Woensdag 22 Augustus 2018

Hoe benader jy jou kinders na die egskeiding?


Hartlik welkom by die volgende program van Diamant Divas hier op Elan Global Radio. Ek is Lynelle Clark wat met julle sal deel wat op my hart is. Om meer van ons te wete te kom kan u gerus ons webwerf besoek by www punt Elan Global Radio punt com of ons ‘n duimpie gooi op ons bakkiesblad, Elan Global Radio. Jy kan ook my blad, Diamant Divas besoek en meer te wete kom van die program.
Omdat dit ‘n Internet Radio is kan u die applikasie, Simple radio, aflaai en net op Elan Global radio se logo kliek vir die beste inskakeling direk van jou slimfoon af.




Vandag se program handel oor jou verhouding met jou kinders, hoe benader jy hulle as enkelouer? Daar is nie meer ‘n ons in jou woordeskat nie, so jou benadering gaan moet aangepas word. Aksies en optredes wat jy as vanselfsprekend in jou huwelik ervaar het is nou verwarrend en in sommige gevalle amper taboe. Waar jy voorheen sou gesê het “gaan vra jou pa,” is die pa nie daar om jou uit te help nie en moet jy nou die besluite neem. Jy kan ook nie elke keer op die foon klim om hom opdrag te gee om met die kind te praat nie. Dit mag wees dat hy alreeds in ‘n ander verhouding is en die vrou duld nie jou ontydige opdragte aan haar maat nie wat meer spanning kan veroorsaak. Of dat hy net nie beskikbaar is nie en wanneer jy eis om te weet waar hy is veroorsaak dit in ‘n geveg en die eintlike rede is dan verlore. Onthou, hy skuld jou geen verduideliking nie. Dit is in hierdie tye dat jy jou kinders se respek verloor en jy ook beheer verloor in die algemeen.
Die hele kommunikasie dinamieka verander. Waar julle ‘n familie van vier of vyf was is julle nou net drie of vier. Voorheen was dit maklik om verantwoordelikhede rond te skuif soos wat dit die situasie gepas het nou is dit net jy en jy alleen. Dit kan nogal senutergend wees. In ‘n groot mate kan jy verslae en verlore voel, selfs oorweldig. Maar jou wegkruip dae is verby. Jy is nou die een wat die pas moet aangee, die leisels moet opneem en vooruit moet loop. Jy staan alleen, met niemand om jou te rugsteun oor hierdie veranderinge of besluite wat jy moet neem nie. 
In baie gevalle sal kinders dan rebelleer bloot net omdat hulle nie verstaan nie, en, of die ander ouer mis. Of omdat hulle al die aandag soek om hul eie onsekerhede hok te slaan. Dit veroorsaak sy eie unieke probleme waarop ‘n enkelma moet bedag wees. Indien dit nie reg hanteer word nie kan jou lewe oornag in ‘n nagmerrie verander. Dit is dan wat jy die waarde van ‘n goeie ondersteuningsgroep sal besef en mense sal moet vertrou. In baie gevalle moet die vrou en haar kinders terug trek na die ouers wat ook spanning kan veroorsaak. Jou ouers is nie meer lus vir ‘n geskreeu en gekerm nie, en wil hul eie ding doen of trek finansieël swaar en die feit dat jy intrek veroorsaak nog verdere spanning op alreeds ‘n moeilike situasie.
Dit is dan wat kinders baie oop is vir buite invloede en mense kan dan van hierdie geleenthede gebruik maak om hulle skade te berokken. Hetsy deur verkeerde invloede soos steel, by bendes aansluit of onbeplande seks wat lei na ongewenste swangerskappe tussen tieners. Om nie eers te praat van dwelm-, rook of drankmisbruik nie by ongure partytjies waarheen hulle uitgenooi word nie. Juis omdat hulle dan voel niemand gee om nie sal die tipe van uitlaatkleppe skielik ‘n kruk word sonder jou medewete. Deur om dan onnatuurlik streng te wees of hulle in ‘n koutjie toe te sluit sal dit nie stop nie maar juis die teendeel veroorsaak. Dit is in hierdie tyd wat jy moet uitreik na mense en instansies wat jou kan help om hulle deur hierdie fase te kry. Dit sal nie net jy wees wat hulp gaan nodig hê nie maar jou kinders ook.  Indien die ander ouer nog in die prentjie is, is dit noodsaaklik dat julle moet saamwerk rakende die welstand van julle kinders en julself en jul probleme op die agtersitplek moet skuif om hulle by te staan. Onthou, jou kinders is jou grootste bate, en geen geld kan hulle vervang nie. Hulle verdien meer as net die geld waaroor jy en die eks baklei. Jy mag dalk seergemaak voel omdat hy jou verneuk het byvoorbeeld maar die kinders kom in baie gevalle eerste en jy sal verby dit moet kyk om hulle te bereik.

Hierdie onderwerp is so wyd dat een program nie genoeg gaan wees nie maar ek gaan probeer om aan elke fasset aandag te gee. Jou verhouding met jou kinders is van kardinale belang om anderkant uit te stap met min skrape. Elke persoon, ongeag die ouderdom, moet die nuwe lewe aanvaar en aan beweeg. Elkeen gaan dit anders bereik en dit gaan van jou as ma afhang hoe elkeen dit gaan hanteer.
“A single parent is a parent who parents alone. It means there is an absence of the other parent as opposed to a co-parent, meaning that the parent is not the only parent regardless of whether or not they are a couple. Of course, this definition is loosely true. There is no true definition of what "single parent" means and is more based on opinions. Sometimes, one finds themselves in a single-parent family structure that has arisen due to death of the partner, intentional artificial insemination, or unplanned pregnancy.
Historically, the death of a partner was a major cause of single parenting.[1] Single parenting can also result from the breakup or divorce of coupled parents who leave and choose to not co-parent, thus leaving one parent to raise and support the child on their own. Many people confuse single parenting with co-parenting:[citation needed] co-parenting involves both parents playing a role of supporting and raising the child, rather than one parent—as is the case with single parenting. Recent years have seen the increasing incidence and visibility of uncoupled women who choose to be single parents. When single women seek to get pregnant intentionally in order to become single mothers by choice (or "choice moms"), they often seek an anonymous or known sperm donor. Single-parent adoption or fostering is also sometimes an option for single adults who want to raise a family.The demographics of single parenting show a general increase worldwide in children living in single parent homes.[2] Single parenting has become a norm in the United States and is a trend found in many other countries. The morality and advisability of single motherhood has long been debated in the US. Single American mothers live in poverty 5 times more often than married parents. (National Women's Law Center, Poverty & Income among Women & Families, 2000-2013) The topic is less contentious in Western European countries where all families enjoy more robust state-sponsored social benefits.[3]https://en.wikipedia.org/wiki/Single_parent

Die stastistieke lyk baie sleg en word net slegter by die dag. Soos wat die egskeidingsyfer styg sal die probleem van enkelouerskap ook styg. Dit is harde feite waarvan ons moet bewus wees juis omdat dit ons direk raak. Ons kinders ook. Skielik word dinge by die skool moeiliker. Bullies kan te voorskyn kom en die situasie uitbuit en dit is dan noodsaaklik dat jy ‘n goeie verhouding met die onderwysers sal hê om goeie kommunikasie te kan verseker. Of hulle moet van skool verander omdat jy nie meer die skoolfonds kan bekostig nie.
Armoede staar ook baie enkelma’s in die oë. Haar salaris is minder, of in baie gevalle het sy nie eers ‘n werk nie en moet jy met die bietjie wat jy het hongermagies voed. 

Nationwide, households led by single mothers are more likely to be living in poverty, below the federal poverty line — or living in deep poverty, the level of acute hardship characterized by living at 50 percent or less of the federal poverty level. Overall, across the country, no other household type fares worse when it comes to poverty than households led by single mothers.This is a piece I’ve gotten from the internet. The link is available on my blog post for today.
The Parent Trap: The Economic Insecurity of Families with Young Children,” published by the Demos organization, does an exceptional job of laying out the hits to their income that parents of young children (under five years old) take simply by having young children, but then as they add in other factors — if you’re a single parent, if you’re a single mother, or a single mother of colour, or less educated— the problem just gets more intense:“For single parents, who earn on average $22,026 compared to $35,042 (single adults with no children) and $33,179 (single adults with older children), being black or Hispanic as single mothers as black or Hispanic means earning $5,309 (black) and $1,304 (Hispanic) less than single white mothers.”The topic is important because, as they point out, “women comprise 89 percent of single-parent households with young children.” In fact, according to the National Women’s Law Center, more than one in three single mother families lived in poverty in 2015, with higher figures for single-mother families headed by women of colour, including Native Americans (48 per cent), Hispanics (42 percent) and Blacks (40 percent). Poverty figures for families headed by White (31 percent) and Asian women (24 percent) were noticeably lower, although still high.https://medium.com/@lilygc/hardship-personified-single-mothers-and-single-mothers-of-color-1d019364f631
Armoede is ‘n groot werklikheid in enkelvroue se lewens. Dit is ‘n stryd wat die meeste verloor. Hierdie onvermoë om vir haar kinders te sorg maak dan ‘n vrou depressief en sy verloor gehalte tyd met haar kinders. Sy kan eintlik glad nie met hulle kommunikeer nie en hulle volg dan hul eie pad. Dit is ‘n vieslike siklus waarin hulle hul bevind en verkeerde keuses word geneem bloot net om die liggaam te voed. Die absolute verlorenheid van ‘n enkelma en haar kinders is dan groter. Wanneer jy nie meer die sorg van kinders het nie is die spanning weer op ander vlakke. Geen situasie is die selfde nie.  
Na ‘n lang huwelik het Isak homself buite die gesinsverband bevind en is die verhouding met sy kinders ‘n baie teer punt in sy lewe. Weg is die kameradie en gemaklike verhouding met hulle en word hy meestal weggestoot deur die kinders. Hy weet maar min van hulle af en enige uitreiking word koud ontvang wat hom by tye hartseer laat, selfs bitter. Elke ouer offer op vir hul kinders, spandeer tyd en energie tydens die grootword jare. Om nie eers te praat van die finansiële implikasies daaraan verbonde nie; om dan net eenkant toe geskuif te word is onverstaanbaar en laat die ouer hartseer.
 Wanneer ‘n man en vrou skei kan ‘n paar dinge gebeur; en dit hang meerendeels van die ouers af hoe dit gaan afspeel. Volwasse kinders sal die skeiding aanvaar en albei ouers nog steeds ondersteun. Of kinders sal die kant van een ouer kies en die ander een ignoreer. In baie gevalle is dit omdat die een ouer die ander een afkraak bloot net vir selfsugtige redes of omdat hulle dink dat hulle reg daartoe het. Die ander rede is omdat kinders nie die opbreek verstaan nie of die aanleiding daartoe ken nie dan neem hulle die kant van die ouer wat agterbly, sonder om uit te reik of die weggestote ouer ‘n kans te gee om te verduidelik.
Albei partye het foute gemaak. Albei partye staan nie onskuldig nie en ouers moet dan volwasse optree tydens hierdie sensitiewe tye. Deur die man die heeltyd af te kraak is onregverdig teenoor die vader van die kinders. Die ander kant is ook net so waar. ‘n Pa moet waaksaam wees oor wat hy se van die ma voor die kinders. Sy is en bly die ma, die vrou wat hulle voed en grootmaak. Die een wat hul trane afvee en sorg vir die mooi dinge kenmerkend van moederskap. Ek dink dit is baie onrealisties en kan net verdere probleme vorentoe veroorsaak.
Kinders, op die ou einde is nie die rede vir die egskeiding nie. Kinders het nogsteeds nodig om te weet dat albei ouers hulle lief het en dat, alhoewel die huislike situasie verander het, hulle nog steeds ‘n ma en pa het. Dit is die plig van albei ouers om aan hierdie verhouding te werk. Dit is logies dat kinders kwaad sal wees, selfs bitter sal word omdat hulle nie verstaan nie maar jy as ouer moet juis uitreik en verduidelik – elkeen op sy eie ouderdomsvlak om sodoende die verhouding weer te herstel. In baie gevalle sal dit nie weer die selfde wees nie maar unieke verhoudings kan tog weer geskep word deur mekaar weer van voor af te leer ken.

The reasons behind the troubling statistics and the always-present emotional trauma are simple but profound. As a licensed counsellor and therapist Steven Earll writes:Children (and adult children) have the attitude that their parents should be able to work through and solve any issue. Parents, who have given the children life, are perceived by the children as very competent people with supernatural abilities to meet the needs of the children. No problem should be too great for their parents to handle. For a child, divorce shatters this basic safety and belief concerning the parents' abilities to care for them and to make decisions that truly consider their well-being.Children have a strong belief that there is only one right family relationship, and that is Mom and Dad being together. Any other relationship configuration presents a conflict or betrayal of their basic understanding of life. In divorce, children [tend to] resent both the custodial and absent parent."1A few more statistics to consider:
  • Children from divorced homes experience illness more frequently and recover from sickness more slowly.6 They are also more likely to suffer child abuse.7
  • Children of divorced parents suffer more frequently from symptoms of psychological distress.8 And the emotional scars of divorce last into adulthood.9
The scope of this last finding — children suffer emotionally from their parents' divorce — has been largely underestimated. Obviously, not every child of divorce commits crime or drops out of school. Some do well in school and even become high achievers. However, we now know that even these children experience deep and lasting emotional trauma.For all children, their parents' divorce colours their view of the world and relationships for the rest of their lives.The children in Wallerstein's study were especially challenged when they began to form their own romantic relationships. As Wallerstein explains, "Contrary to what we have long thought, the major impact of divorce does not occur during childhood or adolescence. Rather, it rises in adulthood as serious romantic relationships move center stage . . . Anxiety leads many [adult children of divorce] into making bad choices in relationships, giving up hastily when problems arise, or avoiding relationships altogether." 11Other researchers confirm Wallerstein's findings.12 Specifically, compared to kids from intact homes, children who experienced their parents' divorce view premarital sex and cohabitation more favorably.13 (This is disturbing news given that cohabiting couples have more breakups, greater risk of domestic violence14 and are more likely to experience divorce.15)Behind each of these statistics is a life — a child, now an adult, still coping with the emotions brought on by the divorce.As Wallerstein put it, "The kids [in my study] had a hard time remembering the pre-divorce family . . . but what they remembered about the post-divorce years was their sense that they had indeed been abandoned by both parents, that their nightmare [of abandonment] had come true."16https://www.focusonthefamily.com/marriage/divorce-and-infidelity/should-i-get-a-divorce/how-could-divorce-affect-my-kids


Die onbetrokke pa
Hier wil ek ‘n paar oomblikke stilstaan. Dit is verstommend hoeveel mans net eenvoudig wegstap om nooit weer in hul kinders belang te stel nie en die kinders los met selfverwyt en skuldgevoelens. Jou gedrag veroorsaak dit, afwesige pa. Of jy dit bedoel of nie. Jou kinders sit met die verwerping wat hulle dalk nooit sal kan verwerk nie. Met hierdie pa’s wil ek ‘n oomblik praat.
Wat ookal jou redes is om weg te stap, jou kinders is en bly jou verantwoordelikheid. Deur jou rug op hulle te draai los miskien jou probleme op maar vererger hulle sin. In die res van die wêreld se oë is jy selfsugtig en onverantwoordelik en sal niemand jou weer vertrou nie. Maak nie saak hoe mooi koekies jy bak by die volgende vrou nie, wanneer sy die ware toedrag van sake agterkom het sy geen rede om jou te vertrou nie. As jy jou eie vlees en bloed kan los waar laat dit haar?
Jou onbetrokkenheid – finansieël en emosioneel laat jou kinders wees agter. Die verwerping wat hulle deurgaan laat onmeetlike skade en kan baie lelike letsels laat. Selfmoord, selfskending, dwelms, verkragting, woede, dronkenskap, onrealistiese verwagtings is net ‘n paar uitlaatkleppe wat ‘n kind se stabiliteit steel en in ‘n spiraal van verwerping laat wat miskien nooit weer sal herstel nie.
Jou wegstap sonder verduideliking of kontak laat hulle hul ewewig verloor. Hulle lewe is ongebalanseerd en hulle worstel met baie onbeantwoorde vrae. Jou onverskilligheid veroorsaak ook dat hulle in armoede verval. Met skaars genoeg om te eet, dan praat ons nie eers van die ander tekorte nie. Kan jy rerig met jou self saamleef wetenede dat hulle honger is? Kan jy rerig so hardvogtig wees dat hulle sukkel bestaan jou nie aanraak nie?  Is jou haat so groot vir jou gewese vrou dat jy vere voel vir jou kinders?
Hierdie kinders is aan jou gegee. Hulle is jou grootste gawe aan die wêreld. Dit wat jy in hulle deponeer sal hulle eendag kan gebruik om daadwerklike volwassenes te wees wat verantwoordelikheid vat en ‘n goeie lewe lei. Maar as jy dit afbreek kan hulle hele toekoms verander en ‘n nadraai he wat heel moontlik nie jou intensie was nie. Dit is saad uit jou lendene. As ‘n persoon met skeppingsmag is hulle nogsteeds jou verantwoordelikheid wat op jou skouers rus. Eendag sal jy verantwoording moet doen vir die ‘don’t-care’ houding wat jy tans openbaar. Sien jy rerig kans daarvoor?
Ouers se doel is om kinders die weg te leer en ‘n voorbeeld te stel deur hul optrede. Elke ouer het ‘n bepaalde rol te speel in kinders se lewe. Van die moeder leer hulle om die huis in orde te hou, mededeelsaam te wees en vir mekaar om te gee. Sy skep die rustigheid en vrede in die huis wat op elke persoon in werk. Die pa skep sekuriteit en leer kinders die basiese dinge wat hul vir die wêreld voorberei. Wanneer een van hierdie pilare wegval laat dit kinders weerloos.  
Daar is gevalle waar dit eerder die ma is wat onbetrokke raak en net vlug, veral wanneer die kinders nog baie klein is en laat dit die man met sy eie probleme. Dit mag wees dat sy nie kan cope nie of net nie ‘n ma wil wees nie. Skielik moet hy beide rolle vervul en buite sy eie comfort zone beweeg om sy kinders groot te maak.
Vir my persoonlik, was dit belangrik om die verhouding met my kinders te behou ongeag die vrae wat hulle gehad het.  Ons het ons probleme gehad, selfs baklei en moes ek bontstaan met die verduidelikings maar op die ou einde kon ons tot ‘n vergelyk kom. Met elkeen van my kinders het ek ‘n unieke verhouding. Arline is ‘n getroude vrou met haar eie familie, Odette is verloof en kap nog haar pad oop. Paul bly oorsee, so elke tydjie wat ek kan afknyp om tyd met hom te spandeer, is kosbaar; Wat meestal net oor WhatsApp of Skype gebeur. Omdat hulle volwasse is het elkeen sy eie lewe en moet ek daarby inval. So, my tyd is soms beperk saam met hulle maar ons kom tog baie goed oor die weg.

Vir hierdie program het ek ‘n paar vrae aan Isak gevra. Isak is self deur ‘n egskeiding en ons albei het ons eie wroeginge om deur te werk afgesien dat ons ook aan ‘n nuwe verhouding moet werk. Tog vind ons-ons voete en beweeg ons aan, maak planne en bou aan ‘n toekoms. Ek dink dit is goed om ‘n man se perspektief ook te kry wat ons sal help in ons eie soeke en genesing.
Vrouens is geneig om te dink dit is net hulle wat seer kry en dat hulle die enigstes is wat kan kla. Maar baie mans moet in stilte dinge uitwerk en aangaan, soms selfs sonder ondersteuningsrolle. Maar hulle kom tog bo uit. So het ons elkeen ons eie seer om te verwerk en genesing te ontvang.

Tot ‘n volgende keer, skitter net waar jy is.






Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...