myself to sleep because she had custody of the kids ... I could not fall asleep. I keep tossing and turning. Initially thinking about kids that I am away from them and the only way to fall asleep because the next day is work, I'll have 3 double doses and then go to bed" (Dan)
Baum asserts that men mourn differently from women by pointing out that, amongst other things, they respond to their loss by "self-medication with alcohol and drugs". Lawson and Thomson found a similar trend amongst black men from the North Central Region of the USA, with some men admitting having used alcohol and drugs to cope with the impact of divorce.

Drank is ‘n maklike uitweg, en tot my skaamte moet ek erken dat ek in hierdie tyd net so baie gedrink het. Van iemand wat bitter min gedrink het tot iemand wat nie weet wanneer om op te hou nie was dit ‘n groot verandering. Soms wil ‘n mens net vergeet. Al die seer, al die waaroms, die vernederings en al die ander emosies wat wou deur filter en besit neem van jou. Diep binne weet ‘n mens dit is verkeerd, dat jy die dinge moet hanteer maar die drank-vaagheid was beter as die oop wonde. Hiermee praat ek dit nie goed nie solank jy net besef dat dit net ‘n tydelike oplossing is. Vroeër of later moet jy verby daardie vaagheid kom en met die dinge deel. My soeke na die Vader het ‘n groot rol gespeel in my ommeswaai. Of was dit nou ‘n soeke deur die Vader na my? Weet nie, maar dit het my weer op die regte pad gebring.

Ek het dieselfde patroon ook in mans gesien. Hulle weet dit is verkeerd maar die seer is so erg dat dit die enigste manier is om weer mens te voel. Om net te vergeet en die lewe te geniet. Met ‘n vorige verhouding het ons hopeloos te veel saam gedrink. Ons albei het dinge gehad wat ons wou verdrink en ek dink dit was ook die grootste rede vir die opbreek van ons verhouding. Ons albei was op ‘n slegte plek toe ons mekaar ontmoet het, en daardie optrede het in ‘n groot mate die verhouding beinvloed. Ons het mekaar nie werklik leer ken nie en die verhouding was nie sterk genoeg om dit te red nie.

9.  A rise in blood pressure, becoming diabetic and developing high cholesterol levels were specifically reported by Jeffry as physical problems resulting from his divorce.
10. On a psychological level, divorce can leave individuals feeling depressed and stressed. This was true for Robert and Jeffry, who admitted: "I was suffering from anxiety and depression. I actually went for rehabilitation to the hospital." Sommige ervaar dit baie erg en vind dit vernederend. Maar dit moet mee gedeel word. Vroeër of later moet jy dit head-on vas vat anders kan dit enige nuwe verhouding vernietig.
11. Nine of the 12 participants interviewed reported that divorce had an extensive negative impact on them. It set them back financially, aggravated the loss of money already paid on the property, causing a reduction in income, and a lowering in living standards. The divorce left them financially strained and cash-strapped. Alex's account encapsulated this aspect. "Remember when you live in a house basically you share expenses, now you move out. Obviously, you have to wrap up your estate and everything but now you've got to pay. She has to move into a smaller place, you've got to move to a smaller place. You've got to pay maintenance for them, obviously half of their school fees and extra meals. It does set you back."
a.  In addition, the legal costs involved in getting a divorce further added to the financial strain experienced. Jeffry, Themba, Dave and Sandile spoke unequivocally about how the legal costs related to their divorces affected them financially. Sandile encapsulated this aspect when stating: "Economically, I lost a lot. I mean in the process of the divorce when I had to hire some lawyers. Even after the divorce was granted I had again gone to court time and again for maintenance. I would argue against claims because she claims big monies and I am saying no, this I cannot afford. It was so disturbing and devastating."
12. With reference to post-divorce relationships, the literature indicates that post-divorce hostility amongst the partners continued and arguments were mostly focused around the children and issues related to co-parenting. This hostility is psychologically damaging to the children and the prolonged and on-going conflict may even result in disengagement between the noncustodial parent (normally the father) and children. This trend of continued conflict following the divorce was true for Sandile and Tom, who mentioned: "The conflict I have with my ex-wife, I don't think it will ever end. I don't think she will stop having trouble with me. I've got to re-establish my whole life, you know, even your circle of friends. The friends you've had, they have all fallen away, they move into a new circle of friends so you basically kind of re-establish everything in terms of your social life, in terms of friendships, in terms of your relationships with your family ... when something like this [divorce] happens your common friends seem to fall away. In our case as well, I mean I think there is one couple I still have contact with out of say five or six couples. I think what happens is they don't want to choose sides. So instead of choosing one or the other ... things just dissolve because you don't see them anymore."

Let's talk about divorce - men's experiences, challenges, coping resources and suggestions for social work support

Net soos wat vrouens met die nadraai van ‘n gebroke verhouding sukkel, sukkel mans ook. Die feit dat hulle nie daaroor praat nie beteken nie hulle het nie probleme nie. In teendeel. Een man het bv uit sy pad gegaan om vir sy gewese vrou ‘n kar te koop toe hare gesteel is. Dit nadat die skikking alreeds bereik was. Hy moes behoorlik spook om geld bymekaar te maak maar het geweet dat hy haar nie kon los sonder vervoer nie. Ek was baie beindruk met sy optrede en agterna het hy gesê dit was juis omdat ek so gesukkel het dat hy geweet het hy kon nie ook soos ‘n doos optree nie.

Isak moes ook buig onder sy gewese vrou se demands en die gevolge op sy persoon was kwaai. Hy was siek, kon by tye nie funksioneer nie, was afgetrokke en baie stil wat heeltemal in teenstelling is met sy karakter.  

Daar is tye wat hulle ook verward voel, nie weet watter kant toe nie, probeer om alles bymekaar te hou en dan nog ‘n uitputtende / veeleisende werk behartig. Want werk hulle nie kan hulle nie al die eise nakom nie. Hulle kom ook klaar met net die nodigste besittings. Die vrou het als gehou en hom miskien al die stukkende bekers gegee. Net om nog verder in te vryf hoe sleg hy is of dat hy niks verdien nie.

In ‘n egskeiding is nie een party onskuldig nie. Albei partye dra by tot die opbreek van die verhouding. Dit werk in op albei, soveel meer op die kinders.
Dit kos verdraagsaamheid, geduld, kompromië en samewerking om letselloos daaruit te kom. Elkeen ly op sy/haar manier. Dit is hierdie leiding wat ons denke, keuses en optredes beinvloed. Met daardie vrese stap ons in nuwe verhoudings in, prober sin maak van als en probeer weer op staan. Elkeen op sy eie manier. Dit is hoekom dit moeiliker is om dan ‘n maat te vind. Een wat verstaan en wat bereid is om ruimte te maak vir jou. So kry elke pot weer sy deksel. Miskien nie weer soos wat jy dit wou gehad het nie maar nou tel ander reëls.

Weg is die stigmas en die vormpies en wil jy net aanvaar word vir wie jy is. En as die nuwe maat dan buite jou raamwerk is en julle werk mooi saam dan werk dit vir julle. So vind ons mekaar, dra mekaar, skep ruimte vir mekaar om weer ‘n nuwe toekoms tegemoet te loop. Liefde word dan op ‘n ander manier verwoord en is betrokkenheid en samewerking ‘n groter aantrekkingskrag. Jy leer om jouself op sy te sit en rerig van jouself te gee. Die verwagtings het verander en jy is beter voorbereid. Maar dit gebeur net wanneer ons die volle prentjie verstaan en in ag neem.

Tot ‘n volgende keer.
Skitter net waar jy is diamant. 


ELAN GLOBAL RADIO

Die Stasie Vir Passievolle Mense

Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

SKAKEL IN: 
SIMPLE RADIO App.



http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...