Woensdag 04 Julie 2018

Program 4: Is God kwaad vir my?



Dit is ‘n knaende vraag hier in jou agterkop. Soms wil jy jouself meet met godsdienstige brille en jy dink jy skiet ver tekort. Jy bevraagteken God en die rede vir jou bestaan. Waar pas jy in sy plan die mees gevraagde vraag tussen mense wat deur swaarkry gaan. Jy is amper sku om te praat te bang vir die kritiek en veroordelende houdings.

Elkeen ervaar dit anders: hulle vind hulle beweeg juis nader aan God in hierdie tyd. In my lewensverhaal het ek ‘n heeltemal ander pad gevolg waar ek vinnig moes groot word. ‘n Rowwe pad gevul met slaggate en verkeerde afdraaie. Ek het God blameer vir al die verkeerde dinge in my lewe wat my gelei het na hierdie pad en moes dit deur werk. Stap vir stap leer ek om Hom weer te vertrou maar, ek sal erken, dit is moeilik. Weg is die kinderlike naiwiteit van vroeër. Die lewe slyp mens so geweldig dat elke oogklap dan verwyder word en jy gedwing word om sekere dinge in die gesig te staar, soms in die donkerste ure, op ‘n vreemde pad, waar jy so gekletter is dat jy nie weet hoe jy by die huis gaan kom nie. Maar jou uitroep na Hom, bring jou tog deur. Dit is daardie tye dat jy weet dat daar nog ‘n God is wat omgee.

‘n Vriendin het Maandag by my kom kuier: ‘n vriendin wat ek jare laas gesien het en bewus was van die swaar kry in my lewe. Oor die jare het ek het alle kontak met haar verloor. Deels ook maar my skuld omdat ek niemand wou sien nie. Maandagoggend, toe ek my epos oop maak is daar ‘n brief van haar. Ek dog amper ek val van my stoel af. Ek het haar al so baie gaan soek by haar ou adres, nie baie ver van waar ek nou bly nie, in die hoop om haar weer te sien. En daar was sy, in my briefboks. Wat ‘n verrassing. Ons het sommer nog dieselfde middag om ‘n paar koppies koffies gekuier. Omdat sy ook ‘n enkel persoon is wat die pad baie langer as ek loop kon ek luister wat sy geleer het.

Sy vertel dat sy eendag ‘n boom gesien het, skeef gewaai wat net lê na die eenkant toe. Onmiddelik dog sy, nee, maar dit is mos nie reg nie, hoekom het niemand nog probeer om die boom reg te buig nie en toe val sy haarself in die rede. Of soos ek sal sê: ‘n liggie het skielik aangegaan. Die feit dat die boom skeef is keer nie sy groei of sy skoonheid nie. In teendeel, sy uniekheid lê juis daarin dat, ten spyte daarvan dat hy skeef is hy nogsteeds sy doel bereik. Wat is sy doel? Deur om sterk en stewig te staan en skadu te gooi. Hoe dikwels wil ons nie ‘n boompie buig om by ons siening te pas nie terwyl die boompie juis meer bruikbaar is in sy “skewe” toestand. Soveel mense wil ons buig, soveel wil ons forseer in ‘n bepaalde boksie in. ‘n Mens sien dit so baie in die verhoudings tussen tieners en ouers. Pa’s en seuns of dogters en hul moeders. Maar God, in al sy wysheid, is nie so nie.


Die feit dat my boom nie lyk soos joune nie maak my boom nie verkeerd nie.

In my navorsing vir hierdie program het ek op hierdie stukkie af gekom:

“'For I hate divorce!' says the Lord, the God of Israel." (Malachi 2:16)I’ve heard it quoted by so many people. It’s been thrown in my face, reminding me what a sinful person I am for walking away from my marriage. I’ve been told I am required to live a celibate life until my death, pining away for my ex-husband or risk the fires of hell for living in adultery.And yet, I know how hard I tried to save my marriage. I know how I chose forgiveness after learning of his adultery. I know how I prayed without ceasing, fully believing God would save my marriage. I know the hurt and pain I endured for the sake of doing the right thing, of keeping my marriage together.I also know how I was losing my dignity and self-respect. I know how my very life was being chipped away, bit by bit. I know how I doubted myself, wondered what was so terribly wrong with me that I couldn’t keep my husband happy. I know how I began to hate myself, hate my life.Until the day God told me it was time to walk away. Yes, God told me it was time, I had endured enough hurt, pain, and rejection. It was time for me, the captive, to be set free. It was time for me to fulfil the purposes for which He created me.Since that day over seven years ago, my life has changed dramatically. My children and I have found freedom. We have found joy. We have found purpose. We have found life. And we have found our Saviour!But it’s not been easy. I have battled shame, guilt, and condemnation for years, and my fellow Christians have often chosen to add more guilt and shame on top of what I’ve already experienced. I’ve been told how much God hates divorce, how disappointed He is in me. I’ve been told I chose happiness over holiness. But, if that’s true, why would God tell me to walk away?-Dena Johnson


Voor ek verder gaan wil ek julle net herinner dat ek nie ‘n Prediker of berader is nie. Ek praat net van wat ek geleer het en my interpretasie daarvan.

Ons is so rigied geleer dat wanneer iets buite die raamwerk van die Bybel gebeur dan dink ons outomaties dat ons verdoem is en God sy rug op ons gedraai het. In baie gevalle verstaan ons nie God se oordeel of hoekom hy sekere dinge toelaat nie. In my geval wonder ek soms oor hoekom dinge vir my op so ‘n manier uitgewerk het, dat ek nou, op 53 totaal afhanklik is met niks op my naam nie. Dit nadat ek jare opgeoffer het, gegee het, gesaai het, in geloof gestaan het. God vertrou het vir elke ding in my lewe en toe skielik verander my hele lewe en alles wat ek geleer en geglo het. En ek kyk rondom my en ek sien hoe mense met die spreekwoordelike moord wegkom en nogsteeds goed gaan. Te kort aan niks. Ek sien dit met mede vriendinne wat, net soos ek ook opgeoffer het, getrou was, reg gedoen het en ook met niks moet wegstap.

In die proses word ons boompies gebuig en lê ons skeef. ‘n Aanstoot vir soveel om ons. Mense probeer ons buig om by hulle in te pas. Organisasies, Instansies, kerke, predikers, mans, base, vriende…. Die lys is eindeloos. Sommige dink jy is ondankbaar, onvergenoegd, eintlik net plein “useless” bloot net omdat jy weier om te buig volgens hulle voorskrifte. Een van my vorige base het vir my gesê ek moet terug klim in die hool waar ek vandaan kom, bloot net omdat ek nie my werk gedoen het soos hy wou nie. In sy geskreeuery was ek naderhand so verward want elke dag het die reëls en werk verander. Ek het naderhand nie meer geweet watter kant toe nie. En hy het openlik my beskinder voor mede-kollegas and kliënte. Ek het geen kans by hom gestaan nie en ‘n maand later het ons paaie geskei.

Die merke wat dit laat, laat jou glo God is kwaad vir jou. Dat jy rerig niks verdien nie. Dat jy useless is en nie waardig genoeg is om te floreer nie. Jy twyfel dan in jou eie vermoëns en probeer om net aan te hang so lank as moontlik.

In November 2016, net voor ek sou wegstap, het ek een nag na God uitgeroep, my hart in twee geskeur van al die verwerping, die sere, die leuens en verlorenheid, skielik, val daar ‘n woord in my. “Kom na my toe; Hy wat vermoeid en belas is en ek sal hul rus gee. Kyk ek staan by die deur en klop.” En die beeld van die Vader wat die pad dophou vir sy verlore seun kom by op. Dit was so lank laas dat ek God se stem gehoor het dat dit my regtig nugter laat skrik het. Ek het net voor dit nog vir iemand ‘n boodskap gestuur en gevra vir hulp, so desperaat om van die pyn ontslae te raak maar die persoon kon of wou nie antwoord nie. Hoe ook al sy, God het geantwoord. 

You can argue that God would never plan for any divorce or any of the pain that comes with it. But God allows pain to bring about a greater good for His people. God told Moses to move His people out of Egypt into the desert. After a short period of rejoicing, they started to feel the pain of desert living when they’d been used to a life of abundance in Egypt.
In their pain, they learned that they had to depend on God for everything. Similarly, I had to learn to depend on God, which brought me closer to Him. Every single day God uses sin and destruction in this world to bring His children closer to Him. It’s in the good and abundant times, just like the Israelites, that we often forget how much we still need God every single day.We often feel closest to God in the painful trials of life. But even after the pain has diminished and you start to heal, God hopes that that relationship will be just as valuable as it was in the beginning stages. He wants all humans to first love Him and have a close personal relationship with Him. Second, He asks that we love others with the same love that He loves us. That’s our purpose and that’s our ministry.When we surrender our will to His and accept His redeeming grace, then we can be used to further the Kingdom. Yes, even us divorced women.” 
Jou oorgawe en aanvaarding dat iemand in beheer is van jou lewe kan nogal jou wêreldtjie skud. Vernaam na so baie teëspoed. Vir elkeen van ons verskil die Godheid se beeld en sien ons Hom verskillend. Ongeag van hoe jy hom sien en erken weet dat Sy manier van kyk is anders as die wêreld sin.
Dit is al erg genoeg om iemand hier op aarde te vertrou maar om iemand, wat jy nog nooit gesien het nie, te vertrou is heeltemal anders. Op die ou einde is dit ‘n saak tussen jou en die Opperwese.
‘n Groot gedeelte van genesing, na egskeiding, is emosionele groei. Om emosioneel gesond te word vat baie tyd en aandag waar jy net tyd met jouself beoefen. Omdat ek lief is vir skryf vind ek dit makliker om my gedagtes neer te pen in hierdie tyd. Daar bespreek ek my vrese, waarmee ek sukkel en ook my oorwinnings en soek ek so die vrede wat nodig is.
Musiek is ook ‘n groot hulp. Dit is asof ‘n mens meer sensitief is vir die woorde van die lied. Skielik, nadat jy ‘n lied ‘n honderd maal gehoor het, luister jy na die woorde. Jy kyk weer na die titel van die lied en jy wonder hoe het jy dit nooit voorheen gehoor nie maar dan maak dit sin en jy vereenselwig met daardie woorde. Dit bring ook genesing. 

Daar is 5 emosionele wenke wat belangrik is vir hierdie tyd:
1.     Jy kan nie almal gelukkig maak nie. Nie jou man, kinders, ouers of vriende nie. Jy is die een wat na jou beeld in die spieël kyk en wat terug weerkaats is wat jou gelukkig maak. Jy kan jou hele lewe opoffer vir almal om jou maar wanneer jy niks gedoen het vir jou eie geluk nie dan is jy die een wat daaronder ly. Jy is die enigste persoon wat verantwoordelik is daarvoor. Niemand anders kan dit vir jou doen nie. Dit is in hierdie tyd wat jy ‘n stokperdjie ontdek. Of geroep voel om iets te doen vir die mense om jou.
2.     Ek sal seker nooit perfek wees nie. Perfek wees is ‘n mite wat seker deur skoonmas uitgevind is…LOL…. Skuus julle, ek is ook een… J Maar daar is nie so iets soos perfek wees nie. Jy sal en gaan foute maak. Dit is ‘n feit en deel van die skawingsproses. Hoe vinniger jy daardie mite kan afbreek hoe gelukkiger sal jy wees.
3.     Ek kan maar die appelkar omgooi en dinge sal nog goed wees. Hoe bang is ons tog nie om die bootjie te laat skommel nie en loop letterlik op eiers om tog nie mense se argwaan op jou te hê nie. Glo my, jy kan als “perfek” doen maar jy sal nogsteeds mense die harnas in jaag want jou perfek en hulle perfek verskil. Hoe het Merchley Maandag gesê… solank as wat ek vrede het met myself kan niemand my iets doen nie. Nie deur woord of daad nie. Ai, hoe wens ek, ek kan daar kom.
4.     Moenie jou pyn met iemand anders sin vergelyk nie. Nie een van ons hanteer situasies op dieselfde manier nie. elkeen van ons sal genesing ontvang in ons eie tyd. Daarom kan ek nie dink my pyn is minder of meer as ‘n ander sin nie. Pyn is pyn.
5.     Hou op om verskoning te vra vir wie jy is. Omdat iemand nie met jou saam stem nie maak jou nie verkeerd nie. Waarom dan verskoning maak daarvoor? Verander eerder jou woord keuse en se dankie. Dankie dat jy verstaan. Dankie vir jou oor. Juis in ons dankbaarheid leer ons om ons self te aanvaar vir wie ons is.
Ek wil afsluit hiermee. Lukas 1:39
‘n Hele lang ruk gelede het ek die stukkie in Lukas 1:39 gelees van Maria wat na Elizabeth gegaan het die oomblik wat sy gehoor het sy is swanger. In die eerste plek noem die Bybel dat sy op gegaan het na Elizabeth. Die woord “op” is tweeledig. In die eerste plek dui dit daarop dat sy moes hoër klim, sodat sy bokant haar situasie kon uit beweeg en die hele prentjie kon sien. Soms, wanneer ons so naby aan die bepaalde situasie is kan ons nie sien wat die werklike situasie is nie.
Die ander rede is natuurlik ook sodat dit haar lewe kon spaar want volgens die wette moes sy gestenig word (boompie wat moes buig). M.a.w dit wat in jou is sal mense probeer aborteer nog voor dit volle wasdom bereik het. Daarom gaan so baie drome dood in die eerste 3 maande en mense se “lewe” verdof. Hulle praat te vinnig en soms met die verkeerde mense. Praat met mense wat verstaan, wat die pad ken. Leer by hulle.
Hoekom juis Elizabeth? Sy was ook swanger… ook deur die Heilige Gees bevrug net soos Maria. Met ander woorde hulle het deur die selfde situasie gegaan, die selfde vrae gehad. En omdat Elizabeth ouer was kon sy Maria, slegs 14 jaar oud, leer. Maria kon al haar vrese en vrae aan Elizabeth noem sonder om bang te wees vir veroordeling of steniging.
Die woord leer ons dat sy daar gebly het tot in haar agtste maand. Die getal 8 is baie belangrik, dit dui op opstanding en nuwe lewe. Die perfekte tyd om dan weer deel te word van die lewe omdat jy jouself genoegsame tyd gegee het om te herstel.
Na 8 maande kon niemand meer ontken dat sy swanger is nie en die Fariseërs kon haar nie aanraak nie. Soms moet ons vir ‘n tyd lank net weg gaan, afsonder en stil word by iemand wat verstaan. In hierdie tyd des te meer omdat jou emosionele genesing van jou afhang.
As enkellopende is dit nou die tyd wat jy tyd aan jouself moet spandeer. Hierdie tyd is belangrik en bepaal hoe vinnig jy gaan herstel. Wanneer jy ‘n kompliment kry van iemand hanteer dit met grasie en sê dankie. Onthou, jou veranderde gemoed gaan begin straal uit jou wese uit. Waar jy voorheen vaal en oninteressant gelyk het gaan nuwe lewe uit jou skyn, kompleet asof jy swanger is. Jy is mos besig om geboorte te gee aan ‘n nuwe jy. Daarom kom baie mans terug want skielik sien hulle jou weer raak en hulle luister met ander ore. Of wild vreemde mans gaan om jou kloek. Wat ookal gebeur jou tyd is juis nou om te groei en te floreer. Jy skuld dit aan jouself.
Skitter net waar jy is vriendinne. Tot ‘n volgende keer. 



ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Lynelle Engelbrecht Clark: Diamant Diva's
WOENSDAG at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
…/elan-global-radio.htm

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...