Saterdag 29 September 2018

Ithuba: 'n Tweede kanse Deur Lynelle Clark



Net soms sou ek ook wou weet wat is ware geluk, dink Netta terwyl sy na die bedrywighede om haar kyk. Leonie was nog altyd ‘n raakvat mens, haar huis en kinders getuig daarvan. Sy weet net hoe om als reg te doen. Anders as sy – haar lewe is presies die teenoorgestelde.  Op die oog af lyk haar vriendin gelukkig, tevrede en met ‘n man wat onvoorwaardelik lief is vir haar; hoe dan anders. Sy sug beswaard, eintlik meer verwese as sy eerlik moet wees.
“Wat gaan aan met jou?” verbreek Leonie die stilte
“Niks nie.”
“Dit lyk nie soos niks nie. Daardie sug praat boekdele.”
“Hou op karring, asseblief.” Skerm sy. Hoe verwoord sy haar binneste aan haar?
“Ek karring nie, stel net belang.”
“Wel stop daarmee.” Met dit storm sy uit die kombuis en loop na haar kar toe op ‘n drafstappie. Haar trane te vlak vir haar eie gemoedsrus.  Die wêreld is nat maar sy steur haar min daaraan. Vandag sien sy niks raak nie. Hoeveel kan een mens nog hanteer? Wonder sy moeg. 
“Aggenee man, ‘n papwiel. Ek is nie lus hiervoor nie!” roep sy in frustrasie uit en huil onbedaarlik terwyl sy afsak teen die kar tot in ‘n modderpoel. Te laat merk sy die nat spul op en besef daar is geen manier wat sy so in die kar kan klim nie en sug moedeloos.
“Wat op aarde gaan hier aan?” met een kyk som Leonie die situasie op en kan nie help om uit te bars van die lag. Die koddige prentjie van haar papnat vriendin is net te snaaks.
“Verlekker jou in my lot.” Snou Netta haar toe maar dan kyk sy ook na haar situasie en glimlag, sy moet saamstem, dit is vrek snaaks. Die volgende oomblik sif nog water van bo neer en gou was hulle albei deurdrenk. Trane loop nou vrylik oor Netta se gesig in gelid met die druppels en alhoewel sy probeer glimlag mislei dit Leonie nie. Sy weet haar vriendin se gemoed is vol en sy druk haar styf vas.
Leonie weet die jaar was swaar en nog lank nie verby. Hoe kon Frank dit aan haar doen? Haar net so los met geen geld om vir haarself of sy seun te sorg nie. Haar soeke na werk lewer ook niks op nie en die uitsettingsbevel het gister opgedaag. Waarheen sal sy gaan? Wat gaan van haar word?
Sy, wat Leonie is, het self nie genoeg plek vir haar eie gesin nie. Haar 4 kinders vat elke denkbare spasie in die huis op. Hulle sukkel ook met Etienne se kleiner salaris vandat die maatskappy moes sny op elke plek. Elke sent word 4 keer omgedraai.
Elke moontlike deur het in Netta se gesig toegeklap en sy kan haar eintlik nie verkwalik nie. Dit was ‘n geleentheid om stoom af te blaas.    
Albei haar ouers is lankal oorlede en sy was die enigste kind. Daar was geen heenkome vir haar en klein Nate nie.
ꝏꝏꝏ
Later, na ‘n warm bad en skoon klere vanuit Leonie se kas het Netta by haar huis in gestap. Neels was so goed om die karwiel om te ruil terwyl hulle binne was. Leonie het haar dadelik in ‘n warm bad met die heerlikste borrels gesit waar sy vir ‘n paar minute net weer vrou kon word. Leonie is ‘n gelukkige vrou. Hoekom kon Frank nie ook so goed vir haar gesorg het nie?
“Mamma?” roep Nate haar terug uit haar morbiede gedagtes.
“Ja Nate?”
“Mamma, Jack het my genooi na sy verjaarsdag partytjie môre, kan ek gaan, asseblief, ma?” Haar skouers sak. Nog ‘n uitgawe. Sy is al so moeg om nee te sê. Negejarige groen ogies staar haar opgewonde aan en sy sluk verbouereerd. “Ek weet nie Nate. Mamma kan nie nou ‘n geskenk koop nie.”
“Mamma hoef nie te worry nie, ek sal een van my onoopgemaakte karretjies vir hom gee. Ek het nie so baie karretjies nodig nie.”
“Ai my kind,” en trane stroom opnuut weer oor haar wange.
“Here, dankie vir ‘n kind wat verstaan.” Prewel sy saggies as sy deur die donkerkop vryf; haar hart stukkend. Hulle het so lank vir hom gewag. Tien jaar van hul getroude lewe was op hul knieë deurgebring. Haar beker van geluk het oor geloop toe sy uiteindelik swanger geword het. Toe, agt jaar later vertel Frank hy het iemand anders gevind. Dié kind, het sy uit gevind is al 12. Hy het haar twaalf jaar lank verkul terwyl sy alles in haar vermoë gedoen het om vir hom ‘n kind te gee. Selfs toe sy dit gegee het was dit nie goed genoeg nie. Bitter draai sy weg.
Kosmaak tyd lê soos ‘n berg voor haar.
ꝏꝏꝏ
“Hello Tannie,” groet Jack beleefd. Die swartkop bons opgewonde rond die oomblik toe hy Nate gewaar. Sy groet maar is al klaar vergete toe Nate die geskenk oorhandig.
“Jis Nate, dit is mooi. Ma!” gil hy en hardloop weg om haar die nuwe speelding te wys. Netta onthou die trok. Frans het dit die vorige jaar vir Nate gegee. Toe die ander kind ook instap was die geskenk terstond terug gesit in die boks en nooit weer aan geraak nie. Nou gee hy dit vir Jack. Haar kind het duidelik oor die verraad gekom. Wens sy kon ook.
Toe Frans ‘n opmerking daaroor gemaak het, het sy hom net geignoreer. Die man het geen gevoel vir Nate nie en geen geskenk sou hom omkoop nie.
“Verskoon tog dame, is dit die Pieterse huishouding?” vra ‘n stem agter haar en sy draai om net om op te staar na die lang man. Met een oogopslag neem sy als van hom in. Van die leê trouring vinger tot die grys in die donker hare. Sy groen oë helder en vol lewenslus. Hy kug weer en dit ruk haar terug. “Ja, dit is die regte huis.”
“Dankie. Jy het nie dalk so ‘n kort vrou gesien wat…” met die hoor Netta ‘n gil agter haar en Fransien storm op die man af. “Boeta! Jy het dit gemaak!” en sy omhels hom vuriglik. Hy lag hartlik vir haar manewales en sit haar dan veilig op die grond neer. “Ek sien jy het Netta ontmoet.”
“Nie rerig nie, sus. Ek wou net seker maak ek is by die regte huis. Julle het omtrent verbou van ek laas hier was.”
“Peet het omtrent gewerskaf om als reg te kry maar kom, dan wys ek jou die plek.” Sy storm die huis binne en hy tou agter haar aan. Netta verstom haar aan die gemaklike verhouding tussen broer en suster. Dit was iets wat sy altyd gemis het. Sy het haarself belowe dat haar kinders die vreugde van ‘n boetie of sussie sou ken, en kyk nou. Nate was besig om kop onderste bo in ‘n boom te swaai en sy draai benoud weg.
“Netta, hier is ons!” hoor sy haar naam en sy sluit aan by nog ouers. Jare hul senior drink sy die aangebode drankie terwyl sy die gesprek volg. Sy moes heeltemal weggeraak het in haar eie gedagtes toe sy ‘n tik aan haar skouer voel. Toe sy opkyk, kyk sy in helder groen oë vas.
“Ek glo nie ons het al ontmoet nie.” begin hy en sy knik.
“Ek is Teuns van Niekerk, en met wie het ek die voorreg om te gesels?”
Sy glimlag half verleë, “Jeanette Barnard. Maar my vriende noem my Netta.”
“Bly te kenne, Jeanette. Kan ek jou maar Netta noem?”
“Ja seker Teuns.”
“Hoe lank ken jy al my sus?”
“Seker so vyf jaar, die twee seuns ken mekaar van Graad R af en is dik pelle.”
“Dit is goed vir seuns om vriende te hê.”
“Ja dit is.” ‘n Gemaklike stilte val tussen hulle terwyl hulle luister na die gesprek om hulle. Toe Netta weer op haar horlosie kyk is dit al vyfuur, tyd om te gaan. Sy roep Nate nader en vra dat hy sy goed moet kry.
“Ag nee Netta, bly asseblief,” se Fransien, “Hier is so baie kos, bly gerus.”
“Asseblief, Ma,” soebat Nate ook, “ons speel nou baie lekker. Het ma die tent gesien wat Jack se oom vir hom gegee het?” en sonder om te wag vir ‘n antwoord is hy vort waar seuns om die blou tent vergader.
Die res van die aand loop lekker gesellig. Teen die tyd wat kos opgedien word was die kinders duidelik moeg gespeel. Sonder seremonie word hulle eerste kos gegee en een na die ander raak hulle aan die slaap terwyl die ouers nog heerlik kuier.
“Kom ek help jou met jou seun,” bied Teuns aan en tel Nate op sonder om te wag vir toestemming. By die kar lê hy hom op die agtersitplek neer en kom dan regop. “Daarsy. Dit was heerlik om jou te ontmoet Netta. Ek hoop ons kan weer so ‘n geleentheid kry binnekort.”
“Dankie Teuns.” En sonder om verder te gesels klim sy in die kar en ry weg.
“Daardie vrou sukkel iets vreesliks,” vertel sy suster hom waar hy die kar agterna staar.
“Hoe so?” vra hy ingedagte.
“Haar man het haar net so gelos met geen onderhoud. Sy kry ook nie werk nie. Ek verstaan sy moet die einde van die maand uit haar blyplek uit.”
Stilwyend staar hy na die rooi liggies en kyk dan na sy suster, “Kan jy my haar nommer gee? Ek kan dalk moontlik help.”
“Dit sal fantasties wees, sy het rerig hulp nodig.”
ꝏꝏꝏ
“My broer wil weet of ek jou nommer vir hom kan gee?” kom die WhatsApp boodskap deur net toe Netta by die huis in stap. Hoekom wil hy my nommer hê? Wonder sy. Die aand was lekker maar daar is niks wat sy aan enigiemand kan bied nie. Haar oë val oor die karig gemeubileerd huisie wat sy al twee jaar bewoon. Frans het in die begin gesorg dat sy aan niks tekort skiet nie maar soos wat tyd verloop het, het die geld minder geword en later heeltemal gestop. Genadiglik het sy genoegsaam gespaar maar die spaargeldjies is ook al amper op. Sy weet nie meer nie.
“Hoekom?” vra sy amper agressief.
“Hy sal self aan jou verduidelik.” kom die onmiddelike antwoord.
“Ek is nie lus vir nonsens nie.” antwoord sy moeg.
“Ek belowe jou my boeta is opreg in sy navraag. Hy wil graag help.”
“Hoe?”
“Praat asseblief self met hom. Is dit reg, kan ek maar gee?”
“Is reg, ek soek net nie enige probleme nie.”
“Jy sal nie spyt wees nie. Ek dink hy wil jou ‘n tweede kans gun.”
“Tweede kans se gat man, ek het al so baie stories gehoor en dan kos dit my net. Ek het nie geld om te mors nie.” wip sy haar onmiddelik en haar vingers sukkel om die klein knoppies korrek te druk. Haar spelling lyk beroerd maar wie gee om oor spelling wanneer die wêreld om jou in mekaar tuimel.
“Hy wil werklik net help. Indien hy droog maak laat weet jy my en ek sort hom vir jou uit.” en sy plaas ‘n klomp laggende gesiggies by die gesprek. Netta hoop dit is waar want van vryerige mans wil sy niks weet nie.
Sy het net in die bed gekruip toe haar selfoon ping. Lusteloos vat sy die ding en kyk by die kennisgewings. ‘n Onbekende nommer verskyn op die skerm met ‘n boodskap by.
Sy maak die WhatsApp toepassing oop en klik op die nommer.
“Hello Netta,
Teuns hier. Jammer om jou so laat te hinder, jy is heel moontlik klaar in droomland.
Ek sal sommer dadelik met die deur in die huis val.
Ek het ‘n gastehuis in die noorde van Pretoria. My bestuurderes het gister geloop sonder om vooraf kennis te gee. Ek sit met ‘n huis vol gaste en niemand wat kyk dat als vlot verloop nie.
Jy sal ideaal wees vir die pos. Ek kan jou ‘n salaris van R15 000 ‘n maand aanbied. Dit sluit ook ‘n kar in vir werk. Daar is ‘n groot woonstel agter die gastehuis waar jy en jou seun kan bly. Die pos is onmiddelik beskikbaar.
Laat weet hoe jy voel daaroor en bel my asb.
Groete, Teuns.”
3 fotos volg en dan ‘n skakel. Versigtig bestudeer Netta die inligting op die webwerf en lees die boodskap weer. Die geleentheid klink wonderlik. Maar Nate vorder goed in sy skool, sal die verandering hom nie skade doen nie? Sy slaap min soos duisende vrae deur haar maal maar toe die son sy strale oor die huisie gooi bel sy haar jarelange vriendin.
ꝏꝏꝏ
Sy en Teuns spreek af om daardie middag by die gastehuis te ontmoet. Nate is in ekstase oor die skuif. Selfs toe sy vir hom vertel dat hy Jack nooit weer gaan sien nie huppel hy rond van blydskap en sy glimlag weereens vir die kind van haar.
“Ek sal jou graag die kans wil gee en jy sal my uit ‘n groot verknorsing help. Sien jy kans?” vra hy huiwerig. Nate hol rond klaar tuis by die plek. Die woonstel wat vir haar gewys is tweekeer haar huisie se groote. Klaar gemeubileerd met keurige stukke wat haar onmiddelik welkom laat voel het. Die indrukwekende gastehuis kyk uit oor die rante. Die horison strek vêr en wyd en die dekstoele nooi elke gas om uit te ontspan met ‘n glasie wyn in die hand. Die spannetjie lyk ook almal opgewasse vir hul taak en sy kan nie help as om beindruk te wees met die gesogte plek se diens nie. Die vol bespreekte gastehuis het haar volle aandag en stilweg beweeg sy deur die mense om alles te observeer.
“Wat dink jy Nate?” vra sy haar seun waar hy rustig op ‘n swaai sit. Die hele speelarea is baie netjies uit een gelê en Nate het die hele middag saam met van die gaste se kinders baljaar op die klimrame.
“Ek dink hierdie plek is reg vir ons.” Sê hy nadenkend en sy glimlag. Toe Teuns op die stoep verskyn vroetel sy deur Nate se hare vir oulaas en stap dan met breë skouers haar nuwe baas tegemoet.
“Ek sien kans. Dankie vir die geleentheid.” Sê sy met sekerheid en hy glimlag, gelukkig.
“In daardie geval moet ons jou onmiddelik help met jou trek. Welkom by Ithuba Lodge.”
‘n Vonkeling in sy kykers maak haar opeens opgewonde vir die lewe.


 Kopiereg@LynelleClark2018    

Dinsdag 25 September 2018

Program 16 - Wraak en weerwraak.

Vandag se program handel oor iets wat baie na aan my hart is. Iets wat ek vir baie lank gesukkel het om te verwerk, eintlik maar nog so doen in my stilligheid. Persoonlik dink ek dit is seker een van ergste verraad waardeur jy kan gaan. Nie almal sal saam stem nie maar dit is hoe ek toe gevoel het en nog steeds voel. Ek het al soveel keer die nadraai van dit ervaar, as derde en eerste party. Die absolute skok en verlatenheid toe dit met my gebeur het, het my baie kwesbaar gelaat; dit het die wind heeltemal uit my seile gelaat. Dit roof jou van jou menswaardigheid en jy verloor alle vertroue in die mens.  Dit is ‘n onderwerp wat almal raak, nie net enkellopende vroue nie.

Katterigheid, geniepsigheid, vermakerigheid, wrok, haatlik, nydig en kwaadwillig – in Afrikaans het ons heelwat woorde wat die woord “spite” vertaal. Dit is ‘n boosheid wat mense seer en stukkend agter laat maak nie saak watter woord jy gebruik nie. Die een wat dit uitdeel dink hy wen maar dit verklap meer van jou karakter aan die omstanders na aan jou as wat jy bereid is om te erken. In jou oë is jy die een wat te nagekom is daarom het jy die reg om te doen wat jy doen. So redeneer jy en oortuig ander van jou bevindings.
Hieroor word boeke geskryf, rolprente gemaak, en gedigte neergepen wat later in liedere omgesit word. Gaan kyk maar na die verskeidenheid boeke net in jou biblioteek of die flieks beskikbaar by die handelaar. Ons sien dit soos in ‘n video daagliks afspeel om ons. Kyk maar na die tipe van videos wat jou vriende op FB rond stuur. Sommige van die goed is nie eers snaaks nie maar tog verlekker mense hulle daarin. Dit kom so natuurlik en ons aanvaar dit so. Want daardie persoon het ook regte. Wat waar is, maar ten koste van iemand anders?
Die effek van hierdie tipe van optrede se voetspore kan lank nadat geskille uitgesorteer is, of nadat jy weg gestap het bloot vir jou eie sielerus, gesien word. Daar is net nie ‘n keer teen hierdie soort wangedrag nie. Meer so, tussen man en vrou wat eens op ‘n tyd lief was vir mekaar. Wat ‘n toekoms gebou het en saam kinders gehad het. Dan, skielik, wanneer dinge verander besluit jy om daardie persoon “terug te betaal” om watter rede ookal. Dan kom die lelik uit. Die man/ vrou wat jy eens geken het is nou ‘n vreemdeling en jy wonder hoe jy ooit so blind kon gewees het. Daar is net geen keer wanneer een persoon hom/haar regverdig deur ‘n ander te benadeel nie. Die naels kom uit en jy ry daardie persoon tot in die afgrond in. Miskien weerhou jy die kinders van hom/haar. In jou kop dink jy, jy beskerm die kinders deur hul weg te hou van hul ouer. Ek het nuus vir jou wat sulke speletjies speel… jou kinders is nie ‘n wrokstok wat jy kan gebruik om jou sin te kry nie. Dit is die laagste vorm van wraak wat jy kan toe pas. En heeltemal ongevraagd en onverantwoordelik. ‘n Kind het nodig om albei ouers te sien, ‘n verhouding te bou sonder dat jy dit bemoeilik. Dit wat jy vandag doen kan jare later jou kom byt en dan sal spyt te laat wees.
Ek wil tog dit net benadruk dat ek nie hier van ‘n ouer praat wat ‘n kind mishandel het nie. Dit is ‘n aangeleentheid wat baie delikaat behandel moet word juis omdat die kind se sorg voorrang moet geniet. Hier is dit belangrik dat die kind se belange eerste gestel sal word, bo jou eie seer en griewe.
Hoe ver is te ver?
Wanneer is genoeg, genoeg?
Scenario 1: ‘n Vrou besluit om weg te stap van haar huwelik om een of ander rede. Die man besluit sy verdien niks nie. En sal haar eerder op die straat sien beland as om aan haar te gee wat haar toe kom. Vergete is die tyd en ondersteuning wat sy aan hom besorg het. Vergete die kinders wat sy gebaar het en ‘n verlede wat hulle gedeel het. In jou kop verdien sy nie geluk nie, ongeag of jy haar gelukkig gemaak het of nie.
Scenario 2: ‘n Man het ‘n buite-egtelike verhouding vir ‘n aantal jare gehad, het miskien ‘n kind by die vrou en jy besluit jy sal hom toegang tot julle kinders verbied. In jou oë is hy laer as wurm-bollie en verdien nie om sy kinders te sien nie. Jy is mevrou onskuldig, wat geen aanleiding gegee het tot sy soeke nie. Wel, so dink jy in jou kop. En in die proses vervreem jy die kinders van hul pa. Of dit was dalk net ‘n eenmalige gebeurtenis en skielik is hy slegter as sleg.  
Scenario 3: ‘n Egpaar besluit om na jare saam die huwelik tot niet te verklaar. Albei is saam in hierdie besluitneming. Die oorwegende rede is dat liefde dood is en julle niks meer in gemeen het nie. So waarom die gelukkige paartjie voorgee. Wie gaan baat daarby? Dan, skielik is die vrou / man die een wat wolf skree en die man of vrou van als beroof. Die persoon sukkel om kop bo water te hou maar jy eis als. Jy loop met die idee rond dat die wêreld jou iets skuld en blameer almal. Deur dan hom finansieël seer te maak dink jy, jy het gewen.
Drie verskillende scenarios maar die einde baie dieselfde. Een party stap weg met als, die ander met niks. Een moet al die skuld dra en lewenslank gestraf word. Waar stop ons met die “spite” en is regverdig teenoor mekaar in ons optrede en verdeling van die bates? Julle het tog immers saam besittings bymekaar gemaak. Wat maak dit saak as sy die lamp kry en jy die stoel? Dit is aardse goed wat niks gaan verander aan jul situasie nie. Wat veroorsaak dat die een dan dink hy/sy het meer regte as die ander een? Die ergste van als is die samelewing kies kant, gewoonlik aan die een wat als ontvang. Terwyl die een wat niks kry nie die vark in die verhaal is en weer van vooraf moet begin.
Omdat ek self verstaan wat dit is om met lee hande gelos te word moes ek vinnig leer om aan te pas. Ek moes leer om vir myself op te staan, vir myself te baklei en self my eie dinge te doen. Wat goed was, want dit het my “street smart” gemaak. Dit was harde tye, tye van oorlewing en het ek nie altyd geweet hoe om aan te gaan sommige dae nie. My hele uitkyk oor die lewe het verander en vandag verstaan ek dinge beter en is minder judgmental op mense.  Die pad het my sagter gemaak, meer toeganklik en meer warm as koud. Selfs al sukkel ek nog om mense te vertrou.
Die besef dat die uit einde van die vraag eintlik maklik is om te beantwoord, as ons net lank genoeg stil sit om te dink. Die son skyn oor ons almal: goed en sleg. Wanneer dit reën kry ons almal die selfde hoeveelheid. God gee nie vir die goeie mense meer reën as vir die slegte mense nie. Die son skyn ook nie minder op die goeie as die slegte nie. Nee, ons kry presies dieselfde ongeag hoe goed of sleg ons is. As Vader dan in Sy Alwysheid so kan optree, juis omdat hy elke mens intiem ken; hoekom kan ons nie ook so optree nie?
Ons is immers tog na sy Beeld geskape met dieselfde skeppingsvermoë as wat hy het. Hy het ons toegerus om te heers op die aarde, nie oor mense nie. Maar tog dink mense hulle kan heers oor ander mense. Dit is dan wat hulle dit sover vat dat jy nie weet hoe gaan hierdie persoon ooit weer opstaan nie. Dink aan die rolprent Les Misrables. Die verhaal begin waar ‘n pa ‘n brood steel vir sy honger kinders. Hy word gevang en lewenslank in die tronk gegooi. Vir jare doen hy hardearbeid tot op ‘n dag wat hy die geleentheid kry om te ontsnap. Die kaptein doen als in sy vermoë om die man te vernietig want in sy oë is hy ‘n krimineel en verdien geen versagting nie. Bitterheid dryf hom om hierdie man te jag. Die vlugteling het ‘n ander identiteit aangeneem en vir ‘n tyd lank verdwyn. Toe hy weer op die toneel verskyn kon jy nie glo hy is die selfde mens nie. Nou was hy ‘n welgestelde man op soek na sy kind. Die kind was nou ‘n jong vrou en spoedig kruis pa en dogter se paaie met die kaptein wat snuf in die neus gekry het en hom weer begin jag het.  Die uiteinde van die storie is dat die kaptein se haat hom vernietig het.

Bitterheid is ‘n gif.  

Die bitterheid van seerkry en benadeling is ‘n worstelstryd wat ons kop beheer, ons keuses beinvloed en ons optredes bepaal. Ons elkeen moet self besluit om ‘n ommekeer te maak, om die mense wat jy dink jou te nagekom het vry te laat. Bitterheid is ‘n euwel wat jou vaskeer in sy kloue. Sy tentakels diep ingeslaan in jou hele wese. Vir sommiges word dit so erg dat hulle ineenkrimp van pyn. Die angel van bitterheid laat jou eintlik swak en jy het geen verweer die dag wat jy dit werklik gaan nodig kry nie. Soos in die geval van die kaptein nie.
Gaan jy werklik jouself so oop stel bloot net om iemand ‘n punt te bewys? Of sal daar ‘n dag kom wat jou hart sal versag en jy sal weet dit is nou genoeg. Die prys is betaal.
Ek wil spesifiek hier stop en met die Vrouens gesels juis omdat hulle baie skuldig is aan toe-eiening. Wanneer ‘n man instem tot sekere eise tydens die skeisaak, aanvaar dit. Jy kan ook nie meer geld uit ‘n klip tap wat nie daar is nie. Om hom bloots te ry gaan hom nie terug bring of die huwelik herstel nie. Nee, dit gaan jou bitter agter laat, vervreemd en alleen los.  Om onnodige eise te stel breek hom as man af, laat hom voel hy is nutteloos en los hom sonder hoop. Ek verstaan dat vrees ‘n groot aansporing is om so op te tree maar deur hom te vernietig gaan jou niks baat nie. Indien jy nie vergewe nie vat jy dit saam in ’n nuwe verhouding in en het dit net negatiewe uitwerking op daardie verhouding.
Dieselfde is waar as die rolle omgeruil is. Deur ‘n vrou in armoede agter te laat vir jou eie plesier is nie net onregverdig teenoor haar nie maar ook teenoor die kinders, indien hulle nog afhanklik is van jou. Niks op hierdie aarde kan regverdig om haar sonder heenkome te laat met geen manier om haarself te versorg nie. Ons almal is so gesteld op ons regte dat ons, ons regte ten koste van ‘n ander wil laat afdwing. Vir watter doel?

Vergifnis
Kwaadwilligheid is iets wat ons daadwerklik moet aanspreek. Dit is ‘n aksie wat nie hoort tussen ons nie. Deur mekaar af te breek bereik ons nie een of ander vergoeding nie. Dit openbaar juis dan wie ons rerig is. Vergifnis is kardinaal tussen mense. Deur te vergewe en toe te laat dat die son oor almal skyn moet ons mekaar kan vryspreek.
Ja maar Lynelle, jy weet nie wat hy/sy aan my gedoen het nie? Jy is reg, ek weet nie. Maar ek kan sê wat hierdie spiteful houding aan jou gaan doen. Dit gaan jou vernietig. Nie vir hom of haar nie. Vir jou. Ons struikelblokke hou net vir ‘n tyd, dit weet ons alreeds. Jy gee indirek die ander persoon die gereedskap om te triomfeer te midde van sy omstandighede. En dan? Waar laat dit jou dan? Bitter. Is dit regtig ‘n plek waar jy wil wees of het jy ook die reg om nuut te begin? Jou knieë af te stof en geluk te vind. Jy sal dit nie kan doen as jy aanhou om nydig te wees nie. Jy bereik niks daardeur nie.
Ek wil graag die gedig van Douwlina du Plessis voorlees. Die gedig is eintlik geskryf toe sy uit gevind het dat sy borskanker gehad het maar dit is tog ook vir my gepas met hierdie onderwerp. Katterigheid, geniepsigheid, vermakerigheid, wrok, haatlik, nydig en kwaadwilligheid is ook ‘n kanker. ‘n Kanker wat jou ontneem van jou vrouwees, jou geluk steel en jou dof agter laat. Jy kan nie jou geluk op ‘n ander se ongeluk bou nie. Jy kan ook nie verwag om in ‘n nuwe verhouding gaan as jy nog iets teen jou eks hou nie. Hierdie stap is vir jou, ‘n selfsugtige stap wat jou sal bevry en genees.
Onthou – die goed waaroor jy baklei is aardse goed. Dit kan vervang word. Baklei oor die dinge wat saak maak. Kry jou kop weer skoon, lê die wraakgedagtes neer en skitter in die gesig van jou vyande. Indien hy dan iets gedoen het sal God jou vergeld.
Vrou 

Die vrou in my is dood

iewers tussen kanker 
en verwerping
en egskeiding
en verbittering
het sy gaan lê.
Opgekrul in haarself
fetaal, fataal, gefaal, gedood 
en grys, soos indringerplante
het deur die donker gloed
verspinnerak

my ontbloed

gerandfiguur

uitgespoel
in ‘n woestyn

self geskep
vir ‘n sekslose
dooie-oog vrou.
Wragtig tog steeds
Vrou.




Jou keuses bepaal wie jy word. Uitgeteer soos wat Douwlina skryf of skitterend soos ‘n diamant.  Ons elkeen wil die beste van die lewe hê. Nie een van ons verdien minder of meer nie. Ons het elkeen dieselfde mate ontvang maar dit hang van ons af hoe ons dit gaan aanwend.
Deel vroegtydig met hierdie gevoelens. Moenie dat dit deel van jou word nie. Skud dit af en wees die vrou wat jy weet jy is. Selfs vir jou as man. Maak jou skouers vier en reguit. Kyk die wêreld in die oë en wees die man waarop jou kinders sal trots wees.

Aan God kom die wraak toe, nie aan jou nie. Hy versterk en gee krag aan elkeen wat hom vra. En hy sal jou ook verdedig en voorsien in al jou behoeftes.  Net soos wat Hy vir my en vele ander gedoen het. Moenie toelaat dat bitterheid jou oorheers nie. Daardie soort vergelding sal jou vernietig. Hou eerder vas aan die hoop van môre.

ELAN GLOBAL RADIO

Die Stasie Vir Passievolle Mense


Facebook: Elan Global Radio Kuier en Klets https://is.gd/s1PX8T
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

Gaan kuier en leer meer van ons, blog saam en luister saam:


SKAKEL IN: 

SIMPLE RADIO App.
http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm


Wou jy nog altyd ‘n radioprogram doen?
Is toer jou passie?
Internasionaal en Nasionaal is jou kennis belangrik.
Dan wil ons jou uitnooi om deel van die span te word. Kontak Bea gerus by WhatsApp: 066 305 3580

Dinsdag 18 September 2018

Program 15. Sweef bo jou omstandighede met gasspreker Janine Shapiro

Hartlik welkom by die program, Diamant Divas. Jy luister na my, Lynelle Clark hier op Elan Global Radio. Om meer van ons te wete te kom kan u gerus ons webwerf besoek by www punt Elan Global Radio punt com of ons ‘n duimpie gooi op ons bakkiesblad, Elan Global Radio se kuier en klets program. Jy kan ook my blad, Diamant Divas besoek en daar meer te wete kom van die program. Die potgooie is ook beskikbaar indien jy die program gemis het. 




Vandag se program handel oor sweef of soar.
Om te sweef is seker een van die mees bevrydenste aksies wat jy kan ervaar. Wanneer die storms kom dan sweef jy juis op daardie storm se stroom en dit lei jou na hoër hoogtes. Dit gee jou die vryheid om uit te styg bokant jou omstandighede en met n nuwe perspektief na dinge te kyk. Die karakter van die arend kom baie sterk hier na vore en ek kan nie anders as om dit deur te trek na ons pad nie.
‘n Arend sweef op die lugstrome daarbo waar dit amper onmoontlik is om hom raak te sien. Hy is seker een van die grasieuse voëls wat ek ken. Sy liggaam altyd fier, kyk hy die wêreld stip in die oë, sonder enige vrese. 
Het jy al opgemerk dat ‘n arend alleen rondsweef? Op hierdie nuwe is sal jy die meeste van die tyd alleen wees, juis omdat jy nou hoogtes bereik waarby ander nie kan kom nie.  Jou uitkyk verander, jou visie verskerp en is jy doelgerig gefokus op jou take.
Let op wat jy in neem in hierdie tyd. Wees kieskeurig oor jou keuses van lees en kyk. Bly in voeling met die wêreld om jou.    
Wanneer jy jouself aanvaar is jy in staat om meer te doen want jy weet wat is jou swakhede en jou sterk punte.  Deur jouself te omring met die regte mense begin jy leer om ‘n negatiewe gesindheid na ‘n positiewe een te verander. Jou ondersteuningsgroep sal jou altyd aanpor om beter te doen. Wees selektief en moenie sommer goedsmoeds vertrou nie. Wees voorbereid vir enige veranderinge. Alles is net tydelik van aard.
En die grootste daarvan is weet wanneer om skuiling te kry. Spesifiek wanneer jy deur erge veranderinge gaan.  Bly in jou skuilplek totdat jy weer sterk genoeg is om alleen te wees.
Ek dink nie ons kan dit genoeg hoor nie.
Ons seer veroorsaak dat ons dink dat ons nie goed genoeg is nie. Of, dat ons iets verkeerd moes doen om dit te regverdig. Wanneer ons hierdie lyding bly bevraagteken dan stroop dit ons van ons geloof, sekuriteit en kalmte. Elke besluit wat jy neem word onbewustelik deur hierdie situasie beheer en in die proses maak jy verkeerde besluite. Dit is dan wat jy iemand nodig het om jou op die pad te hou.
Tussen Magda en Janine Shapiro, kon ek nie anders as om positief te bly nie. Dit beteken nie dat ek altyd hul raad gevolg het nie. Ek was immers ‘n groot vrou wat wou maak wat ek wil…klink bekend, nê. Ek het foute begaan deur my oorhaastigheid, en moes leer deur “trail en error.” Ek wou aan die mense bewys dat ek dit kan maak. My hele balans was versteur en i.p.v om myself kans te gee om gesond te word het ek “boots en all” ingeklim. Maar hul getrouheid het my staande gehou.
Die rede dat ek met hierdie program begin het.
Energie is ‘n tasbare gevoel wat jy aan iemand oordra. Dit kom oor in jou stem, jou manier wat jy met mense gesels, jou algemene gemoed en houding oor die lewe. Jou lewe hoef nie noodwendig perfek te wees om positiewe energie te kan oordra nie. Laasweek het ek weer by Janine gaan inloer en het sy net weereens van haar energie en wysheid in my belê. Die gesprek was baie gemoedelik maar sy het waardevolle punte gegee om te beoefen. Wanneer ons terugkom sal ons sommer dadelik oorgaan na die onderhoud toe. 

Onderhoud met Janine.


Volg haar gerus, julle sal nie spyt wees nie.



En nou verstaan julle hoekom sy so ‘n groot impak in my lewe gehad het. haar entoesiasme en energie so kenmerkend van haar dat jy anders kan as om te sweef nie. ek wil weereens my dank aan haar betuig deur deel te neem aan my program en hopelik kan ons weer so maak binnekort.  
Ek wil graag afsluit met ‘n gedig van Elsabe vd Westhuizen. Dit word voorgelees met haar toestemming.

‘n Ode aan my God


Asemgewende Skepper,
ek bring my offer aan U
uit dankbaarheid vir wie ek is
en wat U my gemaak het.

U het my geskep uit een enkel been,
my aangeraak om my vrouwees te bepaal,
my oorgetrek met ‘n vel van ivoor
en my hoof bedek met haredos lank en fyn.

U het oor my hart geblaas
om te klop op die ritme van U liefde,
U het my denke aangeraak 
sodat ek dit op U kan rig, my Heer.

My oë oopgemaak om u Skepping te aanskou
en U hande om my ore geskulp om U stem te hoor.
my neus het u gevorm om U aroma te erken,
U vingers het liggies my lippe geraak om U Naam te fluister

My vingers is aangeraak met n talent deur U gekies
en my hande geseën om U Woord vas te hou.
My voete se rigting het u bepaal,
terwyl U lig die pad aanwys.

Daarom staan ek voor U, my mensevlerke wyd uitgesprei
in die teenwoordigheid van U grootheid,
dankbaar vir elke kosbare oomblik wat u my gee
en deel kan wees van U wonderwerkende lewensplan.



© Kopiereg Elsabe vd W (Evan)
Geskryf 27/4/2018



Be inspired videos. 

Invest in yourself.  / Nick Vujicic: STAND STRONG 


Earl Nightingale Reads Think and Grow Rich


THE BEST MOTIVATIONAL AUDIOBOOKS

Tony Robbins: How to Become More Disciplined 


45 Inspirational Books All Women Should Read in Their Lifetime






Die Stasie Vir Passievolle Mense

Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

Wou jy nog altyd ‘n radioprogram doen?

Is toer jou passie?



Internasionaal en Nasionaal is jou kennis belangrik.

Dan wil ons jou uitnooi om deel van die span te word. 
Kontak Bea gerus by WhatsApp: 066 305 3580

Woensdag 12 September 2018

Alweer alleen op 'n Saterdagaand?

Die afgelope paar maande het ek gesels oor enkellopendskap en hoe om dit te hanteer. Hoekom en waarom jy in jouself moet belê en te glo dat jy waardevol is. Jy moet besef dat hierdie nie die einde van die pad is nie maar juis die begin. Ek hoop dat julle daarby baat kon vind en dat ek op my beskeie manier iets kon oordra aan jou wat op hierdie enkelpad is. Als wat ek hier deel is wat ek ervaar het, my skruikelblokke en foute in die hoop dat jy hierdie tydperk beter keuses sal maak en rerig weer glo in jouself.
Maar nou wil ek ‘n bietjie stoute skoene aantrek en tyd spandeer aan die meer praktiese dinge. Die praktiese dinge mag dalk vir sommige nie aanvaarbaar wees nie maar dit is belangrik dat dit wel aangeraak word. Daar is te veel verhoudings en huwelike wat tot niet gaan omdat ons hierdie onderwerp vermy of systap. Mense glo om soos ‘n volstruis, jou kop in ‘n gat te druk, dat die probleem sal weggaan, wat ‘n mite is. Dit is juis ons stilstwye wat veroorsaak dat die probleem groter word. Ons as mens is geskape om te voel en te ervaar met hart en siel – nie net ons liggaam nie. Alles loop saam om ons volkome mens te maak. Nie een van ons het net sekere dele gekry nie. En ander verskillende dele nie. Ons het almal dieselfde mate gekry, man en vrou. Dit is ons benadering wat dit wel misvorm en lelik maak, wat die probleme veroorsaak.
Ek wil my die reg toeëien deur te sê: Deur alles om ons te vergeestelik verloor ons in baie gevalle ons senualiteit. Ons dink as ons christelik optree of dit ignoreer, sal die drange waarmee ons gebore is, verdwyn. Maar dit is juis ons stilswye wat dit vererger. Hierdie aspek is onlosmaaklik deel van ons menswees.
Ek beweeg daagliks tussen verskillende skrywersgroepe ... wat bestaan uit mans en vrouens ... en uit hul skryfwerk kan jy sien hoe diep gewortel is ons sensuele faset. Dit kom altyd na vore en is baie mooi en smaakvol gedoen.

Vrou duisend 

As ek duisend sterre pluk
en in jou hare rangskik
is dit steeds een te min
en is dit slegs die begin
Wanneer ek honderde volmane
gaan haal om aan jou hals te hang
bly dit steeds 'n leë gebaar
vir 'n man wat nie goed vaar
jy is nie my enigste keuse nie
maar tog nie my laaste keuse nie
jy, my beminde, is 'n koningin
oor honderde vroue
Jy staan nie uit nie
jy skitter uit
Jy is die vrou van harte.
Kopiereg Douwlina du Plessis



In die boek Hooglied het Salamo die volgende geskryf:
Hoofstuk 4 “Kyk! Jy is pragtig, o my vriendin. Kyk! Jy is pragtig. Jou oë is soos dié van duiwe, agter jou sluier. Jou hare is soos ’n trop bokke wat afgehuppel het uit die bergstreek van Giʹlead.  Jou tande is soos ’n trop pas geskeerde ooie wat van die wasplek af opgekom het, wat almal tweelinge voortbring, terwyl nie een van hulle hulle lammers verloor het nie.  Jou lippe is soos ’n skarlaken draad, en jou spraak is aangenaam. Jou slape is soos ’n granaatskyf agter jou sluier.  Jou nek is soos die toring van Dawid, gebou in kliplae, waaraan duisend skilde hang, al die ronde skilde van die sterk manne.  Jou twee borste is soos twee lammers, die tweeling van ’n gaselooi, wat tussen die lelies wei.”  “Totdat die wind saggies waai en die skaduwees gevlug het, sal ek na die mirreberg en na die wierookheuwel gaan.”  “Jy is in alle opsigte pragtig, o my vriendin, en jy is sonder gebrek.  Kom saam met my van die Liʹbanon af, o bruid, kom saam met my van die Liʹbanon af. Daal af van die top van die Anti-Liʹbanon, van die top van Senir, ja, Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds.  Jy het my hart laat klop, o my suster, my bruid, jy het my hart laat klop deur een van jou oë, deur een hangertjie van jou halssieraad. 10  Hoe pragtig is jou liefdesblyke, o my suster, my bruid! Hoeveel beter is jou liefdesblyke as wyn en die geur van jou olies as allerhande parfuums! 11  Jou lippe bly drup van heuningstroop, o my bruid. Heuning en melk is onder jou tong, en die geur van jou klere is soos die geur van die Liʹbanon. 12  ’n Geslote tuin is my suster, my bruid, ’n geslote tuin, ’n verseëlde fontein. 13  Jou vel is ’n paradys van granate, met die keurigste vrugte, hennaplante saam met nardusplante; 14  nardus en saffraan, geurige riet en kaneel, saam met allerhande wierookbome, mirre en aalwyne, saam met al die beste parfuums; 15  en ’n fontein van die tuine, ’n put met vars water, en stroompies van die Liʹbanon af. 16  Word wakker, o noordewind, en kom in, o suidewind. Waai oor my tuin. Laat sy geure uitvloei.”“Laat my beminde in sy tuin kom en die keurigste vrugte daarvan eet.”

Salomo besing die vrou van kop tot tone en mis niks in sy beskrywing nie. Die verhouding tussen man en vrou is meer as net seks. Dit is kompleks, passievol, vol afwagting, verdraagsaam, liefdevol, geduldig.
Dit is ‘n verhouding wat jy nie deel met iemand anders nie en niemand anders kan deel word van hierdie spesiale band nie. Dit is enigsoortig, en vervullend. Ongelukkig, met al die pornografie en verwarring daar buite het die siening verander van iets moois na iets veragtelik. Daarom is dit belangrik dat ons God se beeld vir ons moet kry en nie die verwronge beeld van die mens nie.
Vir die vrou is sensualiteit meer as net die fisiese. Dit is te bespeur in haar optrede, aantrek en selfs haar selfvertroue. Vir die man gaan dit oor die uiterlike meerendeel en mis hulle baie keer die siels-sensualiteit wat ‘n vrou besonders maak. Daarom kry jy baie mans – wat met ‘n vrou kan slaap en wegstap, ongeskonde.  Die hart, emosies en siel het niks met dit uit te waai nie. Dit gaan net oor die tydelike plesier en vervulling.
Ongelukkig is dit waar die meeste vrouens seerkry omdat hulle nie geleer het om te onderskei nie. Nou is jy op hierdie nuwe pad en jy het ‘n geleentheid om dit reg te doen hierdie keer; en nie weer te val vir slim stories nie. Jy het nou geleer – ek hoop so- en is gereed om aan te beweeg en iemand wat jou sal aanvul op elke gebied te ontmoet en die beste weergawe van jouself te wees. Daar is manne wat in meer as net die uiterlike belangstel, yl gesaai maar daar. Die res is vlietend van aard en gaan eintlik jou tyd en energie mors. Behalwe as jy oop is vir sulke dinge en ook geen verbintenisse wil hê nie maar wees gewaarsku jy gaan jou vingers verbrand.

Jy is nou al ‘n paar maande alleen, jy het nog heelwat probleme veral op die finasiële kant en sukkel om kop bo water te hou. Kinders is besig of kuier by maats of is by hul pa vir die naweek. Jy is nie lus vir ouers, kinders of vriende nie. Jy soek geselskap en is heel moontlik nog rou of kwesbaar. Jy is lus om te kuier en jou voete jeuk maar voel nog selfbewus, hoe nou gemaak?
Nie almal hou daarvan om alleen uit te gaan nie. Jy het dalk in elk geval nie geld om uit te gaan nie. Maar voel tog jy moet uitkom en nuwe mense ontmoet en net een aand vergeet van jou bekommernisse. Jy wil soos ‘n vrou voel. Begeerlik en mooi. Maar waar begin jy, vernaamlik as jy nie ander enkellopendes ken nie? Jou getroude vriendinne sien jou skielik as ‘n bedreiging en sommige getroude mans dink jy is oop vir enige iets net om ook bevrediging te kry.
Indien jy nie stokperdjies het nie is dit juis nou die beste tyd om een te kry en aan te sluit by iets waarby jy aanklank sal vind. So verbreed jy jou wêreld.
Jy kan ook die internet probeer maar wees gewaarsku daar is baie strikke en slaggate.
Jou status op bakkiesblad het van getroud na geskei of enkellopend verander en goedbedoelende mense voeg jou by enkellopende groepe. Daar deel hulle grappies, kuier of gesels oor ernstiger dinge. Als, sodat jy weer jou voete kan vind en miskien die ridder op die wit perd kan ontmoet ... jy weet, hoekie vir eensames scenario.
Skielik begin wildvreemde mans vir jou vriendskapsversoeke stuur. Party lyk heel skaflik en jy gesels lekker met hulle. Met ander wonder jy wat het die kat nou hier aangedra. Party is heel onskuldig en eintlik vervelig. Skuus vir die vereenvoudiging...maar rerig ouens, ons vroue wil nie met ‘n man gesels wat dink die hoogtepunt van sy bestaan is die nuwe kanaal op TV nie. Nee gonna jong, doen iets! LOL
Maar dan is daar die wolwe wat teer op vrouens soos ek en jy. Hulle is meer vrypostig en is sommer dadelik onder die rok in. Ander dink sommer jy en hy is nou ‘n item by geselsie nommer twee en is jaloers as jy iemand se plasing met ‘n duimpie versier. Ons mensdom is partykeer tog so oorsensitief. Ander vra om met jou te trou die oomblik wat jy groet. En dan moet ons nie van die outjies vergeet wat op soek is na ‘n cougar nie. Jip, feite. Openlik sal die kinders jou benader met snaakse idees wat my soms laat rol het van die lag. Dit is asof die jongmans dink dit is ‘n status simbool of moers romanties om met ouer vroue uit te gaan. Julle moenie lag nie...  die goed gebeur regtig.
Dan kry jy die anderkleuriges wat dink ‘n witvrou is die vangs. Dit is iets wat jy moet uitmaak met jouself maar as reël het ek hulle nooit aanvaar op my blad nie.
Jy kan hierdie benaderings op twee maniere hanteer. Afhangende van jou oortuigings.
Die promiskieuse aanslag of die kluisenaars stereotipe. In albei gevalle is daar gevare. Elkeen van ons hou van verskillende dinge of verskillende aktiewiteite. Sommige vroue hou van uitgaan en besoek kroeë, sosiale geleenthede of dansplekke. Die ander vrou sal liewer alleen by die huis bly, nêrens heen gaan nie en kla dat sy alleen is. Maar agv haar sienings wil mans nie met haar uitgaan nie.
Daar is heelwat vrouens wat koud is agv verkragting, molestering of aanranding. Of glo, agv ‘n ma of ouma se invloed dat seks vuil en goedkoop is. Ek sou aanbeveel dat jy regtig met ‘n berader oor hierdie dinge sal gesels. Op die ou einde sal jy jouself ‘n groot guns bewys deur genesing en bevryding te ontvang.



a)      Die promiskieuse aanslag:
Jy is redelik uitgehonger vir grootmens geselskap teen die tyd so aanvaar die meer onder die belt geselskap bloot net om nie alleen te voel nie. Die gesprekke wissel van seksueel na ernstiger onderwerpe. Die seksuele bring dadelik skeidsmure af sodat mense mekaar op ‘n baie beter vlak leer ken. Maar ‘n woord van waarskuwing. Onthou, FB is ‘n sosiale netwerk, maak dit sommer baie vinnig duidelik dat jy geen fotos sal deel nie. Ek glo dat ‘n mens oor die seksuele kan gesels sonder om goed te stuur waaroor jy later spyt kan wees. Wanneer jy jouself so oop maak kan jy vir jouself probleme op die hals haal. Onthou, jy ken nie die persoon aan die ander kant nie so jy weet nie wat is rerig sy intensies nie. Sosiale netwerke veroorsaak dat baie mense – mans en vrouens – skuilblaaie het. Gewoonlik vind jy dit eers uit wanneer dit te laat is maar hier is ‘n paar punte waarop jy bedag moet wees.

#1 Geen persoonlike inligting is op hierdie blad nie.
#2 Die status van die persoon is onbekend.
#3 Indien nommers of epos adresse uitgedeel word is dit gewoonlik nie die regtes nie.
#4 Hulle is net sekere tye op die Internet beskikbaar.
#5 Is onbereikbaar.
#6 Gee nooit regte ouderdom nie
#7 Het geen persoonlike fotos op hierdie blad nie.

Wanneer jy met hierdie mense praat moet jy weet dat daar niks van hierdie tipe gesprekke gaan kom nie. So dit is belangrik om nie jou gevoelens hier ‘n rol te laat speel nie. Dit is een ding om te gesels maar heeltemal ‘n ander wanneer jou hart en emosies begin betrokke raak. Wees waaksaam. Doen jou huiswerk deur rond te gaan krap op die persoon se blad veral by die “about” afdeling. Vra vrae. Indien jy enigsins twyfel vertrou jou gut en stap weg. Dit wat jy van die persone leer is net oppervlakig en jy kan nie rerig waarde daaraan heg nie. Op die ou einde is hierdie tipe van blaaie baie onpersoonlik en kruip heel moontlik weg vir die vrou. Jy is ook nie die enigste persoon met wie hulle gesels nie. Moet dit nooit uit die oog verloor nie. 

Moenie dat jou alleenheid jou laat glo hulle is opreg nie, want hulle is nie. Dit is baie selde wat jy rerig ‘n konneksie het met iemand van die teenoorgestelde geslag in hierdie tipe van opset.
Daar is baie slaggate waarop jy bedag moet wees. So moenie die eerste die beste uitnodiging aanvaar en dink nou is jou alleenpad op ‘n einde nie.

In twee gevalle het ek eers agterna besef die mans was nie wie hulle voorgegee het nie. Ek het op die harde manier geleer. Die een was baie vermakerig oor die feit dat hy my so ‘n goeie rat voor die oë gedraai het. Ek het vernederd gevoel maar redelik skotvry daarvan afgekom. Die tweede man het my laat glo dat hy ernstig was, dat hy en sy vrou besig was om te skei. Die eerste aand wat ons ontmoet, het ek vir die eerste keer sy regte naam gehoor. Dit nadat ons alreeds twee maande op messenger gesels het. Ek moes toe weggestap het, maar dwaas wat ek was, het ek die stories geglo en baie duur lesse daaruit geleer. Op die ou einde was ek behandel soos ‘n goedkoop vrou wat nie goed genoeg was vir hom nie. Dit het my lank gevat om oor die seer en vernedering te kom.

Dit is hoe naïef ek was. Ek wens ek het iemand gehad wat my vooraf ingelig het dan het ek die helfte minder foute gemaak.



b)      Die kluisenaars stereotipe:

‘n Man, wat op die oog af netjies lyk stuur vir jou ‘n foto  - dit kan verskeie goed wees. Of sy geslagsdeel, of seksposisie met die vraag wat verkies jy of ‘n vrou in sjokolade omhul, blomme... wel jy kry die idee. Jy raak op die plek smoorkwaad en plaas ‘n boodskap op jou blad en die groepe van hoe siek die mans is en gooi al jou speelgoed uit die kot uit. Jy vertel hulle in geen onduidelik taal dat jy ‘n christen vrou is wat nie sulke gedrag sal verdra nie. Jy maak dit baie duidelik dat jy nie glo aan buite-egtelike seks nie. Jy verklaar eintlik oorlog teenoor al wat man is en blok almal voor die voet.
Met jou volgende plasing kla jy dat jy eensaam is en wonder wanneer meneer reg dan nou gaan opdaag.
Ek het nuus vir jou – en sommige vroue mag my dalk stenig hieroor -  maar voordat jy die eerste klip optel, luister.
Jy is nie meer ‘n maagd nie. Deur jouself soos ‘n non te gedra gaan jy die teenoorgestelde uitwerking hê. Jy gaan op die rak sit, gefrustreed en alleen.
Ek glo elke vrou se sensualiteit kan met die regte man se aanraking ontbloot word. Dit kos ‘n spesiale man soos Salomo om dit in jou te ontdek maar dan moet jy bereid wees om oop te maak. Toe te laat dat die persoon jou vlei – manne, vlei beteken nie sy wil Jakob regop sien nie. Dit is nie vlei nie maar vernederend.

Ek sê nie word promiskieus nie maar gee jouself die geleentheid om vrou te wees. Indien jy sinnigheid het in ‘n spesifieke man leer hom ken sonder om hom te stalk op FB. So begin jy mense te leer ken en in ruil leer hulle jou ken. Jy gedy heeltemal en word mooier as mooi. Wees selektief in jou benadering en bly oopkop.

Oorgeestelikheid maak vrouens koud, nie meer geestelik nie. Dit is ‘n leuen wat al solank in die kerk se binnekringe heers dat baie glo seks is vuil of die naakte liggaam is lelik en net daar vir teling. Ons is nie diere nie, ons teel nie. Ons is ook nie robotte nie. Ons is warmbloedige wesens wat die lewe deur ons are wil voel bruis. Vir lank was ons vasgevang daarin en mans – wat dinge fisies ervaar – loop dan rond, want hulle soek ‘n uitlaatklep. Maar dan moet ek ook noem dat manne, sorg dat julle skoon is. Vrouens hou van ‘n skoon man, skeer gereeld, bad gereeld...genade man, maak ‘n plan as jy haar rerig lief het. Ipv om te kla by ander vrouens dat jou vrou koud is. Met dit sê ek nie rondslaap is reg nie, allermins. Maar is dit nie tyd dat ons kyk na ons houdings rondom ons Godgegewe gawe nie en hom toelaat om dit te geniet nie? Is dit nie tyd om nou jou siening te verander nie? Heel moontlik was dit juis die oorsaak van jou mislukte huwelik of verhouding.

Ek het met heelwat getroude mans gesels in daardie tydperk, wat dit al erken het. “As my vrou net meer wil gee, as sy my net wil toelaat om haar te geniet ens, sal ek bly. Ek wil haar nie skei nie, ek is lief vir haar maar ek het nodig om nie altyd te voel ek is besig om die ergste sonde te pleeg nie.” En ek stem saam met hulle. Om seksueel te verkeer is die grootste vorm van waardering. Dit is tasbaar en eiesoortig en iets wat jy net met daardie een persoon sal ervaar. Wanneer jy jouself weerhou en nie oorgee nie beroof jy nie net jou man nie maar ook jouself van ‘n diep konneksie waarna jou siel hunker.  

Oorgeestelikheid kan dan ‘n sonde word. Deur onsself te weerhou van ons mans af maak ons juis die deur oop vir ‘n verhouding. Dit is feite. Dit help nie ons skerm om dit nie. En verstaan my mooi, daarmee sê ek nie affairs en rondslapery is reg nie. Maar voor ons die vinger wys moet ons seker maak dat ons als gedoen het om ons huwelik te red en dat ons kant skoon is. Dit help nie ons verwag dat hy sy kop moet skoon kry maar jy leef nogsteeds met dieselfde leuen nie.

Ek lees graag nog ‘n gedig voor van Velma Barnard met haar toestemming.

Mannin

sy is alter-ego van adam die man
en halveer in alphasel van mensdom se ontkiem
sy dra vrugbeginsel vanwaar nuwe lewe lig sien
haar liggaam is geoffer as inkubasiestasie
om daardeur as ontwerp van wonderwerk te dien
daarin lê die grootste seën wat oor haar reën
ingebore instink tot koestering en teerheid
maak haar beminlikheid soveel meer
waar sy waak en veg vir haar geliefdes om haar,
wentelas elke huislike ekosisteem
hou jy haar gelukkig is die atmosfeer idillies
totale blis sal vloei waar vrede heers en liefde is
haar versugting en smagting is na vertroue
dat haar lewensmaat se oë haar hart sal weerkaats
wanneer sy passievol nader om tot smeltpunt te vlam
hou dus fyn dop sielsmaat, om haar hart se punt te raak
gaan jy jou soetste nektar bymekaar moet maak
dis in opregtheid wat jou tong, nektar se terugvloei sal smaak
sy heet Eva verbrou, die swakke vrou
maar tog neem dit twee om te trou en te bou aan behou
juis daar waar dans herhalend saamsluk en swaardra
aan die sakke sout, vrylik sonder voorbehoud
Mannin is die term van haar definisie
en lewe die ontginningsproses van haar omskrywing
lojaliteit is daardie flits waar beide komponente een is
© Vellies J Barnard
08/08/2014

Ons vel is die grootste bron van ons seksualiteit. Die oomblik wat iemand aan jou raak veroorsaak dit prikkelings regoor jou lyf, al was dit net jou hand. En wanneer jou emosies ook betrokke is, is dit net so goed soos ‘n weerligstraal wat jou elektrifiseer en slaan jy uit in goosebumps. Wanneer jou geliefde aan jou vat doen dit iets aan jou. Jy is meer bewus van die ander persoon. Jou reuksintuie tree in, jou ore verskerp en jy het skielik ‘n sesde sintuig wat ingefokus is op jou maat. Dit is dan wanneer julle op dieselfde tyd begin praat of presies weet wat hy dink. En dit net bloot omdat julle mekaar aanraak. Dit is nie net sensueel nie maar ook genesend van aard. Daar is baie paartjies wat nooit aan mekaar raak nie en hul verhouding is koud en onpersoonlik. Hulle is bloot net bymekaar uit gewoonte en dit is glad nie goed nie.
Geniet daardie aanraking, al is dit hoe lig want dit beteken julle gee om.

Dan het ons borste, en suid van die borste het ons ‘n vagina. Met ‘n rede. Dit is nie die nether regions nie. En ons raak net daaraan tydens ons bad-episode nie. Nee, dit het ‘n naam gekry. En dit doen meer as net water afslaan en kinders baar.

Liewe vrou, jy is spesiaal geskep en mooi in God se oë. Wanneer laas het jy jouself in die spieël bekyk, naak? Sonder klere aan? Daar is niks vuil of sleg aan jou nie. Jou liggaam is gemaak vir die man se genietinge en sy liggaam is gemaak vir joune. Die Bybel is baie duidelik daaroor. Moenie jouself weerhou van jou man nie behalwe wanneer daar gesamentlik ooreengestem is of julle vas. God het ons juis gemaak om mekaar se liggame lief te hê en te geniet. Wanneer jy jouself in ‘n godsdienstige kleed sit dan ontneem jou jouself van daardie deel wat jou juis laat skitter.

Met dit alles gesê, hoe gaan jy die dating scene betree? Nogsteeds met dieselfde leuens van vroeer of gaan jy toelaat dat iemand jou leer hoe om te ontwaak?

Om die buitewêreld alleen te betree vat baie waagmoed. Dit is nie maklik nie en die meeste van die tyd gaan jy alleen voel te midde van mense om jou. Watter plekke is toelaatbaar vir jou as vrou om alleen op te daag en gemaklik te voel?
Ek dink dit hang van’n vrou se persoonlikheid af.
Daar is sommige pubs waar jy heel gemaklik kan sit, ‘n bord kos kan geniet, miskien ‘n drankie drink en wegstap, ongeskonde. Dan is daar kroeë waar jy sommer met die intrapslag vuil voel. Bly weg van sulke plekke af. ‘n Vriendin van my het gereeld saam met vriende gaan dans. Sy het altyd gesorg dat sy saam met hulle uitgaan en terselfdertyd so geleer om te dans en die lewe te geniet. Op die ou einde het sy daar ‘n netjiese man ontmoet en is hulle nou gelukkig saam.
Daar is ook ander groepe wat jy by kan aansluit. Dit hang af wat is jou belangstellings. Kerkgroepe is natuurlik ook ‘n goeie plek maar wees maar bedag vir die wolwe in skaapksklere. Nie almal wat daar is se attensies is goed nie.

Die groot ding van hierdie gesprek is wees bedag op wat buite aangaan, en moenie toelaat dat jou eie vrese jou weerhou van ‘n sinvolle verhouding nie. Hierdie keer kan jy dit anders doen deur oopkop te bly.

Tot ‘n volgende keer

Skitter net waar jy is diamant. 


ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Lynelle Clark: Diamant Diva's
WOENSDAG 10h00 SA Time
Vandag se program handel oor Vrouwees, lees ook n paar gedigte voor skakel gerus in.
Velma J Barnard Douwlina Du Plessis
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com
SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.
http://14123.live.streamtheworld.com/SAM04AAC125_SC
http://listen.samcloud.com/w/90758/EGR/?play=y#history
http://www.liveonlineradio.net/south-
…/elan-global-radio.htm

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...