Woensdag 18 Julie 2018

Diamant Divas Program 6: Gee jouself tyd

As ’n verhouding eindig, kan dit pynlik wees, selfs vir die persoon wat dit beëindig het. “Ek het verskriklik gevoel!” hoor ek dikwels in gesprekke met enkellopendes, wat die verhouding beëindig het. “Hy was deel van my lewe vir baie jare, my toekoms gevleg in die wete dat hy daar was; die volgende oomblik was dit verby. Die samesyn, en deel van kinders groot maak asook baie ander gedeelde oomblikke is dan iets van die verlede. Indien jy iets noem daaroor dan word jy vinnig herinner daaraan dat jy die een was wat die besluit geneem het en word jy gestroop van jou verlede, nie geregtig om daardie dinge te onthou nie. Ek het die gemeensaamheid van ‘n eenheid verskriklik gemis in die begin. Ek bly mens wat dinge intens ervaar en op daardie oomblik van negatiewe reaksies keer ek inwaarts en verwerk dit sodoende.
Hoewel dit pynlik is om ’n verhouding te verbreek, kan dit ook ’n goeie ding wees. Jou doel is nie om die persoon seer te maak nie maar jy besef dat dit julle albei sal seermaak as julle in ’n verhouding bly wat eenvoudig nie werk nie. Julle het gesels daaroor, berading ontvang en weer probeer maar niks kon help om die opbreek te keer nie. Ek was aan albei kante; die een wat weg gestap het en die een wat moes agterbly om weer die leisels op te tel. In retrospek besef ek dat die kortstondige verhouding seker nooit sou gewerk het nie. Daar was net te veel dinge wat teen ons getel het. Tydens die opbreek proses probeer jy rasioneel dink maar dit is moeilik vernaam as jou gevoelens hoog loop en jy probeer verstaan, maar sonder sukses. Agterna kon ek aan myself erken dat daar net te veel ooglopende redes was dat dit die verhouding nie sou werk nie en dat dit beter was om die verhouding te verbreek.
’n Mislukte verhouding maak nie van jou ’n mislukking nie. In werklikheid lei ’n suksesvolle verhouding tot ’n besluit, nie altyd tot ’n huwelik nie. As jy of jou maat ernstige bedenkinge het, is dit die regte besluit om die verhouding te beëindig. As dit gebeur, beteken die feit dat die verhouding misluk het, nie dat jy misluk het nie. Jy kan weer gelukkig wees!
Gee jouself tyd om te herstel.
Erken jou gevoelens. Ek het my beste vriend verloor. Dit maak nie saak hoe lank die verhouding was nie. Wanneer julle so na aan mekaar was en die verhouding eindig, is dit normaal om ’n tyd lank te treur. ‘n Mate van pyn sal deel wees van die besluit en dit is belangrik om jouself daardie tyd te gun. Jy sal dalk voel soos koning Dawid in die Bybel gevoel het. “Ek huil die hele nag deur”, het hy geskryf toe hy ’n moeilike tyd deurgemaak het (Psalm 6:6Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Soms is dit beter om nie die pyn te probeer vermy nie, maar te aanvaar dat dit normaal is om hartseer te voel. Om die werklikheid van jou eie gevoelens te erken, is dikwels die eerste stap tot genesing.

‘n Mens moet kan rou oor die verlies wat jy gely het. Geduld is dikwels n kritiese noodsaaklikheid. Net soos wat n diep wond, of ou vrot wond tyd gaan neem om te genees, sal jou binneste ook soveel tyd neem as wat nodig is. Moeilike en onstellende emosies kan deel wees van die herstelproses, net soos die skoonmaak van ‘n fisiese wond seer behoort te wees, maar ervaar en laat jouself toe om werklik te “voel” sonder om jouself te oordeel of skuldgevoelens te hê.
Assosieer met mense wat vir jou omgee. Dit is dalk nie altyd maklik nie. Jy mag dalk vind dat jy nie mense om jou wil hê nie. Jy het tyd nodig om te herstel; om oor alles te deur dink en daarvan sin te maak. Maar ná ’n ruk is dit verstandig om tyd deur te bring met hegte vriende wat jou kan opbou. Daardie verpletterde gevoel van voorheen verminder in intensiteit hoe meer jy kommunikeer met ander.
Leer uit wat gebeur het. Vra jou self af: ‘Kan hierdie ondervinding my enigiets leer in my volgende verhouding?’ Tyd is die geneesheer van hartseer. Nadat tyd verloop het, kan jy met helderheid die situasie evalueer en ontleed voordat jy jou emosies opsy skuif. Dit het my ’n jaar geneem om oor die kort verhouding te kom en amper twee jaar na my lang huwelik. Dit het my selfs langer geneem om te sien wat ek uit die ondervindings kon leer. Wat ek deurgemaak het, het my baie geleer oor myself, die teenoorgestelde geslag en verhoudings. Ek voel glad nie meer so hartseer wanneer ek daaraan dink nie.
Kyk met nuwe oë na binne en buite. Kyk hoe jou lewe verander. As ons die wonde van die verlede met sorg en kennis skoonmaak, sal hulle genees.

As jy nog nooit in 'n slegte verhouding was nie, is jy nog baie jonk, baie onervare of geweldig gelukkig. Dit is ook moontlik dat jy 'n persoon is wat so hoogs funksioneel is dat jy 'n slegte verhouding herken voordat jy betrokke raak en wegkom voordat dit begin. Indien wel, gee jouself ‘n goue ster of ‘n klop op die skouer.
Vir die res van ons is ongesonde verhoudings net deel van die groeiproses. Hulle het juis oor ons pad gekom sodat ons daaruit kon leer.
o    Watter denkpatrone moet ons verander?
o    Wat is die knoppies wat my verkeerd opvryf dat die verhouding misluk?
o    Wat is my verwagtings in 'n verhouding. Toe ek en Isak bymekaar kom was ek eintlik baie eerlik en tot die punt met my verwagting: Ek is nie meer lus vir nonsies nie. Kort en kragtig.
Dus as jy in 'n ongesonde of ongelukkige verhouding was, wens jouself geluk want daaruit het geleer om sterk te staan en te triomfeer. Maak seker dat dit wat jy geleer het toegepas word in jou pad vorentoe.

“DIE HART GENEES WEL”
“Toe my kêrel die verhouding beëindig het, het ek skuldig, verward, eensaam en selfs waardeloos gevoel. ’n Gebroke hart is een van die moeilikste dinge wat ’n mens kan deurmaak. Maar God het ons nie geskep met die vermoë om lief te hê net sodat hy ons daarmee kan martel nie. Hy het ons ook die vermoë gegee om te genees. Dit neem tyd om op ’n persoon verlief te raak, en dit neem tyd om te herstel as julle verhouding tot ’n einde kom. Maar dit kan gedoen word. Die hart genees wel.” En dit het ‘n dame geskryf met die naam van Marcia.
Trauma
Ek wil net ‘n oomblik by hierdie punt staan en voel tog dit moet genoem word. Weereens ek is nie ‘n berader nie so praat asb met iemand wat jou beter raad kan gee in die verband of jy twyfel. Trauma gebeur wanneer jou veiligheid en sekuriteit ‘n ernstige knou gekry het, veral tydens mishandeling en verkragting.
‘n Paar tekens wat daarop kan dui dat jy dalk professionele hulp nodig het, vernaamlik as die verhouding traumaties was: (die punte wat ek hieronder noem is ‘n verkorte lys en daar is nog meer simptome om op te let. Die lys is gewysig vir enkellopende persone wat nie die teleurstelling kan verwerk nie.)
·         Terugflitse, helder herinneringe en/of nagmerries
·         Emosionele afstomping – voel net niks, niks maak saak nie
·         Misbruik van alkohol of dwelms om beter te voel
·         Sukkel om behoorlik te funksioneer by die huis of werk. Jou slaap patroon is verkeerd. Jy het geen eetlus nie.
·         Verhoudings wat skade lei weens jou oorreaksie of aggressie.

Trauma kan veroorsaak dat ‘n mens se senu-stelsel in ‘n veg-of-vlug toestand “vashaak”.  Suksesvolle behandeling moet hierdie wanbalans herstel en jou ware sin van veiligheid herstel. Trauma behandeling deur ‘n terapeut wat jy vertrou sluit prosessering van die trauma verwante gedagtes en gevoelens in.  Dit is ook belangrik dat jy leer hoe om verwante oorweldigende emosies aan te spreek.  Jy sal waarskynlik moet leer om ander mense weer te vertrou.
Ek het dit al voorheen genoem maar dit is tog belangrik. Gee jouself tyd en spasie.
Bly weg van jou eks vir ten minste 2-3 maande. Moenie bel nie, moenie hom besoek nie. Moenie teruggaan om jou tandeborsel of jou broodrooster te kry nie, of iets wat nie noodwendig vir jou oorlewing nodig is nie. Daardie dinge kan wag totdat jul albei 'n kans gehad het om af te koel en gewoond te raak aan jul skeiding. Meestal sal jy vind dat jy sonder daardie items kan lewe of dit kan vervang. As jy iets moet ophaal, doen dit met die hulp van 'n neutrale derde party.
Die eerste paar maande na die opbreking is 'n tyd wanneer jy verward en kwesbaar voel, kwaad of moontlik skuldig sal wees.
Op daardie oomblik is jy in gevaar om terug te keer in dieselfde ongesonde verhouding wat jy verlaat het, en om terug te gaan na iets wat vergete is, is waarskynlik 'n verskoning vir jouself om dit te doen.
Moenie antwoorde terug verwag om dinge te bevestig nie. Elke keer wat korrespondensie plaasvind veroorsaak dit negatiewe terugvoer. Dit kan wees omdat hulle nog self dinge moet verwerk of druk van die werk het en jy word skielik ‘n teiken om hul frustrasies van ontslae te raak. En so begin ‘n sneeubal-effek van dinge wat liewer nooit gesê moes word nie.  Die redes vir jou breek gaan nie verander nie maak nie saak hoeveel keer jy probeer in kontak bly nie.
Sê nee vir Rebounds
Die grootste rede van my kortstondige verhouding was juis om hierdie rede. Alhoewel hy in die begin my verseker het dat ek nie ‘n rebound was nie was dit tog die geval en het hy dit aan ander partye erken. Een van die laaste dinge wat jy nodig het na afloop van 'n langtermyn verhouding is 'n rebound verhouding. Hulle eindig amper altyd sleg, en jy voel selfs meer skuldig en gefrustreerd as wat jy andersins sou gewees het. As die een wat aan die ontvang kant staan voel jy vernedered en probeer dit uitrek. Daardie uitrek-proses veroorsaak juis meer skade hoe langer jy bly as wat jy net sou wegstap sodra jy dit agtergekom het.
Nog erger as jy die een is wat eers besef dat dit 'n rebound is na die tyd, en dan met die uitdaging sit soos hoe om van die ander persoon ontslae te raak.
Rebound verhoudings vind plaas omdat ons bang is om alleen te wees of gewoond is daaraan om ‘n maat te hê. Uiteindelik is hulle dikwels ongesond en gebaseer op fisiese behoeftes eerder as 'n ware vennootskap. Jy kan vind dat die verhouding net 'n katalisator was om jou uit die ou verhouding te kry.
As jy by hierdie nuwe persoon behoort, sal jou liefde vir mekaar die toets van tyd deur staan. En as jy omgee vir hulle, sal jou toekomstige verhouding sterker wees as jy jouself tyd gee om die patrone te verstaan wat jou in die verlede onsuksesvol gemaak het.

Verbind tot tyd om alleen te wees

Ek beveel aan om 'n verbintenis aan jouself van 3 maande tot 'n 6 maande van selibaatheid te gee en uit die “dating pool” te bly.
Hieroor het ek ook al ‘n paar keer gesels en verlede week het ek ‘n paar praktiese wenke gegee om jouself mee besig te hou. Gebruik die tyd oordeelkundig:

Sorg vir die dinge wat nodig is om te doen

Die meeste van die tyd sal die wêreld nie ophou om jou te bedroef nie. Jy kan rekenings hê om te betaal of adresse wat verander moet word, 'n werk om te hou, projekte wat afgehandel moet word en kinders of diere om te sorg. Die lewe gaan ongelukkig voort en jy moet die beste daarvan maak.
As jy vakansie tyd het, gebruik dan beslis voordeel daarvan. Indien nie, fokus op die roetine as 'n manier om jou kop skoon te hou.
Maak seker dat jy gereeld stort, skeer as dit nodig is en skoon klere te dra. Dit voel dalk te veel moeite om dit te doen, maar jy sal vind dat jou emosies meer gebalanseerd met ‘n skoon lyf.

Spandeer tyd saam met jou vriende.

Dit kan help om 'n ondersteuningsstelsel of 'n vriend te hê wat verstaan wat jy deur gaan. Onthou egter dat jy nie te veel van 'n las op enige een vriend wil plaas nie.
'n Waarskuwing: As jy en jou voormalige maat gesamentlike vriende het, moet hulle nie gevra word om kant te kies nie. Om te vra of te verwag dat hulle dit doen, kan jou vriendskap met hulle vernietig. As jy iemand nodig het om na te gaan, is dit beter om 'n persoonlike vriend eerder as een wat jy saam deel, te kies.
Eer jou vryheid
Om alleen te wees, kan beide eng en bemagtigend wees.
In my eie geval het ek my gewese man op die ouderdom van agtien ontmoet en van my ouerhuis verhuis na ons woonstel. Ek het nooit die kans gehad om alleen te wees nie. Vir oorlewing redes moes ek weer terug trek na my ouerhuis tot ek weer op my voete kon kom. Daar was altyd mense om my. Vir ‘n kortstondige tyd het ek dit wel gesmaak. Dit was wonderlik. Ek het niemand gehad om te antwoord nie. Dit was net ek en al hierdie tyd op hande. Dit is 'n waardevolle ondervinding dat, indien moontlik, niemand moet misloop nie. Jou selfrespek styg omdat jy vir jouself kan sorg.
Eer jou verhouding met jouself
As jy alleen is, is dit maklik om te eindig met aandete oor die wasbak, of voor die yskas staan en knibbel uit die bakke of terwyl jy TV kyk.
Neem ten minste een aand 'n week om 'n spesiale aand vir jouself te hê. Maak jouself 'n tuisgemaakte maaltyd. As jy nie kook nie, kry 'n goeie bord kos by een van die ketting winkels en dek jou tafel, wyn ingesluit.
Stort en trek iets aan wat jy wil dra as jy uitgaan. Verdof die ligte of vervang dit met kerse. As jy kan, koop vir jouself blomme. Indien jy ‘n TV het, skakel dit af en sit mooi musiek op.
Geniet jou tyd saam met jouself en besef dat jy belangrik genoeg is om alles op jou eie te geniet.
Doen iets wat jy nog altyd wou doen.
Neem dans- of karate lesse. Pak daai rugsak en toer deur Europa. Leer om te duik. Volg enige droom op. Nou is dit die tyd daarvoor.
Assesseer jou foute
Selfs as jy voel dat jou ex verantwoordelik was vir die opbreek, moet jy besef dat jy waarskynlik ook foute gemaak het. Jy is net mens. Moenie dink dat jy 'n verskriklike persoon was nie. Die doel hier is nie om jouself te straf nie. Dit is nie nuttig nie en lei nie tot groei nie.
Kyk eerder na jou foute met 'n objektiewe oog en vra dinge soos:
o    "Hoe kon ek anders in spesifieke situasies gereageer het?"
o    "Watter patrone skep ek keer op keer in my lewe?"
o    "Hoe kommunikeer ek?" "Hoe sal ek graag wil kommunikeer?" Lees op daaroor sodat jy beter ingelig is.
o    "Wat is die klagtes wat jou gewese maat gehad het? Is daar enige geldigheid? Indien wel, wat kan ek doen om 'n verandering te doen?"
Kyk na Jou triggers. Bv: Hoekom word jy vinnig kwaad? Hoekom is jy jaloers? Wat veroorsaak jou onsekerhede?
Dit is amper onmoontlik om in volwassenheid te groei sonder om te kyk na die snellers. Dit is dinge wat outomatiese reaksies veroorsaak wat nie in lyn is met die manier waarop jy wil optree nie, veral tydens tye van konflik of stres.
Byvoorbeeld, as een van jou ouers gegil het, het jy dalk 'n besondere reaksie ontwikkel om te skree en te argumenteer. Miskien het jy in jou kamer weggekruip, of uit die huis gehardloop.
Die kans is goed dat, tensy jy jouself 'n nuwe hanteringsmeganisme geleer het, jy op dieselfde manier gereageer het as jou ouers in jou verhouding.
Wat het jy reg gedoen in die verhouding?
Selfs in 'n verhouding wat nie uitgewerk het nie, het jy ook die regte goed gedoen. Terwyl jy die foute wat jy gemaak het, oorweeg, let op die maniere waarop jou verhouding gesond was en hoe jy daaraan bygedra het.
Dit is patrone wat jy wil hou, dus, dit is nuttig om te onthou wat hulle is sodat jy dit in enige nuwe verhouding kan herhaal. Dit sal jou help om rustig met jouself te wees.
Oorweeg wat jy geleer het
Elke verhouding was ‘n leerskool waar jy belangrike dinge oor jouself geleer het. In my gewese huwelik wou ek weer die vryheid van onafhanklikheid he en skielik het die wye pad gewink. Nuwe geleenthede het my soos magnete aangetrek en ek was onverskrokke. Die oomblik toe ek alleen is het dit my aangemoedig om op my eie beroep te fokus. Ek het ook geleer om op te staan vir myself. Om verskille op 'n gesonder manier te hanteer. Om my drome te volg. Om myself te waardeer vir wie ek is, foute en al. Wanneer jy hierdie vrae beantwoord neem jy beter besluite oor verhoudings en jou verwagtings is gedefinieer. Dit word bakens in jou lewenspad wat jou lei en beskerm.
Watter lesse het jy uit jou verhouding en die opbreking geleer?
Hoe is jy 'n beter of sterker persoon om alleen te wees?
As jy en jou eks kinders het:
As jy en jou eks minderjarige kinders het, kan die 2-3 maande geen-kontakreël uitdagend wees. Jy mag dalk 'n vriendin of familielid betrek wat reëlings tref namens jou soos die kinders se gesondheid en skoolwerk wat nie kan wag nie. Maak in hierdie geval seker dat hulle jou eks per epos laat weet dat dit tydelik is totdat die twee van julle 'n kans kry om 'n asemhalingsruimte van mekaar te kry. Die ongelukkige feit van egskeidings wat kinders betref, is dat jy uiteindelik moet leer om met mekaar te kommunikeer, maar dit is nog nie die tyd om dit te doen tensy iets lewensbedreigend kom nie. Ek kan ook hierby voeg: Indien daar alreeds iemand anders in die prentjie is moet daardie persoon leer om terug te staan en nie regte toe te eien wat nie aan hom/haar gegee is nie.
Moenie jou gewese maat sleg maak voor die Kinders nie.
Maak nie saak hoe verleidelik dit mag wees nie, moenie dit doen nie. Dit is ook 'n kwesbare tyd vir jou kinders. Hulle sal waarskynlik kwaad en verward wees. “Badmouthing” jou eks sal net dien om jou kinders te vervreem, hulle seer te maak en verder te verwar.
Die redes vir jou egskeiding is 'n volwasse aangeleentheid wat tussen julle moet wees. In elk geval, vind 'n ander volwassene om stoom af te blaas en te vent wanneer jy wil.
Indien moontlik, maak 'n ooreenkoms met jou eks om die kinders uit die situasie te hou. Stem saam dat julle nie weer in die kinders se teenwoordigheid teen mekaar sal praat nie.
Die enigste geval waarin jy jou kinders in enige nasleep van jou egskeiding of verbreking moet betrek, is wanneer hulle self slagoffers van fisieke geweld of mishandeling was, getuies van jou eie misbruik of getuies was / betrokke by verslawing. In daardie geval, kry vir jou kinders hulp.
o    Laat jou kinders weet dat jy hulle liefhet.o    Laat hulle verstaan dat julle albei nog lief is vir hulle.o    Laat hulle weet dat die opbreek nie hul skuld is nie.o    Beantwoord hul vrae volgens hul verstaan vlak.

Steek die vure aan
As jy gereed is, kry jouself 'n metaal vullisblik of ander veilige houer vir vuur, soos 'n rooster.
Sorteer deur die items wat jy uit jou verhouding het. Dinge soos liefdesbriewe, afskrifte van e-posse, klein geskenke wat jou voormalige vennoot jou gegee het, kaartjiestompies van flieks of ander aandenkings. Dinge wat persoonlike betekenis het. Jy kan ook dinge soos 'n spesiale kledingstuk insluit wat 'n sterk herinnering aan jou verhouding is. Moenie enige items insluit wat die persoonlike eiendom van jou eks is nie.
Moenie enige items wat jy besit, insluit nie, later kan jy spyt wees daaroor of indien dit waarde het dit verkoop het. 'n Opgebreekte verhouding beteken immers dikwels dat jy jou finansiële posisie moet aanpas. Dit is soms beter om eerder dit op OLX of Gumtree te verkoop of na 'n pandjieswinkel te gaan, doen dit eerder.
Wees sensitief vir ouer kinders, die verbranding van items soos trou fotos, jou trourok en so meer sal dalk ‘n probleem veroorsaak. Gee hulle die keuse juis omdat dit deel is van hulle geskiedenis. Jou seer is hulle anker.
Wraak gedagtes / vergelding.
Baie keer word daar aan wraak gedink veral in gevalle waar die persoon jou verkul het. Onthou:
o    As jou verhouding volkome was, sou jou eggenoot jou nie verkul het nie. Dit is jou eie uitdaging sowel as hulle s'n. (Ek weet daar is gevalle dat die vrou / man die elke ding reg doen en nogsteeds sal die persoon fout vind, moet jouself asb nie hieronder sien nie.)o    Die persoon met wie jou eggenoot jou bedrieg het, is nie verantwoordelik vir die mislukte toestand van jou verhouding nie, al was hulle daarvan bewus dat jou voormalige eggenoot of lewensmaat getroud is.o    Maak nie saak wat jou eks se foute mag wees nie, jy sal geoordeel word deur jou aksies. Tree op soos 'n volwassene en jy sal soos een behandel word.

Genesing na 'n breek kan uitdagend wees, maar onthou dat jy dit kan kry. Hou jou oog op die prys - word 'n heel en gelukkige persoon. Ek verseker jou dat jy eendag wakker sal word en dat jou opbreek nie die eerste ding in jou gedagtes sal wees nie. Fokus daarop om met jouself vriendelik te wees. ‘n Blymoedige hart bring genesing vir jou liggaam, siel en gees. Skitter net waar jy is en besef jou waarde.
Tot ‘n volgende keer.



ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense

Lynelle Engelbrecht Clark: Diamant Diva's

WOENSDAG 18 JULIE 2018 at 10h00 SA Time

GESELS MET ONS:

Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580

Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:

SKAKEL IN: 
SIMPLE RADIO App.

…/elan-global-radio.htm

Dinsdag 17 Julie 2018

Program 3 Ontnugtering van 'n opbreek

In die laaste twee programme het ek met julle gesels oor Alleenheid en ontnugtering, twee groot hindernisse waarmee enkellopende mense sukkel. Daarmee saam wil ek ook net herhaal dat ek nie ‘n berader is nie. Maar dat jy my gerus kan kontak as jy meer vrae het. Indien ek nie antwoorde het nie kan ek jou verwys na ‘n berader of jy kan Riekie Knoetze, ‘n pastorale berader hier by Elan Global Radio kontak. 

Alleenheid, waarmee die meeste enkellopendes sukkel, klop dadelik aan jou deur. Vernaam Vrydaeaande, wanneer families bymekaar kom, gaan jy alleen huis toe en al wat vir jou voorlê is die koue huis en TV. Dit is dan wat depressie jou heeltemal oorval en sommiges selfs selfmoord oorweeg. Dit is ook die tyd wanneer baie enkellopende vroue, net om met iemand te gesels, die verkeerde persoon kontak en so ontwikkel nog groter probleme waarvoor sy nie gereed is nie. 

Ontnugtering is die tweede grootste struikelblok. Jou oogklappe word vinnig afgeruk en jy moet die drade optel op die beste manier vir jou omstandighede. Geen twee sake is die selfde nie en elke persoon hanteer dit verskillend. Ons kan dit nie in ‘n boks sit en dink die resep werk vir almal nie.

Gedurende hierdie tye besef jy hoe belangrik is ‘n ondersteunings groep en dan jy steun nogal baie op hulle. Die meeste van ons is gelukkig as ons een het, die meeste – agv jou verwysings raamwerk – staan alleen. Ons elkeen se pad tot hier was anders, party is deur baie finansiële swaartye, ander moet ontrouheid verwerk of minderwaardigheid omdat hulle vir solank gedwing was om te glo hulle is sleg. Die emosionele en fisies afbreking van ‘n vrou vat jare om te herstel. En hulle is juis die vatbaarste vir enige manupileering. My raad sou wees om dit stap vir stap te vat, gesond te word. voordat daar enige iets anders oorweeg word. Ek sou ook aanbeveel om weg te bly van enige sosiale blaaie totdat jy genoegsame selfvertroue opgebou het om die wêreld weer in die gesig te kyk.

As vrou is ons gewoonte doeners wat weet wat van ons verwag word. Dit kom outomaties, ingeprent deur jare se herhaling wat tydens popspeel begin. In ruil daarvoor soek ons stabiliteit en aanvaarding toegegooi in ‘n kombers van liefde.

Ons is eintlik baie maklik om te vrede te stel wanneer die bogenoemde dinge in plek is maar wanneer ons onseker is van enige iets rakende ons maat dan verander dit ons in die spreekwoordelike druppende kraan, koue yskaste en negatiewe wesens, tevrede met niks. Mans is dan onhandig en heeltemal uit hul gemaksone en het geen benul hoe om die vroulike geslag te hanteer nie. Hulle verskoon dan hulself met verskonings soos ek verstaan nie hoe haar kop werk nie. Of sy is koud en wil net kerk praat die heeltyd. Daarom kan ek die dinge doen wat ek doen.

Van kleins af word vrouens gevorm om kinders groot te maak, te kook,
wasgoed op die regte manier te doen, ons huise perfek skoon te hou. Ons is binneversierders, stokperdjiekundiges, taak navorsers van formaat. Ons word huurmotorbestuurders vir die kinders wat hul oral vat na buitemuurseaktiewieteite, ons is baas baksters, ons kan kerkbasaars reël en kinders die regte leiding gee in elke area, selfs tuiniers en in baie gevalle ‘n handy man. Met ‘n wye belangstelling in die dinge om ons.
Maar oo wee as jy aan die rekenaar wil raak of iets wil leer bloot net om jou kennis te vermeerder en jouself te verryk, dan is jy dom verby. Glo my, dit is nie net ‘n outydse konsep nie, dit gebeur nog, net meer subtiel. Selfs vrouens sal neerhalend wees as jou algemene kennis groter is as hulle sin. Dit is ‘n lelike sirkel wat jou kan maak of breek.

Vir groot meerderheid van vrouens is werk buite die huis net ‘n droom en die vaalheid van jou bestaan strek voor jou uit. Maar dan verander dinge. Omdat die man jou nie kan verstaan nie of wat ookal die rede is wat hy aanvoer, beland jy skielik buite hierdie veilige kokon van aanvaarbare status. Vir sommige is dit ‘n skok wat eers verwerk moet word. Maar wanneer dit verby is staar die werklikheid jou in die oë. Die vissie se bak het gebars en die wêreld is vreemd en geweldig groot. Nou sien jy dit met nuwe oë raak. Jy is vreesbevange, skrikkerig en heeltemal verdwaald.

Jy is alleen met geen steunpillaar wat jou kan help nie. Skielik is die bekende wêreld onbekend en jy voel baie klein, en jy wonder waar pas jy in? Daar is niemand met wie jy kan gesels of raad vra nie. Jou ewewig is versteur sodat dit voel of jy verdrink.

Jy het ook al hierdie stemme om jou en jy voel ongebalanseerd, beangst probeer jy om jou balans te vind tussen die mengelmoes van stemme, verantwoordelikhede en vrouwees.

Vir die meeste jonger vrouens, wat tans deur so iets gaan, is dit tog in ‘n groter mate makliker. Ons huidige, duur lewe veroorsaak dat al hoe meer vrouens die werksmark betree, hulle studies gee hulle alreeds ‘n voet in die deur en hulle loopbaan is suksesvol en dan is baie van hierdie struikelblokke irrelevant. Die meeste van die jonger vrouens het heel moontlik ‘n kar, kan ‘n blyplek bekostig (miskien nie waaraan hulle gewoond was nie maar het nogsteeds ‘n dak oor hul kop) Skeiwette help ook in daardie area en vroue is net meer bekend met die dag tot dag sake. Anders as ons vrouens van 50 en ouer.

Maar in ‘n groot mate is baie van die verskonings van jonger mans nog dieselfde. “Sy verstaan my nie. Of sy is koud en stel nie belang nie daarom soek ek groener weivelde.” Of baie jonger mans is bloot net lui om te werk. Wat ookal die rede is wat aanleiding gee tot die skeiding is die ontnugtering en aanpassing ewe swaar met verrykende gevolge. Jonk en oud.

Na 30 jaar van my eie huishouding behartig was ek weer terug in my ouer huis. Niks berei jou voor vir al die veranderinge nie en jy skuifel voetjie vir voetjie vorentoe in die hoop dat iets iewers sin sal maak en dat deurbraak net agter die volgende deur is. In my geval was ek die een wat weggestap het en het myself voorberei vir die tekortkominge waarmee ek sou moes klaar kom. Maar die ontnugtering los jou tog steeds in ‘n maalkolk wat jou balans heeltemal omvergooi en jou met ander oë na die wêreld te kyk.

Dit is ‘n nimmereindigende pad van lesse wat skaaf in elke area. Almal wil help maar op hulle terme. Hulle wil jou slyp na hul prentjie. Hoe jy optree, met wie jy praat, hoe jy praat, elke aksie wat jy maak het nagevolge en jy wonder soms of jy op 50 dan nie met mense kan kommunikeer nie? Is jy rerig so sleg soos mense jou dan beskuldig? As eiendomsagent is ek al rondgeslinger tussen menslike opinies wat my verward agtergelaat het. Van: jy is te reguit tot moenie dankie se wanneer jy samewerking van ‘n klient kry nie. Of jy baklei nie hard nie genoeg nie daarom verdien jy nie die listing nie. Dit is ‘n harde wêreld wat jou goed kan laat twyfel en jou in die duister laat met geen lig in die tonnel nie. Hoe meer jy sug na onafhanklikheid hoe meer sukkel jy om vry te kom van die tentakels van vrees wat jou wil aftrek. Of jy in ‘n staat van afhanklikheid wil hou met geen grasie nie.

Die velle ontnugtering hiervan laat jou terug trek.

Elkeen van ons hanteer sulke situasies anders. Alles dien as verdedigings meganisme – ‘n manier om jouself te beskerm teen mense wat jou “vyandig gesind” is.

‘n Mens sou dink op hierdie ouderdom sal jy teleurstelling beter kan hanteer, wat nie die geval is nie. Die grootste les wat jy kan leer is om jou lewe privaat te hou. Met groter onderskeiding jou pad te stap en te doen wat binne jou vermoë is, die res is uit jou hande.  

Die vraag “Wie is ek?” kom dan weer onwillekeurig op. Die titels het in ‘n groot mate verander. Maar die struikelblokke is nog daar. Hierdie struikelblokke hou aan om jou te slyp en skaaf.



Verdere struikelblokke wat ook op jou pad kom is:

    1.    Verwerping: ‘n Ruk gelede het ek ‘n motiveringsboek gelees. Ek ontvang heelwat boeke van aspirant skrywers vir ‘n Resensie en kry soms met die mees interresantse mense te doen. Tal Gur, ‘n Israeliese jongman wat in Australie bly, se lewe is dinamies en tree hy as motiverings spreker op deur net sy eie raad te leef. Die man kry dit baie goed reg om jou op te bou op ‘n baie praktiese manier. En ek kon werklik aanklank vind met dit wat hy met my gedeel het. Dit is wat hy skryf oor die onderwerp:
a.     “There are many factors that constitute a successful journey. But perhaps the biggest secret of success is one’s mental toughness. Eventually, we all reach a threshold, the point at which we just can’t go any further. This is where our ability to withstand discomfort becomes vital.” TAL GUR. The Art of Fully Living. Omdat hy besig was om voor te berei vir ‘n fiets toernooi het hy verstaan hoe belangrik dit is om verby die fisiese pyn te kom om ‘n wen te kan verseker.
b.    Net so is dit van toepassing vir onsself. Ons moet ons self druk om verby die ongemak te kom van persoonlike verwerping om so te kan seëvier te midde van die probleme. Verwerping is net ‘n vorm van pyn wat ons kan terughou in ons groei en dit is so maklik om verswelg te word daarin. Ons moet ons denke vernuwe sodat ons sterk kan staan en paraat wees vir die pad vorentoe.


    2.    ‘n Negatiewe gesindheid kan soos ‘n gewig word wat jou af trek. Dit is beslis ‘n struikelblok met geen positiewe uitkoms nie. Depressie is een van die grootste dinge waarmee mense sukkel en hulp is die meeste kere ‘n goeie ding. Moenie dan probeer om dinge alleen te verwerk nie. Praat eerder met iemand. ‘n Positiewe gewaarwording maak jou sterker. Dit verander jou gemoedstemming en jy sien als deur ander brille. Wanneer dit gebeur is jou gesindheid ook verskillend van die normale. Geen deprisant kan ‘n negatiewe in ‘n positiewe verander nie. Ek verstaan dat daar wel mense is wat onder dokter toesig dit wel gebruik maar indien jy dit nie nodig het nie bly weg daarvan. Krukke op die ou einde maak jou afhanklik en jy leer nie om op jou eie voete te staan nie.
    3.    Die lewe self kan ‘n struikelblok wees. Daar is baie eerstes wat jy gaan beleef wat nogal intimiderend kan wees. Aanvaar die dinge en maak dit die beste. Kry goeie raad, as jou pa nog leef, vra hom veral as dit by kar of praktiese probleme kom. Daar is heelwat slaggate om voor op te pas in hierdie tyd. Mense wat kringe om jou sal loop omdat hulle weet jy is naïve en desperaat. Daar is mense wat gewetenloos is deur geld uit jou te maak. Jou finansiële tekorte beindruk hulle nie, nog minder jou storie en hulle sal elke sent van jou vat sonder om jammer te voel. Want dit gaan oor hulle en wat hulle kan kry. Bedrieër bladsye op Facebook is een van die grootste probleme wat enige persoon sal jag veral enkellopende vroue. Wees bedag op die kulkunstenaars. Hulle rympies is almal dieselfde.
Dit is ‘n kwessie van copy paste en verder voel hulle niks vir jou nie. Jy kan hulle maklik uitken: Die meeste is sogenaamde “wewenaars” wat in “Kaapstad” bly. Onveranderd in hul storie, probeer hulle jou oortuig dat hulle die ware Jakob is. Hulle sal jou byvoorbeeld oortuig dat hulle op ‘n skip is en fondse nodig het vir ‘n siek kind. En dan moet jy help met geld en beloof plegtig hulle sal jou terug betaal. ‘n Ander profiel wat hulle graag gebruik is die profiele van Amerikaanse soldate. Elkeen het ‘n storie, van ‘n pakkie wat jy op die lughawe moet optel, tot geld wat jy moet oorbetaal.
En die eintlike kriminele, wat daar agter sit, is sindikate wat meerendeels in Nigirie gebaseer is.

Daar is ook sommige SA mans wat skaamteloos in wat hulle soek en sal voorgee hulle het vir jou werk. Baie van hulle het ook alter ego blaaie om hul ding te doen, weg van die vrou en kinders se oë. Hul intensies is nie eerlik nie. Heuning word kwistig om die mond gesmeer en sal sê net wat jy wil hoor. Meeste van die blaaie is splinternuut of het net pornografiese plasings daarop. Indien dit jou nie pla nie gaan voort en gesels maar wees op en wakker en moenie foto daarop plaas wat hulle teen jou kan gebruik nie. FB is ‘n sosiale blad en die goed kan soos ‘n veldbrand versprei so waak daarteen. Hul blaaie het ook geen persoonlike inligting nie. As jy vra hoekom is hulle nie bevriend met hul familie of kinders nie dan het hulle slim stories en so word die lys van leuns net langer. Wees bedag hierop want jy is ‘n teiken.

Ons onskuld lei ons gewoonlik aan die neus en dit is dan wat ons straat wys moet wees. Gewoonlik teen ‘n vinnige pas want die lewe is onvoorspelbaar. Niks kan jou voorberei teen die lewe daar buite nie maar as jy bedag is en bereid is om te leer kan jy redelik skotvry deur dit gaan sonder te veel skade. Moenie dat jou alleenheid jou desperaat maak en jy dom besluite neem nie. Staan eerder terug en vat die pad stadig. Daar is geen haas nie. Word gesond eers. Die regte maat sal kom op die regte tyd. Werk aan jouself en skitter net daar waar jy is.

Tot volgende Woensdag, selfde tyd, selfde plek. 


Woensdag 11 Julie 2018

Program 5: Die wêreld om my en hoe pas ek in? Die praktiese dinge van enkelskap.

Waarheen is ek op pad?


Met soveel stemme wat om jou skree vir aandag en selfs jou eie verwagtinge voel dit of jy in duisende rigtings geskeur word. Jy probeer baie hard om jou balans te hou maar dit is verniet. Alles eis jou tyd op (op die selfde tyd), en jy kan net soveel gee – jy is net een mens. Die wêreld lyk groter as normaalweg met hopeloos te veel onbekende paaie wat wink. Sommige paaie lei na onbekende plekke, ander na gevaarlike plekke, nog ander het geen eindbestemming nie. En so gaan dit aan, jou kop voel of dit wil bars. Jy lees Bakkiesblad, lees boeke, luister na vriende en familie en almal het ‘n idee van die pad wat die beste is vir jou. Ander wil jou amper forseer om dinge te doen wat eintlik nie gaan werk nie. Die lys is eindeloos. Op die ou einde is jy die een wat ‘n besluit moet neem – maar neem die raad in ag. Van dit dra wel meriete so leer om te onderskei en nie als as verkeerd af te maak nie. 

Saam met al die stemme wat skree het jy ook nog al die emosies waarmee jy moet deel, emosies wat jou die een oomblik laat lag en dan weer in ‘n bondeltjie laat ineenkrimp. Emosies wat jou wipplank kan laat ry en soms sonder waarskuwing. Hierdie is belangrike heel word tyd en gaan net saam met dit. Hoe meer jy gefokus raak en in jou eie ritme kom sal die emosies ook begin plek maak vir die normale.
Ek vir so lank finansiële laste gedra, finansiële probleme wat my weg gehou het van die dorp se winkels of enigiemand wat gelyk het of hulle geld wil eis van jou. Ek het “shopping-shy” geword met geen benul wat nuut of beskikbaar op die mark was nie. Ek het net geweet ek kon dit nie bekostig nie. Toe Magda my winkels toe vat vir die eerste keer wou ek weghardloop van die toeloop van inligting. Amper soos ‘n paniek aanval. Dit was oorweldigend. Toe dit na ‘n tyd makliker word kon ek als om my inneem en het in my agterkop ‘n lysie gemaak van die dinge wat ek wel nodig het of graag sal wil aanskaf. So het die pad van genesing begin. Stappie vir stappie kon ek weer deel word van die samelewing en saam praat. Ek kon weer my selfvertroue terug kry en met nuwe ywer die dinge om my geniet.

Wat is my volgende stap? Hoe gaan ek ooit weer die leisels op tel? Waar begin ek? Soveel vrae bombardeer jou dan dat jy eintlik moeg neerval of in ‘n hopie gaan lê met geen benul wat die uiteinde gaan wees nie. Jy doen goed net om te vergeet of skakel jouself af en volg net die vloei – veral wanneer daar klein kindertjies betrokke is. Jy het nie die luuksheid om dan op ‘n hopie te gaan sit nie. Skielik is jy pa en ma vir die kleingoed en wil jy hulle beskerm en hulle wêreld so min as moontlik versteur. Jou ewewig is versteur maar tyd vir pamperlang en net sit, is daar nie. Jou verantwoordelikhede groei soos ‘n berg, en die hellings word styler en styler met geen uitkoms nie. In die oomblike wat daar wel ‘n breek kom wil jy net slaap en vergeet. Aan die een kant was ek baie bly dat my kinders alreeds op hul eie was nie maar ek kan net dink hoe moeilik dit moet wees vir ma en pa met kinders wat op hul eie moet reg kom.

Die nuwe roetine waarin jy gegooi word werk net nie en jy is altyd laat en is knaend vergeetagtig. Mense frons, gee jou skerp kyke, jy kry selfs waarskuwings maar jy sukkel om jou voete te vind. Roetine gee ‘n mens sekuriteit en veiligheid maar wanneer dit verander en jy weer jou voete moet vind tap dit heelwat energie van jou. Weg is die bekendheid van jou ou lewe. Skielik bevind jy jou met nuwe en selfs groter verantwoordelikhede in ‘n nuwe roetine. Skielik moet jy die besluite neem – groot besluite wat ‘n geweldige impak kan hê op jou pad vorentoe. 

Toe ek my kar ontvang, het die oop pad gewink. My hande het gejeuk en ek wou net ry… maak nie saak waarheen nie. Geld was natuurlik nog ‘n probleem maar dit het nie die hunkering minder gemaak nie. ‘n Wye wêreld het gewag vir my. Ek het skielik meer gelees oor die wêreld om my, dinge wat my belangstellings geprikkel het. Wanneer jy vir jare geen kontak met die buite-wêreld gehad het nie, word jy soos ‘n vasgekeerde bok wat net wil spring oor die naaste heining, ongeag van die bome, dorings en duwweltjies aan die anderkant. Jy wil hierdie nuutgevonde vryheid met albei hande aangryp en nooit weer laat gaan nie. Ek het paaie gery en dinge opgemerk wat my ongelooflik verryk het, net om waar te neem en in te neem. Ek was soos ‘n moeselien doek wat alles wou opslurp. Daar was net geen keer aan my nie.

Toe kry ek die werk as eiendomsagent wat jou wel die vryheid gee om rond te beweeg, jou onmiddelike area te leer ken en mense te ontmoet. Die bonus was dat ek kon leer en myself bekwaam om eendag op my eie te wees. Ek het altyd die begeerte gehad om verder te studeer maar dinge het net nooit so uitgewerk nie. Nou is dit binne my bereik. As agent sien jy meer plekke en gesels jy met interessante mense wat jou wêreld verbreed. Jou kennis verbreed op elke vlak.

Moenie ‘n fout maak nie – dit is nie hemel op aarde nie – om ‘n agent te wees is harde werk met baie slaggate. So as jy daaraan dink weet dit gaan baie opofferings kos, soms met geen geld om daarvoor te wys nie. Dit is die meeste van die tyd ‘n ondankbare werk en jy moet baie tyd in sit om ‘n paar rand te kry. Maar vir my is dit die ideale plek om te wees omdat dit my die vryheid gee om te skryf en die program aan te bied en  dit te geniet ongeag die hekkies in die pad.

Wat gaan jy maak daarmee?

Jou optrede gaan bepaal hoe die res van jou tog gaan wees. Gaan jy vir altyd kla en jammer wees vir jouself of gaan jy die geleenthede wat die lewe bied vat en jouself ontwikkel en bekwaam as vrou, as mens en in die proses besef wie jy is. Onthou niemand hou van ‘n Jannie-jammergat nie. Niemand help ook so ‘n persoon nie.

1.    Maak vrede met jou pad. Om te bly hunker na die verlede gaan niks makliker maak nie. Deur om die heeltyd te verlang na die eks gaan jou net depresief maak. Hou op om hom te stalk op Bakkiesblad of uit te vind hoe dit met hom gaan. Vergeet van hom en stap aan. Hou op om jouself in ‘n plek te sit waar jy hom sal raakloop of per ongeluk sal sien. Hoekom wil jy dit doen aan jouself? Dit bereik niks nie. Maak vrede met jou pad.
a.     Kry nuwe belangstellings. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Hoe vinniger jy dit kan doen hoe vinniger kan jy herstel. Skaaf aan jou diamant. Besef jou waarde.
b.    Doen iets spesiaal vir jouself, elke dag. Al is dit net om agteroor te sit, jou oë toe en te maak en te ontspan vir 10 minute. Haal asem.
c.     Laat gaan die bitterheid en vergewe. Gee jouself tyd om te herstel. Probeer om in vrede met die eks of die skoonma te leef waar moontlik. Vernaam as die kinders nog afhanklik is van julle twee. Dit gaan nie help om vyandig te wees nie. Daardeur bereik jy niks nie behalwe om die probleem te vererger.
d.    Kry jou ritme terug, roetine, veral vir kinders is belangrik. Lag meer. Die lewe is nie so ernstig dat jy moet vergeet om dit te geniet nie. Leef in die hier en nou. Die verlede is verby en more kom nog.
e.     Leer jou doel ken. Jy is nie net ‘n ma nie maar jy is vrou met begeertes. Hoe bepaal jy dit? Die kortse antwoord sal wees wat is jou passie? Wat begeester jou? Sodra jy dit kan identifiseer het jy jou doel uitgewerk. Skryf jou doel neer sodat jy dit daagliks kan sien en werk daarheen. Wees gedissiplineerd ongeag wat die lewe na jou kant toe gooi.
f.    Kyk na jou houding, wat sê dit van jou. Is jy depressief gaan jou liggaam dit wys en mense gaan jou vermy. Onthou jou gevoelens is tans ‘n mallemeule, dit het sy op en afs. Kom in aanraking met jou self, dan. Hetsy deur meditasie of gebed of sommer net stil word met ‘n koppie tee of boek.
g.     Moenie jouself kul nie. Wees eerlik met jouself. As jy nie dit kan doen nie hoe gaan ander mense jou vertrou. Leer om na jou hart te luister. As iets nie reg voel nie, luister na jou instink en stap weg. Soms selfs sonder ‘n woord. Leer om nee te sê… onthou jy is die een wat daaronder gaan lei as jy bly ja sê. 
1.    Leef binne jou vermoëns maar moenie ophou droom nie.
   Wees dankbaar vir elke dag wat aan jou geskenk word. Wees oop vir nuwe onderwerpe. Reik uit na mense. Daar is geen moet dat jy iets nou moet hê nie. Jy kan sonder baie dinge klaar kom. Jy wedywer nie meer met iemand om ‘in’ te wees nie. Jy moet nou oorleef. Leer oordeelkundigheid aan. Daar was tye wat ek ook paniekerig was, hulp gevra het maar op die ou einde moes ek leer om aan te pas en reg te kom met wat ek het. Soms het hulp opgedaag uit onverwagte oorde en het ek met die min wat ek gehad het oorleef. Soms was vriendskapsbande gesmee bloot net vir die hulp wat dit gebied het en het dit weer verdwyn na ‘n tyd. Ek moes leer om te ‘barter’ – maw: jy gee of doen iets om iets in ruil daarvoor te kry wat jou gaan bevoordeel. Ek het bv. aangebied om ‘n vriendin te help met ‘n blog vir haar nuwe besigheid en in ruil het sy vir my ‘n paar fotos geneem vir my sosiale blaaie. Dit het ons niks geld gekos nie, net tyd.
 2.    Daar is soveel stokperdjies om te doen wat jou kan help om te fokus, te ontspan en net jouself te vind.
    Kreatiwiteit anker jou, hou jou meer gefokus, help om jou ewewig te behou. Net om uit te gaan en die natuur te geniet is al ‘n groot verligting. Ek sal ‘n link deel op Diamant Divas wat jy kan volg van hobbies wat selfs ekstra geld in die sak sal bring.


Kom ons kyk na ‘n paar:

i)      Ek het dit al so baie gesê maar skryf bly maar vir my ‘n goeie wegkruip plek en gee my die nodige dissipline en selfvertroue in my lewe. Daar deel ek my hart, soms in fiktiewe stories. Soms in motiverings boodskappe of deel ek net wat my geraak het in daardie spesifieke oomblik. Ek maak nog nie ‘n lewe daaruit nie maar dit gee my tog die platform om my skryfkuns uit te leef. Omdat ek ook avontuurlustig is en ‘n goeie uitdaging my aantrek sal ek dan ook verskillende, uiteenlopende stories skryf. Daar is heelwat skrywers wat net by een genre bly maar ek is ‘n diverse mens met heelwat belangstellings en skryf verskeie velde. As jy nie kan skryf nie skryf poësie en plaas dit op jou FB blad. Klim uit jou hokkie en geniet die terugvoer. Groot onthou: die negatiewe kritiek kan jy omsit in positiewe terugvoer. Daar is groepe op FB wat aspirant skrywers en digters help om hul kuns te slyp maar dan moet jy oop wees.  
ii)   Lees is my ander passie. Ek is mal daaroor. Om weg te raak in ‘n goeie boek stel jou bloot aan nuwe wêrelde en gedagtes. Weereens ek lees heelwat verskeie genres. Agv van dit bied ek ook my hulp aan aspirant skrywers aan, deur ‘n resensie te los op Goodreads of Amazon wat hulle baie help en ek kry boeke verniet. Hoe cool is dit… J
iii)            Blogging is ‘n ander goeie plek om jouself uit te leef. Onthou voor jy begin, dit vat tyd om ‘n plasing saam te stel en iets sinvols te kan byvoeg. Blogging is ‘n gratis platform deur Google of jy kan ook Wordpress gebruik. Jy het nie nodig geld uit te haal daarvoor nie. Indien julle belangstel kan ek meer daaroor sê omdat ek dit alreeds vir 5 jaar doen. Bepaal wat is jou belangstellings: dit kan kosmaak wees, of koekies bak of resensies op flieks of eetplekke. Hierdie bedrywighede kan jy opneem en op YouTube plaas. Die geleenthede is eindeloos. Gaan doen net jou huiswerk en jy sal vinnig sien hoe dit gedoen word, deur mense soos ek en jy. Blogging is ‘n manier om uit jou gemaksone te beweeg en te gee. So ontmoet jy mense en verbreed jou kennis.
iv)Dan is daar Scrapbooking. Persoonlik is dit vir my ‘n baie duur stokperdjie maar die kreatiwiteit wat jy daaraan bestee verryk jou ook. Ek het my vriendin baie keer dopgehou terwyl sy aan ‘n nuwe idee gewerk het. Die resultate was altyd kort van Wow gewees. Net so is daar volwasse inkleurboeke wat jou eindeloos kan besig hou of lapverf. Lapverf is ook iets wat jy en jou kinders saam kan doen en dit sorg vir eindelose pret. Jy kan sover gaan om hulle kunswerke of in kussings te verander of te raam. Mosaik is natuurlik ook ‘n gunsteling of ou meubels restoreeur.
v)   Self doen projekte is net so goed en kan baie keer in ekstra inkomste omskep word. Houtwerk vind gewoonlik baie byval. Bottels wat geverf en versier kan word en wat jy kan gebruik in jou huis of kan verkoop as geskenke. Spesifiek by Boeremarkte of kerkbasaars. Dit is ook iets wat kinders kan help doen en jy leer hulle sekere vaardighede: speel-speel aan. Brei en hekel is natuurlik net so ‘n goeie plek. Baie mense het ekstra wol wat jare in die kaste lê en sal met die grootste graagte vir jou gee.
vi)Skilder is nog ‘n goeie plek wat nie net ontspanning bied nie maar ook jou kreatiwiteit kan ontwikkel. En daar is verskeie plekke waar jy kan aansluit of as jy dit alreeds kan doen bied klasse aan – goeie sakgeld en jy leer mense ken.
i)      Dans is ‘n goeie plek om in oefening te bly en mense te ontmoet. Musiek is altyd ‘n goeie medium om mense te leer ken.
ii)   Skryf in vir ‘n kursus – daar is heelwat op Google wat nie veel kos nie of soos reeds genoem: ‘barter’ daarvoor veral as jy die persoon goed ken.

iii)  Om heeldag flieks te kyk doen niks vir jou gemoed nie. Inteendeel dit maak jou passief en lui. Facebook grap en klets groepe op is nie ‘n hobby nie tensy jy ‘n groep begin waar jy uitreik na mense toe met iets wat jy wil verkoop, of voel jy kan iets deel met eenders denkende persone. Maar hou jou tyd dop. Dit is ongesond om te veel tyd daar te spandeer en voor jy jou oë uitvee word jou dae gevul met niks.  

iv)As jy lief is vir hare mooi maak meld aan by jou naaste ouetehuis. Die oumas en tannies verwelkom iemand wat aan hul haartjies kan aandag gee. Al vra jy net R20 per kop is dit geld wat jy nie voorheen gehad het nie. So ook met hul naels. Kyk wat aangaan om jou en kyk hoe kan jy ‘n bepaalde leemte vul met jou kreatiwiteit en kennis. Daar is heelwat ouetehuise wat hulp sal waardeer vanaf die publiek so klim uit jou dop en geniet die nuwe omwentelinge. Al hierdie dinge help jou om uit te reik, jou te verryk en gee jou die bevrediging dat jy iets kan bydra.


Ons wêreld word geskep deur dit wat met ons gebeur, ons agtergrond en waar ons bly. Baie van hierdie dinge laat wesenlike merke of voetspore en vorm ons denke en aksies. Ons is sagte teikens, wat lank nadat die daad verby is, nog die letsels in ons siel rond dra. Met ons politiek in skommeling is daar ook ander dinge waarvan ons as vrou kennis moet neem. Jy het skielik nie meer iemand om jou te beskerm wanneer dinge verkeerd gaan nie daarom is dit belangrik om paraat te wees. Baie van ons moet op donker paaie terug ry huis toe wat op plase of plotte geleë is. Of jy werk in ‘n nywerheidsarea, wat teen die tyd dat jy huis toe gaan, verlate is. Maak seker jy is in verbinding met jou plaaslike buurt/burgerwag en dat iemand altyd in verbinding is met jou.
 Baie van ons, en ek is ook in die groep ingesluit weet eintlik min van selfverdediging af of hoe om ‘n vuurwapen te gebruik. Indien moontlik skryf iewers in en kry die nodige agtergrond. Daar was ‘n tyd wat ek met alle mag en mening die kursusse wou doen maar my lewe het anders uitgewerk as toe. Nou probeer ek sover moontlik paraat wees en kyk wat om my aangaan.

Dinge om toe te pas: 1)   Beskerm jouself deur basiese dinge in plek te stel. Bv. Maak seker dat jou woonplek gesluit is. Maak seker dat jou familie weet waar jy is. Maak seker dat jou kar altyd genoeg petrol in het sodat jy nie op onveilige plekke gaan staan sonder brandstof nie. Maak seker dat jou kar altyd reg is. Indien jy met ‘n probleem kar sukkel wat jou in die steek kan laat wanneer jy hom die nodigste het kry iemand om daarna te kyk. Gebruik jou eie oordeel in sekere plekke en as dinge nie reg voel nie kom daaruit so gou moontlik al moet jy ‘n paar verkeerswette verontagsaam. Soos stop by ‘n rooi lig 11 uur die nag met geen siel in sig nie. Natuurlik met die nodige waaksaamheid.
2)   Vermy onveilige plekke. Daarom is dit belangrik dat jy weet wat om jou aangaan. Moenie naïef wees nie. Geniet die lewe maar bly oop kop en waaksaam.
3)   Maak seker jou foon is gelaai voor jy die huis verlaat. Dit is basiese goed wat jou lewe kan red. Daar is selfs applikasies wat jou kan verbind aan sekuriteisgroepe sodat hulp net ‘n knoppie ver is.
4)   Maak seker dat jy die mense in jou vriende groep ken wanneer jy uitgaan. As jou welstand nie vir hulle belangrik is nie dan hoort jy nie daar nie. Moet ook nie enige geopende bottels van vreemdelinge ontvang nie. As vrou is jy ‘n teiken vir gevoellose mense wat jou sal seermaak sonder om te huiwer. Soms met die idee van dit is ‘n grap. Wees bedag op mense en waar jy is. “Safety in numbers” is altyd ‘n goeie moto om te hê.
5)   Indien jy sover gaan om weer uit te gaan maak seker dat die man goeie intensies het. My ondervinding met sulke dinge is jy vind dit eers later uit terwyl jy geleenthede gehad het om die regte vrae te vra vooraf. So vra die vrae en as dit hom irriteer dan het jy jou antwoord. Bly weg.
a)    Die belangrikste vraag is altyd wat is sy intensie met jou? ‘n Man sal vir jou vinnig sê wat hy verlang. As hy se hy soek nie ‘n verhouding nie hou daarby. ‘n man wat gedwing word vlug nog voor julle gaan koffie drink het. Hierby wil ek dit ook uitlig maak dit uit met jouself wat is jou eie intensies. As jy eerlikheid verwag moet jy ook oop boek speel en daarby hou. Indien jy nie seker is nie kuier in ‘n groep en leer die persoon so ken. Moenie aanneem dat jou eerste koffie-sessie beteken julle is nou ‘n item nie. Gee jouself die geleentheid om heeltemal te herstel voordat jy enige lang verhoudings begin.
b)   En moenie oor jou eks praat nie. Geen man of vrou wil dit weet nie. Indien die verhouding verby kuier twee is dan kan jy daaroor gesels in meer diepte.
c)    Indien hy vaag is oor sy vorige huwelik of die vraag ignoreer bly weg, block en delete. Glo my hy is nie eerlik nie.
d)   Die manier wat hy met jou praat op WhatsApp is baie keer die manier wat hy jou gaan behandel op jul eerste date. As hy nors en aggressief klink hou verby, jy mis niks. As hy “eerlik” is om jou in die bed te kry – dit is jou keuse maar onthou ‘n man se denke agterna verander en skielik is jy die goedkoop een en hy sal nie skroom om jou so te behandel nie. Dit is net iets om te onthou.
 Wees versigtig wie jy toelaat in jou binnekring, vernaamlik as jy nog kinders in die huis het. As jou kinders nie gelukkig is met die man nie vra eerder hoekom. Soms sien hulle deur hom terwyl jy nog met roosbrille na hom kyk. Daarmee wil ek ook nou nie sê dat alle mans sleg is nie, en soms is kinders wel verkeerd maar dit is goed om te let op die dinge. Vernaam as hulle nog in jou huis is. Moenie dat jou alleenheid jou doof of blind maak vir die verkeerde tekens nie.    Ek hoop dat hierdie praktiese dinge jou sal help om so ook te groei as ‘n waardevolle diamant. Skitter net waar julle is vriendinne.
 
ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Lynelle Engelbrecht Clark: Diamant Diva's
WOENSDAG 11 JULIE 2018 at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
…/elan-global-radio.htm

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...