Dinsdag 26 Junie 2018

Ontnugtering: Die tweede program van Diamant Divas

‘n Program vir die enkellopende vrou maar mans is nie uitgesluit nie. Jy kan meer van ons lees by www punt Elan Global Radio punt com of gooi ons ‘n duimpie by Elan Global Radio of my persoonlike blad DiamantDivas op Bakkiesblad.


Ek wil graag my dank betuig aan Breyten Peyper vir die pragtige motiverings lied aan die begin van my program nou beskikbaar op die Spotify Applikasie.
Ek wil net so ‘n paar verse voorlees
Het jy gewonder wat as
Jy hierdie kans nou gaan vat
Tel net tot tien jy sal dit duidelik sien
Luister jy vir daardie stem
Wat skreeu en sê jy gaan wen
Met harde klippe kou
Met bloed en sweet
Swem jy
Sterker as die strome
Ry jy
Saam met al die golwe
Staar jy
Klein op na die berge
Maak los die leeu in jou

Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Steek uit jou hande na die hemel bo
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo

Sit jy of staan jy jou man
Voel jy wat binne jou brand
Sal jy die vuishou keer en weer probeer
Hou jy jou oog op die doel
Jy ken, jy soek die gevoel
Hoekom nog wag
Dis dalk jou laaste dag
Swem jy
Sterker as die strome
Ry jy
Saam met al die golwe
Staar jy
Klein op na die berge
Maak los die leeu in jou

Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Steek uit jou hande na die hemel bo
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo
Hey, hey, hey, hey
Jou Everest
Hey, hey, hey
Klim jou Everest
Hey, hey, hey, hey
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo

Kom ons hardloop voor die lig
Kom ons steek die vure aan
Hou ons oë na bo
En glo
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Steek uit jou hande na die hemel bo
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Klim op, klim op, klim op
Klim op, klim op, klim op, op
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo
Hey, hey, hey, hey J
ou Everest
Hey, hey, hey
Klim jou Everest
Hey, hey, hey, hey
Jou Everest
Jy weet daar's baie wat in jou bly glo

Die oomblik wat ek die woorde gehoor het, het dit my begeester om deur te druk met hierdie program. Dit spoor jou aan om jou eie Everest te klim al is dit hoe moeilik. Al voel dit soms nie so nie is daar mense wat in jou glo op hierdie pad van vernuwing. Dit voel of elke woord spesiaal vir my geskryf is en ek glo julle sal ook aanklank vind daarby. Koop dit gerus aan.

 Ek het nooit beplan om alleen te wees nie maar hier is ek, wat nou?

Vir sommige is dit so ‘n skielike gebeurtenis dat jy windskeef getref word en van alle lug ontneem is. Dit is ‘n geweldige skok vir die gestel. Die wêreld is behoorlik onder jou uitgeruk en jy voel soos ‘n drenkeling. Die een oomblik het jy ‘n maat en dan…is jy alleen. Niemand om na te draai wanneer jy bang of twyfelagtig is nie. Niemand om voor koffie te maak nie. Dorp toe gaan is nou ‘n alleenmansaak met niemand om raad voor te vra nie of selfs mee te stry nie. Dit is mos lekker om te stry oor goed vernaamlik die dinge wat jy graag wil hê en jy jou skietgoed reg het. J

Indien dit ‘n vrywillige saak is, word besoeke by vriende of familie ‘n uitdaging in sigself. Afgesien dat jy soos die vyfde wiel aan die wa voel en selfs onwelkom by tye is jy skielik die middelpunt van bespreking en almal weet beter. Soms is die raad werkbaar maar omdat hulle nie in dieselfde posisie as jy is nie, met jou unieke struikelblokke nie, sal die raad baie keer onvanpas wees. Wees bedag op dit en wees geduldig.  Wees die volwasse persoon al wil jy skree van frustrasie vernaamlik wanneer jy voel mense wil jou dwing in ‘n bepaalde rigting wat heel moontlik onrealisties is. Skree by die huis wanneer jy alleen is. Dit werk.

Jou hele lewe is onder ‘n vergrootglas en mense dink hulle verstaan jou of die redes wat daartoe aanleiding gegee het en skielik word jy met al jou swakhede gekronfronteer. Ongeag die gevoelens op die ou einde skuld jy niemand ‘n verduideliking nie. Jy hoef ook nie jouself te regverdig voor mense wat nie wil of kan verstaan nie. Baie meer kan uitgebrei word oor die onderwerp maar vir die duur van die program sal ek dit eers hier laat. Soos wat die programme vorder sal ek wel verder uitbrei. Ek sal so ver moontlik probeer om programme te laat opvolg om die draad te behou maar indien jy vrae het gesels met ‘n berader of kontak my.
 Die ontnugtering van ‘n egskeiding het verrykende gevolge vir almal in die jou lewe. Jou lewensmaat van etlike jare, jou kinders, ouers en familie het ook in hierdie stryd getree en jy moet sensitief wees vir hulle gevoelens. Daar sal kante gekies word, soms onregverdiglik maar dit hang van jou af hoe die situasie sal ontwikkel, goed of sleg. Daar sal geskreeu word, trane sal val, mense sal jou sleg sê maar onthou jy het geweet die goed gaan gebeur. Onthou elkeen wat nou betrokke is sal sukkel met vrae maak nie saak hoe “maklik” jy dit probeer maak nie. Omdat die skeiding van jou kant af kom moet jy dan ook bereid wees om te verduidelik wanneer mense vrae het. Rustigheid is die wagwoord hier. Om soos ‘n knorpot te kere te gaan, gaan nie die situasie help nie. Omdat jy die een is wat wegstap moet jy bereid wees om rustig te kan verduidelik en te troos selfs. Veral as dit by jou kinders kom. Hulle ouderdomme sal natuurlik bepaal wat jy aan hulle gaan meedeel maar wees te alle tye eerlik met hulle. Al maak dit hoe seer. Dit gaan nou nie hier oor jou nie maar oor hulle wie se lewe omver gegooi is.

Laat ‘n tyd toe vir verduideliking. Doen dit op ‘n neutral plek en behou jou ewewig. Kwaad word is nie nou die antwoord nie. Stilstuipe nog minder. Beantwoord die vrae na die beste van jou vermoë. Dit is nie nou die tyd om leuns te vertel nie. Al glo niemand jou nie staan by die waarheid. Indien jy jou maat verkul het wees eerlik daaroor, wegsteek en jok gaan dinge net moeiliker maak en jou kinders se vertroue in jou verbreek.

Maar wanneer die tyd aanbreek om op te hou verduidelik, stop dan. Gee jou familie ‘n geleentheid om dit te verwerk. Jou mense gaan heel moontlik kwaad wees vir jou, dalk nie eers met jou wil praat nie. Of jou vermy, hoe ookal, staan jou man. 

Hou die deur oop selfs al vermy hulle jou. Bring jou kant sonder om ‘n ‘n vloermat te word. Vroeër of later sal die gesindhede verander. Die ontnugtering kan jou en jou mense se balans versteur en dit gaan ‘n tyd vat om weer ‘n normale gesprek te kan aanknoop maar bly getrou in jou familiebande.

Dit is gewoonlik waar die meeste familie twiste gebeur juis omdat mense nie verstaan nie maar jy sal geduldig moet wees met die proses. Onthou almal is lief vir jou en wil graag die beste vir jou he. So luister en gebruik dit wat jy kan terwyl jy nogsteeds waar bly aan jouself. 
Wanneer ‘n maat sonder waarskuwing jou verlaat is daar net soveel vrae wat deur jou kop maal. Jou maat het heel moontlik gesê dit is nie jou skuld nie maar as mens wil jy dit tog verstaan en probeer jy deur introspeksie die dinge uit werk.  Jy vra vrae wat nie beantwoord word nie en jy word kwaad en selfs pleitende. In die hoop dat die persoon sy/haar gedagte sal verander. Onthou hierdie besluit het ook nie oornag gebeur nie. Dit kom deur maande selfs jare se moed bymekaar skraap voordat die besluit geneem is. Dit is dan so maklik om in die groef van wanhoop te beland en jy vat alles persoonlik op.

Die beste raad wat ek kan gee: is probeer om weg te staan van die situasie en te fokus op die belangrikste dinge. Ek weet dit is moeilik maar dit is tog die beste. Fokus liewer op die finansiële implikasies, die kinders, reëlings wat getref moet word rakende hulle skole ens. Blyplek, indien jy die een is wat moet trek. Hierdie dinge is van kardinale belang en hoe vinniger dit uitgesorteer word hoe beter vir die pad vorentoe.

Soms, uit selfbejammering, dink jy almal moet jou jammer kry. Pasop dat jy dit nie te ver vat nie. Dit kan baie vinnig suur word en mense sal jou later vermy omdat hulle nie lus is vir jou bedrukte gemoed of klaagliedere nie. Wees bedag daarop. En bly weg van Bakkiesblad af! Ek kan dit nie genoeg onderstreep nie. Dit is die laaste plek om jou gevoelens bloot te stel. Jou FB vriende ken nie jou situasie nie so hul advies sal heel moontlik verkeerd wees. Die probleem met enkelgroepe is dat almal op die groepe seer gekry het en hulle reageer op jou plasing vanuit daardie seer. Bly weg of wees versigtig.  

Wat ookal die omstandighede is, is dit goed om in elk geval nie jou wasgoed op Bakkiesblad te sit nie. Facebook is ‘n goeie medium om mense te ontmoet en kontakte op te bou in jou gemeenskap maar dit is onwys om jou persoonlike gedagtes daar te deel. Kry eerder ‘n vertroueling wat bereid is om te luister of ‘n berader wat opgewasse is om jou die regte leiding te gee. Facebook is nie ‘n beraders platform nie… daar sal jy vinnig gestenig word en dit veroorsaak meer skade as genesing. Jy sal nie antwoorde daar kry nie tensy jy ‘n goeie berader daar raakloop maar dan hou jy die gesprekke privaat.     

Jou kop moet skoon kom. Ek persoonlik, het ‘n lewensgids gehad wat my gehelp het om my doelwitte neer te pen en dan daadwerklik iets daaraan dit te doen. Ek sal ‘n goeie lewensgids se detail op my blad plaas indien julle belangstel. Daar is verskeie hulpbronne wat jy kan gebruik. Belê in jou eie lewe en haal die fokus van die pyn. Ek weet, jy sal vir my se Lynelle dit is onmoontlik… Moenie dat dit so alles oorheersend word dat jy in die proses veragter nie. Gee aandag aan jou voorkoms etc. Fokus op jou eie mens wees en die pyn sal verminder. Hou jouself besig met opbouende dinge maar maak ook tyd vir traan - en bittergal sessies teenoor ‘n vriend of vriendin en beweeg aan. En indien jy wel ‘n dronkwordsessie het: BLY WEG VAN FACEBOOK! Moenie dat dit ‘n konstante leefwyse word nie. Waak daarteen want al wat dit gaan doen is in groter probleme dompel.
 Onthou ‘n goue reël: moenie veralgemeen nie. Omdat jy seergekry het by een persoon beteken dit nie almal is sleg nie. Waak teen hoe jy oorkom. As jy konstant gal braak of bitter is oor die spesifieke geslag sal dit enige potensiële verhouding stop, niemand is lus vir dit nie. Vernaamlik op Bakkiesblad. Waak teen jou woorde en plasings.

Nog ‘n punt wat ek wil onderstreep wat ‘n groot taboe is…. Moenie bedel of klink asof jy desperaat is vir ‘n finansiële oplossing nie. Jy sal gou as fortuinsoeker uitgeken word en selfs geblok word. Weereens wees oordeelkundig. Behou jou selfrespek en grasie. Die oplossing sal kom.

Gee jouself tyd om aan te pas. Elkeen van ons se omstandighede verskil. Werk soek is vir die meeste vroue skielik ‘n prioriteit. Veral nadat jy vir baie jare ‘n huisvrou was en jou enigste ondervinding kinderoppasser, taxi drywer, of koekverkoper was.

Die eerste ding wat jy moet doen is skep ‘n CV. Hierdie is ‘n belangrike gereedskap in jou arsenaal wat ‘n voornemende werkgewer belangrike inligting kan gee. Plaas al jou vermoëns stapsgewys neer. Kry hulp met die opstel daarvan wanneer jy vashak en let op spelling. Mense - spelling is belangrik – jy kan jouself oortuig dat spelling onbelangrik is maar as jy bv vir ‘n seketreiële pos aansoek doen is spelling die belangrikste element van brief skryf en ‘n groot deel van jou werk. Waak teen dit. 

Selfies wat jy op Facebook plaas sal enige voornemende werkgewer afskrik of aantrek. Wat verkoop jy? Jouself as professionele persoon of fortuinsoeker opsoek na ‘n vinnige oplossing… dit is sagkens gestel. Maar ek dink julle weet waarop ek sinspeel. Wees bedag op wat jy plaas… onthou base het ook Facebook rekeninge. En soms is dit die eerste plek waar hulle sal kyk voor hulle jou ‘n offer maak.
 Jy is nie goedkoop nie. Jy is kosbaar, duur gekoop en nogsteeds ‘n skitterende diamant. Ongeag van ‘n mislukte huwelik het jy nog waarde. Jy luister natuurlik na Diamant Divas hier op Elan Global Radio. En die lied was gesing deur Dolly Parton. Ek dink sy stel dit nogal goed. Wees jaloers oor jou nuwe lewe en maak die beste van jouself. In werk. In ‘n verhouding. In verhouding met jou kinders. Onthou hierdie is jou tweede kans ook. ‘n Tyd waar jy die foute van die verlede sal verander en kan verbeter. ‘n Tyd om jouself te laat geld en op jou eie bene te staan.

Ek weet dit is nie maklik nie. Ek weet van die nagte wat jy meer gaan huil as slaap. Ek weet van die tye wat jy so vreesagtig gaan word dat jy benoud voel oor die volgende stap. Ek weet van die tye wat geld so skaars is dat jy desperaat is om enige iets te doen ter wille van die verligting. Ek weet van die alleen tye. Ek weet van die donker tye. Ek weet wat dit is om hulp te vra en ‘n koue skouer te kry. Ek ken die allesoorheersende gevoel van “Jy is nie goed genoeg nie.” Dit skeur deur jou dat jou wind totaal weg is en los jou met ‘n pyn wat so diep is dat geen pleister daarby kan kom nie. Ek weet wat dit is om geweeg te word en te lig bevind word. Ek ken ook die seer van iemand wat jou indoen en wegvat waarvoor jy so hard gewerk het. Ek ken al die seer wat jy nou deur gaan.

Maar ek weet ook wat dit is om gelukkig te wees. Om as vrou te groei en te dink, wow vrou jy kan. En jouself op die skouer te klop. Elke geleentheid is ‘n geleentheid om te triomfeer.  Elke ondervinding ‘n lewens les wat jou verryk. Op daardie oomblik voel dit soos ‘n bloedslag maar wanneer jy seevierend uitstap word daardie oomblik so soet soos heuning. Dit is daardie gevoel wat jou laat aanhou. Dit help jou om jou kop te lig, verby die seer te kyk en te weet dat jy goed genoeg is.  

My lewe is ver van perfek maar die vrou wat 4 jaar terug die enkelpad begin stap het en die huidige vrou het wêrelde van mekaar gegroei. Sy het selfstandig geword en kyk die lewe in die oë.

Maak ek foute? Beslis. Leer ek nog elke dag? Absoluut
Is daar ‘n lig in die tonnel? Ek hou aan die hoop vas dat daar is.
Ek vat elke dag soos dit kom en benut elke oomblik met oorgawe.
Daar is vrouens wat nog langer as ek die pad wandel met groot sukses. Hulle is gelukkig, alles in plek. Mooi blyplek, pragtige kinders, onafhanklik. Wanneer jy met hulle gesels is hulle positief oor die lewe. Maar die pad tot daar was alleen en donker net soos joune nou is. Nou skitter hulle in eie reg. Jy is nie alleen nie daar is ‘n skare van getuienisse om jou as jy bereid is om te luister en te leer.

Daarom wil ek jou aanspoor om te droom, om jou kop te lig en te weet jy kan skitter as diamant… net daar waar jy is.

Diamant Divas groete
Lynelle 

ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com
Lynelle Engelbrecht Clark: Diamant Diva's
WOENSDAG 27 JUNIE 2018 at 10h00 SA Time
GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blogg saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/
…/elan-global-radio.htm



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

In gesprek met Kleinboer, of te wel Fanie de Villiers.

Ek is Fanie de Villers, en skryf onder die naam Kleinboer.   Ek is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore, blouerig en ses weke v...